House of Assembly: Vol96 - TUESDAY 15 SEPTEMBER 1981
Die Staande Komitee kom om
Die Adjunk-voorsitter van Komitees neem die Stoel in.
Begrotingspos No. 23.—„Gemeenskapsont-wikkeling” (vervolg):
Mnr. die Voorsitter, hier is al baie in hierdie debat gepraat oor die kwessie van behuising en wie vir behuising verantwoordelik sal wees wanneer mense huise nodig het. Dit het my gedagtes laat teruggaan na die tyd toe ons as plattelanders ons skredes na die stad gewend het. Voordat ek as plattelandse seun na die stad verhuis het, het ek ’n vorm ingevul en aan die Direkteur van Onderwys gestuur en gevra of ek ’n werk kan kry. Toe ek in die stad aangekom het, was dit my persoonlike taak om seker te maak dat ek ’n nessie gehad het waarin ek kon lê. Ek kan nog onthou hoe ek in die kinderhuis in Lang-laagte in ’n eensame kamertjie moes bly en self vir my eie eetgoedjies en wasgoed moes sorg. Ek het nie na ’n Minister of ’n Regering gehardloop nie. Ek het nie gaan plak nie. Langs hierdie pad is ek ordentlik opgevoed.
In die gees van die hele debat wat ons hier voer, het ek na die wetgewing van hierdie Regering gaan kyk. Ek het gesien dat die Regering in 1966 wetgewing aanvaar het wat vandag nog nie deur die oorkant van die Raad aanvaar word nie, te wete die Wet op Groepsgebiede. Ek het daardie stuk wetgewing deeglik deurgelees en al wat ek daarin gekry het—iets wat ek heelhartig wil ondersteun—is die feit dat die Regering besluit het dat daar een manier is waarop hy sy wil om sinvolle regering in hierdie land te hê, kan uitvoer en dit is om aan elke volk in hierdie land ’n eie leefruimte soos eie woongebiede, eie skole en ’n eie gemeenskapslewe te bied. Van watter hoek ’n mens ook al die wetgewing lees, was dit allermins die bedoeling dat dit as ’n diskriminerende wet beskou moes word. Ons erken met daardie wetgewing die andersheid en eiesoortigheid van mense in die verskeidenheid van volkere en die eiendomlike van almal. Artikel 19 van daardie wet verleen aan anderskleurige handelaars die geleentheid om deur middel van ’n aan-soek, wat gevolg word deur ’n grondige ondersoek en ’n sinvolle proklamasie, ’n permit te bekom wat aan hulle sakeregte in ’n Blanke gebied sal gee. Hierdie proses lyk vir my heeltemal ordelik en in die gees van die beleid van ’n Regering waarin daar met groot deernis na die behoeftes van ander mense omgesien word. Die Regering het dus vir hierdie mense die geleentheid geskep om langs daardie weg as sakemanne in sekere gebiede tot hulle reg te kom. Ek laat die saak voorlopig daar.
Ek wil die agb. Minister en sy departement van harte gelukwens met een van die mooiste prototipes van hierdie reeling wat hulle verlede jaar in Mitchell’s Plain ten uitvoer gebring het. Wanneer mens die Mitchell’s Plain-opset bestudeer, sien jy dat afgesien van die huise wat gebou is, daar ook 122 sake-ondernemings daar gestig is. Wat ek egter nie geweet het nie, was dat daar meer as 2 000 aansoeke vir die bedryf van daardie 122 sake-ondernemings was. Dit gee ’n mens ’n idee van hoe gewild die idee van eie besighede in eie gemeenskappe onder eie mense geword het. Tot op hede is daar nog steeds ’n waglys van meer as 60 mense wat daar sake-ondernemings wil begin. Dit bewys hoe lewensvatbaar sake-ondernemings vir mense in hulle eie gemeenskappe kan wees. As die saak verder gevoer word en toestemming verleen word vir die stigting van nog sake-ondernemings, het ek die versekering gekry dat daar nog honderde sakemanne is wat die geleentheid afwag om daar ondernemings te begin.
Dit is tog die gees waarin dit moet gebeur. Wanneer ’n mens met die huurders van hierdie sake-ondernemings gaan praat, vind ’n mens dat hulle uiters tevrede is met die voorwaardes wat die Staat gestel het. Hulle is uiters suksesvol met die hantering van hulle ondernemings. Ons moet besef dat die laagste rendement waarvoor sakemanne in hierdie gebied voorsiening maak, 12% is, terwyl dit tot 16% kan wees. Dan sê sommige van ons nog dat daar nie vir hierdie mense lewensruimte is nie. Dan sê sommige nog dat daar nie vir hierdie mense plek is om ’n bestaan in hulle eie gemeenskappe te maak nie. Die bedoeling is tog dat daar vir elke gemeenskap in sy eie geledere ten minste ’n kafee, ’n slaghuis, ’n kruidenierswinkel, ’n klerewinkel, kantore vir sy beroeps-mense en dies meer moet wees. Hy moet tog ook sy eie inkomstebronne hê sodat gemeenskapsontwikkeling kan plaasvind. Sodoende sal ’n gemeenskap dan binne sy eie leefruimte die vermoë hê om werkge-leenthede aan sy eie mense te verskaf. As gevolg van die druk van Blanke pleitbesor-gers word daar nou gesê dat mense nie daar ’n bestaan kan maak nie. Dit is onwaar. Daar word ook gesê dat hulle nie voldoende gedifferensieerd is nie. Dit kan moontlik waar wees, maar ons moet almal aan die volle ekonomiese proses deelneem. Ons moet dus leer om te differensieer ten opsigte van die ondememings wat ons aanpak. Dit kan egter nie ’n rede wees waarom hierdie dinge nie kan plaasvind nie. Deur middel van wanpraktyke word daar gepoog om hierdie hele aangeleentheid hand-uit te laat ruk.
In hierdie verband wil ek na ’n bepaalde wanpraktyk verwys. Dit is iets waarna ek wil hê die agb. Minister moet kyk. Ek verwys nou na die feit dat genomineerdes nou namens de facto-eienaars optree. Daar is Blankes wat namens anderskleuriges in Blanke gebiede handelslisensies verkry, maar self nooit fisies by daardie sake-onderneming betrokke nie.
Wat bewys dit?
Ek kom daarby. Hierdie praktyk is natuurlik heeltemal onwettig. Ek wil vra of ’n kwasi-geregtelike liggaam nie aangestel kan word om vas te stel of so ’n sake-onderneming wel bedryf word deur die persoon wat die lisensie daarvoor verkry het nie. Totdat so ’n persoon bewys gelewer het dat hy wel aan die roer van so ’n sake-onderneming gaan staan, moet ’n lisensie nie toegestaan word nie. Hierdie wanpraktyk druis in teen artikel 19 van die wet waarvan ek melding gemaak het en wat met hierdie praktyke te doen het. Ingevolge hierdie artikel kan ’n anderskleurige wel aansoek om ’n permit vir hierdie doel doen, maar nou gebeur dit dat dit nie gedoen word nie. Daar word eerder van ander onwettige metodes gebruik gemaak om die wet te omseil. Hulle doen dan sake in gebiede waar hulle nie geregtig is om dit te doen nie. Enigeen wat hierdie bepaling in die wet teenstaan, is selfsugtig en soek net sy eie belang. Anderskleurige handelaars wat dit doen, gee nie ’n sners om vir die behoeftes van hulle eie gemeenskap nie. Blankes tree ook selfsugtig op deur te poog om die geld van anderskleuriges vir hom in sy gebied toe te eien deur middel van hierdie onwettige praktyk. Hulle maak hulle sodoende skuldig aan ’n oortreding van die wet.
Daar is ’n verdere aangeleentheid wat hiermee verband hou wat ek ook onder die aandag van die agb. Minister wil bring. Ek is van mening dat die begrip van oop handels-gebiede wat op die oomblik net op Blanke gebiede van toepassing is nie ’n goeie begrip is nie. Ek dra kennis van een groot konsortium wat in hierdie stadium reeds vir ’n verlies van R2 miljoen per jaar voorsiening maak as gevolg van winkeldiefstal omdat daar Vrydae en Saterdae ontsettende verdringing van mense by sy winkels plaas-vind. Dit is grotendeels daaraan te wyte dat die sakewyke waar groot besigheid gedoen word in hierdie stadium net in Blanke gebiede geleë is. Ek wil ’n ernstige beroep op die agb. Minister doen dat ons elke geleentheid tot ons beskikking sal gebruik om aan anderskleuriges hulle eie sakegeleent-hede in hulle eie lewensruimtes te gee. [Tyd verstreke.]
Mnr. die Voorsitter, in die loop van my toespraak sal ek die aangeleentheid van oop of geslote sakewyke behandel. Ek wil egter aan die begin ’n paar sake onder die agb. Minister se aandag bring en aan hom ’n paar vrae stel.
Ek kan begryp dat die agb. Minister gekant is teen erf-en-diens-skemas en ’n verlaging van standaarde, maar in die jaarverslag van sy Departement word daar gesê dat daar elke jaar vir die volgende 10 jaar ’n bedrag van R882 miljoen vir behuising benodig word. Net R300 miljoen word egter vir hierdie doel bewillig. Ek wil nou vra wat die agb. Minister gaan doen om daardie gaping uit te wis. Hoe gaan hy in staat wees om huisvesting aan al die mense wat dit nodig het, te verskaf sonder dat hy van onorto-dokse boumetodes of ’n verlaging van standaarde gebruik maak?
If the hon. the Minister wants the building societies and the banks to become involved in low income group housing I want to point out to him that it is not their function to trade at a loss. The Central Government requires them to have a certain percentage of the equities held in Government stock, the Government should create Government housing stock. The hon. the Minister of Finance can then say: “You can invest part of your 60% you have to invest in Government stock in Government housing stock.” This will create a vehicle whereby the lending institutions can lend money which will become part of their general security holdings.
The next subject I wish to deal with, is that of rent control.
Oor die kwessie van huurbeheer is daar deur die agb. Minister weer politiek gespeel. Aan die een kant is daar gesê dat dit geleidelik uitgeskuif moet word, maar aan die anderkant is daar voorwaardes gestel waar-volgens dit nie uitgeskuif kan word nie. Ek wil egter aan die agb. Minister sê wat ons houding is. Alhoewel die huidige stelsel van huurbeheer baie anomalieë bevat moet daar ’n vorm van huurbeheer op die Wetboek wees met betrekking tot gehuurde persele. [Tussenwerpsels.]
Ja.
Die doel van hierdie beheer moet drieledig wees. Eerstens, moet dit die publiek in die algemeen teen misbruike, teistering en uitbuiting beskerm. Tweedens, moet dit spesiale beskerming en bystand verleen aan diegene wat dit nodig het. Dit is die minder gegoede mense, die oues van dae en diegene wat liggaamlik ongesteld is. Daar moet spesiale beskerming vir hulle wees. Derdens, moet daar verseker word dat die koste van hierdie verskaffing van beskerming en bystand deur die Staat gedra word, of op ’n meer eweredige grondslag as wat tans die geval is, versprei word.
Hierdie beginsels is beginsels wat gesonde beheer sal verseker en wat sal voorkom dat net ’n klein groepie sakemanne ’n las dra wat eintlik deur die Staat gedra moet word.
Mr. Chairman, I think that much has happened in the property field since the Fouché Commission investigated and reported a few years ago. There have been dramatic changes in the field of multi-unit housing. I believe that now the pot is getting off the boil, it is the occasion for a further investigation into the laws relating to the ownership and occupation of flats and other multi-unit dwellings. This investigation should consider the anomalies, the loopholes and the shortcomings in existing acts such as the Rent’s Act, the Sectional Titles Act and the Share Blocks Control Act.
