House of Assembly: Vol96 - TUESDAY 8 SEPTEMBER 1981

TUESDAY, 8 SEPTEMBER 1981

Die Staande Komitee kom om 14h30 in die Senaatsaal by een.

Die Tydelike Voorsitter van Komitees (mnr. C. Uys) neem die Stoel in.

BEGROTINGSWETSONTWERP

Begrotingspos No. 21.—„Nywerheids-wese, Handel en Toerisme” (verv.):

Die MINISTER VAN NYWERHEIDSWESE, HANDEL EN TOERISME:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Seepunt het aangedui dat hy ook nog aan die debat in die Raad moet gaan deelneem en daarom wil ek eerstens graag kortliks antwoord op enkele van die vrae wat daardie agb. lid gestel het.

Die agb. lid het my gevra om te antwoord op verskillende aspekte rakende die NP se beleid byvoorbeeld die verwydering van diskriminasie, groepsgebiede ens. Ek kan verstaan dat daardie agb. lid, as lid van die PFP en ook voormalige leier van daardie party seker gewoond geraak het daaraan om die kommer in sy hart te dra oor waar lede van sy party spesifiek sou staan. Ek kan hom egter die versekering gee dat lede van die NP nie hierdie probleem het nie omdat lede van die NP by die beleid van hul party staan. Daardie agb. lid en die agb. lid vir Bryanston koester verniet die vermoede dat ek in Piketberg besig is om heimlik ’n ander beleid as die beleid van die NP te verkondig.

Mnr. H. E. J. VAN RENSBURG:

Nee, dit is wat jy in jou hart ronddra wat PFP-beleid is.

Die MINISTER:

Die NP is ’n party met ’n besondere dinamiese groeikrag en lewenskrag. Dit is ook ’n party met realisme en soveel lewenskrag en energie dat agb. lede aan daardie kant van die Raad dit ons heel dikwels beny. Hulle maak egter ongelukkig die fout—en dit moet ek dadelik byvoeg—dat hulle die bruisende energie en die vonkeling van lewe in hierdie party raaksien as die eerste tekens van skeuring en versplintering. Nee, hierdie party is kernge-sond en dit is bereid om op realistiese en verantwoordelike wyse na die probleme van Suid-Afrika te kyk. Die vonkeling van hoop wat hulle dikwels verkeerdelik raaksien as die lig in hul donker politieke tonnel is eint-lik, vir hulle inligting, die aankomende trein.

Die agb. lid vir Seepunt het, na aanleiding van die feit dat ons ’n Eerste en Derde Wêreld ineen is en dat ons ’n dualistiese ekonomiese stelsel het, ’n pleidooi gelewer vir die informele sektor wat algemeen bekend staan as die terrein waarop ekonomiese aktiwiteite plaasvind sonder indiensneming van verdere produksiefaktore. Hy het hoof-saaklik ’n saak probeer uitmaak dat vanweë die teenwoordigheid van ’n Derde Wêreld in ons Eerste Wêreld-gemeenskap normale en standaarde sodanig aangepas behoort te word dat dit ruimte moet skep vir die Derde wêreld in ons midde. Nadat ek gisteraand na die agb. lid geluister het toe hy van die Eerste en Derde wéreld praat, het ek lus gevoel om „Eureka, hy het ontdek dat ons in werklikheid nie net ’n eenvormige gemeenskap is nie, maar dat ons tegelyk ’n Derde en ’n Eerste Wêreld in een is!” Ons is ’n hoogs ontwikkelde en moderne gemeenskap en daar is aspekte soos veiligheid, gesondheid, besoedeling, omgewingsbewaring, geraas, rommel en ander onooglikhede wat ’n mens nie net sonder meer kan toelaat en die ekonomie sy eie loop laat neem nie.

Mr. D. J. N. MALCOMESS:

But there are laws about that.

Die MINISTER:

Ek handel nou met die agb. lid vir Seepunt. Ek sal by die agb. lid vir Port Elizabeth-Sentraal kom. Ek is dit 100% met die agb. lid eens dat ons ons standaarde nie so hoog moet stel dat dit onmoontlik word vir ekonomiese bedrywig-hede ook in die minder ontwikkelde gedeeltes van ons gemeenskap nie. Daar is egter sekere standaarde en norme wat redelik is vir ’n ontwikkelde gemeenskap en ’n ontwikkelde ekonomie en ons kan nie twee stelle waardes en twee stelle reels in Suid-Afrika handhaaf nie. Die feit van die saak is egter dat die NP se beleid juis voorsiening maak vir die bestaan van ’n Derde en ’n Eerste Wêreld en vir die gemeenskappe wat tot beide hierdie wêrelde behoort. Juis deur voorsiening vir hierdie verskeidenheid te maak in Suid-Afrika skep ons ook die ruimte waarin ’n meer informele ekonomie in hierdie gemeenskappe geakkommodeer kan word. Ongelukkig wil dit egter voorkom asof die agb. lid vir Seepunt nog nie dieselfde sienswyse wat hy ten opsigte van die ekonomiese werklikhede huldig, op die politieke werklikhede van toepassing maak nie. Ter-wyl hy pleit vir die verskille van ’n Eerste en Derde Wêreld op ekonomiese gebied, verontagsaam hy dit wanneer hy by die politieke aspekte kom.

Mnr. C. W. EGLIN:

Nee.

Die MINISTER:

Hy pleit dan vir ’n gelyke gemeenskap waarin die politieke realiteite van ’n Eerste en ’n Derde Wêreld totaal geïgnoreer moet word en waarin almal eenvoudig onder dieselfde kam geskeer moet word. Polities eis hy ’n starre eenvormigheid terwyl hy op ekonomiese gebied die veelsydigheid van Suid-Afrika erken en graag wil sien dat erkenning daaraan verleen word.

Die laaste vraag wat die agb. lid gestel het waarna ek net kortliks wil verwys, hou verband met sentrale besigheidsdistrikte. Ek wil net die agb. lid se geheue weer verfris deur te sê dat die Regering, na aanleiding van die Riekert-kommissie se verslag, die beginsel aanvaar het dat sentrale besigheidsdistrikte op handelsgebied tot stand kan kom—trouens artikel 19(1) van die Groepsgebiede-wet maak daarvoor voorsiening—en die Departement van Gemeenskapsontwikkeling waaronder die toepassing van die Groepsgebiedewet ressorteer, skenk op die oomblik verdere aandag aan hierdie aangeleentheid.

Mnr. C. W. EGLIN:

Sal jy hulle so ’n bietjie druk?

Die MINISTER:

Ek wil ook graag verwys na ’n saak wat deur verskeie sprekers aange-roer is, te wete, die ontwikkeling van klein sake in Suid-Afrika. ’n Mens waardeer dit besonder dat soveel aandag vandag aan die klein sakeman gegee word en dat na sy belange omgesien word. Die feit dat soveel sprekers in hierdie debat na hierdie onderwerp verwys het en aspekte van die probleme wat die klein sakeman ondervind, aan die orde gestel het, getuig van ’n nuwe gees en benadering ten opsigte van die klein sakeman wat net goed voorspel vir ekonomiese aktiwiteit op daardie gebied. Ons moet in gedagte hou dat die industriële-en han-delsreuse van vandag almal as kleinsake-ondernemings begin het. Die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie se totstandkoming is daarom ook die resultaat van ’n groeiende bewussyn dat ’n nuwe benadering ten opsigte van die klein sakeman in Suid-Afrika nodig is en dat nuwe stukrag gegee moet word aan die bevordering van klein sake-entrepreneursskap. Hierdie filosofie en benadering het dan ook beslag gekry in die stigting van die Kleinsake-ontwikkelings-korporasie. Die korporasie is op 3 Februarie vanjaar geregistreer met ’n teikenkapitaal van R150 miljoen. Net om agb. lede se geheue te verfris, kan ek daarop wys dat die bedrag van R150 miljoen saamgestel sal word deur R75 miljoen se A aandele wat deur die privaatsektor opgeneem sal word en R75 miljoen se B aandele wat deur die Staat via die NOK as agent opgeneem sal word. Tot dusver het 81 maatskappye reeds R63 miljoen se aandelekapitaal opgeneem waarvan R18 miljoen reeds opbetaal is en die restant oor vyf jaar betaal sal word. Die Staat is van voorneme om sy verpligting ten opsigte van die R75 miljoen na te kom deur ’n kontantbedrag van R10 miljoen te stort en—soos ek gister ook tydens die debat opgemerk het—die oordrag van die bates van verskillende korporasies. Ek wil volledigheidshalwe dit weer duidelik stel watter korporasies en belange die Staat van voorneme is om oor te dra aan die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie. Dit is die totale bates van die OFK, die Ontwikke-lings-en Finansieringskorporasie, vroeër bekend as die Kleurlingontwikkelings-korporasie, die totale bates van die INOK, die klein nywerheidsbates van die NOK en sekere bates van die EOK. Dit word beoog om wetgewing nog tydens hierdie sessie in te dien sodat die Kleinsake-ontwikkelings-korporasie ook sy infrastruktuur en organisasie op dreef kan kry om die nodige dienste aan die klein sakeman te kan lewer. Ek wil kortliks verwys na enkele van die doelstellings wat die Kleinsake-ontwikkelings-korporasie homself ten doel stel en waardeur die korporasie hoop om kleinsake-ondernemingskap te bevorder. Die eerste aspek is finansieringshulp by wyse van le-nings of aandelekapitaal op kort, medium of langtermyn. Die tweede aspek is die verskaffing van ’n sake-infrastruktuur waarbinne die klein sakeman verder kan ontplooi. Dit behels die daarstelling van fabrieke, sake-sentrums ens. ’n Derde aspek is die ver-skafflng van ’n praktykgerigte opleidingsad-vies asook nasorgdienste vir die kleinsake-ondernemer. ’n Laaste aspek is die onderskrywing van lenings en kredietfasili-teite wat deur verskillende bankinstellings aan die klein sakeman verskaf word. Dit staan in die algemeen bekend as die bank-waarborgskema. Die onlangse aanvaarding van hierdie skema deur ’n groot aantal banke in Suid-Afrika kan as ’n belangrike deurbraak vir die klein sakeman beskou word. Die skema beoog om deur die uitge breide netwerk van die vyf grootste handels-banke in Suid-Afrika asook hul takke die fasiliteite vir leningskapitaal tot die beskikking van die klein sakeman, ook op die afgeleë platteland, beskikbaar te stel.

Maj. R. SIVE:

Teen watter rentekoers?

Die MINISTER:

Ek sal by die renteaspek kom. Na etlike maande van onderhandeling met die betrokke banke, te wete Barclaysbank, Nedbank, Standardbank, Trustbank en Volkskas is daar op hierdie skema ooreengekom. Die skema behels kortliks die volgende: Die banke sal lenings van R25 000 oorweeg wat aan norme wat deur die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie opgestel is, moet voldoen. Die banke sal verantwoor-delik wees vir die verkryging van die nodige sekuriteit terwyl die Kleinsake-ontwikkelings-korporasie 80% van die finansieringsfasiliteit soos ooreengekomsal waarborg. In die gevalle waar die bedrag R25 000 oorskry en tog minder as R150 000 is—die perk wat die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie homself voorlopig gestel het—sal die banke die aan-soeke na die Kleinsake-ontwikkelings-korporasie kan verwys vir oorweging. Die korporasie sal eweneens met die goedkeuring van sodanige groter aansoeke 80% van die fasiliteit waarborg. Sover my kennis strek is hierdie skema die eerste in sy soort in die wêreld en dit bied ’n unieke geleent-heid aan die klein sakeman om deur die bank in sy onmiddellike omgewing gehelp te word. Die banke se finansiering van klein sake was tot op hede nog uiters beperk vanweë die gebrek aan sekuriteit. Die kleiner entrepreneur was tot op hede verplig om by familie, vriende en ander instansies geholpe te raak.

Die agb. lid vir Bezuidenhout het dit oor rentekoerse gehad en in daardie verband wil ek net na twee aspekte verwys. Die rentekoers van die Kleinsake-ontwikkelings-korporasie is op die oomblik 14%. Die feit van die saak is dat die subsidiëring van rentekoerse alleen nie die klein sakeman effektief in bedryf sal stel nie. Die belangrike advies-en nasorgdienste asook die breër hulp wat deur die korporasie aan die kleiner sakeman gegee sal word, behoort te kompenseer vir meer realistiese rente waardeur fasiliteite aan hom beskikbaar gestel word. Dit is so dat daar agtergeblewe gemeenskappe is waarvoor aanvanklik meer spesiflek gerigte korporasies ingestel is om hulle ekonomies by te staan. Die belange van hierdie korporasies word nou oorgedra na die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie en daarom ag die Regering dit van die grootste belang dat hierdie bepaalde gemeenskappe en bevolkingsgroepe nie daardeur in ’n swakker posisie gestel moet word nie. Ek het reeds hierdie aangeleentheid namens die Regering met dr. Vosloo van die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie bespreek en die versekering gekry dat sosioekonomiese oorwegings ook in ag geneem sal word by die toekenning van hulp deur die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie. Daar bestaan by sommige gemeenskappe in ons samelewing ’n groot ekonomiese agterstand en ’n mens sal graag wou sien dat die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie meer as sy rol speel om ook ten opsigte van daardie bevolkingsgroepe by te dra om hierdie agterstande uit te wis. Ek wil ook graag ’n laaste opmerking maak oor die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie en dit is dat die korporasie tans in sy vormingsfase is met die daarstelling van sy landswye netwerk. In hierdie stadium kan ek net voornemende aansoekers versoek om die plaaslike takke van die onderskeie banke te nader indien hulle hulp verlang.

