House of Assembly: Vol96 - THURSDAY 27 AUGUST 1981

THURSDAY, 27 AUGUST 1981

Die Staande Komitee kom om 14h30 in die Senaatsaal byeen.

Die Adjunk-voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

BEGROTINGSWETSONTWERP

Begrotingspos No. 15—„Gesondheid, Welsyn en Pensioene”:

Die MINISTER VAN GESONDHEID, WELSYN EN PENSIOENE:

Mnr. die Voorsitter, ek wil begin deur te sê dat die belangrikheid van die verpleegberoep en ook sake wat daarmee in verband staan lank reeds deur die departement en deur myself erken is. Ons besef dat dit ’n saak is wat deurentyd aandag moet geniet. Dit is ook nie so dat ons dit net sê nie. In die hantering van hierdie aangeleentheid, om te verseker dat die verpleegberoep voortdurend die geleentheid kry om hulle saak te stel, is daar statutêre liggame ingevolge die Gesond-heidswet van 1977 daargestel. Eerstens is daar die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad. Hierdie beleidsraad bestaan uit die Minister van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, wat voorsitter is, en daardie lid van die uitvoerende komitee van elke provinsie wat met hospitaaldienste belas is. Dan is daar die Adviserende Komitee vir Gesondheidsake, wat ’n adviserende komitee is. In hierdie komitee word verteenwoordig die Departement van Gesondheid, die vier provinsies se Departement van Hospitaaldienste, die Geneesheer-generaal van die Weermag, drie verteenwoordigers van plaaslike besture, asook die Kommissie vir Administrasie, wie se verteenwoordigers die vergaderings as waarnemers bywoon. Uit hierdie komitee word daar nog ’n adviserende komitee vir gesondheidsake saamgestel, met ’n subkomitee oor verpleegkunde. Hierdie subkomitee word soos volg saamgestel: lede van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, lede van elk van die Department van Hospitaaldienste van die vier provinsies, lede van die plaaslike besture, lede van die S.A. Verpleegstersvereniging, lede van die Weermag, en lede van die Departemente van Justisie en Gevangenisse. Hierdie subkomitee oor verpleegkunde stel ondersoek in na enige aangeleentheid wat die verpleegberoep mag raak en doen dan aanbevelings aan die Adviserende Komitee vir Gesondheidsake. Die Adviserende Komitee vir Gesondheidsake oorweeg hierdie aanbevelings en doen dan op sy beurt aanbevelings aan die Minister van Gesondheid, Welsyn en Pensioene en die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad. By die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad word daar dan ’n gekoördineerde gesondheids-beleid bepaal.

Ek stel hierdie sake heel aan die begin, Meneer, sodat daar nie onduidelikheid moet wees oor die belangrikheid van die verpleegberoep in die geheel as sulks nie, en die plek wat dit inneem binne die departement. Ek wil ’n verdere paar stellings maak, Meneer, sodat daar nie onduidelikheid gedurende die res van die besprekings kan ontstaan nie. Die eerste stelling wat ek wil maak, is dat ek nog nêrens gesê het dat daar nie ’n tekort aan verpleegsters is nie. Ek dink dit is al uitgestryk in debatte in die Volksraad, en ek was bly om te sien dat die koerant wat my destyds gerapporteer het, The Cape Times, wel die moed gehad het om te plaas wat ek wel gesê het in daardie Raad. Dit maak dinge eintlik makliker vir hierdie debat. Ek wil ook op rekord gaan dat ek nog nêrens gesê het dat die verpleegster ’n voldoende salaris ontvang nie, of dat daar nie ’n verbetering aan haar salaris of aan enige van haar diensvoorwaardes moet wees nie. Ek het ’n lang rekord, Meneer, in gesondheidsake. Dit is nie van vandag af, of van eergister af, vandat ek in hierdie Raad sit dat ek ’n belang daarin het nie; ek het 15 jaar in publieke administrasie gestaan wat te doen gehad het met gesondheidsake, en in daardie tyd het ek ten nouste saamgeleef met die verpleegster in al die fases wat sy deurgegaan het tot op hierdie tyd, waarna ek netnou sal verwys. As ek dit nou gesê het, wil ek so ver teruggaan as 1972, toe ek as L.U.K. ’n eenmankommis-sie, dr. Reeve Saunders, aangestel het om te kyk na die hele opset van die verpleegberoep, en om vir ons in die provinsie Kaapland te adviseer oor ’n toekomstige bedeling en wat ons moet doen ten opsigte van werksom-standighede, diensure, ens. Ek is toe by die provinsie weg, en het uiteindelik teruggegaan as Administrateur; toe heelwat van die sake ten opsigte waarvan sy ons geadviseer het, in werking gestel is. Wanneer ek nou dit gesê het, wil ek byvoeg dat daar ook nie onduidelikheid moet wees oor die rol van die Departement van Gesondheid nie. Dit staan baie duidelik in die Gesondheidswet van 1977 geskryf dat ons die koördinerende departement is en dat, met die beleidsraad, ek en die vier L.U.K.’s die beleid sal neerlê. As daar enige sake is ten opsigte waarvan ons nie met mekaar kan ooreenkom nie, is die Minister se besluit nog afdoende. Ek stel dit hier eintlik net om aan te dui dat ons ook, volgens Kabinetsbesluite, eintlik die koördinerende liggaam is. Ons het ook ’n deel aan sekere aspekte wat in die Wet neergelê is. Ek verwys hier bv. na sake soos immunisering, die ou begrip van volksgesond-heid—ek wil nie op al die aspekte ingaan nie, maar agb. lede sal weet waarvan ek praat—tuberkulose, sielsiekes, ens. Ons behartig nie kuratiewe dienste in dié sin waarin die provinsies dit hanteer nie, en dit word baie duidelik in die Wet omskryf. Sover dit die personeelsituasie aangaan, is elke provinsie verantwoordelik vir sy eie sake, en elke provinsie moet dan volgens die salarisskale wat deur die Kommissie vir Administrasie neergelê is, sy poste vul en ’n toekenning van poste maak vir sekere dienste. Dit is ook iets waarby ek later sal stilstaan.