Are you calling for another commission?
An investigation, because I think this thing has got out of hand and that a new situation pertains. There is a need for legislation in respect of time sharing schemes, which is something that is fairly new on the market. There is also a need to amend existing legislation to see that the objectives of the control which I have outlined are the ones that are met. I believe that this investigation should either be composed of people who have interests in this whole field or that evidence should be sought from all the people who are involved in the question in the ownership or occupation of flats or multi-unit dwellings. I believe a change has taken place and that the present situation is not satisfactory. A form of control has to be maintained and I believe that there should be an investigation at this stage as to the most desirable form of control.
Mr. Chairman, I now want to move on quickly to the Group Areas Act. I am shocked that at the very time when we believe that we are getting rid of the discrimination, we now have the new word “verdringing”.
Dit is nou ’n nuwe Transvaalse woord en dit verbaas my dat die agb. Minister dit sommer net so geredelik aanvaar. Die agb. Minister is tog seker nie te vinde vir hierdie woord nie. [Tussenwerpsels.] Die nuwe woord „verdringing” is nou die aanvaarde nuwe woord met betrekking tot die toepassing van die Wet op Groepsgebiede. [Tussenwerpsels.] Dit verbaas my dat ons in hierdie stadium die wiel probeer terugdraai en ’n verkrampte houding inslaan met betrekking tot die toepassing van die Wet op Groepsgebiede.
Verkramp! Ons verkramptes word nie verdring nie.
We have already seen the injustices of the Group Areas Act and the feelers the hon. the Minister gave us. 2 259 White families, 78 000 Coloured families and 36 000 Indian families were moved. This is the extent of the injustice. The hon. the Minister was embarrassed when we asked him about the theatre at Kimberley. A request by the advisory board of the North Western Cape Technical College for the opening of the Kimberley theatre was turned down.
Not yet!
Yes, it was turned down. The hon. the Minister now says that he is going to reconsider the decision. Good for him. But why was it turned down in the first instance? I then asked him about cinemas. He did not talk about “verdringing” and about apartheid, but said that it was not in terms of Government policy. What I want to ask him, is why Government policy is what it is. Go to the Golden Acre down the road here which was built by Sanlam. You will find people there shopping and lunching together. They will be in the boutiques together. There are three cinemas there, but it is against Government policy that they should be in those cinemas together. At the prices those cinemas charge, I can assure the Minister that there are not going to be large scale “verdringing” there.
But it is dark in there.
The hon. the Minister knows the Cape Province. He knows that traditionally cinemas were open. He knows that you could go anywhere, even to towns in the rural areas, where cinemas were attended by all races. Coloureds, Blacks and Whites all went to the same cinemas. I think the whole thing is just stupid.
I also want to ask the hon. the Minister when he is finally going to change the regulation dealing with the prohibition on the employment of non-White managers in charge of employees who are Whites in the central business districts.
Mnr. die Voorsitter, mag ek die agb. lid ’n vraag stel?
Ek het ongelukkig nie die tyd nie. As ek meer tyd gegun word, sal ek ’n vraag beantwoord.
I want to know from the hon. the Minister when he is going to change the regulation which prohibits non-Whites from being managers where there are White employees in businesses. He knows that this has been observed in the breach all around the country already and I want to ask him when he is going to deal with this particular matter.
I want to know too when he is going to fulfil the promise of the Government to open the central business districts to trading by all races. He will say he did something in Wynberg, but the Government has a commitment to open the central business districts on a general basis. We want to know when the hon. the Minister is going to do that. When is he going to open the industrial areas? Minister De Klerk, as Minister of Planning, said a year ago that the industrial areas were going to or could be opened. [Interjections.] We want to know when the central business districts and industrial areas are going to be open to people of all races. When is he going to complete this process?
What about District Six? I must come back to this matter. The hon. the Minister said that he has removed 836 Coloured families from Bloemhof flats in District Six. Rumour has it that when those flats have been remodelled they may be made available to less affluent people in the White community. I want to know from the hon. the Minister if this is correct. Minister De Klerk said that the reason why the Coloureds could not go back to District Six is that they could not afford to. It was going to be high income group housing and Coloured people could in fact not go back. I want to know from the hon. the Minister whether it is his intention to use those flats for people of the White group who qualify for assistance under the Housing Act. I say to him that if he is going to use it for old people it is an absolutely scandalous disgrace. If he is not going to do it, he must say so.
I do not know what I am going to do there.
Indications are that this is his intention.
That is all rubbish.
If this is so, it will be an absolute disgrace, because the old people of Cape Town will be held hostage in order to implement the apartheid policy of the Government in respect of District Six. [Interjections.]
The last point I want to raise has to do with the proposed technikon. I want to ask the hon. the Minister once again to look at the position again. [Time expired.]
Mnr. die Voorsitter, ons het nou weer die agb. lid vir Seepunt gehad wat kitsoplossings soek vir ons behuisingsprobleme. Ek wonder wat die agb. lid sal sê as ek vir hom sê dat die erfen-diensskemas op die lang termyn duurder is as konvensionele behuising.
En as jy nie die geld het nie, wat doen jy dan?
Die enigste manier waarop ’n mens erf-en-diensskemas suksesvol kan instel, is as streng beheer toegepas word. In die eerste plek moet die erwe waarop daardie konstruksies geplaas word, afgemeet word. Dan moet dienste soos water en sanitasie aangelê word. Ek weet dat agb. lede van die Opposisie ’n emmerstelsel daar wil hê. [Tussenwerpsels.] Daar moet verder gekyk word na die soort konstruksies wat daar opgerig gaan word. Dan moet daar ook gelet word op die materiaal wat gebruik gaan word. Agb. lede moet ook nie vergeet dat die nasorgdiens wat plaaslike owerhede by so ’n erf-en-diensskema moet voorsien, geweldig duur is nie. Sodoende kos so ’n skema ’n mens uiteindelik baie duurder as konvensionele behuising.
Die agb. lid vir Albanie het gister hier die geval genoem van klein Soweto naby Port Elizabeth. Ek is baie bly dat die agb. lid dit gedoen het, want my hart bloei vir daardie mense omdat hulle in sulke omstandighede moet woon. Ek wil egter vir die agb. lid sê dat ons daar ’n tipiese voorbeeld het van wat met ’n erf-en-diensskema kan gebeur as dit nie beheer word nie. Daardie woongebied is oorspronklik as ’n erf-en-diensskema beoog, maar wat is dit vandag? Mense woon daar in ’n toestand van chaos omdat daardie skema nie beheer is nie.
Ek wil nie op die agb. lid vir Seepunt se ander aanvalle reageer nie, want ek is seker dat die agb. Minister dit sal doen. Ek wil egter van hierdie geleentheid gebruik maak om deur middel van die agb. Minister ’n woord van besondere dank te bring aan die streekskantoor van die Departement in Port Elizabeth.
Die manne en vroue wat by hierdie streekskantoor werk, mag ver van Pretoria af wees, maar hulle is ’n wenspan.
Hoor, hoor!
Die helfte van die kiesers in my kiesafdeling woon in huisvesting wat deur die Departement opgerig is. Daardie streekskantoor van die Departement in Port Elizabeth is besig om hierdie gebied in ’n tuindorp te omskep. Ek wil die agb. Minister ook baie bedank vir die werk wat met betrekking tot woonstelle gedoen is. Dit is ’n geweldige verbetering en die mense waardeer dit. Daardie mense is trots op hulle woonbuurt en ek is trots om so ’n woonbuurt in hierdie Raad te kan verteenwoordig.
Terwyl ek van woonstelle praat en aange-sien die Departement daardie woonstelle so mooi reggemaak het, wil ek vra of dit nie moontlik is—ek het dit al voorheen gesê, maar ek wil dit weer herhaal—dat die agb. Minister oorweging kan skenk aan die moontlikheid om daardie woonstelle onder deeltitels aan daardie mense te verkoop nie. Ek is daarvan oortuig dat dit ’n standvastiger bevolking daar sal skep.
Algoapark?
Ja, Algoapark. Die mense sal dit hoog op prys stel as die moontlikheid hiervan gunstig oorweeg word.
Terwyl ek met versoeke besig is, wil ek na ’n ander aangeleentheid verwys. Ingevolge die Wet op Groepsgebiede kan die eienaar van ’n restourant nou aansoek doen om sy restourant vir alle rasse oop te stel. Dit is nou so dat ’n vyfstêrhotel of ’n hotel met internasionale status aan ’n kenteken uitgeken kan word. Wanneer ’n mens dan so ’n hotel besoek, weet jy dadelik dat dit ’n internasionale hotel is en wie daar mag tuisgaan. Dit is ongelukkig nie geval met restourante nie. Om verleentheid te voorkom, wil ek net vra of ons nie daaraan kan dink om ook by sulke restourante ’n kenteken aan te bring nie. Op die oomblik weet niemand of ’n bepaalde restourant intemasionale status het nie. ’n Persoon moet eers instap en vra of hy in ’n restourant bedien kan word. Miskien moet die eienaar dan vir hom sê dat hy nie kan nie en dit kan so ’n persoon in die verleentheid bring.
Hierdie begrotingspos wat met behuising te doen het, is oor die afgelope paar uur al taamlik uitgetrap. Ek wil net byvoeg dat daar basies drie dinge is wat ’n hardwerkende gesinsman van die samelewing verwag. Ek dink dat hy in die eerste plek ’n ordentlike dak oor sy kop verwag. In die tweede plek verwag hy ’n goeie inrigting waar sy kinders opgevoed kan word. In die derde plek verwag hy ’n mark waar hy sy arbeid kan verkoop. As ons hierdie drie ideale kan verwesenlik, kan ons ’n gelukkige samelewing en ’n standvastige bevolking verwag. Enige regdenkende Regering streef dus hierdie ideale vir sy bevolking na. Dit is waarom die Nasionale Party reeds sedert 1948 hierdie ideale nastreef.
Met die bespreking van hierdie begrotingspos streef ons die eerste ideaal na, naamlik die een van behuising. Daar kan gevra word watter sukses ons behaal het in die nastrewing van hierdie ideale. Ek wil nie weer baie syfers aanhaal nie, want die agb. Minister het gister vir ons gesê wat daar oor die afgelope vyf jaar gedoen is. Hy het gesê dat daar 160 000 huise gebou is. Het ons al ooit oor hierdie syfer nagedink? Dit beteken 117 goedgeboude huise per werksdag. Gemeet aan enige standaarde is dit voorwaar ’n voortreflike prestasie. As gevolg van ons bevolkingsamestelling en ander probleme het die wanindruk egter oor die jare by mense in Suid-Afrika ontstaan dat net die Staat verantwoordelik is vir die voorsiening van behuising.