Ek wil graag oorgaan na ’n volgende aspek. Die agb. lid vir Durban-Punt het gisteraand ’n voorbeeld aangehaal wat hy gebruik het om sy saak te probeer stel dat die Regering onnodige hoë eise en norme aan die ontwikkelaars stel en dit uiteindelik bykans onmoontlik maak vir ’n nuwe nywerheid om gevestig te word. Hy het dit gedoen aan die hand van ’n spesifieke voorbeeld. Ek wil nie reageer op sommige insinuasies wat die agb. lid ook ongelukkig gemaak het nie, maar ek wil kortliks sonder om te veel van die tyd van die Komitee in beslag te neem, na hierdie geval verwys. Die aangeleentheid is pas nadat die aansoek in Augustus 1980 ingedien is deur die Komitee van Sewe oorweeg. Hierdie Komitee is ’n interdeparte-mentele komitee wat juis in die lewe geroep is om aansoeke van hierdie aard te bespoedig. Vir die inligting van die Komitee kan ek net daarop wys dat die lede van die Komitee bestaan uit verteenwoordigers van onder meer die volgende departemente: Nywer-heidswese, wie se verteenwoordiger ook as voorsitter optree, Samewerking en Ontwikkeling, Waterwese, Bosbou en Omgewings-bewaring, Mannekrag, Gesondheid, Binne-landse Aangeleenthede en die afdeling Fisiese Beplanning van die Kantoor van die Eerste Minister. Senior amptenare van die onderskeie departemente is in ’n komitee saamgetrek om aansoeke van daardie aard te oorweeg en te bespoedig. In ’n besondere geval is die aansoek na die eerste oorweging afgekeur omdat volgens die gidsplan vir die gebied die terrein waarop die nyweraar sy sementaanleg wou oprig vir landboudoel-eindes gesoneer is. Die applikant het weer aansoek gedoen en met die indiening van die tweede aansoek het hy daarop gewys dat ’n belegging van R150 000 aangegaan is en dat daar reeds bakstene gemaak word sonder enige toestemming. Dit gebeur dikwels dat nyweraars en ander sakelui ’n reg probeer vestig deur sonder die nodige toestemming op te tree en dan terug te kom na die gemagtigde instansie om kondonering van hul handelswyse te verkry op grond van die feit dat hul reeds kapitaal bestee het. As ons ’n beleid van ordelike nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika voorstaan, kan ’n mens nie plakkernywerhede van hierdie aard toelaat nie. [Tussenwerpsels.] Ek wil met die agb. lid saamstem in soverre hy die punt probeer maak het dat ons nie ons standaarde so hoog moet stel dat dit remmend op die Suid-Afrikaanse ekonomie inwerk nie. Ek kan nie genoeg daarmee saamstem nie en ek het daarom ook opdrag aan my Departement gegee om deurlopend te kyk na maatreëls wat kan lei tot die verdere bespoediging van nywerheidsontwikkeling deur die uitskake-Eng van onnodige rondslomp. Aan die anderkant kan ons nie ongeordende ontwikkeling toelaat nie. Wat word nou van die kapitaal wat plaaslike besture aanbied om juis geordende nywerheidsontwikkeling met die nodige dienste in hul gebiede toe te laat? Die feit is ook dat baie nyweraars, as hulle eers toegelaat word om hulself op die periferie of in ’n ongemagtigde gebied te vestig, kort daarna begin aandring op verdere dienste soos riole, paaie, krag, telefone ens. Die Komitee het weer oor hierdie aangeleentheid besin en die voorsitter asook twee lede van die Kantoor van die Eerste Minister se departement het ’n inspeksie ter plaatse gaan uitvoer en met die stadsklerk en die stadsingenieur samesprekings gevoer. Persele is beskikbaar waarop die betrokke nyweraar homself kan vestig. Trouens een ander vervaardiger het homself reeds daar gevestig en ’n verdere vervaardiger het aangekondig dat hulle binnekort daar tot die bedryf gaan toetree. Die betrokke bedryf het, in die vertoë wat hy gerig het om nie na die nywerheidsgebied te verskuif nie, groot klem gelê op die vervoer van die as deur die dorpsgebied. Op die plek waar hy egter tans ongemagtig bakstene vervaardig is hy reeds besig om ’n roete te volg wanneer hy as aanry wat deur die beboude-gebied gaan. Die Stadsraad, wie se standpunt in hierdie verband ook in ag geneem moet word, is ontsteld dat die Departement nie die ongemagtigde aktiwiteite beëindig het nie. Daarom wil ek weer aan die agb. lid sê dat, in ’n moderne ekonomie, dit noodwendig so is dat nuwe nywerhede aan billike en redelike eise moet voldoen. Ons het in ons Departement ’n Nuwe Nywerheidskomitee—New Industries Committee—which is able to assist prospective industrialists and I would suggest that any new industrialist should contact the Committee who will most certainly assist them in overcoming many of the difficulties which the hon. member has referred to last night.

Mr. W. V. RAW:

What can the making of cement bricks on a farm do to anyone?

Die MINISTER:

Ek is jammer as die agb. lid nie met my antwoord tevrede is nie. Ek het die breë filosofie daaragter aan hom probeer uitspel, maar indien hy oor ’n bepaalde geval verder wil gesels staan my deur altyd oop. Hy moet my net laat weet en dan kan hy die saak verder met my opneem.

Die agb. lid vir Port Elizabeth-Sentraal het gisteraand weer na die kwessie van die plaaslike vervaardiging van dieselenjins, rat-kaste en agterasse verwys. Ek het gisteraand in my kort uiteensetting daarop gewys dat dit hoofsaaklik strategiese redes was wat daartoe aanleiding gegee het dat die vervaardiging van hierdie komponente in Suid-Afrika gaan plaasvind. Ek het ook daarop gewys dat ons moet aanvaar dat die plaaslike vervaardigde produk duurder as die ingevoerde produk gaan wees. Miskien moet ek net eers dit sê: Die plaaslike vervaardigde produk sal uiteraard duurder wees omdat die Suid-Afrikaanse mark beperk is. Ons het ’n kleiner mark en die eenheidskoste is gevolg-lik hoër as wat dit in die geval van ’n groter mark vir oorsese vervaardigers sou wees.

Maj. R. SIVE:

How much more?

Die MINISTER:

Ek kom nou daarby. Hierdie kostepremie is egter veel kleiner as wat algemeen aangevoer word en behoort na ’n paar jaar relatief gesproke ingehaal te word. Daar is verskillende faktore wat die kostepremie bepaal en ten opsigte waarvan ek nie ’n spesifieke syfer aan die agb. lid kan verstrek nie. In die eerste instansie is daar die weglatingstoelaag wat bereken moet word op die afslag wat die oorsese vervaardiger aan die binnelandse agent of vervaardiger toelaat ten opsigte van die voertuigpakket wat hy moet aankoop waaruit die enjin nou weggelaat is. Die weggelaat is. Die weglatingstoelaag verskil van vervaardiger tot vervaardiger en dit is dus moeilik om presies te bepaal wat die koste-effek daarvan ten opsigte van die plaaslike dieselenjin sal wees. Daarbenewens is daar nog die kostefaktor van ingenieurswerke want die nodige ingenieurswerk moet gedoen word sodat die plaaslike produk opgeneem kan word in die eenheid, voertuig of trekker. Weer eens mag die koste verskil van vervaardiger tot vervaardiger. Sommige het die voordeel dat die voertuig of die trekker heeltemal geskik is vir die enjin, ratkas of agteras. Dit is dus ook ’n faktor wat in ag geneem moet word. Sover dit die mededinging op die mark betref wil ek graag die volgende opmerking maak: Die tariefbeskerming van 30% word deur baie mense gesien as die kostepremie wat uiteindelik die produk gaan bepaal. In die geval van die swaarder voertuig, byvoorbeeld die vragmotor, is 30% op die totale voertuig gevoeg, maar die enjin is verantwoordelik vir ongeveer ’n kwart van die totale koste van die voertuig. Die tariefbeskerming van 40% op trekkers is dus misleidend want dit is nie die persentasie waarteen die binnelandsvervaardigde produk belas sal word nie. Ek het met verskillende vervaardigers laat skakel en veral met trek-kervervaardigers want dit wil my voorkom asof die vrees juis in daardie kring bestaan dat buitensporige hoë premies op trekkers afgewentel sal word. Die aanduiding is dat daar gereken kan word dat die addisionele kostepremie in sommige gevalle maar in die omgewing van 10% kan wees. ’n Mens moet ook in gedagte hou dat die huidige wisselkoers nie vooruit bepaal kan word nie en die wisselkoersveranderings is inderdaad tans tot die voordeel van die plaaslikvervaardigde produk. Ek wil dus net graag beklemtoon dat ons nie op hol moet raak en moet weg-hardloop oor buitengewone kostepremies waarvan sommige persone praat nie. Sover dit die monopolie-argument betref wil ek graag die volgende kort opmerking maak. Toe daar destyds besluit is om ratkaste plaaslik te vervaardig, was daar reeds ’n vervaardiger wat vir verdedigingsvoertuie ratkaste en agterasse vervaardig het. Daardie firma het toe oor gevorderde tegnologie, kundigheid en infrastruktuur beskik. Gesien die beperkte omvang van die plaaslike mark, was dit dus logies dat hierdie vervaardiger gevra sou word om met die vervaardiging van ratkaste voort te gaan. Daar is egter ook ’n ander belangrike aspek en ek wil dit beklemtoon. ’n Mens wil nie daarmee te koop loop nie, maar ek meen dat die agb. lid vir Port Elizabeth-Sentraal dit altyd in gedagte moet hou. Dit is naamlik dat die ander vervaardiger se tegnologie nie tot die beskik-king van die weermag en die polisie was nie en dit was een van die hoofredes waarom aanvanklik besluit is om dieselenjins, ratkaste en agterasse in Suid-Afrika te vervaardig. Ek hoop dus dat hierdie aspek opge-klaar sal word. Dit sluit ook nie uit dat ander vervaardigers in die toekoms toegelaat sal word nie. Voorts is die tariefbeskerming wat aangekondig is van so ’n aard dat dit die invoer van veral die groter ratkaste, waaroor daar heelwat klagtes was, moontlik maak en dat ons verder vorentoe weer die tariefbeskerming asook die posisie van plaaslike vervaardiging sal kan hersien.

Die agb. lid vir Ceres het die belangrikheid onderstreep dat die inmaakbedryf ’n struktuuraanpassing moet maak. Ek sou graag enkele syfers wou uitlig om aan te toon dat hierdie struktuuraanpassing nie gesien moet word teen die besondere groot produksie van 1979-’80 nie. As ’n mens byvoorbeeld na die produksie van perskes oor die afgelope aantal jare kyk verg hierdie struktuuraanpassing gemiddeld nie ’n groter aanpassing as 10 tot 20% nie. Ek sal egter hierdie aangeleentheid weer met die agb. lid opneem.

Ek wil my tot die agb. lid vir Worcester rig wat my gisteraand met groot vreugde huistoe gestuur het. Hy het gisteraand gepraat van die gediggie wat lui—

Doctor, I would like to have my throat examined.
There is nothing wrong you say? Who could ever have imagined.
Three farms have flown that way.

Die agb. lid het ’n besondere betoog gelewer oor die kultuurmuseum in sy omgewing. Hy het ook gepraat oor die stook van witblits en hy het ook gevra dat die reg verleen moet word om die witblits te bemark. Ek is sy betoog baie goedgesind en ons sal graag die agb. lid probeer help binne die raamwerk van die bestaande wetgewing. Ek wil die agb. fid egter daarop wys dat dit veral vanwee kultuurmotiverings is dat ek die saak so goedgesind is. Ons moet egter nie dat die kuituur kop toe gaan nie. Dit laat my dink aan die bekende strofe uit die bekende skrywer Herman Charles Bosman se boek waar hy ook geskryf het van ’n brousel van ongeveer dié aard. Die agb. lid vir Worcester sal beweer dat dit nie die ware Jakob is nie aangesien dit nie van wyn gemaak word nie, maar dit is Willem Prinsloo se perskebrandewyn waaroor geskryf word en dit is daarna wat Oom Schalk in die storie Willem Prinsloo so droogweg verwys. Ek haal aan—

When I had been in the kitchen for half an hour I decided to go into the voorhuis. It seemed a long way now from the kitchen to the voorhuis and I had to lean against the wall several times to think. I passed a number of other men who were also leaning against the wall like that, thinking. One man even found that he could think best by sitting on the floor with his head on his arms. You could see that Willem Prinsloo made good peach brandy.

Mnr. die Voorsitter, in die beperkte tyd wat ek nog tot my beskikking het, wil ek kortliks net terugkom op die baie interessante opmerkings van die agb. lid vir Yeoville, wat nou nie vanmiddag hier is nie. Hy het hier in ’n interessante maar baie kort toesprakie van vyf minute gewys op die gevare van die Marxisme. Hy het in dié verband sekere gevaartekens probeer uitwys. Ek is jammer dat die agb. lid nie hier is nie. Ek vind dit altyd moeilik om te verstaan dat ’n lid met soveel perspektief, hom so maklik tuis kan voel in die PFP. Die agb. lid vir Yeoville stel die geheel in perspektief. Hy sien dat die waardes en beskawing van die samelewing in Suid-Afrika deur Marxisme bedreig word, maar die ander agb. lede oorkant het dit altyd teen die NP en die Regering en sy beleid. Ek wens hulle kon net van die agb. lid vir Yeoville leer dat ons werklik in ’n oorlewingstryd vasgevang is en dat die aansienlike arsenaal van wapens wat in Angola gevind is, nie teen die Regering of sy beleid gemik is nie, maar teen ons beskawing en die waardes en norme waarvoor ons in Suid-Afrika staan.