Iets wat ek ook op rekord wil plaas, mnr. die Voorsitter, is die beleid sover dit verpleging van die verskillende rassegroepe aangaan. Dit is hierdie Regering se beleid dat Wit verpleegsters Wit pasiënte sal oppas, en dat dieselfde die posisie vir die ander bevol-kingsgroepe sal wees. Maar, Meneer, daar is ook ’n Kabinetsbesluit dat dit my verant-woordelikheid is om ’n besluit te neem, indien dit nodig sou wees, om anderskleuriges te gebruik in gevalle waar Wit pasiënte wel anderskleuriges nodig het. Dit is nie iets wat onbekend is nie, Meneer. In my eie departement het ek in die geval van psigiatrise hospitale alreeds so ’n toekenning moes maak omdat daar nie meer Blankes is wat die psi-giatriese gevalle wil oppas nie, en tweedens ook in privaathospitale, waar hulle gesukkel het om opgeleide personeel vir hulle teaters, ens., te kry, het ek alreeds sodanige goed-keurings gegee.

Meneer, ek wil vir ’n oomblik stilstaan by verpleging as sulks. Ek dink ons kan verpleging sien in drie fases, soos dit oor die afgelope aantal jaar gevorder het, en oor die laaste paar jaar miskien teen ’n al vinniger tempo gevorder het. In die eerste fase het jy die verpleegster gekry wat in die saai gewerk het. In haar vroeë opleidingsjare het sy bed-kassies moes skoonmaak, panne moes rond-dra, die vloer moes vryf, die mure moes afwas en die wasbakke moes skoonmaak. Van daardie fase het verpleging verder ontwikkel en ’n stadium bereik waar daar grotendeels gespesialiseer is op die gebied van verpleging. Administratiewe take is aan verpleegsters opgelê, en die take wat hulle toe verrig het, soos die skoonmaak van bedkassies en die aandra van kos, het grotendeels oorgegaan na addisionele personeellede wat as bediendes beskou kan word wat hulp in die sale, ens., verskaf het, en wat nie verplegingsopleiding gehad het nie. Die doel was om in daardie fase die verpleegster die geleentheid te gee om haar meer toe te lê op verpleging. So het die opleiding ook ontwikkel, en jy het meer gesofistikeerde opleiding gekry. Uit daardie fase het ons die tydperk van spesialisasie in verpleging gekry. Waar vroeër miskien net die teatersuster as ’n spesialis bekend was, het ons nou ook intensiewesorgsusters gekry, asook spesialiste op feitlik elke gebied van die mediese rigtings, soos bv. in kraam, psigiatrie en geriatrie. Daar was omtrent nie ’n rigting waarin hulle nie kon spesialiseer nie. Dan kom ’n mens by die derde fase, die fase waarin ons nou is, en wat ons nou betree. Die verpleegster is nou ’n deel van die terapeutiese en die diagnostiese span. Sy het deel geword van die gesondheidspan. Sy is onmisbaar in die span, en sy is nie meer net die een wat die hout kap en die water aandra nie. Sy is nou deel van daardie span. Wetgewing wat ek in die Volksraad ingedien het, het dit in wet vasgelê dat sy sekere dinge sal kan doen sonder dat sy daarvoor gepenaliseer word of dat sy enige rede tot kommer mag hê dat eise teen haar ingestel kan word. In baie plekke vervang sy nou die geneesheer, nie omdat sy hom as sulks vervang nie, maar omdat hy nie daar is nie. Sy het ook die plek van die apteker ingeneem, omdat die apteker nie daar is nie—nie om hom uit sy pos uit te stoot nie. Ek wil dit baie duidelik stel dat sy die plek daar inneem om leemtes aan te vul en nie om enige iemand se plek oor te neem nie.