Mnr. die Voorsitter, kom ons kyk na die agb. Minister se probleme. Die agb. Minister het R256 miljoen van die agb. Minister van Finansies ontvang en ek is baie bly om van die agb. Minister te verneem dat hierdie bedrag nou opgeskuif het na R300 miljoen. Hoe hy dit reggekry het, weet ek nie, maar die feit is dat hy dit reggekry het. Verder het die agb. Minister gister aangekondig dat hy nie meer die rente hoef te betaal nie. Daar is egter ook ’n derde probleem. Intussen moes hy gebruik maak van oorbruggingskapitaal van ’n plaaslike bestuur. Daardie geld moet terugbetaal word voordat hy daaraan kan dink om geld vir nuwe behuising beskikbaar te stel. Ek dink dat dit vir die agb. Minister en die Regering ’n onmoontlike taak geword het om behuising vir die hele bevolking van Suid-Afrika te finansier. As ’n man iets reg moet maak, moet hy die gereedskap hê. As hy nie die gereedskap het nie, kan hy die werk nie doen nie. Die agb. Minister se gereedskap is finansies en hy het dit nie. Daarom meen ek dat ons na ’n heel nuwe strategie moet kyk sover dit behuising in Suid-Afrika betref. Ons moet kyk na ’n breër finansieringsfront en daarom is ek baie bly dat die agb. lid vir Bellville weer eens gevra het dat die Nasionale Behuisingskommissie leningsmagte moet kry. Ek wil egter verder gaan. Ons het in Suid-Afrika 522 munisipali-teite. Hierdie munisipaliteite tree almal as agente op vir die departement. Ek wil nou vra of ons nie hierdie munisipaliteite nader kan trek en in plaas daarvan dat ons hulle as agente gebruik, maak ons hulle volle ven-note in hierdie aksie om behuising vir die bevolking van Suid-Afrika te voorsien. Hierdie munisipaliteite het almal leningsmagte. Het die tyd nie aangebreek dat ons vir hierdie mense moet sê dat hulle van die leningsmagte moet gebruik maak nie, sodat hulle die agb. Minister kan help met hierdie probleem. Daar is sekere besware wat van die kant van die munisipaliteite geopper kan word. Hulle kan in die eerste plek sê dat as hulle addisionele geld op die ope mark moet gaan leen, dit hul leningsfasiliteite by die Tesourie kan raak. My antwoord daarop is dat as ’n mens spesifiek geld vir behuising leen, dit nie jou leningsplafon by die Tesourie raak nie. Hulle sal waarskynlik sê dat hulle hoër rente op die ope mark moet betaal, maar die agb. Minister betaal in elk geval op die oomblik hoë rente op oorbruggingskapitaal. Ons kan selfs verder gaan en die agb. Minister kan vir plaaslike be stuur sê dat hulle moet voortgaan om ekonomiese behuising te voorsien en dat hulle behuising vir die subekonomiese groep asook vir die oues-van-dae aan die departement moet oorlaat. [Tyd verstreke.]
Mnr. die Voorsitter, dit is jammer dat die agb. lid vir Seepunt vir my hier teen die einde van die debat ’n hele rits vrae kom vra. Hy weet dat ek oor beperkte tyd beskik en dit is onbillik dat ek tyd wat ek afgesonder het om vrae van ander agb. lede te beantwoord in hierdie stadium moet gebruik om vir hom uitvoerige antwoorde te gee. Ek hoop hy sien dit in hierdie lig.
Die agb. lid het so in die verbygang na die Bloemhof-woonstelle verwys en hy sit toe self ’n pop op wat hy dan weer afslaan. Dit is onsin wat die agb. lid praat want hy weet so goed soos ek dat daar nie sulke gerugte is soos waarvan hy praat nie. Dit is ’n pop wat hy self hier opsit. [Tussenwerpsels.] Nou ja goed. Ek dink nie die agb. lid moet dit doen nie terwyl hy beter weet nie. Die agb. lid het my daarop gewys dat ek gesê het dat die departement R800 miljoen nodig het om alle behuising te finansier terwyl ons maar oor R300 miljoen beskik. Ek verwys natuurlik na behuising wat deur die publieke sektor voorsien word. Dit is so dat hierdie syfers gegrond is op ons statistiek. Ons het egter oor die jare heen gevind dat dinge nie so uitwerk soos ons dit beplan nie. Al sou dit egter ook so uitwerk wil ek die agb. lid daarop wys dat ons nou in ’n mate moet doen wat daardie agb. lid en ook ander agb. lede wil hê. Die grootste behoefte ten opsigte van behuising en die grootste agterstand bestaan juis by behuising ten opsigte van Swart mense. Vanweë die nuwe strategie en sienswyse wat aanvaar is ten opsigte van die voorsiening van behuising vir Swartes in die nasionale State en in sekere dele van Wit Suid-Afrika sal ons sover moontlik hierdie geld waaroor ons beskik moet rek en sal ons in ’n groot mate die betrokkenheid van die privaatsektor verkry. Dit sal ons berekenings dan omvergooi omdat daardie berekenings gegrond is op die situasie soos dit vandag is. Met ander woorde, ons moet hoop dat die nuwe benadering van die Departement van Samewerking en Ontwikkeling ten opsigte van behuising, veral sover dit die voorsiening van sekere standaarde van behuising aan Swartes betref, sal lei tot ’n toenemende betrokkenheid van die privaatsektor sodat ons minder fondse uit die owerheidsektor hoef te bestee. Daardie agb. lid het ’n voorstel gemaak wat ’n ander agb. lid—ek meen dit was die agb. lid vir Bellville—ook al hier gemaak het. Hy het verwys na die voor-geskrewe belegging wat sekere instansies soos pensioenfondse by die Staatskuld-kommissarisse moet maak. Het ek die agb. lid verkeerd verstaan?
Ja.
As ek verkeerd verstaan het sal ek die agb. lid se Hansard lees en dan sal ek ’n antwoord verstrek.
Ek wil graag antwoord op die toespraak wat die agb. lid vir Bellville gelewer het. Hy het voorgestel dat in plaas daarvan om die voorgeskrewe belegging in sy geheel by die Staatskuldkommissarisse te belê, ’n sekere bedrag ook by bougenootskappe belê kan word. Dit kan ons by die Departement van Finansies aanbeveel …
By bougenootskappe.
Ja goed, ek sal op hierdie aspek ingaan en die agb. lid later ’n antwoord stuur. Ek wil nie weer met die agb. lid oor huurbeheer praat nie. Ons is egter besig om na sekere maatreëls te kyk en hoe ons uiteindelik van huurbeheer ontslae kan raak. Daarna het die agb. lid van die Groepsgebiedewet gepraat en ander agb. lede het ook oor daardie wetgewing gepraat en ek wil dus kortliks hiermee handel. Ek en die departement probeer om die Wet op Groepsgebiede met die grootste omsigtig-heid toe te pas. Dit lê egter ten grondslag van die Regering se beleid ten opsigte van afsonderlike woongebiede en daarom kan die wetgewing nie oorboord gegooi word nie en agb. lede moet dit begryp. Dit is maklik vir lede van die PFP wat nie met die werklik-heid saamleef nie, maar wat vir hulself apartheid koop in Rondebosch, Kenilworth, Pinelands en Houghton.
En Constantia.
Wat van Welgemoed?
Dit is maklik vir hulle om te vra dat die Groepsgebiedewet geskrap moet word. Die mense van Parow en Epping en Mayfair en Jeppe wat elke dag saamleef met die gevolge van saamboerdery en wat hierdie dinge aan hul bas voel, praat ’n heel ander storie. Daardie agb. lid wat in Union Jack-pajamas slaap en wat boonop teen die hange van Tafelberg slaap, kan nie saampraat nie. Hy weet nie waarvan hy praat nie.
You threw them out of Rondebosch in the first place. We did not ask for it.
You do not understand what I am saying. I am talking about White people.
I am also talking about Whites.
Ek het niemand uit Rondebosch gegooi nie.
I think it is time we got rid of you.
Why do you not come?
Orde!
Why do you not resign …
If you will just resign we will all be happy.
Orde!
Ek het in die verlede gesê ons aanvaar dat die Groepsgebiedewet skerp kante het en dat dit ’n baie moeilike Wet is om te administreer. Agb. lede behoort met ons en die departement simpatie te hê dat ons hierdie taak moet uitvoer. Dit is moeilike wetgewing wat in belang van orde in Suid-Afrika uitgevoer moet word anders sal ons chaos hê. Hierdie Wet is die grondslag van die ordening van gemeen-skappe in Suid-Afrika en dit is die beste grondslag waarop ’n mens goeie buurskap met grense kan hê. As ons dit in Suid-Afrika laat vaar, skop ons die bodem onder ons hele geordende volksbestaan uit. Daarom kan ons van die beginsels van hierdie wet-gewing nie afsien nie. Ek het egter gesê dat ons ons bes doen om die wetgewing met die grootste omsigtigheid uit te voer. Ek wil hê dat ’n agb. lid hier moet opstaan wat van hierdie dinge weet—en ek praat nie nou van die agb. lid vir Tuine nie—om ’n vinger na my te wys en te vra waarom ek nie opgetree het soos ek vandag hier voorgegee het dat ek doen nie. Ek en die departement is heeltemal bereid en ook van voornemens om indringend na die wetgewing te laat kyk deur onbetrokke buitestaanders om ons ten opsigte van die nodige wysigings te adviseer. Ek herhaal dat ek en die departement bereid is—en ons is ook van voornemens om dit te doen—om indringend na die Wet te laat kyk deur onbetrokke buitestaanders om ons oor die nodige wysigings te adviseer. Dit is egter so dat die Presidentsraad ook met ’n ondersoek in hierdie verband besig is. Ek verkeer dus vandag in ’n baie moeilike posisie om daaroor te praat. Die agb. lid het my ander vrae gevra wat net so moeilik is om te beantwoord. Die agb. lid wil van my weet wanneer ons regulasie 70 terugtrek en wanneer ons sentrale handelsgebiede in wetgewing omskep. Die Groepsgebiedewet is ’n baie ingewikkelde stuk wetgewing en ek meen dat agb. lede wat al probeer het om dit te lees, hierdie stelling sal begryp. Ons het al wetgewing in hierdie verband voor die Kabinet gelê. Dit is egter so dat wanneer ons daarmee besig is daar ook ander dinge aan die gang is. Op die oomblik sal dit mos hoogs voorbarig van my wees om hier, terwyl die Presidentsraad besig is om die wetgewing te ondersoek met die oog op moontlike verandering, op my eentjie te kom en die Wet te verander. Daar moet egter volgende jaar sekere veranderings aan die Wet aangebring word—al is dit ook interimveranderings—om die voorstelle insake sport wat uit die ondersoek van die RGN voortgespruit het te akkommodeer en ook om die Wet in ooreenstemming met die Drankwet te bring as gevolg van veranderings wat aan laasgenoemde Wet aangebring word. Ons sal dus uiteindelik die Wet moet wysig, maar my eie departement wil ook graag die geleentheid hê om na sekere aspekte te kyk. Aangesien die Presidentsraad daarmee besig is, kan ek nie aan die agb. lid sê dat ek al die wysigings wat ek moet aanbring tydens die volgende sitting van die Parlement sal kan afhandel nie.
Ek wil nou by die toespraak van die agb. lid vir Jeppe kom. Daardie agb. lid het my ’n paar vrae gevra oor die onwettige indringing van sekere groepe in Johannesburg en as ek dit sê, praat ek nie van verdringing nie. Hy het my gevra wat van afsonderlike woonge-biede word en hy het my ook uitgevra omtrent Hillbrow, Jeppe en Mayfair. Dit is ’n baie moeilike probleemwaarmee ons daar te kampe het, maar dit is gelukkig beperk tot Johannesburg. Ongeveer 2 000 gevalle van ongemagtigde okkupasie het onder die departement se aandag gekom. Dit was mense wat onregmatig eiendom geokkupeer het in ’n groepsgebied wat nie vir hulle bedoel is nie.
Is 2 000 klagtes in die hele Johannesburg ontvang?