Laat ons met mekaar verskil in hierdie land. Ek dink dit is goed dat ons ook politieke verskille het. Maar laat ons darem ’n balans behou en laat ons, wat die groter sake betref, begrip hê van die groter gevare wat ons in Suid-Afrika bedreig, en laat ons daar-die begrip ook aan die kiesers en die bevolking van Suid-Afrika oordra. Feit is dat die Marxisme deur konflik en de-stabiliteit bevorder word. Suid-Afrika het ’n groot konflikpotensiaal, die konflik van verwagtinge. In baie gevalle is die verwagtinge van die verskillende bevolkingsgroepe gans te hoog. Dit geld ook vir die verwagtinge van die Blankes. Ons sal hierdie verwagtinge met mekaar moet versoen. Ek dink ook dat ons redelikerwyse van ons verwagtinge sal moet inboet as ons op ’n vreedsame en verantwoordelike manier ’n toekoms wil skep. Hierdie versoening van verwagtinge kan egter alleen plaasvind indien daar ook ’n klimaat van vertroue is.

As die agb. lede van die Opposisie en ook baie van hul handlangers daarbuite voortgaan om die Regering af te takel vir alles wat sleg, onaanvaarbaar en die simbool van onreg is, bewys hulle nie die Regering ’n onguns nie, maar bewys hulle Suid-Afrika ’n onguns. Hulle breek dan nie die Regering af nie, maar hulle takel die klimaat af van vertroue wat nodig is vir enige positiewe verandering in Suid-Afrika. [Tussenwerpsels.] Ons het hier ’n voorbeeld daarvan gehad. Dit is ’n ekonomiese debat, en op die ekonomiese terrein probeer ons in groot mate om sonder inagneming van kleur die beleidsas-pekte binne die raamwerk van die breë politieke beleid uit te voer. Oor die politiek word daar mos in ’n verkiesing besluit. Laat ons, wanneer dit by ’n ekonomiese debat kom, binne die raamwerk waaroor die kiesers van Suid-Afrika hulle in geen onduide-like taal uitgespreek het nie, probeer om ons oorhoofse ekonomiese doelwitte te behaal. Om dan hierdie ekonomiese debat te probeer swaai om dit uiteindelik net te benut om ’n politieke aanval sonder substansie te maak, dien nie die klimaat en gees wat ons in Suid-Afrika nodig het nie, veral nie op ekonomiese gebied nie.

Ek het gisteraand verwys na die vertroue wat dikwels deur die sakesektor geopenbaar word deur die investering en belegging deur daardie sektor in Suid-Afrika. As ons tot ’n positiewe gees in Suid-Afrika kan bydra en kan wegkom van die défaitisme wat willens en wetens ook deur ’n houding van oormatige en selfs oordrewe kritiek geskep word, dink ek dat daar vir ons ook baie meer plusfaktore is in die skepping van ’n toekoms onder moeilike omstandighede.

Maj. R. SIVE:

[Onhoorbaar]

Die MINISTER:

Ek het nie baie tyd nie. Die agb. lid moet my net ’n kans gee. Laat my net die positiewe aspekte uitwys wat vertroue in Suid-Afrika betref. As die vertroue by agb. lede aan daardie kant van die Raad ontbreek …

Mnr. H. E. J. VAN RENSBURG:

Ons het nie vertroue in die Regering nie.

Die MINISTER:

… wil ek sê dat die vertroue in Suid-Afrika en in die ekonomiese potensiaal van Suid-Afrika ten minste bewys en geïllustreer word deur die aantal buitelandse beleggers wat in Suid-Afrika belê.

Maj. R. SIVE:

Wat van die binnelandse beleggers?

Die MINISTER:

Ja, natuurlik. Laat my egter net op die buitelandse beleggers wys. Binnelands gee die agb. lede oorkant voor dat die hele Suid-Afrika besig is om uitme-kaar te spat, dat Suid-Afrika onder hierdie Regering besig is om homself te vernietig. Hulle het egter nie die billikheid om te wys op die positiewe aspekte, ook op ekonomiese gebied, wat oor die afgelope jare onder die bewind van hierdie Regering bereik is nie.

Mnr. H. E. J. VAN RENSBURG:

Ten spyte van die Regering.

Die MINISTER:

Ek wil dus net daarop wys dat die totale private investering in Suid-Afrika vanuit die buiteland reeds meer as R15 miljard beloop. Daar is onder andere 1 200 Britse maatskappye, 375 Amerikaanse maatskappye en 350 Wes-Duitse maatskappye wat aktief in Suid-Afrika bedrywig is, en die meeste van hierdie ondernemings is deurlopend besig om hul bestaande beleggings te vergroot, hul kapasiteit uit te brei en deur hul ekonomiese aktiwiteite hul vertroue in die toekoms van Suid-Afrika uit te spreek. [Tussenwerpsels.] Laat ons met mekaar ooreenkom om aan die toekoms van Suid-Afrika te glo en om in belang van Suid-Afrika te probeer om ook in ons besprekings en debatte van hierdie aard die vertroue te skep waarbinne Suid-Afrika positief kan ontwikkel.

Ek sou graag nog by vele ander sprekers terugkom en enkele opmerkings oor ons handelooreenkoms met Zimbabwe wou maak, maar die tyd laat dit nie toe nie. Ek wil net ten slotte graag sê dat my kollega, die agb. Adjunk-minister, in meer besonder-hede sal antwoord op die debat oor toerisme. Ek het hom gevra om in die besonder sy aandag ook te skenk aan die toerisme-aktiwiteite van die departement. Dit moet in geen opsig gesien word asof die belange van toerisme daarmee op ’n syspoor gerangeer word nie. Inteendeel, die bedoeling is juis dat ons gesamentlik meer tyd vir toerisme beskikbaar sal hê en daardeur groter aandag sal kan skenk aan hierdie uiters belangrike aspek van die Suid-Afrikaanse sakelewe. Dit is ’n aktiwiteit wat meer bereik as om net vir ons belangrike buitelandse kapitaal te verdien. Saam met al die voordele van indiensneming, die ontwikkeling van die land, enso-voorts, het toerisme ook nog die voordeel dat die toeris in Suid-Afrika na sy eie land terugkeer met ’n beter begrip van Suid-Afrika, sy mense en sy omstandighede. Ons is ’n gekompliseerde land, maar ons het ’n geweldige toeristepotensiaal. Laat ons dit ontwikkel deur, wat die openbare en private sektore betref, ons kragte saam te span om daardeur ook vir Suid-Afrika in die breë ’n diens te bewys. Ek dank hom graag vir die spesifieke aandag wat hy aan toerisme sal gee.

Mr. K. M. ANDREW:

Mr. Chairman, before I address myself to the subject of tourism, I would like to respond to a few of the remarks made by the hon. the Minister, specifically those towards the end of his speech when he spoke of the dangers of Marxism. There is no probleem involved in convincing this party that there are dangers of Marxism in South Africa. The debate is about what encourages Marxism and what discourages it. I would suggest that denying the people of South Africa equal opportunities and maintaining racial discrimination in all its aspects are two of the factors that will encourage Marxism and not fight it.

One particular statement by the hon. the Minister illustrated this rather well. Referring to the political aspects, he said that the voters of South Africa have spoken and have elected the NP to power. In that he is perfectly correct. Where he is quite wrong is that the people of South Africa have not spoken. Only a section of the people of South Africa are able to speak via the ballot box in the forums of power.

The hon. the Minister also referred to the need for trust in South Africa. Again one would agree with him, but let him not forget that in the sphere of tourism it has been said that the Soweto riots set us back five years. The Cillié Commission, if one cuts away the bits and pieces, in the end said that apartheid was the cause of the Soweto riots. I think we should look at such things.

On a non-political basis, I was most disappointed that the hon. the Minister ducked the issue of business development in the informal sector, because I believe that this is going to be an important feature of the South African economy in the future. I only hope that the Government will not take as long to come round to discovering the importance of this as it has taken to come round to discovering the importance of siteand-service housing schemes, a concept the Government now promotes as if it invented it.

Mr. A. E. NOTHNAGEL:

Ons weet dit 30 jaar lank reeds.

Mr. K. M. ANDREW:

To move on to tourism, I believe it is correct to congratulate both the hon. the Minister and his Deputy as they are involved in tourism for the first time. As with many other portfolios, it is unfortunate that this hon. Minister is the sixth Minister in as many years handling this portfolio. I hope this trend will not continue, because this portfolio deserves more attention.

We have three reports before us, those of the Hotel Board, Satour and the department itself, all of which contain useful information. I do, however, think it is rather disappointing that, while it is now September 1981, the most recent report of the department which is available to us is the one for the year 1979. I think that bringing out a more up to date report could be given greater priority.

Those of us from Cape Town were a bit alarmed to learn a few years ago that the headquarters of the Navy were to be moved to Pretoria, but on reading the report of Satour, I discovered something which as a parochial Capetonian I did not know, namely that visitors arriving in 1980 by sea included two from Lesotho, eight from Swaziland and 280 from Zimbabwe. Perhaps, as a spokesman on tourism, I should travel more and discover the new sea routes to South Africa.

Mr. Chairman, three statements in the annual report of Satour make for striking reading. The first is—

World tourism today is one of the major items of international trade, having grown at a faster rate over the past few years than world trade in goods.

The second statement is—

Past growth performances indicate that tourism might become the world’s biggest industry by the end of the century.

The third is—

South Africa is one of the most attractive tourist destinations in the world.

I agree with all three of those statements.

Tourism is big business and it has the potential of becoming one of the biggest growth industries in South Africa. In Britain, for example, tourism, with its associated industries, is the single biggest employer. Tourism is already a major foreign-exchange earner for South Africa. In 1979 it amounted to R402 million—more than the export earnings of maize, wool, sugar, or cut and polished diamonds. I think that that gives one an idea of how important tourism has become to this country. In 1980 foreign-exchange earnings increased by 18,4% over the previous year to a record R476 million. This rate of increase was almost double that of our merchandise exports. Our potential for further growth is enormous. Foreign tourism accounts for less than 1% of our gross domestic product, compared with nearly 2% in the United Kingdom and nearly 4% in Kenya. Spain, for example, gets 34 million tourists per annum, nearly one tourist per resident. South Africa has been lagging behind the rest of the world in tourism growth, and it has been doing far worse than some countries, notably a country such as Australia.

In sharp contrast with the potential and importance of the tourist industry to South Africa is the pittance that we spend promoting this country overseas. The grant-in-aid to Satour, which accounts for the major part of the money appropriated, amounts to only R7,94 million for 1981-’82, an increase of only 10,3% over last year and considerably less than the rate of inflation. Thus the amount of work that is going to be done will be less. This penny-pinching is short-sighted and counter-productive. Expenditure on the promotion of tourism to South Africa is an important investment—it is not an extravagance.

Money spent by tourists visiting South Africa is a bonus for many businesses. On a marginal costing basis, tourism contributes disproportionately to the profitability of many enterprises and therefore the Exchequer reaps the benefits. The Government must get at least R50 million per year in various taxes as a direct result of foreign visitors. Surely, it makes sense to invest more than a meagre R7,9 million in the growth of this industry. In 1978 the Department of Tourism had only 10 employees in North America, and South Africa was spending less than Greece, Ireland, Singapore, Spain and Australia in promoting tourism in that area. Spain, for example, was spending seven times as much as South Africa in promoting tourism in North America. I should like to ask the hon. the Minister what the position is now. Has our competitive position improved in this regard?

Fluctuations are a continual probleem for the tourist industry. On a seasonal basis there was a variation in 1980 in terms of foreign visitors of 106%, ranging from 41 000 in June to 84 000 in December. On the basis of a longer term, in the last decade we had growth to a high of 730 000 in 1975, then a drop to 589 000 in 1977 and growth again to 703 000 in 1980. In other words, there were variations of up to 24%. Thirdly, the industry has to cope with major currency fluctuations. Over the last decade variations in exchange rates of the three main currencies involved in tourism included a variation of 30% in the US dollar, 39% in the British pound and no less than 162% in the DM. This causes massive problems for the tourist industry. Hence we found that in early 1978 there was what was described as “a glut of hotel beds”, while less than two years later, in late 1979, there were no beds available.

The keys to rapid growth in South Africa’s tourist industry lie in providing suitable accommodation and transport, both internal and external. It is essential that we coordinate our activities and show more imagination than in the past. I call on the hon. the Minister to take the initiative in developing a tourist industry plan or blueprint for South Africa. It is urgently required. The Government and its departments, particularly the Airways and the Railways, should give a firm commitment as to their intentions so that private enterprise can plan accordingly. Our biggest disadvantage is the cost involved in getting to South Africa and travelling around in South Africa. We must look at providing visitors’ travel passes, student concessions, charters, more competition in road transportation, and so on.

There are two areas of concern I would like to discuss. The one is that our environment is precious and irreplaceable and is the main attraction for visitors. We must ensure that the growth in tourism does not in any way destroy our natural heritage. The second area of concern which I think the hon. the Minister ought to look at, is that we must realize that we live in a multi-racial world. A successful tourist industry is going to have to cater for all races. [Time expired.]