So het ons dan gekom, mnr. die Voorsitter, op ’n tydstip waar heelwat probleem areas begin opduik het. Ons het gevind dat, in ’n tydperk van voorspoed in die land, werksgeleenthede op ander gebiede verkry is wat die verpleegster daarheen getrek het. Die eerste keer dat dit my aandag getrek het, was in 1980, toe ek opgelet het dat die inname van verpleegsters vir die eerste maal gedaal het. Ons het in 1979 ’n rekordinname gehad. Dit het gepaard gegaan met ’n salarisverhoging aan die begin van 1979, maar my eie waarneming was dat dit deel was van die newe-effekte van die Gesondheidsjaar. Die jong meisie was gestimuleer om te gaan verpleeg, en so het ons in 1979 ’n groot inname gehad. ’n Mens was toe bekommerd toe jy gesien het dat daar in 1980 ’n kleiner inname was. Meneer, as ’n mens nou so iets sien, wat doen jy? Wat doen jy as verantwoordelike Minister om na hierdie sake te laat kyk? Op 6 November 1980 het die Adviserende Komitee vir Gesondheidsake op my versoek aandag hieraan geskenk. Hierdie versoek is toe onmiddellik oorgedra aan die subkomitee vir verpleegkunde, waarna ek net-nou verwys het. Op hierdie datum het die wiele aan die rol gegaan, en op 19 Januarie het ek ’n versoek tot hulle gerig dat die subkomitee oor verpleging ’n ad hoc-komitee moet aanstel om die hele aangeleentheid met betrekking tot verpleging te ondersoek, en ook spesifiek te kyk na die redes vir die kleiner inname van verpleegsters in 1980. Op 11 Junie 1981 het die ad hoc-komitee ’n memorandum voorgele aan die subkomitee vir verpleegkunde, waarna dit verder verwys is na die advieskomitee oor gesondheid. Ek wil net sê dat hierdie subkomitee na my mening uitstaande werk gedoen het. In terme van hulle benadering het hulle vraelyste direk aan groot getalle—by die 2 000—verpleegsters gestuur. Hulle het ook gekyk na die ouers van hierdie verpleegsters, en vraelyste aan hulle gestel, alles om te sien wat gedoen kon word, nie net in die rigting van verpleegkunde nie, maar ook sover dit studentverpleegsters en opleidingsinstansies betref. Op 15 Julie 1981 het die Adviserende Komitee vir Gesondheidsake hierdie aanbevelings oorweeg, en o.a. tot die volgende gevolgtrekkings gekom: Dat die probleem in sy totaliteit om die status van die studentverpleegkundige as hoofsaaklike leweraar van pasiëntsorg wentel, en dat die dienste ineenstort wanneer die studentwerkkrag verminder; dat ’n ondersoekkomitee, bestaande uit lede van die departement, die Universiteit van Pretoria, die Department van Hospitaaldienste van die Oranje-Vrystaat en Transvaal, en die Kommissie vir Administrasie, saamgestel word; dat hierdie ondersoekkomitee o.a. aandag sal skenk aan die hele aangeleentheid van die sisteem van verpleegopleiding en die probleme wat vanweë dienslewering daarmee saamhang; dat ’n werkgroep onmiddellik saamgestel word om daadwerklike aandag te skenk aan sekere beginsels, rangbenamings en salarisstrukture van die verpleegkundiges en om sodoende die sosio-ekonomiese status van die ver-pleegberoep reg te stel; dat hierdie werkgroep se aanbevelings met ’n beraming van die uitgawes aan die Minister en die Kommissie vir Administrasie voorgelê word. Op Maandag van hierdie week wat kom, is daar ’n buitengewone vergadering van die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad, wat eint-lik belê is met die oog daarop om aandag te skenk aan hierdie voorlopige verslag en die aanbevelings wat daarin vervat word.

Maar, Meneer, kom ons staan vir ’n oomblik stil by hierdie eintlike ondersoek. Ek het gesê dat hierdie ondersoek baie goed gedoen is. Ek het ook gesê dat ek besondere waardering het vir die probleme wat daar in verpleging is. In die tyd wat ek dien, het ek reeds ’n aantal vergaderings gehad met die Verpleegstersvereniging en die Verpleegsters-raad, asook met ander instansies, soos die provinsies, wat verpleegaangeleenthede hanteer. As gevolg van die feit dat ek as koör-dineerder moet optree, meen ek dat dit belangrik is dat ek ook van tyd tot tyd dié sake in die Kabinet sal opper. Ek wil nie nou in besonderhede gaan ten opsigte van salarisstrukture nie, behalwe om te sê dat ek die saak reeds by die Kabinet aanhangig gemaak het, en dat daar reeds ’n geruime tyd gelede opdrag aan die Kommissie vir Administrasie gegee is om op die salarisse van die verpleeg-beroep in te gaan, op die basis van ’n gedif-ferensieerde salaris sodat die beroep as sulks, alhoewel nog in die konteks van die Staatsdiens, gesien sal word as ’n gedif-ferensieerde beroep wat sekere spesiale en belangrike take moet vervul. Ek wil ook net sê, Meneer, dat dit nie al is wat gedoen is nie. Ek het nie net ondersoeke laat doen nie. Tussentydse maatreëls is getref, waarvan ek een of twee hier wil noem. In 1979 was die gemiddelde salarisverhoging ten opsigte van Blanke verpleegsters 17,27%, dié ten opsigte van Kleurlinge en Indiërs 20,96% en dié ten opsigte van Swartes 23,06%. In 1980 was die syfer ten opsigte van Blankes 15,02%, dié ten opsigte van Kleurlinge en Indiërs 17,07% en dié ten opsigte van Swartes 18,16%. In die huidige jaar was die gemiddelde salarisverhoging ten opsigte van Blankes 17,18%, ten opsigte van Kleurlinge en Indiërs 32,55% en ten opsigte van Swartes 36,09%. Dit het teweeggebring dat daar nou tot op die vlak van die suster met ’n salarisskaal van R5 190 × 240 - R5 670 pariteit is tussen hierdie verskillende groepe. As ’n mens verder kyk na hierdie situasie, vind jy dat die uurlikse besoldiging vir oortyd en vir deeltydse persone in 1979 R2,50 was. In 1980 was dit R4,05, terwyl dit in 1981 opgegaan het na R4,50. Ek noem nou vir agb. lede die syfers wat betrekking het op die tydperk wat ek as Minister dien. Ek kan nie nou verder ingaan op die syfers wat betrekking het op die tydperk daarvoor nie. Vanaf 1 April 1980 is daar ook ’n dertiende maand se salaris byge-voeg vir dié in die voltydse diens. As ons kom by verlof, vind ons dat daar voorheen 30 dae was wat nie oplopende verlof was nie. Net 16 dae was oplopende verlof. Huidiglik is die 30 dae en die 16 dae gekonsolideer, en is daar 46 dae oplopende verlof vir dié wat 10 jaar diens het. Dié wat meer as 10 jaar diens het, vaar eintlik nog beter. By aftrede of dood word die oplopende verlof aan hulle uitbetaal. Dit is maatreëls hierdie wat ’n mens as van tydelike aard beskou. Dit is tydelik in dié sin dat dit geld in ’n tyd wanneer die Kommissie vir Administrasie ’n differensiasie-ondersoek aan die gang het. Op hierdie wyse wil ons probeer om verpleging en verpleegstersbesoldiging tot hul werklike reg te laat kom. Die verslag wat ek netnou genoem het, het ook gehandel met salarisse. Daar is ’n spesiale afdeling daaroor, wat ons aan die Kommissie vir Administrasie oorhandig het as deel van ons getuienis.