Ja, dit was 2 000 en daar kan maklik agt tot tienduisend mense daarby betrokke wees afhangende van hoeveel in ’n wooneenheid is. Ek verwys egter na 2 000 gevalle. Daar is reeds 546 formele sake teen hierdie mense aanhangig gemaak en almal word deur Actstop beveg. Tot dusver het sowat 500 onwettige bewoners, voordat sake formeel teen hul ingestel is, hul okkupasie in die Blanke gebied beëindig en hul situasie gewettig. In 356 gevalle het die persone weg-getrek nadat sake teen hulle aanhangig gemaak is. In 60 gevalle is skuldigbevindings reeds verkry en in sommige gevalle is eienaars met soveel as R1 000 beboet. Tans is daar nog 190 sake op die Rol waarvan 45 in die woonbuurt Mayfair is. Ten opsigte van hierdie aangeleentheid wil ek dus vandag die volgende verklaring maak—
Hierdie handelinge kan dus nie oogluikend toegelaat word nie. In die tyd van my voorganger is hofsake aanhangig gemaak wat uiteindelik gevoer is tot in die Appèl-hof, waar beslis is dat die Departement van Gemeenskapsontwikkeling heeltemal reg opgetree het en dat die onwettige indringers uitgesit kan word sonder dat enige vorm van alternatiewe akkommodasie aan hulle beskikbaar gestel word. Desondanks het ek oor die afgelope jaar getrag om so billik en redelik moontlik op te tree, maar daar is moedswillige elevmente wat nie wil saamwerk nie, wat met behulp van Actstop die gereg uitdaag, en met wie uiteindelik gehandel sal moet word.
I must emphasize that, in order to implement the judgment of the Appeal Court, the Departement has no choice but to institute legal proceedings against persons who continue to illegally occupy dwellings in White group areas, and who, in the light of past experience, moreover have no intention to co-operate with the Department.
However, as legal proceedings are timeconsuming, which inevitably enables wilful persons to employ a number of delaying tactics, the Government has after careful consideration of the matter over a long period of time, come to the conclusion that it has no alternative but to place legislation before Parliament which will enable the Department to deal with illegal occupation more effectively. It is my intention to place draft legislation in this respect before Parliament early next year.
This will in turn ensure that racial friction generated by illegal occupation, and which presently creates considerable problems, can be effectively dealt with at an early stage.
It has also been brought to my attention that illegal occupants of flats and houses in Johannesburg are being cruelly exploited by landlords extracting excessive rentals. This intolerable practice by unscrupulous landlords cannot be condoned and, although I do not wish to unnecessarily extend rent control, I will not hesitate to place such blocks of flats or dwelling units under rent control.
I trust that landlords, particularly in Johannesburg, will in their own interest take heed of this warning and ensure that illegal occupants of their properties in White group areas vacate immediately, and last, but not least, stop this unscrupulous exploitation which invariably follows.
Ek het destyds aan die agb. lid vir Seepunt beloof dat ek my uiterste bes sal doen om hierdie sake vreedsaam te skik op ’n mens-like manier. Ek kan vandag sê dat die departement uit sy pad gegaan het maar daar is ’n klompie van hierdie mense—hoewel daar van die 500 gevalle minder as 200 oor is— wat eenvoudig opgesweep word deur Actstop en regstudente van die Universiteit van die Witwatersrand en hulle dwing ons nou eenvoudig omdat hulle die Wet in eie hande neem. Ons sal nou met hulle moet handel. Dit spyt my, maar as ons nie samewerking kan kry nie, kan ek nie so voortgaan nie, aangesien ek ook ’n plig teenoor die Regering se beleid het. Ek het ook ’n plig teenoor Hillbrow en die Blankes van Johannesburg wat ek nie bereid is om te versaak nie.
Ek kom nou by die toespraak van die agb. lid vir Johannesburg-Wes. Hy het ’n wel-deurdagte toespraak gehou en gevra wat my houding is ten opsigte van ’n Indiër-woonbuurt nader aan die middestad van Johannesburg. Hy het my ook gevra wat van Mayfair gaan word. In hierdie verband kan ek sê dat die aangeleentheid van residensiële regte vir Indiërs nader aan die middestad van Johannesburg ’n saak is waaraan ek en die departement al baie aandag gegee het. In werklikheid het ek kort nadat ek Minister geword het deur die departement die Groepsgebiederaad opdrag gegee om nieamptelik ondersoek in te stel om die feite te versamel en om aan my voorstelle in dié verband voor te lê. Ek het ongeveer drie maande gelede voorstelle van dié raad ontvang waarna ek met verskillende belangheb-bendes, onder andere die bestuurskomitee van die stadsraad van Johannesburg informele samesprekings gevoer het ten einde die gevoel oor sekere aspekte van die voorstelle te toets. Soos agb. lede weet, is die Presi-dentsraad besig met ’n ondersoek na die Wet op Groepsgebiede en spesifiek na Pageview, Johannesburg, en Distrik Ses in Kaapstad. Om dié rede kan ek nou niks verder oor hierdie saak sê nie. ’n Tussentydse verslag word egter binnekort in dié verband van die Presidentsraad verwag. Sodra die verslag be-skikbaar is, sal ek in staat wees om na buite standpunt in te neem oor die kwessie van residensiële regte vir Indiërs in Johannesburg.
Sonder om die bevindings van die Presidentsraad vooruit te loop en om my op ’n terrein te waag wat onbehoorlik is, moet ek dit daarby laat. Die agb. lid vir Johannesburg-Wes, die agb. lid vir Langlaagte en die agb. lid vir Jeppe het spesiflek aan my gevra wat met die woonbuurtes te Mayfair, Hillbrow en Jeppe gaan gebeur. Daardie woon-buurte is Blanke woongebiede wat Blank sal bly en agb. lede moet dit begryp. Dit het niks te doen met dié dinge wat hier rondom gesê is nie.
Ek kom nou by die toespraak van die agb. lid vir Suidkus, maar ek moet nou kortpad steek want ek het net ’n paar minute oor. Ek wil vir die agb. lid vir Suidkus sê dat ek ’n lang teleks gekry het oor die saak wat hy geopper het en ek het ’n mooi storie oor sy plaaslike saak. Ek was by Ifafa Beach … Ja, agb. lede lag nou oor my Engelse uitspraak maar my Engels klink maar net soos ’n paar ander agb. lede se Afrikaans. Ek het daardie strand self laat proklameer as ’n Kleurlingstrand en ek is trots daarop dat ons departement dit gedoen het omdat dit een van die mooiste strande in daardie omge-wing is. Ek sal die besonderhede van hierdie lang teleks in briefvorm aan die agb. lid stuur en ek meen dat dit tot sy bevrediging sal wees. Dit gaan oor die belangrike saak van die 240 Kleurling-families uit die Transkei wat hulle nou in die omgewing van Port St. John bevind. Ons beskou hierdie aange-leentheid as ’n saak van baie hoë prioriteit.
Die agb. Adjunk-minister sal ’n antwoord aan die agb. lid vir Boksburg verstrek na aanleiding van dit wat hy in sy toespraak geopper het. Die kwessie van die geraassone sal ons egter weer met die betrokke ower-hede moet opneem. Baie dankie vir die mooi begrip wat die agb. lid getoon het vir ons pogings om by Reigerpark iets te doen om weer orde daar te skep.
The hon. member for Albany is not here at the moment but he was very pessimistic about the housing situation for Blacks in the Eastern Cape. It is indeed a matter for concern, but it was said in 1954 that we will never be able to wipe out the housing backlog for Blacks which was at that stage 120 000. In 1958 it was estimated that we will have to provide 179 000 housing units for Blacks during the next decade. The task was described as impossible. During the next ten years not only were 179 000 houses built, but a total of 197 000 were provided. This, Mr. Chairman, proves the fallacy of the predictions of the prophets of doom.
Ek wil graag vir die agb. lid vir Port Eliza-beth-Noord sê dat hy ’n werklike probleemhet in verband met die nywerheidsindring-ing—en nie verdringing nie—in die woongebied van Sidwell. Daar is ’n Staatskomitee vir Port Elizabeth wat op die aangeleentheid van Sidwell ingaan. Hierdie Staatskomitee sal eersdaags in Port Elizabeth vergader en ek versoek die Direkteur-generaal om my op die hoogte van sake te bring nadat hulle na al die aspekte gekyk het waarna die agb. lid vir Port Elizabeth-Noord verwys het. Ek hoop dat hy my sal inlig oor wat daar plaasgevind het.
Die agb. lid vir Greytown het so ’n bietjie los en vas gepraat maar hy het een belangrike aspek uitgelig waarna ek moet verwys. Hy het gesê dat die privaatsektor nie met die openbare sektor kon meeding sover dit die voorsiening van massalaekostebehuising van minimum standaarde betref nie. Die agb. lid is natuurlik reg. Die openbare sektor bou hierdie massabehuising van ’n lae standaard in groot hoeveelhede en groot kontrakte word daarvoor uitgereik. Hulle beskik oor mense met kennis en ook hul eie personeel wat kan toesig hou en hulle beskik ook oor die nodige masjinerie. Dit is dus so dat die privaatsektor nie met hulle kan meeding nie. Ek het verlede week in een van die plaaslike koerante gelees—ek meen dit was The Cape Times—dat hier iewers in ons omgewing ’n organisasie waarvan dr. Wolheim die voorsitter is vir ’n klompie plakkers wat eers op ’n kerkperseel gehuisves was, kernhuise gebou het. Daardie kernhuise vir plakkers kos hulle ongeveer R20 000 elk. Dit is nou wat ek sal beskou as ’n vermorsing van geld van die eerste water. Die agb. lid vir Greytown het my ook gevra na die Kleurling-woonbuurt daar by sy dorp. Die Groepsgebied vir Kleurlinge aldaar is reeds in April vanjaar verklaar. Ons is nou besig om ’n opname te maak en nadat ons vasgestel het hoeveel mense huise wil hê, sal ons ’n skema daar onderneem. Dit sal die Kleurlinge in Grey town bestendig.
Die agb. lid vir Rustenburg het met groot oorgawe gepraat oor stadsvernuwing. Hy het ook gepraat van sosio-ekonomiese opheffing en het die bydrae van die klein belegger benadruk veral die klein belegging wat moontlik in daardie omgewing onteien is. Ons het veral sulke gevalle in Transvaal en ons het groot piëteit met daardie soort gevalle. By die departement gee ons voorkeur aan daardie mense, binne die perke van die wet, wanneer dit by die ontwikkeling van daardie gebiede kom.
Die agb. lid vir Brentwood het verwys na dit wat ons doen om sakegeleenthede vir die Bruin mense van Mitchellsplein daar te stel. Mitchellsplein is die trots van ons departement in hierdie verband en ek is bly dat hy daarna verwys het. Hy het die probleemvan die „nominee”-stelsel geopper, ’n stelsel wat ons departement en ook ander departement wat daarby betrokke is se aandag reeds vir ’n lang tyd in beslag neem, maar ons kon nog nie ’n behoorlike teenvoeter daarvoor bedink nie. Die agb. lid vra dat ons handels-geriewe vir ander kleurgroepe in hul eie woongebiede moet skep. Dit is ons beleid en ons probeer altyd vir hulle daar geleenthede skep. Die agb. lid vir Algoa het verwys na die verkoop van woonstelle onder die wetgewing insake deeltitels by Algoapark. Die konstruksie en ontwerp van daardie woonstelle is sodanig dat ’n mens dit moeilik onder deeltitels verkoop kan kry. Daar is buitendien baie ander woonstelle in Port Elizabeth in besit van my departement wat hewer onder deeltitels verkoop kan word. Ek is amper ’n bietjie huiwerig om hierdie groot blokke laehuurwoonstelle in Algoapark aan die verhuringsmark in Port Elizabeth te onttrek. Dit gee ons die geleentheid om die groot aantal mindergegoede mense te kan huisves teen ’n huur wat hulle kan bekostig. Die agb. lid het ook ander aspekte geopper waaraan ek graag te gelegener tyd my aandag sal skenk.