Mnr. G. C. du PLESSIS:

Mnr. die Voorsitter, ek wil begin deur kortliks te verwys na sekere opmerkings van die agb. lid wat nou net gaan sit het. Hy het gesê dat die Sowetoonluste ’n invloed op ons toerisme gehad het. Dit is waar. Dit is waar dat die toeristebedryf ’n baie sensitiewe bedryf is. Nou wil ek darem ook vir die agb. lid sê dat hy hom so ’n bietjie rekenskap moet gee van dít wat deur agb. lede oorkant in die Raad gesê word wat na buite uitgedra word en wat juis ’n baie belangrike rol speel om toerisme hier weg te skrik. As ’n mens na die uitsprake luister wat van tyd tot tyd van daardie kant van die Raad kom, is dit vir my verbasend dat daar nog mense is wat bereid is om na Suid-Afrika te kom.

Mnr. die Voorsitter, ek wil ook van hier-die geleentheid gebruik maak om die agb. Minister en die agb. Adjunk-minister van harte geluk te wens met hul behartiging van hierdie baie belangrike portefeulje. Ek wil hulle baie jare in hierdie departement toewens want ek dink daar is ’n groot behoefte daaraan dat mense hulle hulle in die departement sal ingrawe. Aangesien albei van hulle nog jonk is, hoop ons ons sal hulle vir baie jare hier by ons hê.

Ek glo dat ons almal wat vandag hier bymekaar is, dit eens is dat toerisme ’n baie groot en belangrike nywerheid in hierdie land en in enige land van die wêreld is. Dit is so dat daar mense is wat beweer dat die oliebedryf wat vandag die grootste bedryf is, voor die einde van die eeu deur die toeriste-bedryf oorskadu sal word. Die International Tourism Journal beweer dat 285 miljoen mense verlede jaar hul land van woning as toeriste verlaat het. In die jaarverslag word daar vir ons gesê dat ’n bedrag van 638 biljoen dollar in vreemde lande bestee word, afgesien van mense se reisgeld. Suid-Afrika het in 1980 aan toerisme R476 miljoen aan vreemde valuta verdien. Weer sluit dit nie eens die reisgeld in nie. Ek dink dit is dus ’n baie goeie besigheid. ’n Mens belê R9 miljoen om R476 miljoen te verdien. Ek weet nie van ’n beter besigheid nie. Binnelandse toerisme het ook ’n groot oplewing getoon. Dit het saamgeval met ons ekonomiese oplewing en die betrokke bedrag was R920 miljoen. Dit het op sy beurt ons ekonomie ’n baie belangrike inspuiting gegee.

Toeristebesteding het ’n vermenigvuldigende uitwerking wat ekonomiese groei in die gasheergemeenskap bewerkstellig, onder meer in die vorm van werkverskaffing. Toerisme staan nooit alleen of in isolasie nie, maar beïnvloed elke sektor van die ekonomie. Ek glo nie dat ons werklik besef wat toerisme vir ’n land soos Suid-Afrika kan beteken nie. Ons het hier ’n ontsettende groot potensiaal, terwyl ons goud en minerale rykdom baie belangrike bates is, is dit in werklikheid kwynende bates. Die goud word minder, die diamante word minder, die steenkool word minder, die uraan word minder en die dag sal ook aanbreek wanneer dit alles opraak. Toerisme daarenteen lewer ’n onuitputlike verdienste solank ons ons natuurbates goed versorg en dit nie misbruik word nie. Daar stem ek met die agb. lid vir Kaapstad-Tuine saam. Dit is egter op voorwaarde dat ons betyds deeglik vir die toekoms beplan.

Die belang van buitelandse toeriste wat ons land besoek, kan egter ook nie net in geldwaarde gemeet word nie omdat bykans elke toeris ook ’n selfaangestelde ambassadeur vir Suid-Afrika word. Die meeste toeriste gaan huis toe met die gedagte dat hulle baie graag sal wil terugkom.

In die verlede het ons ons miskien oormatig toegespits op bo-gemiddelde en gegoede besoekers, byvoorbeeld bestuurders, professionele mense, mense wat vir hulself werk en in die algemeen die meningsvormers wie se invloed baie wyd uitkring. Ek wil graag later in my toespraak op hierdie bepaalde aspek terugkom.

In die afgelope boekjaar het 702 794 toeriste Suid-Afrika besoek. As hierdie tendens voortduur, sal ons in die nie te verre toekoms selfs ’n miljoen toeriste na Suid-Afrika kan trek mits omstandighede gunstig bly. Die vraag wat by ’n mens opkom, is of ons in staat sal wees om daardie mense te kan ontvang. Ons weet daar is reeds ernstige knelpunte wat aandag sal moet kry. Daar bestaan reeds ’n huisvestingsprobleem. Veral in ons groot stede het ons nie voldoende hotelle om in die behoefte te voorsien nie. ’n Mens dink aan die posisie in Johannesburg of Kaapstad. Ons eie binne-landse toerisme beset reeds ten volle die meeste van ons hotelle en ons gewilde vakansie-oorde. Selfs in hierdie laat stadium het ons nog nie daarin geslaag om ons provinsies sover te kry om te reël dat mense se vakansies nie almal saamval nie. Dit affekteer ook ons binnelandse trein-en lugdienste wat sekere tye van die jaar ten volle beset is. Om met die Bloutrein te ry, moet ’n mens 12 maande vooruitbespreek. Dit is die probleme wat ons in die gesig staar en waarna ons sal moet kyk.

Daar is ’n ander aspek waarop ek wil wys. Die waarde van massa-toerisme moet ook betyds raakgesien word. Daar is groot groepe jong mense wat graag die wêreld wil sien maar beslis nie vyfsterhotelle kan bekostig nie. Eintlik was hierdie mense in die verlede nie baie welkom nie. Vandag se jong man is dikwels more se ryk man. Dus moet daar ook omgesien word na die behoeftes van die toeris wat nie ryk is nie. In Europa kan toeriste verskeie konsessies kry waarna reeds verwys is. In die VSA het ek gebruik gemaak van ’n skema waarvolgens ’n mens ’n afslag van 40% van die binnelandse tarief kry as jy jou kaartjie buite die VSA koop. Ons sal baie meer in hierdie rigting moet dink.

Daar sal baie beslis ook aandag gegee moet word aan toeristebusdienste oor lang afstande. Ons het die natuurskoon, ons het die onoortreflike klimaat en ons het besienswaardighede in oorvloed. Ons moet net die infrastruktuur vir toerisme skep.

Ek wil nog ’n ander probleemuitlig waarna ek glo ook gekyk moet word. Ek het reeds daarna verwys dat ek dankbaar is dat die agb. Minister en die agb. Adjunkminister albei jong manne is. Oor die afgelope vyf jaar het ses verskillende Ministers hierdie portefeulje behartig. Ek glo nie dit was vir toerisme goed nie. Dit is nie dat ek dit wil kritiseer nie, maar dit is ’n belangrike feit wat ’n mens in die gesig moet staar. Ek wil die hoop uitspreek dat die agb. Minister en die agb. Adjunk-minister die tyd gegun sal word om hul deeglik in te grawe en besondere aandag aan hierdie departement te skenk. Ek dink die agb. Minister was op die regte pad toe hy onlangs, volgens ’n koerantberig, in Athene gesê het dat, waar die Kommissie vir Administrasie besig is om ondersoek in te stel na die Regering se funksies in verband met toerisme, hy dit oorweeg om ’n komitee in te stel waarin die Regering en verbruikersliggame van die private sektor kan saamwerk aan die be planning van die toeristebedryf vir die toekoms. Ek dink dit is hoog tyd dat dit gedoen word en ek dink dit is ’n baie goeie stap in die regte rigting.

Daar is nog ’n ander saak wat ek wil uitlig. Dit het betrekking op ’n knelpunt in ons intemasionale reklame. Die begroting vir intemasionale reklame het oor vier tot vyf jaar feitlik dieselfde gebly. Nogtans was daar in daardie periode ’n geweldige inflasiefaktor op die gebied van die media van bykans 70%. Dit beteken in die praktyk dat om dieselfde reklameblootstelling te hê wat ons vyf jaar gelede gehad het, ons reklamebegroting met minstens 70% verhoog sal moet word. Destyds het ons reklame in die buiteland bestaan uit volkleur-advertensies wat ’n dubbelblad beslaan het. Geleidelik het dit volkleur-advertensies wat ’n enkelblad beslaan het, geword, en tans bestaan dit uit advertensies in swart en wit wat twee kolomme beslaan. As ons reklamepoging gesien word teen die derduisende kolomme negatiewe publisiteit, dan kan enige mens aflei dat ons nie baie effektief kan wees nie. Die ironie van die saak is dat dit nie ’n kwessie van miljoene rande is wat benodig word om hierdie saak reg te stel nie. Ek dink dat ons met R1 miljoen tot R1,5 miljoen baie maklik daardie probleem sal kan oorbrug. [Tyd verstreke.]

Mnr. J. C. VAN DEN BERG:

Mnr. die Voorsitter, dit is vir my baie aangenaam om ná die agb. lid vir Kempton Park aan die beurt te kom, aangesien hy, net soos ek, baie belang stel in die mooi bedryf van toerisme. Voordat ek my paar gedagtes oor hierdie onderwerp opper, wil ek net die agb. Adjunk-minister opreg bedank vir die verklaring wat hy gisteraand gedoen het oor weermodifikasie. Ek is baie dankbaar om te verneem dat die verskillende instansies wat daarby betrokke is, nou gekoördineer sal word. Dit kan net tot voordeel van hierdie baie belangrike aangeleentheid strek.

Dit is vir my ’n baie groot voorreg en baie aangenaam om die voorsitter en die beheerraad van Satoer van harte geluk te wens met ’n baie goeie en insiggewende verslag wat op 4 September in die Parlement ter tafel gelê is. Dit mag die agb. lede interesseer om te weet dat Satoer op 1 Augustus 1947 kragtens ’n Wet van die Parlement ingestel is. In daardie Wet word sy hoofoogmerk soos volg omskryf—

Om die toeristebedryf van die Republiek te ontwikkel deur persone aan te moedig om die Republiek van elders te besoek en om daarin rond te reis.

Nou is dit so, Meneer—en ek stem saam met die agb. lid vir Kaapstad-Tuine—dat die feit dat Suid-Afrika een van die aantreklikste toeristebestemmings ter wêreld is, en die feit dat wêreldtoerisme een van die vernaamste items in internasionale handel is, wat gedurende die afgelope jaar teen ’n vinniger tempo as wêreldhandel in goedere gegroei het, die belangrikheid van toerisme en die belangrikheid van ’n liggaam soos die Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie beklemtoon. Vandag bemark Satoer Suid-Afrika as ’n belangrike internasionale toeristebestemming in 35 lande. Satoer het 15 takkantore en een verteenwoordiging oorsee, en die opening van bykomende kantore word gedurende 1981 in die vooruitsig gestel. Onafhanklike opnames in die oorsese bedryf bevestig dat Satoer ’n belangrike en positiewe rol speel in sy ondersteuning van die oorsese bedryf in lande wat toeriste lewer om Suid-Afrika aan hulle kliënte te bemark. Dit is baie interessant dat gedurende 1980 die wêreldbesteding aan internasionale toerisme ’n geraamde 638 biljoen dollar bereik het, ’n toename van 10% in vergelyking met die totaal vir 1979.

In baie lande is toerisme ’n waardevolle verdiener van vreemde valuta, en die verdienste hieruit het dikwels ’n merkbare invloed op die betalingsbalans. Die groeikoers in die verlede dui daarop dat toerisme teen die einde van die eeu moontlik die wêreld se grootste bedryf kan word.

Die ekonomiese voordele van toerisme strek verder as die reisbedryf self op grond daarvan dat besoekersbesteding oor die totale ekonomie van ’n land versprei word. Toerismebesteding het ook ’n vermenigvuldigende uitwerking wat ekonomiese groei in die gasheergemeenskap bewerkstellig. Die bedryf is op beide direkte en indirekte wyse ’n betekenisvolle verskaffer van werkgeleenthede. Die toerisme-infrastruktuur van ’n land is nie ’n entiteit op sigself of geïsoleerd nie, maar beïnvloed bykans elke aspek van ekonomiese aktiwiteit. Toerisme dra dus by tot die voorsiening en verbetering van baie geriewe vir die plaaslike bevolking, wat baie belangrik is.

Mnr. die Voorsitter, daar is ook ander belangrike voordele wat uit toerisme voortvloei, en ek wil graag twee daarvan noem. Dit bewerkstellig ’n beter begrip van die leefwyse van ander volke en hulle instellings, en tweedens skep dit welwillendheid ten opsigte van ’n land en help dit om ’n gunstige beeld te projekteer.

Daar word bereken dat Suid-Afrika se verdienste aan vreemde valuta uit internasionale toerisme gedurende 1980 R476 miljoen beloop het. Dit sluit nie die inkomste uit lugvervoer na en van die Republiek in nie. Dit is ’n rekordinkomste, en 18,4% meer as die syfer van R402 miljoen gedurende 1979. Afgesien van hierdie monetêre voordeel, is oorsese toeriste oor die algemeen ook goeie ambassadeurs vir die Republiek wanneer hulle na hul onderskeie lande terugkeer.