Daar was sekere probleem areas wat in hierdie ondersoek uitgewys is. Ten spyte van die feit dat ’n gemiddeld van 79% van alle studente aandui dat hulle loopbaankeuse steeds verpleging is, dui ’n gemiddeld van 32% aan dat hulle nie graag saalsusters wil word nie. Ek mag sê dat hierdie opname bykans 2 000 mense betrek het. Wat veral verontrustend is, is dat 15% van die eerste jaarstudente—dit is drie maande nadat hulle begin het—en 45% tot 53% van die senior-studente hierdie mening huldig. Ek moet miskien net na sommige van die redes verwys wat deur hierdie negatiewe respondente verskaf is: Die status en die salarisvooruit-sigte en ongunstige werksomstandighede van die suster en die gesindheid van die suster teenoor haar werk; verpleging voldoen nie aan die student se verwagtinge nie; weer eens die status en die werksomstandighede van die geregistreerde verpleegkundige en van die student; swak interpersoonlike verhoudings; wanindrukke geskep oor die beroep deur voorligtingsbeamptes; inligtings-materiaal wat gebrekkig was; gebrek aan geheimhouding, asook leiding, en die benadering van die student hoofsaaklik as onvolwasse word sterk beklemtoon; met betrekking tot nagdiens word die ontwrigting en die onnatuurlike leefwyse vir onredelik lang en aaneenlopende tye ook beklemtoon; onvoldoende personeeltoekennings; onvoldoende leiding aan die student; té hoë eise té gou gestel. Ek noem hierdie redes vir u vinnig, net om aan agb. lede ’n aanduiding te gee van hoe suiwer hierdie ondersoek gedoen is. Nog ’n rede is die volgende: Hoë werklading dikwels reeds in die eerste studiejaar. Verder, Meneer, is daar ’n gemiddeld van 41% wat aandui dat hulle onvoldoende leiding en ondersteuning in die hospitaal ontvang. Dit is insiggewend dat veral die studente in hul senior jare hierdie klagtes geopper het. Uit die vrae wat daar gestel is, is die redes vir die staking van opleiding o.a. die volgende: Onbevredigende salaris-vooruitsigte; onbevredigende werksomstandighede; verkeerde beroepskeuse; houding van senior verpleegkundiges teenoor die student; te swak besoldiging van die student as sulks. 65% van die respondente het self op een of ander stadium alreeds die staking van opleiding oorweeg. Dit is verontrustend dat van die huidige eerstejaargroep, 42% na slegs drie maande van opleiding staking oorweeg het. Dit dui daarop dat die studente vroeg in hul opleiding reeds ongelukkig en ontevrede is. Daar is ’n interessante punt wat hier geopper word, en dit is die negatiewe beeld wat die saalsuster vir hierdie jong verpleegsters inhou. Sy word beskou as ’n persoon sonder status, as gevolg daarvan dat sy nie genoeg salaris in vergelyking met haar verantwoordelikhede ontvang nie. Ander redes is: Gebrek aan vertroue en ’n erkenning van haar professionele status; gebrek aan toekomsvooruitsigte; die teenstand wat sy van die senior verpleegkundiges kry; onvoldoende gesag; gebrek aan erkenning as persoon met ’n tersiêre opleiding. Die feit dat sy bereid is om ’n saalsuster te bly, word deur baie van hierdie studente in antwoord op hierdie vraestelle beskou as ’n gebrek aan ambisie eerder as toegewydheid. Sy is ’n oorwerkte persoon met swak verhoudinge en geen sosiale lewe nie. Ook vind ’n mens uit die antwoorde op hierdie vraestelle dat sy beskou word as iemand wat lang en ongereelde werkure en ongerieflike skofte nagdiens moet werk, en dat daar personeeltekorte is.

Ek noem hierdie feite om twee dinge aan te dui, nl. die deeglikheid van die ondersoek, maar ook die uiteenlopende redes wat ons ontvang, wat nogtans almal ’n sekere rigting aandui, en wat kan lei tot ’n behoor-like ondersoek van hierdie hele saak. Verder het ons te doen met die gesindheid van die student teenoor haar opleiding. Volgens hierdie houdingsopname blyk dit dat die student se gesindheid teenoor die teoretiese gedeelte van haar opleiding baie positief is, maar dat dit negatief is met betrekking tot dié deel van haar opleiding wat sy in die hospitaal ontvang. Dit is ’n saak wat sekerlik baie deeglik deur hierdie komitee ondersoek moet word.

Ons kan ook kortliks kyk na die dosent-personeelsituasie. Die gegewens in hierdie verband kom van die 15 grootste kolleges vir verpleging wat daar op die oomblik in die verskillende provinsies is. Ek wil nie op hierdie saak ingaan nie, maar daar is vir my baie duidelike aanduidings. As ek kyk na die postevulling en ek vind dat party poste onderbenut is en ander poste oorvol is, as ek kyk na die wisseling van een provinsie na die ander, as ek kyk na die verliese wat daar gely word in die dosent-en senior dosentrange, as ek in ag neem dat 43,3% van die 90 verliese in hierdie range as gevolg van bedanking is, m.a.w. dat hierdie persone hierdie poste eintlik totaal verlaat het, dan ontstaan die vraag: Waarom gaan hierdie verpleegkundiges dan weg?