Ten slotte wil ek my persoonlike dank betuig teenoor die departement se personeel en veral die Parlementêre personeel wat elke dag rondom my is en al die probleme en onsin wat ek moet opeet, maar saam met my verduur en opeet. Hulle staan my baie getrou by en ons probeer om aan elke lid wat in hierdie aangeleenthede belang stel, ’n persoonlike diens te lewer. Ek wil my persoonlike waardering betuig teenoor die Direk-teur-generaal, mnr. Fouché. Hy verlaat nie die diens nie. Die ouens wat hom wegwens, sal nog heelwat met hom opgeskeep sit; en ook met my. Mnr. Fouché is ’n bekwame en ervare amptenaar en sy werk word hoog waardeer deur my en almal wat behuisings-aangeleenthede in hierdie land werklik op die hart dra. Ek waardeer sy ondersteuning en sy kennis geweldig baie.
Ek wil aan al die agb. lede wat tot dusver aan die debat deelgeneem het, dankie sê.
In conclusion, allow me to thank all the new hon. members on both sides who for the first time took part in this debate, and especially those who will continue to take a particular interest in the matters concerning my department.
Vir diegene wat werklik in gemeenskaps-ontwikkeling belang stel, staan my deur, die deur van die Direkteur-generaal en dié van die agb. Adjunk-minister oop. Laat hulle met ons kom gesels oor hul probleme. Ons belowe hulle die beste diens. Ons word daarvoor betaal. Hulle moet net nie met onsin na ons kom nie.
Mr. Chairman, I listened with interest to the hon. the Minister and I want to say at the outset that it is a pity that rationalization did not go far enough: I think that all housing matters should have fallen under this particular Minister, because he at least shows just that little bit of sympathy which others do not show.
However, I wish to deal with a number of directorates that now come under the auspices of the hon. the Minister of Community Development. I want to say that the importance of their functions must not be underestimated, even if they do not appear to have any political glamour.
I should like to deal, first of all, with the Directorate of State Auxiliary Services and specifically with the branch of accommodation and hirings. From reports received from various developers and architects it now appears as if the rentals paid by the State, particularly in the metropolitan areas, are market-related. What is disturbing, however, is the future with the escalations one sees taking place at the present moment in private office blocks. I should like to ask the hon. the Minister how he intends to meet this. Further, what escalation per annum does he normally grant to landlords? Secondly, in view of the out-of-court settlement on the Groote Schuur Estate, what houses are being built, what will the final cost be and what are the out-of-court settlement costs?
Next I should like to deal with the Government Printing Works. I should like to congratulate the Government Printer on the efficient management of this department. Each hon. member of the House should pay him tribute because the vast number of papers, Bills, reports, Acts and documents are available only because of the efficiency of the Government Printer. However, I feel that consideration should be given to the feasability of opening a small branch office in the Johannesburg business area where the Government Printer’s publications, maps, etc., can be freely purchased.
I should like to deal now with the Surveys and Mapping Branch. One can do little else but compliment this branch on the excellence of South African maps. Without our beacon system and excellent maps, for example, no land transaction, no delimitation of Parliamentary constituencies, no road or rail construction and no air flights could be undertaken with such accuracy. I trust that there is close co-ordination between this branch and Defence, as it is essential to have good maps for the effective conduct of operations. This branch performed a service of incalculable worth in the field of battle in World War II, and I should belatedly like to commend this branch for that. This applies particularly to the South African surveyors.
As far as the Deeds Branch is concerned, our system of deeds registration without doubt gives owners certainty of title, and this system is probably as good as, if not better than, any other system in the world. The hon. the Deputy Minister has drawn attention to the tremendous burden which was imposed on the Deeds Branch during the boom. However, it is with regret that one notes that the report shows a considerable loss of staff to the private sector. What is more disturbing, however, is the small number of new staff members qualifying in their examinations. Is this because the school standard of new recruits is too low, or are low salaries responsible for attracting such weak staff?
I now wish to turn to the Directorate of Land Affairs and Deeds. Time does not allow a full discussion on acquisitions. According to the report for 1979-’80 land was acquired for the expansion of the Groot Constantia Estate. The buildings on that estate have been declared historical monuments. Cannot the whole estate be restored as an original historical farm? Alternatively, was this land purchased for the prestige Coloured township? I direct that question to the hon. the Minister. I am pleased that the hon. the Minister acceded to the request for the establishment of an Indian residential township in Sandton. This township is at present being serviced and I am sure that both Sandton and the hon. the Minister are going to be justly proud of it. I helped to have it established and I am pleased the Minister agreed with it.
I should next like to refer to the settlement of disputes concerning compensation. I do not wish to repeat the payments in regard to the Theewaterskloof Dam, but they do highlight the necessity for the formation of a professional valuators’ board under which State, provincial, municipal and private valuators will be registered after qualifications and examination standards have been laid down. All ratable property in the whole of South Africa has to be valued every few years, and a heavy responsibility rests on municipal valuators because property taxes are based thereon. With regard to the data bank the hon. the Minister mentioned last night, may I please recommend to the hon. the Deputy Minister that this be regionalized rather than centralized, as knowledge of local conditions is most important. It was mentioned with regard to valuations and the appointment of valuators last night. As I say, I think it is important that this be regionalized rather than that there should be a central bank in Pretoria where it will be lost.
In regard to the 29 sites on the Foreshore in Cape Town, I should like to ask whether rates are being paid on them to the Cape Town Municipality. I should also like to ask why almost 100 000 hectares were bought for the rural Coloured area in Namaqualand. I visited the area, which lies north of Springbok, and am perturbed at the abject poverty of that particular area. What sort of housing scheme does the hon. the Minister propose to bring to that particular area?
Het jy ook Sandton besoek?
I should now like to deal with the general policy with regard to the disposal of State land. This has always been done by tender or public auction. However, in the past it was possible to arrange for obtaining State land on an exchange basis, but subject to valuation. Normally, the buyer involved in an exchange could obtain this land only if, in addition to the land offered, he paid a certain amount in cash. What is the situation today with regard to the possible reintroduction of exchanges?
Lastly, I should like to deal with a few points with regard to the Directorate of Building Services. I wish to refer briefly to the supervision of contractors on building sites and the application of the BIAC (Haylett) formula. I am a bit worried about the actual supervision of building operations and the issuing of certificates. I have no proof in this regard, but I am very perturbed about the situation. I wonder whether private quantity surveyors should not be used to a greater extent to ensure proper supervision over State contracts. As far as the BIAC (Haylett) formula is concerned, I am informed that it is not a good system and that it does lead to over-compensation. I believe that the Brett Committee and the Institute of Quantity Surveyors—I did not even tell the hon. member for Sea Point I would mention this—should get together finally to provide a satisfactory system.
In conclusion I want to deal with something much nearer my heart. It concerns the Army. When I visited the No. 1 Military Hospital at Voortrekkerhoogte, I was appalled to discover how long it had taken to erect this particular building. When I went there, I saw all sorts of things that were wrong. Changes were having to be made and mistakes seemed innumerable. The old hospital has served South African soldiers well for two world wars and more. With a view to our defence programme on the border, it is even more important that this hospital be completed without delay. I want to appeal to the hon. the Minister to investigate this matter personally, take it under his wing and see that it is completed as soon as possible for the sake of our children who serve this country.
Mnr. die Voorsitter, wat die Militêre Hospitaal betref, dink ek dat die tydsverloop nie die departement ten laste gelê kan word nie. Ek dink die departement doen sy bes om daardie hospitaal voltooi te kry. Daar is ander probleme daarmee verbonde wat miskien nie nou hier aangestip behoort te word nie. Dit het betrekking op die private kontrakteurs en ek glo nie dit is billik om hul name te noem nie.
Waar ons by die einde kom van die bespreking van hierdie Begrotingspos, is ’n mens geïmponeer deur die geweldige breë veld wat deur die departement gedek word. Die omvang van die departement imponeer ’n mens. Wanneer ’n mens na die besonder-hede in die Begroting van die Uitgawes onder hierdie begrotingspos kyk, sien jy dat dit tot 50 bladsye beslaan. ’n Mens let ook op dat daar 16 000 werknemers in die departement is. Dit is dus ’n groot departement en dit word so goed hanteer ook omdat die agb. Minister en die agb. Adjunk-minister met entoesiasme en vuur hierdie aangeleenthede behartig. Ons het gesien hoe entoesiasties die agb. Minister oor hierdie departement is. Dit is miskien belangrik om net te kyk na wat die definisie van „gemeenskapsbou” is. Wat is gemeenskapsbou as sodanig? Dit is nie iets wat eensklaps afgehandel word nie, maar dit is „’n proses waardeur daar in menslike behoeftes voorsien word vir sover dit gaan om behuising, gemeenskapsfasiliteite en alle ander geriewe wat vir volwaardige, gebalanseerde gesins-en gemeenskaps-lewe onontbeerlik is” en in die volvoering waarvan die Staat en andere werksaam is.
Ons almal het gepraat oor die noodsaak-likheid van meer fondse. Ek wil graag die vraag stel of die fondse wat toegeken is, funksioneel bestee word. Hoe goed word in werklikheid die fondse bestee wat hier bewillig word? Wanneer ons na die Begroting van die Uitgawes kyk, merk ons op dat die fondse onder vier hoofindelings toegeken word. Die totale bedrag wat aan hierdie departement toegesê is, beloop R818 miljoen. Dit is slegs 5,2% van die totale begroting, en 22% van hierdie bedrag word aangewend op die gebied van die voorsiening van behuising en gemeenskapsontwikkeling. Ek verwys nou na programme 2 en 3. Van die totale bedrag word 71% met betrekking tot Deel III, „Owerheidshulpdienste”, aangewend. Dit beslaan programme 4 tot 8. As ons na program 2 kyk, sien ons dat die bedrag vir die voorsiening van behuising slegs 16% uitmaak van die totale bedrag wat onder hierdie Begrotingspos bewillig word. As ons na die totale begroting vir al die departemente kyk, sien ons dat slegs 0,86% daarvan aan behuising bestee word. Ek dink almal sal saamstem dat in vergelyking met die totale begroting, dit ’n baie geringe bedrag is.
Ek wil agb. lede verwys na bladsy 23-8 van die Begroting van die Uitgawes. Dit gee besonderhede oor die byvoeging tot kapitaal van die Nasionale Behuisingsfonds wat onder program 2 val. Ons sien daar dat die byvoeging ten opsigte van Blankes met R2 miljoen afgeneem het. In die geval van die Asiërs het die byvoeging met R7 miljoen toegeneem, in die geval van die Kleurlinge met R14 miljoen, en in die geval van die Swartes met R5 miljoen. ’n Mens moet ook in ag neem dat die voorsiening van behuising vir anderskleuriges nie net onder hierdie Begrotingspos gedek word nie, maar dat ander Begrotingsposte ook daarin voorsien. Hieruit word dit vir ’n mens baie duidelik dat die private sektor besondere aandag sal moet skenk aan die voorsiening van behuising vir Blankes in die lae-en middelinkom-stegroepe. Dit blyk duidelik hieruit.