Tussentydse voorspellings vir 1980 dui op ’n afname in die groeikoers van toerisme in die meeste lande as gevolg van die hoër pryse wat deur wêreldinflasie veroorsaak word. In baie toonaangewende toeristelande word geen groei of selfs ’n afname in die groeikoers verwag. Ten spyte hiervan, was 1980 die tweede beste jaar vir toerisme na Suid-Afrika deurdat die aankomstesyfer van 700 000 vir die eerste keer sedert 1975 oorskry is. Meneer, dit is voorwaar ’n prestasie vir ons land en dit bevestig weer eens die feit dat Suid-Afrika een van die aantreklikste toeristebestemmings ter wêreld is.

Meneer, ek is baie bly om te meld dat daar baie goeie samewerking bestaan tussen die agb. Minister en Adjunk-minister van Nywerheidswese, Handel en Toerisme, die Departement, Satoer, en alle ander instansies wat direk met toerisme gemoeid is. Ek merk ook op uit die verslag dat daar jaarliks ’n intemasionale bemarkingskonferensie gehou word en dat die betrokke owerhede ook op hierdie konferensie verteenwoordig word. Terloops, mnr. die Voorsitter, die vorige konferensie is gedurende 1980 in die baie mooi Oos-Vrystaat gehou, nl. by die Golden Gatehoogland Nasionale Park. Tydens hierdie konferensie is daar belangrike besluite geneem, en wil ek net so ’n paar hier noem.

Daar is besluit om groter nadruk op open bare skakelaktiwiteite te lê ten einde ’n meer gunstige oorsese bemarkingsklimaat te skep. Dit is baie belangrik, want as ons die getal toeriste wat Suid-Afrika besoek kan verhoog na een miljoen per jaar, kan toerisme die tweede of derde grootste verdiener van buitelandse valuta vir Suid-Afrika word. Tweedens, met inagneming van die plaaslike vakansiepatroon, het die vergadering die absolute noodsaaklikheid daarvan ingesien om die opeenhoping van toeristeverkeer in sekere gebiede gedurende die spitsseisoen te help verlig, deur meer oorsese toeriste aan te moedig om Suid-Afrika gedurende Mei tot September te besoek. Voornemende toeriste moet ook aangeraai word om die minder bekende maar aantreklike gebiede van die land wat in staat is om in die behoeftes van die oorsese mark te voorsien, te besoek, wat net so belangrik is. Derdens, in die lig van die sukses van die eerste intemasionale werkwinkel vir oorsese toeroperateurs, wat gedurende Maart 1980 in Johannesburg gehou is, het die vergadering saamgestem dat hierdie program voortgesit en moontlik uitgebrei behoort te word.

Ek wil die hoop uitspreek dat hierdie belangrike besluite met groot welslae geïmplementeer sal word tot voordeel van hierdie baie mooi bedryf, nl. toerisme.

Mr. K. M. ANDREW:

Mr. Chairman, I am glad that hon. members opposite, like the hon. member for Ladybrand who has just spoken, share the enthusiasm that I have about the potential of tourism, and also that they have expressed concern about the totally inadequate budget allocated to Satour to do its job.

I was mentioning earlier that while I think there is great potential in tourism, there are two particular areas that we have to watch out for. The one is that we do not spoil our environment in the process of promoting tourism, and the second is that we must bear in mind that we live in a multi-racial world, and that a successful tourist industry is going to have to cater for all races, particularly when one is involved in congresses and similar events. We are going to have to cater for those races without having to resort to the obtaining of obnoxious permits. It is the Government’s duty to ensure that visitors to this country are not insulted.

Mr. Chairman, tourism holds out tremendous prospects for South Africa. It earns us foreign exchange, it provides employment for thousands and it can increase understanding of our problems, but one gets nothing for nothing and I call on the Government to increase its grant to Satour substantially, to ensure that South Africa is properly promoted and to initiate the drawing up of a tourist industry plan as soon as possible, a plan for the future of the industry, which does not simply involve looking at current problems in South Africa, so that we can have a co-ordinated approach to the enormous opportunities that present themselves.

To turn to a more specific matter, I wish to refer to tourism in the Western Cape. Over the last decade the economy of the Western Cape has performed worse than any other major metropolitan area of South Africa. While the level of economic activity grew by between 29% and 32% in Pretoria, Johannesburg, Durban and Port Elizabeth, and by 31% in the Republic as a whole, it grew by only 17% in Cape Town from 1970 to 1980. It is clear that the Western Cape needs all the help that it can get to boost its economic growth, but when it comes to one of its most important industries— tourism—which is said to account for something like R50 million per year in this area, the Government discriminates against the Western Cape.

In the first place, the Western Cape is South Africa’s major tourist attraction and the United Kingdom is the biggest source of visitors to South Africa. But what do we find? There are 28 flights per week between London and Johannesburg, four per week between London and Durban, but only two per week between London and Cape Town.

Let us look at the position as far as South African Airways is concerned. In the financial year 1980-’81 S.A.A.’s Cape Town-London flights were 86,5% full compared with 72,6% for the Johannesburg-London flights, and this has been the pattern for the past three years. If one bears in mind that many of the empty seats were in the first-class section, and that a traveller has no choice of days if he flies to or from Cape Town, there is obviously an excess of demand over supply for direct flights from Cape Town to London.

Secondly, the air route distance between Cape Town and London is less than that from Johannesburg to London, and yet a tourist pays R184,10 more to fly to Cape Town on a 14 to 90 day special excursion ticket than he pays to fly to Johannesburg. This amounts to 16% to 18% extra, depending on whether it is high or low season. In Cape Town, as was mentioned by a colleague of mine last night, we also do not have a proper international airport.

This unjustified discrimination against Cape Town should be stopped. It discourages visitors from basing their holidays in the Western Cape and results in many visitors not even coming to this area. In the interests of the tourist industry and of the economic development of the Western Cape, I ask the hon. the Minister to make urgent representations within the Cabinet to ensure, firstly, that more London to Cape Town direct flights are scheduled; secondly, that London to Cape Town air fares are reduced to the same level as London to Johannesburg fares; and thirdly, that full international airport facilities are provided in Cape Town as soon as possible.

Dr. P. J. WELGEMOED:

Mnr. die Voorsitter, ek wil aan die agb. lid vir Kaapstad-Tuine baie dankie sê dat hy oor vervoer in die toerisme gepraat het. Ek wil ook daarna verwys, maar voordat ek daarby kom, wil ek met die agb. lid vir Constantia ’n appeltjie skil. Die agb. lid is ongelukkig nie hier nie, maar ek sou graag met hom wou gepraat het. Hy het gesê dat ons buite die partypolitieke verband oor hierdie aangeleentheid moet praat, maar nou het hy dit goedgevind om nie vanmiddag hier te wees nie. Miskien sal die agb. majoor aan hom oordra wat ek te sê het. Die agb. lid vir Constantia het hier te kere gegaan en Constantia se „10-punt-plan” bespreek. „Hulley’s 10-point plan” is wat dit ook genoem is—ons kan dit enige naam noem. Die agb. lid het almal geblameer vir die huidige swak vertoning van die ekonomie in Wes-Kaapland, en die agb. lid vir Tuine het daarop voortgeborduur. Die agb. lid vir Constantia het die skuld probeer pak op die Regering, op apartheid, op die Minister van Nywerheids-wese, Handel en Toerisme, op die Adjunk-minister en op die Nasionale Party, maar ek sien dit anders. Waarom groei Wes-Kaapland nie? Wes-Kaapland groei nie omdat, soos die agb. Minister van Same werking en Ontwikkeling dit gestel het, daar ’n georkestreerde poging was tot plakkery en wat daarmee gepaard gaan. Dit is dinge soos daardie wat die arbeidsmark hier onstabiel maak. Dit is waarom nyweraars nie hierheen kom nie.

Mr. K. M. ANDREW:

Nonsense. It has nothing to do with it.

Dr. P. J. WELGEMOED:

Daardie mense stelnie daarin belang om hierheen te kom as daar nie ’n arbeidsmag is wat hulle kan vertrou nie. Voordat agb. lede van die Opposisie weer begin skree, soos die agb. lid vir Kaapstad-Tuine nou skree, moet hulle daaraan dink dat hulle daarvoor verantwoordelik is dat hierdie plek nie groei nie.

Mnr. die Voorsitter, ek wil vra dat waar toerisme in Suid-Afrika ’n belangrike rol speel, maar, wat my betref, in die toekoms heelwat minder belangrik sal wees omdat toeriste uit Zimbabwe wat die grootste deel gevorm het van toeriste vanuit die buiteland, minder word, daar verder na hierdie saak gekyk sal word. Die heel belangrikste vir my in hierdie stadium is om voorsiening te maak daarvoor dat toeriste van oorsee gelok kan word. Ek wil nie vanmiddag praat oor toerisme in Suid-Afrika wat binnelands opgewek word nie; ek wil my hoofsaaklik toespits op toeriste wat van die buiteland af kom. Die voordele daarvan en wat dit alles inhou, is reeds deur vorige sprekers bespreek, en ek dink nie dit is nodig dat ons weer kyk na wat noodsaaklik is om toerisme in Suid-Afrika binnelands op te wek, en wat die voordele daarvan is nie. Ek wil egter een punt uitsonder, nl. vervoer. Dit is ’n saak wat ook by die kongres in Athene uitgesonder is.

Vervoer is uitgesonder as een van die kernprobleme wat daartoe bydra dat toerisme in Suid-Afrika probleme ondervind. Ek wil saamstem met die agb. Minister dat vervoer ’n probleem is. Hierdie punt kan ook met vrug bespreek word onder die Begrotingspos van die agb. Minister van Vervoerwese, maar ek dink dit sal miskien goed wees as ons by hierdie geleentheid ook kyk na wat op die gebied van vervoer gedoen kan word om buitelandse toeriste te trek. Een van die belangrikste aspekte hiervan, soos ook deur die agb. lid vir Kaapstad-Tuine genoem is, is die kwessie van koste. Ek wil aan u sê, Meneer, dat vervoer op sigself nie veel ten opsigte van daardie koste kan doen nie. Daardie koste sal op ’n ander manier verlaag moet word. Vir die buitelandse toeris wat Suid-Afrika besoek, verteenwoordig vervoerkoste gemiddeld ongeveer 50% van sy totale koste, en dit is gans te hoog. Plus-minus 40% van sy onkoste bestaan uit die koste van sy heenreis en die koste van sy terugkeer na sy land van oorsprong, terwyl hy verder ongeveer 12% moet uitgee om vervoer binnelands te koop. Daardie syfer van 50% is te hoog, en ek wil voorstel dat iets hieraan gedoen word, sodat daardie syfer meer in ooreenstemming gebring kan word met die internasionale standaard, waarvolgens ’n passasier nie meer as ’n maksimum van een-derde van sy spandeerbare geld vir ’n vakansie op vervoerkoste uitgee nie.

Maj. R. SIVE:

Freddie Laker has brought the prices down.

Dr. P. J. WELGEMOED:

Ek wil aan die dierbare majoor sê dat as jy aan Freddie Laker ’n lisensie gee, die toeriste almal tot in Johannesburg sal kom, en nie tot in Kaapstad nie.

Ek wil verder sê dat die toeristemark ten opsigte van die langer afstande, bv. toeriste uit Wes-Europa, Noord-Amerika en die Verre Ooste, in die toekoms ontgin sal moet word deur die vervoerkoste te verlaag. Daar bestaan verskeie moontlikhede om hierdie vervoerkoste te verlaag, en ek wil slegs enkeles behandel.

Die eerste, wat vir my persoonlik belangrik is, is dat die koste van brandstof verlaag sal moet word. Op die oomblik verteen-woordig brandstofkoste tussen 35% en 40% van die lugrederye se totale koste. Daardie bedrag is te hoog, en ek wil die agb. Minister vra of hy nie met die Minister van Energiesake sal praat om ’n toegewing in hierdie verband aan die intemasionale lugrederye toegestaan te kry nie. Sekere oorsese lugrederye, by name die Amerikaanse en Suid-Amerikaanse lugrederye, stel nie meer daarin belang om Suid-Afrika toe te kom nie, omdat die koste van brandstof hier te hoog is. Dit het ook ’n effek op die getal passasiers na en van Suid-Afrika, en veral op die getalle toeriste. Daar is verskillende tegnieke wat gebruik kan word om sake vir die toeris op die gebied van vervoer te vergemaklik. Soos die agb. lid vir Kemptonpark voorgestel het, kan daar bv. ’n kaartjie be-skikbaar gestel word wat hoofsaaklik gebruik kan word vir reise buite spitstye. Die reisiger, in hierdie geval die toeris, sal dan wel van lugreise gebruik kan maak met ’n kaartjie wat buite spitstye vir bv. 14 dae of 5 000 km—daar is verskillende voor-waardes wat aan so ’n kaartjie gekoppel kan word—geldig is. So ’n stelsel kan groot voordele inhou. Agb. lede weet almal hoe gewild die Eurorail-pas is vir mense wat Wes-Europa besoek. Ek meen dat iets van daardie aard veel kan bydra om die 12% tot 12½% van totale uitgawe, wat die buitelandse toeris tans op vervoer binnelands moet betaal, te verlaag na ’n meer aanvaarbare syfer van bv. in die omgewing van 5% tot 7%.