As ons verder kyk na een van die ander sake waarna ek verwys het, nl. die dosent-studentverhouding, en ons gebruik die statistiek van die Verpleegstersraad, blyk dit dat die dosent-studentverhouding een tot 13,82 is. Oppervlakkig beskou, lyk dit baie gunstig dat een dosent 13,82 studentverpleegkundiges in hulle leeromstandighede het. Daar is egter etlike faktore en feite wat die situasie as aanmerklik minder gunstig bewys. Ek sal een of twee daarvan noem. Eerstens is dit so dat ’n groot persentasie van die totale getal geregistreerde dosente verpleegadministrasieposte beklee, of nie praktiseer nie. Met ander woorde, die dosent is besig om die verpleegster op te lei—oor die algemeen praat ek weer volgens hierdie ondersoek—en sy is self in ’n verpleegadministratiewe pos en nie in ’n praktiserende pos nie. So kan ek aangaan, Meneer, om verder, op grond van hierdie verslag, aan te dui watter probleme daar is. Miskien moet ek na die aanbevelings in die verslag kyk.

Die aanbevelings is baie duidelik. ’n Verandering van personeelvoorsienings-beleid in verpleegdienste is noodsaaklik. Hier moet ek miskien net daarop wys dat ons jare gelede, ná die Tweede Wêreldoorlog, ’n diens gehad het wat gebaseer was op verpleegsters per so veel beddens. Dis basis was ongeveer een verpleegster vir vyf beddens, en almal het aanvaar dat dit genoeg was. Later het ons ’n puntetoekenning vir sekere dienste en sekere werk gehad. Daaruit het ons die huidige situasie, waar jy sekere poste toeken. Daar is in hierdie verband iets wat vir my onrusbarend is. Oor die afgelope aantal maande het ek ondersoek laat instel na sekere aspekte wat opgeduik het i.v.m. die hele situasie van postetoekenning, en ek was totaal verbaas om te vind dat dit nie net van provinsie tot provinsie wissel nie, maar ook van hospitaal tot hospitaal. Daar is geen eenvormigheid met die toekenning van poste nie. Ek wil een of twee voorbeelde van groot hospitale noem. Ek praat nou van beddens in gebruik in verhouding tot die poste wat gevul is. Ek praat nie van geskepte poste nie, want dit is ’n skimhoeveelheid. In die H. F. Verwoerd-hospitaal, aan die Blanke kant, is daar een bed per 1,17 verpleegsters. In die Universitas Nasionale Hospitaal is daar een bed per 1,35 verpleegsters. In die Tygerberghospitaal is daar een bed per 2,38 verpleegsters. In die Groote Schuur-hospitaal is daar een bed per 2,37 verpleegsters. Aan die Nieblanke kant is die verhouding in die Verwoerd-hospitaal een bed tot 0,88 verpleegster, by Tygerberg een bed tot 1,91 verpleegster, by Groote Schuur een bed tot 1,67 verpleegster en by die King Edward-hospitaal in Durban is die verhouding een bed tot 0,99 verpleegster. Vir ’n duisendbedhospitaal soos die Groote Schuur-hospitaal is daar op hierdie oomblik 2 158 verpleegsters terwyl daar in die tyd toe ek L.U.K. was 1 500 verpleegsters vir ’n duisendbedhospitaal was. Dit is dus byna 700 verpleegsters meer vir dieselfde hoeveelheid beddens. Dit dui dus aan die een kant aan dat die verplegingsberoep ’n rigting van spesialisasie en miskien su-perspesialisasie ingeslaan het, maar aan die ander kant dui dit ook aan dat daar nie vir alle hospitale ’n eenvormige toekenning van verpleegsters tot bedgetal of tot werklading is nie. Die L.U.K. belas met hospitaaldiens-te in Kaapland, het nou die dag eintlik ’n baie interessante punt aangedui in ’n toespraak wat nie baie publisiteit geniet het nie, maar wát met vrug gelees kan word deur dié lede wat hulle wil instudeer in hospitaalsake. Hy het aangedui dat die aantal eenhede wat toegeken word aan die bekleër van byvoorbeeld ’n susterspos in die Kaaplandse hospitaaldiens tans eintlik minder is as wat daar ’n paar jaar gelede aan so ’n persoon toegeken is. Dit beteken nie dat sy minder verantwoordelike werk doen nie, maar as ’n mens kyk na die basis waarop eenhede toegeken word, moet ’n mens noodwendig tot die gevolgtrekking kom dat daar meer verpleegsters in die Kaapse hospitaaldiens is, want jy kan tog nie dieselfde aantal eenhede aan minder verpleegsters uitdeel en dan vind dat jy nie dieselfde hoeveelheid werk uit hulle kry nie. Dit is baie belangrik dat hierdie situasie behoorlik ondersoek sal word sodat ons kan kom by die punt waar ons dwarsdeur die land op ’n eenvormige basis sekere eenhede aan sekere poste sal toeken en waar die verhouding van poste tot beddens ook eenvormig sal wees. In die verslag wat ons van die subkomitee waarna ek verwys het, ontvang het, word sekere sake uitgewys ten opsigte waarvan die komitee voel dat daar nie met optrede gewag moet word totdat die ander ondersoek klaar is nie, maar wat die komitee voel onmiddellik aandag moet kry. Die komitee sê dat die personeelverhouding in elke afsonderlike saalopset, l.w. nie globaal vir die hospitaal nie, ten minste soos volg behoort te wees: Geregistreerde verpleegkundiges—40%; stafverpleegsterver pleegassistent—40%; studentverpleegkundige—20%, met dien verstande dat die eerstejaarstudentverpleegkundige nie deel van hierdie 20%-toekenning vorm nie. ’n Interessante punt wat uit dié ondersoek na vore gekom het, is dat alhoewel jy ’n groot aantal ingeskrewe studentverpleegsters het, hulle soveel tyd aan studies moet bestee dat hulle net nie vir saalwerk beskikbaar is nie. ’n Mens het hulle dus op papier en hulle moet opgelei word, maar weens hulle studieverpligtinge is hulle net nie vir saalwerk beskikbaar nie.