Nou wil ek graag teruggaan na Deel III van die Begrotingspos en spesifiek na program 4, „Akkommodasie en Strukture”. Die bewilliging ten opsigte van program 4 maak 59% van die totale bedrag uit. Nou is die vraag of hierdie groot bedrag werklik effektief aangewend word. U sal oplet, Meneer, dat dit ’n kolom 2-item is hierdie. Dit wil sê dat hierdie geld nie vir enigiets anders gebruik kan word nie, maar spesifiek vir hierdie doel aangewend moet word. Omdat dit so ’n groot hap van die totale bedrag is, wil ek so ’n bietjie daarby stilstaan. As ons na bladsy 23-16 kyk, sien ons dat ’n groot deel van hierdie bedrag in werk-likheid aangewend word vir die verbetering van diensvoorwaardes, byvoorbeeld verlof-gratifikasies. ’n Groot deel hiervan gaan dus aan die amptenare van die departement. Daaraan kan die departement niks doen nie —daar moet ’n verhoging kom. Voorts kan ons kyk na die huur en belasting wat betaal moet word. As ons na bladsy 23-20 kyk, sien ons dat daar in dié opsig ’n toevoeging van R11 miljoen is. Ons merk op dat die departement niks aan die verhoogde bedrag ten opsigte hiervan kan doen nie. Dit is vaste uitgawes waaraan niks gedoen kan word nie. Ek wil veral ook verwys na hoofindeling M op bladsy 23-21. Dit is die hoofindeling wat betrekking het op akkommodasie, strukture en ingenieursdienste. Ons let op dat primêre en sekondêre skole vir Kleurlinge ’n geweldige hap van die bedrag onder hierdie hoofindeling neem. Ons merk ook op dat daar onder hoofindeling M ’n verhoging van R62 miljoen is. Die punt wat ek wil maak is, dat dit alles vaste koste is waaraan die departement absoluut niks kan doen nie. In dié opsig is dit opmerklik hoe effektief die departement is. Ons sien hoe effektief die departement sy geld bestee, want daar is geweldige vaste koste waaraan daar niks gedoen kan word nie.
Om op ’n tweede aspek te wys wat op die effektiwiteit van die departement dui, wil ek my aansluit by die agb. lid vir Bezuidenhout waar hy na die Staatsdrukker verwys het. Dit is baie interessant om na die syfers met betrekking tot die Staatsdrukker te kyk. Ek wil agb. lede verwys na bladsy 23-48. Daar sien ons dat die totale koste van die bedryfsrekening R46 miljoen beloop. Die tekort wat bewillig moet word, beloop egter slegs R1 000. Dit staan gelyk aan 0,002%. Dit gee ’n mens ’n indruk van die effektiewe beheer wat daar ook by die Staatsdrukkery is.
Op die gebied van die voorsiening van behuising wil ek verwys na bladsy 4 van die Verslag van die Direkteur-generaal van Gemeenskapsbou. Op daardie bladsy verskyn daar ’n tabel en daarin sien ons dat daar in 1975 R78 miljoen bestee is aan ongeveer 5 000 huise. In 1980 is daar omtrent dieselfde bedrag bestee—eintlik minder—en is daar meer huise gebou, te wete 5 800 huise. Dit beteken dat die departement in sy bouprogram meer effektief gewerk het omdat dit meer huise gebou het vir minder geld na ’n periode van vyf jaar. Dit is nou ten spyte van die eskalasie van koste. As ’n mens na die gegewens met betrekking tot Kleurlingbehuising kyk, kan ’n mens die afleiding maak dat die standaard van die behuising vir Kleurlinge geweldig verhoog is.
’n Mens kom dus na aanleiding van die aspekte wat ek uitgewys het, tot die gevolgtrekking dat die departement die fondse aan hom toegewys, absoluut effektief aanwend. Wanneer ons dus ’n oplossing soek vir die probleemvan die verskaffing van meer behuising, wil ek aan die hand doen dat daar net drie terreine is waarna ’n mens in dié verband moet gaan kyk. Jy hoef nie te kyk na die besteding van die departement nie. Die eerste terrein is dat daar meer geld be-skikbaar gestel sal moet word. Dit is ’n eenvoudige slotsom. Tweedens sal die private sektor op hierdie gebied al meer sy plig moet nakom, veral ook op die gebied van Blanke behuising. Derdens sal ons ons prioriteite moet regstel. Die agb. Minister het dit baie mooi gestel. Elkeen sal moet besef dat, net soos kos en klere primêre behoeftes is, behuising dit ook is. [Tyd verstreke.]
Mnr. die Voorsitter, ek staan net op om die agb. lid die geleentheid te gee om sy toespraak te voltooi.
Ek dank die agb. Sweep oorkant. Ek het gesê dat gemeen-skapsbou ’n proses van die voorsiening van behuising is. Dit word effektief gedoen, maar iets waarna ons nader sal moet kyk, is die feit dat die departement die infrastruk-tuur skep om behuising te kan voorsien. Ek wil my graag aansluit by die agb. lid vir Bezuidenhout waar hy daarna verwys het dat die departement die infrastruktuur moet skep om behuising te kan voorsien.
Dan wil ek stilstaan by die Direktoraat van Grondsake en Aktes. Daar moet ’n infrastruktuur geskep word om behuising te kan voorsien en dit is ’n groot en belangrike taak wat onder meer deur hierdie direktoraat effektief hanteer word. Die eerste oor-weging in dié verband is die verkryging van grond om gemeenskappe te kan ontwikkel en die infrastruktuur vir gemeenskappe te kan voorsien. Dit word verkry deur kontrakte aan te gaan en deur onteiening. Hier het ons te make—en ek wil kort gaan daar-oor—met die waardasieberoep. As die waardasie behoorlik gedoen word, kan die koste van die aankoop van grond verlaag word sodat weer eens meer huise voorsien sal kan word. In daardie opsig is dit korrek dat die waardasieberoep georden sal moet word, want dit speel ’n effektiewe rol in die koste van behuising. Die agb. lid het in dié verband ook na die databank verwys. Ek wil sê dat dit goed sal wees as daar ’n sentrale rekenaar is. Daar kan ook streeksterminale wees waar die betrokke inligting getap kan word.
Die tweede aspek waarop ek wil wys ten opsigte van die proses van die ontwikkeling van ’n gemeenskap is die beplanningsaspek. Daar moet stadsbeplanning plaasvind. Dit hou in beplanning, herbeplanning en stads-vemuwing. Die belangrikheid van beplanning kan ’n mens nie oorskat nie want daar kan in swak beplanning baie verskuilde koste wees. Wat is beplanning in werklik-heid? Dit is die gekoördineerde en harmonieuse ontwikkeling van gemeenskappe met behoorlike inagneming van die genots-vlak van so ’n gemeenskap en van gesond-heidsfaktore, ekonomiese faktore en alles wat met die beplanning van ’n gemeenskap te doen het. ’n Belangrike aspek van beplanning is ook dat daar norme bepaal sal word ten opsigte van byvoorbeeld hoeveel parke daar aangebring moet word, en hoe wyd die strate moet wees. Ek het nog nooit norme raakgeloop oor hoeveel behuising voorsien moet word vir oues van dae wanneer daar ’n dorp uitgelê word nie—en ek het heelwat agtergrondskennis in hierdie verband. Dit is miskien belangrik dat die departement dit op hom sal neem om oor ’n wye spektrum norme in dié verband te bepaal. Daar bestaan byvoorbeeld nie ’n norm ten opsigte van behuisingbehoeftes van oues van dae nie. Dieselfde geld ook vir jong mense. Wanneer ’n mens ’n dorp ontwikkel, hoeveel behuising moet daar vir ons jong mense voorsien word? Waar ons universiteite nou vierjarige kursusse aanbied wat in die toekenning van ’n Baccalaureus-graad in beplanning uitloop, glo ek dat die departement met vrug leiding kan gee om hierdie professie, as ek dit so mag stel, verder te orden sodat behoorlike norme neergelê kan word. Die beplanning van ’n dorp, ’n stad of ’n streek behels die beplanning van ’n organisme. ’n Mens moet dit nie as ’n afsonderlike dorpie sien nie, maar as ’n lewende organisme. Dit moet ons in aanmerking neem.
Dan wil ek verwys na die Tak Opmeting en Kartering. Dit is my eerste liefde hierdie. Ek wil graag so ’n bietjie meer daaroor vertel. Wanneer dit kom by geodesie, het ons te make met die wiskunde van die aardbol, ’n bol wat platgedruk is. Nou moet die gege-wens op ’n plat stuk papier aangebring word. As ’n mens ’n stuk papier om jou hand draai, kan jy dit nie doen sonder dat die papier kreukel nie. Daar kom dus distorsies voor wanneer ’n mens ’n bal op ’n stuk plat papier wil voorstel. Daar is baie ingewikkelde wiskundige formules om die nodige regstellings te doen. Laat my net sê dat ons in Suid-Afrika een van die beste sisteme het in hierdie verband. Laat ek agb. lede ’n idee daarvan gee. Die hoogte van Mount Everest in die Himalaja was baie onseker. Elkeen wat dit gemeet het, het ’n ander syfer verstrek. Die probleemwas dat hulle nie die seevlak onder die berge kon bepaal nie. Dit is maklik om te bepaal waar die top is, maar hoe bepaal ’n mens die seevlak onder die berge waar daar gravitasie-afwykings is wat probleme skep? Dit is ’n ingewikkelde saak en dit is van belang ook byvoorbeeld by die uitlê van kanale in besproeiingskemas. Geografiese opmetings word aan die hand van fotogrammetriese opmetings gedoen. Die beginsel is eenvoudig. ’n Mens het twee foto’s wat ’n bietjie van mekaar verskil en wanneer ’n mens na hulle kyk, kry jy ’n driedimensionale beeld wat jy dan gebruik. Dit word ook op die gebied van die medisyne gebruik. Dan is daar die kadaster, en die kadastrale landmeting. Dit is hier waar dit gaan oor die afmeting van erwe. Die landmeter moet ’n kaart teken wat wetlik erken sal word. Dit is die kadastrale opmeting. Dit is nie eintlik die moeilikste opmeting wat daar is nie. Voordat ’n dorp ontwikkel word, moet dit uitgemeet word. Dit is ’n baie belangrike aspek.
Vierdens kom die ingenieurs by. Wanneer ’n dorp uitgelê word, moet die waterretiku-lasie, die elektriese retikulasie, ens., beplan word. Wanneer daar met die bouwerk begin word, het ’n mens argitekte, bourekenaars en meganiese, ingenieurs nodig. Daarom is dit goed dat die betrokke wette deur hierdie departement geadministreer word.
Wanneer dit by die goedkeuring van ’n dorp kom, het ek ’n probleem. Die goedkeuring van dorpe moet bespoedig word, want hoe langer dit neem, hoe duurder word die erwe. Dit is ’n aspek hierdie wat hoë behuisingskoste ten gevolg het. Ek wil in dié verband voorstel dat al die departemente wat by die goedkeuring van ’n dorp betrokke is, aan die begin om ’n ronde tafel byeen moet kom om probleme te identifiseer of om hul goedkeuring te verleen. Dan kan hulle oor drie weke weer bymekaar kom om verdere probleme te bespreek. Dit veroorsaak ’n rompslomp wanneer daar tussen departemente ’n briefwisseling ontstaan en departemente met voorstelle kom wat die hele kaar-tehuis herhaaldelik omvergooi. Die Rhode-siese stelsel is baie aanbevelenswaardig. Ek wil aan die hand doen dat die agb. Minister hieraan aandag moet gee.
Meneer, die sesde punt waarby ons kom by die ontwikkeling van die infrastruktuur met die oog op die verskaffing van behuising, is die Aktekantoor. Dit is by die Akte-kantoor dat regte gevestig word. Daar kry die eienaar van grond ’n dokument, wat geregistreer word, wat sê dat hy die eienaar van ’n bepaalde stuk grond is. Wanneer ’n mens kyk na die verslag van die departement, dan besef jy hoeveel werk deur die Aktekantoor gedoen word. Ek wil nie hier in besonder-hede gaan nie, maar as ’n mens op bladsy 41 van die jaarverslag kyk, sien jy dat die werk van die Aktekantoor onder andere te doen het met transportaktes, notariële servitute, huweliksvoorwaardekontrakte, deelplanne, onteienings, ensovoorts. Dit is geweldig belangrike werk, want om regsekerheid vir ’n mens te gee en regtitel vir ’n mens te verseker is seker een van die belangrikste sake in ons kapitalistiese stelsel.