Daar is ’n ander moontlikheid wat die agb. Minister en die agb. Adjunk-minister kan oorweeg, wanneer hulle met hul kollegas praat. Ons probeer tans ook om doelbewus, aan die hand van wat bv. in Israel en Griekeland gebeur, mense uit die buiteland te trek om kongresse hier in Suid-Afrika te hou. Daar is bv. op die oomblik ’n groot aantal mense op pad hiernatoe om die orgideëkongres by te woon. Soos agb. lede aan albei kante reeds gesê het, hou dit natuurlik nie net vervoerimplikasies in nie, maar ook implikasies ten opsigte van die breë infrastruktuur wat nodig is om toeriste te akkommodeer. Dit is een van die voorwaardes wat ook noodsaaklik is, want vervoer alleen kan ongelukkig nie hierdie probleem om meer toeriste te trek, oplos nie, maar indien vervoerkoste verlaag kan word, kan daar ’n goeie begin gemaak word om wel daardie toeriste te trek.

Mnr. P. de PONTES:

Mnr. die Voorsitter, u sal verstaan dat wanneer ’n mens laaste in ’n debat opstaan, dit die moontlikhede relatief beperk om iets nuuts aan u te noem. Maar nou moet u asseblief net begrip hê daarvoor dat wat my kiesers betref hierdie beperking nie mag bestaan nie, en as ek derhalwe sekere dinge herhaal, moet u maar geduldig wees met my. ’n Ander aspek wat my hinder, is dat ek in sommige aspekte met die agb. lid vir Kaapstad-Tuine sal moet saamstem, maar ek hoop nie dat dit die waarde van my argumente heeltemal sal omvergooi nie!

Emerson het in 1860 reeds gesê: „The world is his who has the money to go over it.” Met hierdie woorde het hy ’n kommersiële waarheid vasgevat wat ons in Suid-Afrika myns insiens nie ten volle benut nie. Die inkomstesyfer ten opsigte van toerisme is reeds genoem. Vir die jaar 1980 was dit R476 miljoen. ’n Belangrike punt wat nie uitgekom het nie, is dat dit nie lugvervoerkoste insluit nie. ’n Ander aspek is dat dit bereken word dat die inkomste wat gegenereer word deur toerisme ’n vier faktor is. Met dit in ag genome, was die toeristebedryf derhalwe vir die jaar 1980 vir ons omstreeks R1,9 biljoen werd gewees. Dit is voorwaar ’n aansienlike bedrag, maar as ’n mens kyk na die bedrag wat toerisme in die wêreldhandel verteenwoordig, wat ook reeds genoem is—en nou praat ons van slegs die direkte syfer, n1. R638 biljoen—dan sien ons dat dit 6% van die wêreldhandel uitmaak, en inderdaad die grootste enkele item daarvan is.

Daar is ook reeds daarop gewys dat die waarde van toerisme nie beperk is tot die ekonomiese voordeel daarvan nie, maar ook bydra tot ’n beter beeld van die land wat daardeur uitgedra kan word, wat veral vir ons in Suid-Afrika van groot belang is. Ek glo dat, met doelgerigte optrede, nadat daar behoorlike beplanning gedoen is, en die nodige fondse om dit deur te voer beskikbaar gestel is, ons in ’n baie groter mate ons deel van die wêreldtoerismehandel kan kry.

Die beplanning van ’n omvattende strategie waarin die Staat en die privaatsektor as vennote optree, is ’n voorvereiste vir die uitbreiding van ons toeristebedryf. Dr. Ferrario beklemtoon in die verslag na die Ekonomiese Potensiaal van die Wes-Kaapland, van die Buro vir Ekonomiese Navorsing van die Universiteit van Stellenbosch, waarna die agb. lid vir Vasco reeds vroeër verwys het, dan ook hierdie besondere aspek, nl. dat daar globale beplanning moet wees, dat ’n raamwerk, waarbinne gewerk moet word, daargestel moet word. Dan wys hy ook, aan die hand van navorsingsresultate, ’n baie belangrike aspek uit wat ’n mens soms, omdat dit so vanselfsprekend is, heeltemal verbykyk. Dit is dat toerisme en wat vir toerisme gedoen word, dikwels verkeerdelik geskat word aan die omvang en die koste van die geriewe soos hotelakkommodasie, kommunikasieweë, ens., wat geskep is, terv wyl die belangrikste faktor waarom die hele bedryf draai, nog steeds die besieningswaardighede is wat die land aanbied, die sogenaamde „base attractions”.

’n Opname het dan ook getoon dat 77% van buitelandse toeriste wat Suid-Afrika gedurende die sewentigerjare besoek het, hulle keuse op Suid-Afrika uitgebring het as gevolg van die landskap, die natuurlike bates en die wild wat Suid-Afrika bied. Siegs by 9% het hotelgeriewe, ens., ’n deurslaggewende rol gespeel. Die punt wat ek dus wil maak, is dat wat beklemtoon moet word in alle reklame wat ons aanbied, is Suid-Afrika die produk, en dat verblyf-en reisgeriewe, ens., slegs newefaktore is wat die bekombaarheid van die produk moontlik maak.

Ek glo ook dat die tyd reg is vir die daarstel van ’n oorkoepelende liggaam met uitvoerende magte om die pogings van alle instansies wat hierby betrokke is, soos die Departement, Satoer, die Spoorwee, plaaslike owerhede en private ondememings, te koördineer. Die in die lewe roep van die verteenwoordigende komitee, na same-sprekings deur die Departement en Fedhasa, getuig hiervan, en moontlik kan hierdie komitee as afspringplek dien vir die daarstel van so ’n liggaam. Ek glo dat hierdie liggaam dan ’n omvattende maar ’n baie dringende ondersoek moet loods na die uitlig en evaluering van ons land se toeristeaantreklikhede, die groepering daarvan op streeksgrondslag en die beste wyse van, en teikengebiede vir, die bemarking daarvan. So ’n studie is bv. deur die Regering van kwaZulu gelas, en daar kan met groot vrug na die resultate daarvan gekyk word.

Oplossings vir die probleme wat reeds ten opsigte van die toeristebedryf uitgekristalliseer het, moet ook by hierdie ondersoek aandag kry. Ek sou graag in die tyd wat vir my oor is, by enkele van hierdie faktore wil stilstaan.

Ten eerste, en wat reeds ook al genoem is, bly die seisoensfaktor ’n oorheersende een, wat veral aan die huisvestigingsbedryf eise stel. So het in Desember 1980 84 390 buitelandse besoekers die land binnegekom, teenoor slegs 40 000 in Junie 1980. ’n Mens vind ook binnelands hierdie tendens. ’n Ondersoek het getoon dat meer as 50% van binnelandse vakansiegangers hul vakansies gedurende die spitsperiodes wat met skoolen universiteitsvakansies saamval, neem. Dit bring teweeg dat gedurende die spitstye die huisvestingsektor nie die volle aanvraag na akkommodasie kan hanteer nie, terwyl in die af-seisoen die gemiddelde besetting van hierdie sektor maar ongeveer 40% is. In die lig van die relatief lae gemiddelde besettingsyfer en die hoë oprigtingskoste, wat bv. vir ’n eenster-hotel op ongeveer R15 000 en vir ’n vyfster-hotel op ongeveer R75 000 per kamer geraam word, glo ek nie dat die oprig van nuwe hotelle hier die oplossing bied nie. Op 31 Desember 1980 was daar altesame 1 432 hotelle, wat 87 102 beddens voorsien het. Van hierdie hotelle was slegs 1,3% vier-of vyfster-hotelle, terwyl die oorblywende 98,7% drie-ster-of laer gegradeerde hotelle was. Die grootste besettingsdruk vind ’n mens dan ook in die vier-en vyfster-hotelle, en dit kan grotendeels opgelos word deur hierdie druk te kanaliseer na die laer gegradeerde hotelle. Uit die toeris se oogpunt is diens belangrik, en daar kan met vrug gekyk word na middele wat hierdie laer gegradeerde hotelle sal aanspoor en in staat sal stel om die diens wat die toeris eis, en geregtig op is, daar te stel. ’n Moontlikheid wat hier oorweeg kan word, is die verkorting van die afskryfperiode vir depresiasie van geboue en verbeteringe, wat tans op 15 jaar vir ’n vyfster-hotel, agtien jaar vir ’n drie-ster-hotel en 25 jaar vir ’n eenster-hotel staan. ’n Belangrike newevoordeel wat hieruit sal voortspruit is ook reeds genoem, en dit is dat dit Suid-Afrika ekonomies toeganklik sal maak vir ’n veel breër toeristeklas, wat nie altyd die akkommodasiekoste van die hoër gegradeerde hotelle kan bybring nie.

Verder weet ’n mens ook dat die oorbesetting in groot mate tot gebiede beperk is, bv. tot Kaapstad, wat dan ook die tweede hooffaktor wat ons toeristebedryf kwel, uitlig, en waarby ek later sal stilstaan, nl. die oneweredige gebiedsverspreiding of gebiedsvoorkeure wat ’n mens by toeriste kry.

Alhoewel seisoensgebondenheid nooit heeltemal opgeklaar kan word nie, glo ek dat dit verlig kan word deur ’n gedagte wat ook hier uitgespreek is, nl. dat reklame wat veral in die buiteland aangebied word, die aantreklikhede van die Republiek ook buiteseisoen by die voornemende besoeker moet tuisbring. Ons klimaat-en seisoensverspreiding, in teenstelling met dié van baie ander lande, is dan inderdaad ook so dat dit hierdie ’n bereikbare mikpunt maak. [Tyd verstreke.]

Die ADJUNK-MINISTER VAN NYWERHEIDSWESE, HANDEL EN TOERISME:

Mnr. die Voorsitter, in die eerste instansie, baie hartlike dank aan al die agb. lede wat deelgeneem het aan hierdie debat. Ek wil hulle in besonder bedank vir die baie hoë peil waarop dit plaasgevind het en die positiewe manier waarop dit gedoen is en ook vir die identifisering van die baie probleme waarmee toerisme vandag te make het. Ek dink al die agb. lede, behalwe die agb. lid vir Kaapstad-Tuine wat hier en daar so ’n bietjie politiek probeer speel het, maar kom ons sê al die agb. lede, hy inkluis, het werklik begrip getoon vir die probleme wat toerisme op hierdie oomblik ondervind, soos byvoorbeeld die kwessie van spitstye, die kwessie van oneweredige verspreiding, vervoerprobleme, die koste van vervoer en die valleie en spitse in die verskillende gebiede. Dit is werklike probleme en is dan ook probleme wat ons aandag geniet. In die loop van my toespraak sal ek die filosofie uitspel wat ons ten opsigte van daardie probleme het. Dan sal ek ook na elke agb. lid se toespraak verwys om sekere sake wat hulle geopper het, uit te lig.

Voordat ek dit doen, wil ek net sê dat een van die agb. lede gister toe daar spesifiek oor die nywerheidswese gepraat is, verwys het na die probleme wat privaatmaatskappye ten opsigte van registrasie, werksgeleenthede en lisensiëring het. Ek kan net noem dat die Staande Advieskomitee op Maatskappye reeds besig is om baie intensief na hierdie aangeleentheid te kyk. Die persoon wat daarmee besig is, is prof. Bosman van UNISA. Ons hoop om binne die volgende maande sy verslag beskikbaar te hê vir oorweging deur die Advieskomitee, met die oogmerk om privaatmaatskappye uit die Wet op Maatskappye te haal om dit vir hulle makliker te maak. Ek noem dit net sodat agb. lede kan weet dat hierdie soort aangeleentheid aandag kry. Ek doen dit ook omdat ek vir agb. lede wil aandui dat die agb. Minister en sy Departement probleme lank voor die tyd identifiseer. Wanneer agb. lede dit dan opper, is hulle gewoonlik reeds besig met die spitwerk en die aanvoorwerk ten opsigte van daardie besondere probleme.

Voor ek oor toerisme praat, mnr. die Voorsitter, sal u my vergun om aan dié agb. lede wat my en die agb. Minister gelukgewens het, baie dankie daarvoor te sê. Ons het groot waardering daarvoor. Terselfdertyd wil ek ook tog sê dat ons aan hierdie kant van die Raad, en ek glo ook ek praat namens die Opposisiepartye, baie jammer is dat mnr. Behrens ons Toerisme-afdeling moes verlaat. Ons wens hom alles van die beste toe daar waar hy nou is. Ek dink egter ons het hier maar weer die spreekwoordelike posisie van „the King is dead, long live the King”. Ons het ’n nuwe koning, mnr. Frans Scheepers, en ons wil hom baie gelukwens met sy aanstelling en ons wil hoop dat hy in die mooi voetspore van sy voorganger sal loop saam met al sy manne, soos byvoorbeeld mnr. Reitz, en al die ander amptenare wat ek alreeds ontmoet het en wat ek weet snags werk en naweke opoffer om toerisme nie net in Suid-Afrika nie maar ook in die buiteland te bevorder. Ek dink ons moet ’n baie hartlike woord van dank aan hulle rig en vir hulle sê dat wat hulle doen nie ongemerk by ons verbygaan nie, want ons weet dat hulle met ’n baie belangrike taak besig is.

Die stelling is hier gemaak—en dit is waar—dat toerisme vandag beslis een van die grootste bedrywe in die wêreld is. Ons hoop dan ook dat dit een van die grootste bedrywe in Suid-Afrika sal word. Ek dink dat as ons planne reg loop en alles wat ons beoog mooi saamspeel, dit moontlik is dat ons dit sal regkry.