I have explained the three phases, the present set-up and the co-ordinating powers that I have in terms of the Act. We have now reached the stage where we will have to come to some very definite decisions in regard to uniformity in the four provinces and in the Department of Health as to the number of sisters and nurses required for certain services and especially as to the type of speciality on which each hospital should concentrate. We do not have the manpower to allow every department in every hospital in every town or city to move to full specialization. The committee that I have referred to will have to look very carefully into this matter and I do not want to anticipate what they may come up with.

Ek wil ook wys op ’n ander belangrike punt in die aanbevelings van hierdie komitee. Vanweë die aard van die komitee se opdrag, het hy sy ondersoek primêr gerig op sekere aspekte van verpleegopleiding. Die verslag lui—

Na deeglike oorweging van die bevindinge wat op feitelike gegewens berus, bestaan daar geen twyfel nie dat tensy die personeelvoorsieningsbeleid met betrekking tot die lewering van verpleegdienste in opleidingshospitale radikaal gewysig word, daar geen sprake van die oplossing van die probleem van verliese aan studentverpleegkundiges kan wees nie. Die probleem in sy totaliteit wentel om die status van die student as hoofsaaklik leweraar van pasiëntsorg en die feit dat die dienste sal ineenstort wanneer die studentwerkmag verminder, is verontrustend.

Ek wil nog net twee sake hier noem waarna in die verslag verwys word. Eerstens is daar die insluiting van die studentverpleegkundige in die saalspan. Dit moet egter baie duidelik verstaan word dat sy daar moet wees om in pasiëntsorg opgelei te word en dat sy nie net daar is omdat daar ander opleiding ook gedoen word nie. Die status van kliniese verpleging moet in ere herstel word, terwyl dié van administratiewe verpleegsake in perspektief gebring moet word, lui die verslag. Ons het jare gelede al begin om administratiewe werk op ander persone af te wentel, maar dit lyk vir my of daardie poging nie mee volgehou is nie. Ons het jare gelede al sekere werk van verpleegsters op saalbe-diendes afgewentel. Die syfers wat ek net-nou ten opsigte van Groote Schuur-hospitaal genoem het, sluit nie die getal saalbediendes en die persone wat kos aandra, in nie. 15 en 20 jaar gelede moes die verpleegster ook nog kos ronddra en ook die werk doen wat tans deur saalbediendes gedoen word.

Dan is daar ook nog die kwessie van die implementering van die idee van ’n eksteme kollege wat al ’n tyd gelede deur die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad goedgekeur is. Een van die dinge wat ’n verpleegster hinder, is dat sy voel dat sy nie tot haar volle reg kom wat betref haar status as tersiêropgeleide persoon nie. Ek kan net hier noem dat ek al reeds die afgelope paar maande samesprekings met die agb. Minister van Nasionale Opvoeding voer. Die saak geniet op die oomblik aandag op die hoogste vlak. Ek hoop dat ons in hierdie verband ’n oplossing sal kan vind sodat ook hierdie probleem uit die weg geruim sal kan word.

Ek het reeds genoem dat die kwessie van salarisse deeglik behandel word op die basis van differensiasie van die hele beroep. Ek hoop die verskillende L.U.K.’s sal Maandag met my saamstem dat ons dié komitee die saak verder kan laat ondersoek. Die komitee het ’n baie uitdruklike opdrag en dit is dat hy voor die end van hierdie jaar moet terugrapporteer met baie duidelike aanbevelings aan ons sodat ons kan kyk of ons hierdie situasie voortaan minstens kan probeer reël. Ek dink dat as ’n mens bewus is daarvan dat daar probleemareas in ons opleidingstelsel is, dat daar probleemareas is wat betref die omvang van die saalsusters se werk, dat daar probleemareas is wat betref die gespesialiseerde verpleegster, moet dit vir ons baie duidelik wees dat daar vorentoe heelwat aandag aan dié sake gegee sal moet word om te kyk hoe die saak totaal in die reine gebring kan word. Ons kan nie die hande maak nie, maar ons kan die situasie daar stel dat hulle wel beskikbaar sal wees.

Een van die ander dinge wat die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad al vroeër besluit het en waaraan nou ook al in hierdie differensiasie-situasie uitvoering gegee word, is dat rangname vir alle bevolkingsgroepe dieselfde moet wees en dat daar ook geen verskil tussen dames en mans moet wees nie. Wanneer ’n pos beklee word, word dit met ’n sekere benaming beklee en dit verskil nie van groep tot groep nie. Dit is miskien vreemd dat daar nou aan so iets aandag gegee moet word, maar dit is ’n posisie wat oor ’n aantal jare so gegroei het.

Daar is een ander baie belangrike saak wat ek dink ek hier moet noem. Ek verwys na die aanbeveling dat die inwerkingstelling van ’n nasionale strategie om die positiewe beeld van die verpleegberoep te herstel, baie dringend aandag moet kry en geïmplementeer moet word. Daar is ’n afdeling in my departement wat skakeldienste doen en ek dink ons sal in samewerking met die provinsies so ’n veldtog aan die gang kan sit. Ek dink as ’n mens byvoorbeeld die teikengroepe identifiseer en dan ons werwingstrategie daarvolgens beplan, sal ons ’n baie beter kans hê om in hierdie baie moeilike, netelige en sensitiewe rigting vordering te maak. Daar is een ding wat hierdie onder soekkomitee baie duidelik uitgewys het en dit is ook na die komitee se mening een van die redes waarom daar teen die einde van verlede jaar ’n redelike afplatting in die inname van studentverpleegsters was. Die Verpleegstersvereniging hou rekord van alle koerantberigte oor verpleegsters en die verpleegdiens regoor die land. Die ondersoek-komitee het gevind dat 67% van al die knipsels van berigte wat vanaf 1979 tot aan die einde van 1980 die lig gesien het, negatief was. Daardie berigte het almal gehandel oor klagtes oor salarisse, oor moontlike byeen-komste, oor moontlike protesvergaderings en oor swak toestande. Dié berigte het nie hul oorsprong net by verpleegsters nie, maar omtrent elkeen wat voel dat hy ’n ekspert op die gebied van verpleegkunde is, het oor hierdie saak begin skryf. Die ondersoekkomitee is van mening dat hierdie situasie grotendeels daartoe gelei het dat daar ’n afplatting was en dat daar ’n ouerweerstand ontstaan het. Die berigte het die ouers laat voel dat hulle nie hul kinders wil laat verpleeg nie omdat die werksure te lank en ongerieflik is.