Wanneer ’n mens na die jaarverslag van die Departement van Openbare Werke kyk, dan vind jy dat soveel as R13 miljoen aan die privaatsektor betaal word. Kontrakte word uitgegee, en konsultante, ingenieurs en argitekte word aangestel, tot ’n bedrag van by die R13 miljoen per jaar.
Die laaste aspek van die skepping van hierdie infrastruktuur is die voorsiening van die behuising self. Daaroor is baie gepraat, en ek gaan nie al daardie aspekte herhaal nie, maar wanneer ’n mens die hele infrastruktuur so beskou, dan besef jy dat daar weinig is waaraan verbeter kan word. Die rasionalisasie in die geval van hierdie departement was baie goed. Daar is slegs twee punte waaraan daar myns insiens aandag gegee kan word. Dit is, soos ek reeds genoem het, dat die dorpsbeplanningsprofessie georden moet word, en in die tweede plek, dat die stigting van dorpe bespoedig moet word. Daar is metodes waarvolgens dit gedoen kan word.
Ten slotte wil ek graag die agb. Minister en die twee Adjunk-ministers gelukwens met die ems waarmee hulle hierdie portefeulje bejeën, met die simpatie wat hulle aan die dag lê, en met die feit dat hulle R44 miljoen ekstra kon kry. Dit, Meneer, is ’n groot prestasie, en ek wil daardie here gelukwens daarmee. [Tyd verstreke.]
Mr. Chairman, the major portion of this debate has been about housing, and I think the hon. the Minister can in fact be very pleased at the commendations that have been showered upon his department by the members of the official Opposition and ourselves in respect of the house building that his department has undertaken. I believe that those commendations were justified and that the hon. the Minister will doubtless get enjoyment from that, but I also hope that he will derive some benefit from the very large number of suggestions that have been made by various hon. members. It is quite obvious to me that the Minister and his department are enthusiastic and are working hard to effect remedies to a rather deplorable situation that prevails in South Africa and has done for many years, in the provision of homes. I may be called a prophet of doom, but I believe it is obvious that unless a few additional thoughts are given to possibly unorthodox methods of financing, of building and of providing homes one way or another, the birth rate will keep well ahead of the ability of the department to provide homes. Therefore it is important to ensure that every means at our disposal in South Africa is used for this aspect, which is probably one of the most important aspects of decent, civilized human living.
The principle enunciated by the hon. the Minister, I think, is a sound one, to the effect that in the first instance it is the duty of the person to provide his home. Thereafter private enterprise must do their share, and then the State comes in and does what it can. I think it is a fair enough principle, but it must be accepted that while it is fine in principle, in terms of the practical realities it is going to be extraordinarily difficult to persuade commerce and industry to encourage those who have had neither the money nor, perhaps, the mental ability, to provide their own homes. So the State, I am afraid, is for a long time into the foreseeable future going to have to look after certain segments of the community.
They must not pass the buck.
Well, that is as may be, but there is no question about it, the State is going to have to do this. Bearing that in mind, I do believe it is important, in their own interests as a department and in the interests of the good name and the reputation of our country, for them to be very, very cautious about moving people from even unsatisfactory accommodation unless and until they are in a position to immediately place those people somewhere else. I know that squatting is a pain and I know that nobody in a Governmental agency likes it. As I have mentioned before, I have had to contend with it elsewhere. It is better, however, to have those problems and have them observed by health officers, rather than have the contumely and contempt thrown on you by possibly very unknowledgeable people.
Mr. Chairman, this department does have other functions, as was pointed out in the machine-gun attack by the hon. major. [Interjections.] This is a department which is so popular for the good things it does, and I am sorry to have to raise issues from which it does derive a certain amount of unpopularity. One of these issues is the question of CBD’s. I am not the first one to have mentioned this matter. The members of the official Opposition have already done so, and it has been mentioned in another context, with reference being made to White “fronts” looking after the financial affairs of Indians, and depriving them of their money, and so on. The point is that this question of central business districts is one that I believe must be faced up too quickly. I do not believe it is necessary to make a statement that all central business districts are to be opened, but I do sincerely believe that the Minister should give serious thought to making this a matter of, in the first instance, local option, to see whether the heavens really will fall if the central business districts are opened up.
Good idea!
No, open them up!
Well, let us at least find out in which areas people are prepared to accept it. There are cities and towns that will accept the opening up of the central business districts. If you do that, then you of course obviate the situation where White “fronts” are robbing the Indians.
Another point that I believe should be given serious consideration, is the question of permits. Race discrimination is not something new in South Africa. It is found all over the world and it has existed since time immemorial, and it will doubtless exist from time immemorial into the future.
[Inaudible.]
You make your speeches, and I shall make mine. The point is, however, as I have said elsewhere, and as I believe other people must have said, that we are the few people who have made legislation for it. On the question of permits for businessmen to have their cinemas or their restaurants open, or to use all forms of business entrepreneurial activity, let me say this: Surely it makes sense that businessmen are not silly fools; they are not going to wreck their businesses. They are not going to have racial friction in their businesses. Let us therefore get rid of this as a Government edict. Let us get rid of it as a law. The Government will be doing itself a great service by distancing itself, and showing manifestly that they are distancing themselves, from racial discrimination. Let the Government say: “If the businessman wants to open his business or if the owner of a theatre wants to open his theatre, that is his business. If he wants to go broke, fine.” I believe that if the Government gets away from being personally involved in this, it can only do itself a great deal of good.
Mr. Chairman, more often I find myself in agreement with the hon. member for Umbilo. He made a very sensible speech and raised a few matters which we shall definitely ponder. I listened with very keen attention to his speech, especially when he said that there should be unorthodox methods of financing housing. I thought to myself: Well, this is my field. I shall jot this down. But then, Sir, he went immediately on to much more difficult matters which do not fall within my purview, but within the purview of the Minister. The Minister will be able to reply to those aspects much more ably than I can. There was, for instance, the very difficult question of the CBDs. That is a vexed probleem. We do not want to do anything that is disruptive, but I know that the Government is committed. It has accepted the Riekert Report on CBDs. As an interim measure we are introducing section 19 areas on a very large scale in our bigger cities. Before we venture into the field of the CBDs we want to see how these section 19 areas work. From the reports we are receiving, they are working excellently.
The hon. member also referred to the question of permits. That is another matter we are looking into, but this also falls within the purview of the Minister. In his wisdom, he has given me more work than I think he has, but he has accepted for himself the more difficult matters, such as the issuing of permits, and I am very pleased with that.
My time is very limited, but I shall attempt to come to the points raised by other hon. members.
Mnr. die Voorsitter, ek wou die breë omvang van ons werksaamhede beskryf het, maar die tyd gaan my nie toelaat om dit te doen nie. Ek wil egter vir u sê dat ons werksaamhede oor die lengte en die breedte van ons land strek, en ek is teleurgesteld dat meer agb. lede nie verwys het na hierdie Witskrif, wat ons met groot moeite opgestel het nie.
I did.
Ja, die agb. lid vir Bezuidenhout het daarna verwys. Daarin sal agb. lede ’n beeld kry van die omvang van ons werksaamhede oor die volgende vyf jaar in ons stede en tot in die kleinste gehuggies oor die lengte en die breedte van Suid-Afrika.
In fact, Sir, not only our country, but the world is our parish. We have provided accommodation for our missions in foreign countries. In the island bases and far-away Antarctica our presence is felt. Mr. Chairman, if time permitted, I would have liked to refer in very glowing terms to the dedication of our loyal officials. The Minister did so at the end of his speech and before my time runs out, I want to do so as well. I should like to pay tribute to our officials, 16 000 of them. 11 000 of them have come over from the old Department of Public Works, and I am referring here to all of them, from the humblest labourer to the highest trained technicians and professional staff. When we enjoy all the amenities in this fine country, including this imposing building, with its old-world charm, in which we are now meeting, as well as those in the far-flung corners of our country, we must think of these people. I was in Namaqualand this weekend and I was proud, when travelling through the small hamlets and Coloured towns there, to see the schools which this department had built. When enjoying all these amenities, spare a thought for these dedicated officials who, through their labour, have enriched our lives. I have been in this position now for almost a year, and if I am asked—as I often am—what my overriding impression of this past year has been, I can say without hesitation it is the dedication of the officials of this department. I thank my Maker that I have been privileged during this past year to be associated with men and women of this calibre. They have inspired me, Sir. They have taught me the meaning of esprit de corps and team work. They have displayed to me that life can be meaningful and that the almost impossible can be achieved when you are motivated to work for a cause beyond yourself. I wish I had the time to cite examples. There are so many that come to mind.
Aan hierdie amptenare—beter kan daar nie wees nie—’n dankie wat baie groter is as wat ek ooit in woorde kan uitdruk.
Omdat my tyd geweldig beperk is, gaan ek nie by my eintlike toespraak kom nie, en dus gaan ek net baie kortliks antwoord op die verskillende sake wat deur agb. lede geopper is. In die eerste plek wil ek verwys na die toespraak van die agb. lid vir Boksburg, wat ongelukkig nie hier is nie. Hy het ’n briefie aan my geskryf waarin hy om verskoning gevra het. Hy het gepraat oor onbenutte, leë erwe by ons plaaslike owerhede. Ek wil dadelik sê dat dit nie die Staat se beleid is om ligtelik afstand te doen van enige beskikbare grond nie, daar dat dit dikwels gebeur dat hy later weer ten duurste ander erwe moet koop, as hy sy erwe verkoop het. Hierdie grond wat ons het, word verkry met die skepping van nuwe dorpsgebiede, wanneer daar normaalweg sekere erwe gereserveer word vir die behoeftes van die Staat. Dan gebeur dit ook dat deur middel van ons Gemeenskapsontwikkelingsraad, ons met ons stadshernuwingsprojekte heelwat persele bekom. Tog, nieteenstaande die algemene beleid, is daar geen rede waarom die departement moet vasklou aan erwe wat weens hul ligging en ’n klemverskuiwing in ontwikkeling oor die jare nie meer vir enige Staatsdoeleindes nodig is nie, en daardie erwe nie van die hand moet sit nie. Indien enige plaaslike owerheid of ook die privaatsektor in sulke erwe belang stel, moet hulle maar net met die departement skakel. Ons sal dan kyk of daardie erwe benodig word vir enige Staatsdepartement. As dit nie benodig word nie, sal ons dit van die hand sit. Dit is soms tot ons voordeel om daardie erwe van die hand te sit wanneer ons dit nie self benodig nie. Daar is sekere projekte wat ons spesifiek finansier uit die opbrengs van die verkoop van hierdie erwe. Dan is dit ook tot geweldige voordeel van die plaaslike owerhede, want dit verhoog hul belastingsbasis. As ons die plaaslike owerhede kan help, soos die Minister van Finansies ook in die afgelope begroting gedoen het, dan doen ons dit graag.
As the hon. member for Umbilo said, the hon. member for Bezuidenhout launched a machine-gun attack on us.
Meneer, ’n verstandige man het meer vrae gestel as wat ’n dwaas kan antwoord. Eintlik is die spreekwoord andersom, Meneer, maar ek gaan baie vriendelik teenoor die agb. lid wees want ek hou van hom. Hy is ’n besonder aangename man wat al baie goeie bydraes gelewer het.