Net ter inleiding wil ek sê dat dit interessant is om net te kyk waar toerisme sy oorsprong het. Ons glo dat toerisme sy oorsprong in handelsreise het. Die kameelkaravane van ouds waarmee speserye ens vervoer is, het sekere handelsroetes oopgetrap. Sekere aristokrate van die vroeër jare het dan weer hierdie roetes gevolg vir die avontuur wat dit hulle gebied het. Avontuur was dus die tweede stap. Uit hierdie avontuur het verdere ontdekkingsreise gevolg. Toe het die digters en skrywers van daardie vroeër jare ’n baie belangrike rol gespeel deurdat hulle die romantiek van hierdie ontdekkingsreise en die avontuur daaraan verbonde beskrywe het. Ek dink dit is uit hierdie romantiek wat aan sulke reise kleef dat die romantiek van toerisme gebore is. Die toerisme wat ons vandag het, is uit daardie agtergrond gebore. Daar is nou by herhaling die stelling gemaak dat toerisme baie wyer strek as net die toerisme self. Dit is waar. Ek dink toerisme binnelands en buitelands dek omtrent die hele handelspektrum. Die toeristebedryf affekteer ons nywerhede omdat dit vervaardigingsaktiwiteite stimuleer. Dit stimuleer ons handel. Daar is alreeds genoem dat buitelandse toeriste in Suid-Afrika in 1980 meer as R920 miljoen in ons handel bestee het. As ons buitelandse en binnelandse toeriste in Suid-Afrika saamtel, kom die totale besteding deur toeriste in Suid-Afrika op R1½ biljoen per jaar te staan. Toerisme dek dus ’n wye veld in Suid-Afrika. Dit gaan ook baie verder. Dit het ook ’n politieke inslag, want mense wat toer, is geneig om ambassadeurs te word. Mense wat deur toerisme ambassadeurs vir Suid-Afrika word, doen vir Suid-Afrika baie goed in die buiteland. Hulle skep vir Suid-Afrika goeie verhoudinge in die buiteland. Hulle skep vir Suid-Afrika goeie intervolkere-verhoudinge. Ek het self so ’n bietjie ondervinding daarvan dat mense wat een of twee keer na Suid-Afrika gekom het en aanvanklik niks goed van Suid-Afrika wil weet nie, nadat hulle twee of drie keer in Suid-Afrika was, begrip vir ons probleme gekry het. Ek wil nie daarmee sê dat hulle ons beleid aanvaar nie. Ons vra dit nie van hulle nie. Hulle het egter wel begrip vir ons probleme in Suid-Afrika gekry. Dit is vir ons belangrik. Dit maak van daardie mense goeie toeriste en goeie ambassadeurs.

Mnr. H. E. J. VAN RENSBURG:

Het julle hulle baie witblits gevoer?

Die ADJUNK-MINISTER:

Ja, dit kom nog. Ons het nog net nie die lisensie daarvoor goedgekeur nie.

Net om vir agb. lede ’n aanduiding te gee van wat ons benadering ten opsigte van toerisme is, wil ek kortliks die volgende noem. Die tak Toerisme in hierdie Departement beskik oor 11 nasionale toeristeburo’s. Ek wil net kortliks die sewe of agt punte noem waarna daardie nasionale toeristeburo’s kyk en wat hulle gedurig in heroorweging neem en evalueer. Dit sal die meeste van die punte wat deur agb. lede gemaak is, ondervang. Die eerste is om toerisme na en in Suid-Afrika te koördineer en te bevorder. Verskeie agb. lede het dit genoem dat ons toerisme na Suid-Afrika moet bevorder, dat ons toerisme in Suid-Afrika moet koördineer om die spitse en die valleie te probeer uitskakel sodat toerisme meer eweredig in Suid-Afrika versprei kan word. Die tweede een is om die uitbreiding van bestaande toeristegeriewe aan te moedig. Ek dink die punt is ook hier geïdentifiseer dat ons vervoerprobleme het en dat ons akkommodasieprobleme het. Dit is een van die oogmerke van die tak Toerisme om juis die uitbreiding van hierdie geriewe aan te moedig. Die derde een is om deur middel van ’n deurlopende opname leiding en inligting aangaande die aard, die gehalte, die omvang en die ontwikkeling van huisvesting en toeristegeriewe te verskaf. Ek dink dis ’n punt wat deur ’n aantal lede gemaak is dat ons ook ’n diens moet lewer, dat ons tevrede toeriste in Suid-Afrika moet kry. [Tyd verstreke.]

Mnr. P. A. MYBURGH:

Mnr. die Voorsitter, ek staan net op om die agb. Adjunk-minister die geleentheid te gee om sy toespraak te voltooi.

Die ADJUNK-MINISTER:

Mnr. die Voorsitter, ek dank die agb. lid vir Wynberg vir die voorreg.

Mnr. die Voorsitter, daar word probeer om gedurig die gehalte, die diensleweringsgehalte, die geriewegehalte, onder die aandag van ons tak Toerisme te bring sodat ons die nodige stappe kan doen om ’n beter diens aan die toeriste in Suid-Afrika te lewer. Die vierde een is die opleiding van toergidse. Dit is belangrik dat die toergidse wat ons toergroepe in Suid-Afrika lei, goed opgelei moet wees. Hulle moet weet wat hulle verkoop en hoe dit verkoop moet word. Dit is van kardinale belang. Dit is natuurlik ook streeksgebonde. ’n Toergids wat goeie kennis van die Wes-Kaap het, het nie noodwendig goeie kennis van die Noord-wes-Kaap nie. Dit is twee verskillende pakkette wat verkoop moet word. Die vyfde een is die versameling van toeriste-inligting, geskiedkundig, geografies en kultureel. Wat is dié dinge wat ons aan ons toeriste wil bied? Die agb. lid vir Oos-Londen-Stad het daarna verwys dat ons die inligting bymekaar moet maak en dan daardie inligting aan die mense moet verkoop. Dit kom dus neer op die bemarking van toerisme. Dit is een van ons take om toerisme in Suid-Afrika te bemark.

Mr. D. J. N. MALCOMESS:

Mr. Chairman, may I ask the hon. the Deputy Minister a question? The hon. the Deputy Minister has just said that we must market our various areas. Can I ask him whether the Department has changed its policy which it had a year or two ago of marketing regions and in fact in that marketing of regions they left the Border area, the East London coast, totally out of the situation?

The DEPUTY MINISTER:

Mr. Chairman, I am coming to that. I will deal with that point in full. What the hon. member has just said, is partly true, but it is not so that that region has been forgotten altogether.

Die sewende punt wat ek wil noem, is dat daar spesialistoeristeattraksie-areas uitgekies moet word. Laat my ’n paar voorbeelde noem. Ons het hier in gedagte areas soos byvoorbeeld die Augrabies-waterval, die Wes-Kaap met sy wynroete wat ’n unieke roete is. Ons sal nie van die Worcester-roete praat nie. Dan is daar ook die koördinasie van die werksaamhede van alle organisasies in Suid-Afrika wat met toerisme te make het.

Nou kom ek by die punt wat die agb. lid vir Port Elizabeth-Sentraal so pas gemaak het. Ons het etlike jare gelede besluit dat Suid-Afrika as ’n wêreld-in-een verkoop moet word. Ek het onlangs ’n film gesien wat dit werklik probeer doen. Ek was so beïndruk deur daardie film dat ek voel dat ons moet reël dat elke Parlementslid wat in toerisme belangstel daardie film kan sien. Dit is een van die mees uitstaande films oor Suid-Afrika wat ek nog ooit gesien het en ek het ’n hele paar gesien. As daardie film Suid-Afrika as toeristeland nie kan verkoop nie, sal geen film in die wêreld Suid-Afrika as toeristeland kan verkoop nie. Ons het egter gevoel dat dit nie voldoende is nie. Toe het die Pip-aksie gekom. Dit staan vir „produk binne produk”. Om dié Pip-aksie in Suid-Afrika van stapel te laat loop, het ons Suid-Afrika in drie sones verdeel, naamlik die Bosveld-Transvaal-sone, die Natalontspan-ningsland en die Kaapse Kus-strook.

Mnr. D. J. N. MALCOMESS:

Is dit nou Kaapstad tot Port Elizabeth?

Die ADJUNK-MINISTER:

Ja, Kaapstad tot Port Elizabeth. Ek het met hierdie aspek by die Port Alfred-kongres van nou die aand gehandel. Wanneer ek nou sê dat die Pip-aksie net op hierdie drie besondere gebiede konsentreer, wil ek vir geen oomblik impliseer dat die res van Suid-Afrika totaal vergete is nie. Die res van Suid-Afrika word nog altyd deur die besondere toeristeburo’s op die gewone manier, op die gewone bemarkingspatroon, hanteer.

Waar ek nou na die Pip-aksie verwys, wil ek ook net noem dat ons alreeds besluit het dat dit nie ver genoeg gaan nie omdat dit nie prakties moontlik is om die toeristefasiliteite en-moontlikhede van Kaapstad tot Port Elizabeth in een paket te verkoop nie. Daar word reeds aan hierdie aspek gewerk. In dié verband wil ek noem dat die plaaslike Nasionale Toeristeburo van my Departement tans besig is om in oorleg en in same-werking met die bedryf ’n volledige bemarkingsprogram—dit is ook hier genoem —op te stel vir die hele kusgebied vanaf Kaapstad tot by Port Elizabeth, insluitend die aangrensende binneland, effens uitgebrei, weer in kleiner seksies op te sny sodat ons ’n meer gedetailleerde verkoopaksie in dié verband kan hê, juis in ’n poging om die valleiperiodes op te vul, dít waarna so baie van die agb. lede verwys het. Ek wil dus graag ’n beroep op die privaatsektor doen om hierdie program te ondersteun.

Dan wil ek graag by ’n punt aansluit wat by herhaling hier genoem is en dit is dat daar meer oorhoofs na toerisme gekyk moet word. Dit is ook by herhaling genoem dat dit nie net die tak Toerisme en die toeristeburo’s is wat vir die uitbouing van toerisme verantwoordelik is nie, maar dat ook die privaatsektor op ’n baie groter skaal by toerisme betrek moet word. In hierdie verband wil ek net sê wat eintlik ons oogmerke met hierdie groter intensifisering van die Pipaksie is. Dit gaan basies daaroor om goeie huisvesting en dan ook ’n voldoende verskeidenheid in daardie besondere gebiede beskikbaar te stel. Tweedens wil ons ’n goeie padstelsel en ’n verskeidenheid vervoermoontlikhede na die verskillende gebiede beskikbaar maak. Die kwessie van vervoermoontlikhede na die verskillende toeristegebiede is dan ook deur agb. lede genoem. Derdens sê ons dat die geriewe sover as moontlik ingeskakel moet wees by internasionale vlugte. Dit is ’n punt wat die agb. lid vir Kaapstad-Tuine baie goed gemaak het. Ek persoonlik voel dat daardie punt heelwat meriete het. Hoekom moet al die buitelandse toeriste net na een lughawe in Suid-Afrika kom, siende dat Suid-Afrika so uitgestrek is en juis ’n vervoerprobleem met toeriste in die spitstye ondervind.

Sekere klimaatsomstandighede moet in ag geneem word en moet in die totale program gebruik word. Wanneer ons praat van ’n totale program, is dit ons oogmerk om nie net ’n toeristeprogram beskikbaar te hê nie, maar ’n toeristeprogram beskikbaar te hê wat bemarkbaar is. Dit help nie om ’n toeristeprogram te hê en daardie toeristeprogram is nie bemarkbaar nie. Dan het ons ons poging gemors.

Die laaste punt wat ek wil noem, is dat daar ’n toeristestrategie vir elke gebied uitgewerk moet word wat dan deel van die totale program sal wees. Die agb. lid vir Kaapstad-Tuine asook ’n hele paar van die ander agb. lede het ook na so ’n totale toeristestrategie verwys.

Agb. lede het ook verwys na die komitee waarna die agb. Minister in sy toespraak in Athene verwys het. Ons moet egter so ’n bietjie stadig met die komitee. Dit is nie dat ons dit nie wil hê nie. Inteendeel, ons dink dit is belangrik dat so ’n komitee uiteindelik daargestel sal word, maar nadat die Kommissie vir Administrasie, wat nou besig is met ’n totale ondersoek na die rasionalisering van toerisme in Suid-Afrika, sy verslag uitgebring het. Dit is baie duidelik dat die toerisme oor ’n baie wye veld verspreid lê en dat daar gevolglik ’n aansienlike aantal belangegroepe is wat daarmee gemoeid is. Ons is bewus daarvan dat daar op verskeie terreine probleme bestaan. Daar sal daadwerklik vir die toekoms beplan moet word ten einde die eise wat aan ons gestel sal word, die hoof te kan bied. Dit is vir my van intense belang dat alle groepe, individue en belange wat by die saak betrokke is, deel moet hê aan ’n gekoördineerde en planmatige ontwikkeling vir die toekoms sodat ons almal saam kan beplan hoe om bestaande probleme uit te skakel. In hierdie omstandighede dink ek dat dit ’n goeie gedagte sal wees om oorweging daaraan te skenk om ’n konferensie te reël waarby alle belangegroepe betrek kan word en waar gedagtes gewissel kan word oor die probleme wat ondervind word en om toekomstige optrede te probeer identifiseer en formuleer. [Tyd verstreke.]

Mnr. P. A. MYBURGH:

Mnr. die Voorsitter, ek staan net weer op om die agb. Adjunk-minister die geleentheid te gee om sy toespraak te voltooi.

Die ADJUNK-MINISTER:

Mnr. die Voorsitter, ek bedank die agb. lid vir Wynberg vir die geleentheid wat hy my bied.