Ek wil graag hierdie deel van my toespraak afsluit deur te sê dat waar ek nou hierdie verskillende vertoë van daardie onder-soekkomitee aan hierdie Staande Komitee uitgespel het, was dit om aan hierdie Komitee aan te dui dat ek as Minister wat die afgelope twee jaar in beheer van hierdie departement is, sowel as my departement en die lede van die Uitvoerende Komitee van elke provinsie oor die afgelope agtien maande of meer baie aandag aan die hele verpleegsituasie gegee het. As daar ’n be-skuldiging sou wees dat ons ongevoelig oor die situasie is, dat ons nie die probleem van die verpleegstersberoep insien nie, dat ons nie dink dat die verpleegsters beter salarisse of beter werksomstandighede moet kry nie, kan ek net sê dat hierdie ondersoeke, die aanbevelings en die rigtings wat ons in-geslaan het, ’n duidelike aanduiding is daarvan dat so ’n aantyging van alle waarheid ontbloot is. Ek sal later weer tot die debat toetree wanneer dit nodig word, maar ek wil reeds in hierdie stadium sê dat die boodskap wat vandag van my uitgaan, is dat ek enige konstruktiewe kritiek op hierdie situasie en aanbevelings ter verbetering van hierdie situasie verwelkom. Waar hierdie situasie egter van provinsie tot provinsie en van hospitaal tot hospitaal verskil, is dit duidelik dat daar nie ’n kitsoplossing vir die probleme is nie. Die wil om die probleme op te los, ontbreek egter nie by my en by lede van die Uitvoerende Komitees nie. Ek hoop dat ons uit hierdie debat ’n positiewe boodskap na buite, na die res van die land, sal kry en dat die Pers ons sal bystaan om weer eens ’n positiewe beeld van die verpleegster te skep en dat dit vir almal duidelik sal wees dat ons nie ongevoelig staan teenoor die probleme wat in hierdie beroep ontstaan het nie.

Dr. M. S. BARNARD:

Mnr. die Voorsitter, ek vra die vergunning van ’n halfuur.

Mnr. die Voorsitter, die agb. Minister het vandag baie tyd aan veral die probleem van verpleging bestee. Die agb. Minister het ook tang stukke gelees uit ’n verslag oor die probleem. Op grond van wat die agb. Minister vandag hier gesê het en op grond van wat hy uit daardie verslag aan ons gelees het, neem ek aan dat hy en sy departement wel die probleme van verpleegsters erken. Die agb. Minister het vir ons so ’n bietjie van sy verlede geskets waar hy verwys het na sy dienstermyne as L.U.K. en Administrateur. Hy het ook verwys na sy termyn as Minister van Gesondheid, Welsyn en Pensioene en gesê dat hy reeds baie jare met mediese aangeleenthede en die probleme van mediese aangeleenthede in Suid-Afrika te doen het. Ek gee die agb. Minister dit toe. Ek wil graag sê dat ek egter ook al lank met die probleme van mediese aangeleenthede in hierdie land te doen het. Ek en die agb. Minister het omtrent dieselfde tyd gekwa-lifiseer. Ek is al vanaf 1950 ’n praktiserende dokter, d.w.s. amper 31 jaar. Ek het al in omtrent vyf of ses lande as ’n dokter gepraktiseer. Miskien het die rede waarom my uitkyk op mediese aangeleenthede en dié van die agb. Minister verskil, met die administrasie van medisyne te doen. Die agb. Minister praat meestal met die L.U.K.’s, met die superintendente van hospitale, ens. Ek werk elke dag met dokters, ek werk elke dag met verpleegsters, ek werk elke dat met pasiënte. Nadat ek nou na die verslag gekyk het en geluister het na wat die agb. Minister gesê het, kan ek amper vir hom sê: „So what?”, want ek kan vir hom ’n duidelike boodskap van pasiënte, van verpleegsters en van dokters bring dat daar vandag in Suid-Afrika groot kommer oor die toestand van gesondheid in Suid-Afrika is.

The hon. the Minister and an hon. member in the Other Place referred to a certain speech that was made. I think the impression may have been created that I associate myself with the words that the medical men of South Africa and the nurses of South Africa are not as good as they used to be. Far from it. I should like to dissociate myself completely from those words and pay tribute to the standard of medicine practiced by the doctors and the nurses of South Africa. There is nothing wrong with our medical profession.

Dr. W. D. KOTZÉ:

Repudieer jy nou vir Chris?

Dr. M. S. BARNARD:

I am making a statement. Nobody mentioned names before and I am not prepared to start mentioning names now. I should like to state a fact and that is that if anyone said otherwise, I repudiate it.

I should also like to pay tribute to the people who run the Department of Health. I think they are doing a very good job under very difficult circumstances.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

And under a difficult Minister.