The hon. member for Bezuidenhout referred to rentals. He will have seen from our estimates that we are expending an amount of R67 million per annum on rentals. I think it was the hon. member for Yeoville who once accused us of not having money for housing because we were spending all our money on luxury office blocks. That is simply not true. Here in Plein Street we are building a luxury office block, but that is one of the only ones in the country. We are renting accommodation, and these rentals are negotiated over the long term.
The hon. member also referred to the deeds registry and the low qualifications of some of the officials there. The reason is simply that due to the shortage of officials, these people have been working overtime and have consequently simply not had the time to study. Our civil servants are working many hours overtime, but nowhere is the situation worse than in the Deeds Office. The position has, however, vastly improved over the last few months, and there is no backlog either.
For the first time in history.
A few months ago there was a backlog, but we have wiped out that backlog, through the dedication of the officials. The hon. member for Pretoria West also referred to this matter.
What about the Surveyor-General’s office?
Yes, the hon. member also referred to the Surveyor-General’s office. There is also a shortage of staff there. [Time expired.]
Mr. Chairman, I rise to give the hon. the Deputy Minister an opportunity to complete his speech.
Mr. Chairman, I thank the hon. Whip. The hon. member for Pretoria West also spoke of the Surveyor-General’s office, and he spoke with great knowledge.
Ek het ’n tyd gelede ’n toespraak hieroor moes maak, en ek moes die woordeboek gebruik om agter te kom wat al hierdie woorde beteken—dit was absoluut bo my bevatlikheid gewees. Meneer, dit is bekend dat die agb. lid vir Pretoria-Wes verlede jaar, by al sy ander kwalifikasies, ’n meestersgraad in stadsbeplanning behaal het. Hy is ’n persoon wat uitnemend toegerus is. Hy is ’n advokaat en ’n landmeter, en ek verstaan hy het selfs teologiese studies in sy jonger jare geneem. Ek wil ’n uitnodiging tot die agb. lid vir Pretoria-Wes, die agb. lid vir Bezuidenhout en ander agb. lede wat belang stel, rig, om een van die dae na Mowbray te gaan om te kyk na die gesofistikeerde toerusting wat ons daar het.
One of the many matters the hon. member for Bezuidenhout raised, was the question of valuers. A new Bill is to be introduced in 1982 in this connection. There was full agreement on this; consensus was reached between the various institutes of valuers. The hon. member also referred to the supervision of State contracts. I can say to the hon. member that we have the professional and technical staff to supervise these buildings. A lack of staff has of course had a detrimental effect, but we were fortunate enough not to have wasted money, as he thought would have happened because of the shortage of staff. Our staff simply worked longer hours.
The hon. member also referred to the houses at Groote Schuur. The reply is that three of the houses for Deputy Ministers are being erected at Groote Schuur. Originally six were to be erected but, as he knows, three have been demolished. The total cost is estimated to be R820 000 for the six houses, which includes the cost of three houses to be built elsewhere. There has been an escalation in the cost. Our original estimate was R780 000. He also asked me what the court costs were in this case. This was a private settlement. If his colleague, the hon. member for Groote Schuur, will tell him, he is welcome to ask him, but I cannot divulge that.
Die toespraak van die agb. lid vir Pretoria-Wes is een wat ek beslis gaan nalees sodat ons daarop kan antwoord. Dit was ’n toespraak waarin die agb. lid vir ons definisies gegee het. Die agb. lid het vir ons ’n definisie van gemeenskapsontwikkeling en van beplanning gegee. Dit was pragtige definisies, wat ek weer gaan bestudeer. Meneer, ons dorpsbeplanners en ons konsultante is opgelei. Ons het toegeruste mense, en as hulle dorpe beplan, hou hulle wel deeglik rekening met al hierdie fasette. Aspekte soos die verwagte samestelling van die bevolking, die aantal kinders, ensovoorts, word in aanmerking geneem. Hulle het norme met betrekking tot die aantal huisgesinne per laerskool en per hoërskool, die behoefte aan tehuise vir bejaardes, ensovoorts. Ek kan nou nie aan die agb. lid uit die vuis uit sê of daar norme is met betrekking tot hoeveel ouetehuise daar moet wees nie, maar ek weet daar is wel norme ten opsigte van parke, skole, sakesentrums, ensovoorts. Ek kan hom egter nie antwoord op die vraag of daar norme is wat betref ouetehuise nie. Al hierdie sake word egter in aanmerking geneem, en ons is trots op die feit dat ons baie deeglik toegeruste beplanners het.
Die agb. lid het ook gepraat van dorpstigting. Die Minister het daarop geantwoord. Ek kan net sê dat in Pretoria, waar die agb. lid vandaan kom en waar daar lang vertragings met dorpstigting was, daar ’n uitdrukking was dat jy nie ’n dorp stig nie, maar dat jy dorpstigting pleeg, as gevolg van die geweldige vertraging daar. Dinge het egter verander. Die agb. lid is bewus daarvan dat die Wet gewysig is en dat net skere instansies, amptelike instansies en andere wat goedgekeur word deur die Administrateur, dorpe kan stig. Daar is ’n handleiding wat deur die Administrasie uitgegee word vir toekomstige dorpstigting. Die posisie het aansienlik verbeter en, soos die Minister net-nou gesê het, word dorpe reeds binne ’n jaar gestig.
Mnr. die Voorsitter, dit was aangenaam om op hierdie punte te kon antwoord. Ek wens daar was meer tyd gewees. Ek wil baie dankie sê vir die ondersteuning en vir die baie hartlike gees waarin hierdie debat gevoer is.
Begrotingspos goedgekeur.
Die Komitee gaan om
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
HOUSE OF ASSEMBLY
DEBATES OF THE STANDING COMMITTEE ON APPROPRIATION BILL: VOTE NO. 17.— “Water Affairs, Forestry and Environmental Conservation”
[STANDING COMMITTEE 6—’81]
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
VOLKSRAAD
DEBATTE VAN DIE STAANDE KOMITEE OOR BEGROTINGSWETSONTWERP: BEGROTINGSPOS NO. 17.— „Waterwese, Bosbou en Omgewingsbewaring”
[STAANDE KOMITEE 6—’81]
ORDER AND ANNOUNCEMENT
25 August 1981
Ordered: That in terms of Rule No. 1 of the Rules for Standing Committees, Vote No. 17.—“Water Affairs, Forestry and Environmental Conservation”, as specified in the Schedule to the Appropriation Bill [B. 93—’81], be referred to a Standing Committee.
14 September 1981
Announcement: That Drs. T. G. Alant, M. S. Barnard, Messrs. W. N. Breytenbach, A. M. van A. de Jager, K. D. S. Durr, L. H. Fick, A. Geldenhuys, R. W. Hardingham, W. J. Hefer, D. E. T. le Roux, M. H. Louw, G. J. Malherbe, J. H. W. Mentz, W. D. Meyer, Dr. W. A. Odendaal, Messrs. P. J. S. Olivier, S. A. Pitman, J. Rabie, D. B. Scott, Maj. R. Sive, Messrs. M. A. Tarr, H. J. Tempel, L. M. Theunissen, C. Uys, J. C. van den Berg, W. L. van der Merwe, R. F. van Heerden, Dr. A. I. van Niekerk and Messrs. H. E. J. van Rensburg and J. A. van Wyk had been appointed members of the Standing Committee.
REPORT
21 September 1981
The Chairman of Committees reported that the Standing Committee on Vote No. 17.—“Water Affairs, Forestry and Environmental Conservation”, had agreed to the Vote.
BESLUIT EN AANKONDIGING
25 Augustus 1981
Besluit: Dat ingevolge Reel No. 1 van die Reels vir Staande Komitees, Begrotingspos No. 17.—„Waterwese, Bosbou en Omgewingsbewaring”, soos gespesifiseer in die Bylae by die Begrotingswetsontwerp [W. 93—’81], na ’n Staande Komitee verwys word.
14 September 1981
Aankondiging: Dat drr. T. G. Alant, M. S. Barnard, mnre. W. N. Breytenbach, A. M. van A. de Jager, K. D. S. Durr, L. H. Fick, A. Geldenhuys, R. W. Hardingham, W. J. Hefer, D. E. T. le Roux, M. H. Louw, G. J. Malherbe, J. H. W. Mentz, W. D. Meyer, dr. W. A. Odendaal, mnre. P. J. S. Olivier, S. A. Pitman, J. Rabie, D. B. Scott, maj. R. Sive, mnre. M. A. Tarr, H. J. Tempel, L. M. Theunissen, C. Uys, J. C. van den Berg, W. L. van der Merwe, R. F. van Heerden, dr. A. I. van Niekerk en mnre. H. E. J. van Rensburg en J. A. van Wyk as lede van die Staande Komitee aangestel is.
VERSLAG
21 September 1981
Die Voorsitter van Komitees rapporteer dat die Staande Komitee oor Begrotingspos No. 17.—„Waterwese, Bosbou en Omgewingsbewaring”, die Begrotingspos goedgekeur het.
INDEX TO SPEECHES/BLADWYSER VAN TOESPRAKE
ALANT, Dr. T. G. (Pretoria-Oos), 981.
CONRADIE, Mnr. F. D. (Sondagsrivier), 914.
DE JAGER, Mnr. A. M. van A. (Kimberley-Noord), 912.
DURR, Mr. K. D. S. (Maitland), 970.
GELDENHUYS, Mnr. A. (Swellendam), 890.
GOODALL, Mr. B. B. (Edenvale), 918.
HARDINGHAM, Mr. R. W. (Mooi Rivier), 880.
HEFER, Mnr. W. J. (Standerton), 967.
HULLEY, Mr. R. R. (Constantia), 932.
LEMMER, Mnr. W. A. (Schweizer-Reneke), 894.
LE ROUX, Mnr. D. E. T. (Uitenhage), 978.
LOUW, Mnr. M. H. (Queenstown), 935.
MARÉ, Mnr. P. L. (Nelspruit), 958.
MENTZ, Mnr. J. H. W. (Vryheid), 955.
MOORCROFT, Mr. E. K. (Albany), 961.
MYBURGH, Mnr. P. A. (Wynberg), 888.
ODENDAAL, Dr. W. A. (Benoem ingevolge art. 40 (1) (b) van die Grondwet/ Nominated in terms of sec. 40 (1) (b) of the Constitution), 974.
OLIVIER, Mnr. P. J. S. (Fauresmith), 929.
PITMAN, Mr. S. A. (Pinetown), 871.
RABIE, Mnr. J. (Worcester), 885.
ROGERS, Mr. P. R. C. (King William’s Town). 952.
TEMPEL, Mnr. H. J. (Ermelo), 947.
THEUNISSEN, Mnr. L. M. (Verkies ingevolge art. 40 (1) (c) van die Grond-wet/Elected in terms of sec. 40 (1) (c) of the Constitution), 926.
UYS, Mnr. C. (Barberton), 950.
VAN DER MERWE, S. Ed. dr./Dr. the Hon. C. V. (Bethlehem) (Minister van Waterwese, Bosbou en Omgewings-bewaring/Minister of Water Affairs, Forestry and Environmental Conservation), 897, 921, 943, 985.
VAN DER MERWE, Mnr. W. L. (Meyer-ton), 876.
VAN HEERDEN, Mnr. R. F. (De Aar), 882.
VAN RENSBURG, Mnr. H. E. J. (Bryanston), 907.
VAN WYK, Mnr. J. A. (Gordonia), 937.
VENTER, Mnr. A. A. (Klerksdorp), 940.
WILEY, Mr. J. W. E. (Simon’s Town), 964.