Mnr. die Voorsitter, ek is van voornemens om die gedagte binnekort verder met die agb. Minister en die Departement te bespreek. Ons hoop dat hierdie komitee waarna die agb. Minister verwys het, hieruit tot stand sal kom, as dit nie vroeër tot stand kom nie. Ons hoop ook dat daar uit hierdie hele poging ’n toeristestrategie, ’n toeristeprogram, vir Suid-Afrika tot stand sal kan kom.

Daar is ’n ander punt wat ek graag vandag net as ’n stimulerende gedagte wil noem. Ek het dit reeds met die Departement bespreek. Ek voel dat ons miskien deur die komitee wat ons in gedagte het ’n ondersoek moet laat instel na wat die moontlikheid daarvan is om die verskillende attraksies of gebiede in Suid-Afrika te gradeer. Met ander woorde, kom ons gebruik maar die ou bekende stelsel van ’n vyfster-toeristeattraksie, ’n vierster-toeriste-attraksie, ’n driester-toeriste-attraksie, ’n tweester-toeriste-attraksie en ’n eenster-toeriste-attraksie. Ons weet daar is baie probleme aan so ’n stelsel verbonde. Ons weet dit is baie moeilik om te besluit wanneer ’n toeriste-attraksie ’n vyfster-toeriste-attraksie is en wanneer dit ’n vierster-toeriste-attraksie is. Maar ons het die voorbeeld van die Michelingidse in Europa, waarin alle toeriste-plekke gekarteer is en ’n vyfster-, vierster-of driestertoekenning kry. Ek het baie van daardie plekke besoek en ek moet sê dat daardie gradering werklik goed is. Dit is werklik korrek. Ek dink nie ons moet in Suid-Afrika daardie stelsel slaafs navolg nie. Ons moet miskien sê in ons land is dit ’n goue attraksie, ’n silwer attraksie en ’n brons attraksie, sodat daar ’n bietjie verskeidenheid ingebou kan word.

Maj. R. SIVE:

Kry Michelin om dit in Suid-Afrika te doen.

Die ADJUNK-MINISTER:

Dit is moontlik, maar ek weet nie of hulle Suid-Afrika ken nie. Ek dink ons eie mense ken Suid-Afrika beter.

Ek wil nou graag spesifiek verwys na ’n aantal punte wat agb. lede geopper het. Vir die agb. lid vir Kaapstad-Tuine wil ek sê dat dit heeltemal waar is dat die toeristebedryf in die wêreld oor ’n bepaalde termyn, naamlik die sestigertot die sewentigerjare, met gemiddeld 7% gegroei het, terwyl dit in Suid-Afrika gedurende daardie selfde termyn met 11% tot 20% gegroei het. Suid-Afrika se toeristebedryf is werklik besig om te groei. Die agb. lid het gevra of ons nog in ’n mededingende posisie is.

Mnr. K. M. ANDREW:

In vergelyking met Noord-Amerika.

Die ADJUNK-MINISTER:

Ons sê globaal gesien. Ek wil nie sê dat ons ten opsigte van sekere lande nie ’n agterstand het nie, maar die tak Toerisme se benadering is dat ons ons bemarkingstrategie gedurig aanpas, dat ons dit gedurig evalueer ten opsigte van ons eie posisie vis-à-vis die posisie van ander lande. In dié geval bly ons ondanks al die probleme waarna daar verwys is en wat toerisme na Suid-Afrika moeilik maak, in elk geval effektief.

Die agb. lid het ook ’n paar ander punte genoem, maar die een wat ek graag wil uitlig, is dat wanneer ons toeriste na die mooi gebiede in Suid-Afrika bring, ons moet waak dat ons omgewing nie in dié proses tot niet gaan nie. Verskeie ander agb. lede het ook die punt genoem. Daar word gevoel dat ons ons omgewing moet bou en bewaar. Ek dink die agb. lid vir Kaapstad-Tuine het dit baie goed uitgewys dat 77% van die mense wat na Suid-Afrika kom, kom omdat Suid-Afrika ’n besondere omgewing bied. As ons dus ons omgewing vernietig, vernietig ons ons toerismepotensiaal in Suid-Afrika.

Ons het met Fedhasa etlike samesprekings oor akkommodasie gevoer. Ons het gister weer samesprekings gehad om te kyk wat ons ten opsigte van akkommodasie kan doen.

Ons sal soveel geld vir toerisme by die agb. Minister van Finansies probeer kry as wat die Skatkis kan bekostig. Ek het nog nie vanjaar aan daardie gesprek deelgeneem nie, maar ek sal volgende jaar seker aan daardie gesprek deelneem en ek kan agb. lede verseker dat ek soveel as moontlik sal probeer kry om toerisme in Suid-Afrika mee te bevorder.

Die agb. lid vir Kempton Park het op ’n baie duidelike en deeglike wyse die probleme uitgelig waarna ek reeds verwys het. Hy het ook daarop gewys dat ons omgewing bewaar moet word. Hy het ook verwys na die feit dat toeriste goeie ambassadeurs is. Hy het voorts verwys na die uitbreiding van fasiliteite. Daarop het ek reeds gereageer. Hy het gesê dat die instelling van hierdie komitee waarna verwys is, oorweeg moet word. Soos ek gesê het, so ’n komitee sal wel ingestel word, maar op hierdie oomblik is die tyd daarvoor nog nie ryp nie.

Ek wil die agb. lid vir Ladybrand baie hartlik bedank vir die hulde wat hy gebring het aan die groot werk wat Satoer doen. Satoer se werk is werklik omvangryk, Satoer se werk is effektief, en Satoer se werk moet net van hierdie Komitee die grootste lof kry. Ek dink dit sal goed wees as die Departement aan Satoer en sy mense oordra dat hierdie Komitee met waardering kennis neem van die groot taak wat Satoer in die buiteland doen om toerisme na Suid-Afrika te bevorder.

Dan het die agb. lid dr. Welgemoed ’n baie interessante toespraak gehou waarin hy na twee aspekte van toerisme verwys het. Hy het verwys na die koste van vervoer, wat ’n wesenlike probleem is. Dan het hy ook verwys na sekere alternatiewe metodes om die koste van toerisme in Suid-Afrika makliker te maak. Ten opsigte van die Eurorailpas wat hy genoem het, wil ek net vir hom sê dat die Departement reeds met die Departement van Spoorwee in aanraking is oor dié aangeleentheid. Onderhandelings is reeds aan die gang om vir toeriste so ’n pas beskikbaar te maak waarmee in lae spitstye gereis kan word. Ons het nog nie ’n antwoord van hulle gekry nie, maar hoop om eersdaags ’n antwoord van hulle te kry.

Wat die koste van brandstof betref, kan ek ook net aan die agb. noem dat daar alreeds ’n groot toegewing gemaak is. Die 6,75 sent per liter wat vir die Egalisasiefonds bedoel is, word nie deur die buitelandse rederye betaal nie. Ons het dus van die Departement en van die Regering se kant reeds ’n baie groot toegewing gemaak om die hoë brandstofkoste so laag as moontlik te probeer hou.

Ek het alreeds verwys na sommige van die punte wat die agb. lid vir Oos-Londen-Stad genoem het. Miskien kan ek net vir hom ’n paar syfers ten opsigte van hotelle in Suid-Afrika noem, aangesien die agb. lid ’n baie belangrike punt ten opsigte van die besetting van hotelle gemaak het, veral wat betref die besetting van die verskillende grade hotelle. Vyf-en-tagtig persent van alle toeriste wat na Suid-Afrika kom, bly in hotelle. Die verdeling is min of meer soos volg: Eensterhotelle dra 8% van daardie toeriste; tweesterhotelle dra 15% van daardie toeriste; driesterhotelle dra 26% van daardie toeriste; viersterhotelle dra 18% van daardie toeriste; en vyfsterhotelle dra 31% van daardie toeriste. Die interessante van hierdie statistiek is dat tweesterhotelle en viersterhotelle besig is om met mekaar te wedywer oor die posisie van wie die meeste toeriste huisves. Dit is baie interessante statistiek wat miskien meer aandag sal geniet. Die agb. lid het, as ek my reg herinner, vir ons daarop gewys dat 77% van die toeriste kom om ons omgewing te geniet. Daarop het ek reeds gereageer.

Mnr. die Voorsitter, ek wil graag afsluit deur te sê dat ek dink ons toeristebedryf in die toekoms op drie gedragskodes of slagspreuke, of wat ’n mens dit ook al wil noem, gebaseer sal wees. Die eerste wat ons sal moet doen, is dat ons in ons reklame die romantiek van Suid-Afrika as ’n toeristeland sover as moontlik sal moet uitbou. Tweedens, ons sal vandag moet begin bou om die toeriste van more te kan trek. Ons moet nie môre vir die toeriste van more begin bou nie; ons moet vandag begin bou. Derdens, ons hoef nie onmiddellik miljoene rande te bestee om toerisme te bevorder nie. Ek wil die stelling maak dat met die kleiner pogings wat vandag in toerisme aangewend word, ons die krag van die toerisme van môre sal bou.

Begrotingspos goedgekeur.

Die Komitee gaan om 16h30 uiteen.

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

HOUSE OF ASSEMBLY

DEBATES OF THE STANDING COMMITTEE ON APPROPRIATION BILL: VOTE NO. 12.—“Police”

[STANDING COMMITTEE 4—’81]

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

VOLKSRAAD

DEBATTE VAN DIE STAANDE KOMITEE OOR BEGROTINGSWETSONTWERP: BEGROTINGSPOS NO. 12—„Polisie”

[STAANDE KOMITEE 4—’81]

ORDER AND ANNOUNCEMENT

25 August 1981

Ordered: That in terms of Rule No. 1 of the Rules for Standing Committees, Vote No. 12.—“Police”, as specified in the Schedule to the Appropriation Bill [B. 93—’81], be referred to a Standing Committee.

3 September 1981

Announcement: That Messrs. G. C. Ballot, S. P. Barnard, W. J. Cuyler, S. J. de Beer, P. H. P. Gastrow, J. W. Greeff, J. W. Kleynhans, W. J. Landman, Z. P. le Roux, J. J. Lloyd, Dr. G. Marais, Messrs. P. L. Maré, B. W. B. Page, N. J. Pretorius, P. H. Pretorius, C. R. E. Rencken, H. H. Schwarz, Mrs. H. Suzman, Messrs. R. A. F. Swart, H. J. Tempel, C. Uys, G. J. van der Linde, J. H. van der Merwe, D. S. van Eeden, H. M. J. van Rensburg (Rosettenville), J. A. J. Vermeulen, A. J. Vlok, L. Wessels, A. B. Widman and A. P. Wright had been appointed members of the Standing Committee.

REPORT

10 September 1981

The Chairman of Committees reported that the Standing Committee on Vote No. 12.—“Police”, had agreed to the Vote.

BESLUIT EN AANKONDIGING

25 Augustus 1981

Besluit: Dat ingevolge Reel No. 1 van die Reëls vir Staande Komitees, Begrotingspos No. 12.—„Polisie”, soos gespesifiseer in die Bylae by die Begrotingswetsontwerp [W. 93—’81], na ’n Staande Komitee verwys word.

3 September 1981

Aankondiging: Dat mnre. G. C. Ballot, S. P. Barnard, W. J. Cuyler, S. J. de Beer, P. H. P. Gastrow, J. W. Greeff, J. W. Kleynhans, W. J. Landman, Z. P. le Roux, J. J. Lloyd, dr. G. Marais, mnre. P. L. Maré, B. W. B. Page, N. J. Pretorius, P. H. Pretorius, C. R. E. Rencken, H. H. Schwarz, mev. H. Suzman, mnre. R. A. F. Swart, H. J. Tempel, C. Uys, G. J. van der Linde, J. H. van der Merwe, D. S. van Eeden, H. M. J. van Rensburg (Rosettenville), J. A. J. Vermeulen, A. J. Vlok, L. Wessels, A. B. Widman en A. P. Wright as lede van die Staande Komitee aangestel is.

VERSLAG

10 September 1981

Die Voorsitter van Komitees rapporteer dat die Staande Komitee oor Begrotingspos No. 29.—„Onderwys en Opleiding”, die Begrotingspos goedgekeur het.

INDEX TO SPEECHES/BLADWYSER VAN TOESPRAKE

BALLOT, Mnr. G. C. (Overvaal), 642.

BARNARD, Mnr. S. P. (Langlaagte), 666.

CUYLER, Mnr. W. J. (Roodepoort), 602.

GASTROW, Mr. P. H. P. (Durban Central), 649.

GREEFF, Mnr. J. W. (Aliwal), 638.

KLEYNHANS, Mnr. J. W. (Algoa), 595.

LE GRANGE, S. Ed./the Hon. L. (Potchefstroom) (Minister van Polisie/Minister of Police), 612, 657, 678.

LE ROUX, Mnr. Z. P. (Pretoria-Wes), 653.

PAGE, Mr. B. W. B. (Umhlanga), 599.

PRETORIUS, Mnr. N. J. (Umhlatuzana), 669.

PRETORIUS, Mnr. P. H. (Maraisburg), 605.

SUZMAN, Mrs. H. (Houghton), 588.

SWART, Mr. R. A. F. (Berea), 577.

VAN DER MERWE, Mnr. J. H. (Jeppe), 645.

VAN EEDEN, Mnr. D. S. (Germiston), 676.

VLOK, Mnr. A. J. (Verwoerdburg), 582.

WESSELS, Mnr. L. (Krugersdorp), 592.

WIDMAN, Mr. A. B. (Hillbrow), 608.

WRIGHT, Mnr. A. P. (Losberg), 672.