Dr. M. S. BARNARD:

I should like to state quite clearly that when I speak here on behalf of my party I am not reflecting on the medical practitioners and nurses of South Africa or the Department of Health. We are talking about the policy of the Government, we are talking about what the hon. the Minister of Health is doing and the way he is directing this. The message is loud and clear: The doctors are concerned, the nurses are concerned, the patients are concerned.

Ek wil net graag ’n paar woorde sê oor wat die verpleegsters vir my sê, wat die teatersuster vir my sê as ek met haar praat, wat die intensiewesorgsuster vir my sê, wat die suster in die saai vir my sê. Hulle sê vir my net een ding. Ek vra gereeld vir hulle: „What must we do to bring the nurses back into the nursing profession?”

The message is clear. Firstly, there is the matter of salaries. We have heard of an increase of 7% and now of an increase of 17%. I do not know whether my figures are correct, but in spite of these increases the members of the nursing profession whom I speak to—and these are the nurses in the wards—want a higher salary. When I ask them what salary they have in mind, they talk of R1 000 and R1 200 per month for fully trained sisters working in the wards and in the intensive care units. This is what they want.

Ek wil net graag bewys dat wat ek hier sê, die waarheid is, want agb. lede kan maklik sê dat dit maar net praatjies van die PFP is. Ek wil agb. lede verwys na die jaarverslag vir 1980 van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene waarin daar saamge-stem word dat daar probleme met personeel is en dat daar probleme met die standaard van gesondheid in hierdie land is, of laat ek dit liewer nie so ernstig stel nie, maar praat van die gevare in hierdie verband.

I am very proud of the very good record of health in this country. When we complain, we do not say that we have a crisis on our hands or that the health of the nation is deteriorating; we complain about the threat of it collapsing. It is not only we who are saying it. Let us be realistic about it. We read the annual report of the department and I should like to refer briefly to it. I quote from the paragraph “Staff shortage” on page 7 of the report—

Sufficient personnel could not be recruited or retained. In the case of certain categories as for example health inspectors and nursing staff as well as administrative staff in general, the shortages have reached serious proportions.
The general revision of salaries as from 1 April 1980 has not resulted in an improvement of the situation. In the Wit-watersrand area the recruitment of staff has virtually ceased …
As a result of the staff situation essential services for which the department is responsible are being rendered unsatisfactorily and certain services run the risk of collapsing.

It is not we who say this, however, we agree with it. Only yesterday the Medical Research Council said the same thing. I quote from a report in this regard, as follows—

South Africa’s standard of health was threatened by critical problems in the reaching and treating of patients, the President of the Medical Research Council, Prof. A. J. Brink, said in the council’s annual report.

These are people who speak with great authority, people who are concerned, people whom I believe. These people do not want to run anything down. They see a threat. If we have listened carefully to the hon. the Minister today, I believe, we will have herd that the hon. the Minister has not given any explanation to this Standing Committee as to what he intended doing to relieve this threat. I have read in the newspapers—the hon. the Minister may say that these reports are wrong—that as far as the shortage of nurses was concerned, the hon. the Minister had said that after the 1981 salary increases things had improved. I will accept the hon. the Minister’s word that things have improved, but what do the newspapers say? The people responsible for these Press reports are not all people who, as the hon. the Minister said, do not know what they are talking about. May I just quote the headings of a few clippings that I have here? “Hospital shuts two children’s wards” and “Shortage of nurses”. This was said by the Superintendent of the Johannesburg General Hospital. Here I have a letter from a doctor who wrote to me about the shortage in the hospital where he works. I also have a letter here from a patient who wrote to me: “It was a nightmare being a patient in this hospital due to shortages.” Here I have a Groote Schuur Hospital report headed “Shortage of nurses”. Another heading reads “State’s health spending cut”. These are all real pointers that something is going wrong with the health service in South Africa, which is something which the Government side and the hon. the Minister in particular have an almost holy duty to protect. We on this side, of the House will fight for it and work to maintain it. The so-called crisis, as the hon. the Minister said during the censure debate, is there. It is recognized and people are talking about it more and more.

Iets wat die agbare Minister uit die verslag gelees het, hinder my ’n bietjie. As ek reg gehoor het, toon die verslag dat daar meer verpleegsters in sekere poste aangestel word in verhouding met die aantal beddens as wat twee of drie jaar gelede die geval was. Ek vind dit moeilik om dit te verstaan, want as daar meer en meer verpleegsters aangestel word, sal ’n mens tog nie verwag dat meer en meer beddens in hospitale nie gebruik kan word weens ’n tekort aan verpleegsters nie. Dit is mos onmoontlik. Dit is natuurlik iets waarvan ons nie baie praat nie, maar dit gebeur wel dat nie net beddens nie benut kan word nie, maar ook dat die hoeveelheid werk wat in die hospitale gedoen kan word, verminder word. Ek kan ook van ondervinding in hierdie verband praat. ’n Mens kry byvoorbeeld ’n hospitaal waarin daar ’n sekere hoeveelheid snykunde per dag gedoen kan word en waar daar ’n sekere aantal in-tensiewesorgbeddens is en waar ’n mens dan skielik op ’n dag vertel word dat jy nie meer vier opehartoperasies per dag kan doen nie, maar net drie of selfs net twee. Die rede wat dan daarvoor aangevoer word, is dat daar nie genoeg verpleegsters vir intensiewe versorging is nie. Vir my klink dit darem nie of dit reg kan wees dat daar meer en meer verpleegsters vir minder beddens is nie en nog word die werk wat gedoen kan word, minder. In ons hospitale word nie net die beddens minder nie, maar ook die hoeveelheid werk wat uitgevoer kan word, word minder. Daar is geen twyfel nie dat die pasiënte wat van hospitaaldienste gebruik maak definitief nie verminder nie.

The hon. the Minister will remember that when we were students we were taught to take a history, to do a physical examination, then diagnose the disease and then treat it. That is the principle of medicine that we were taught. The point I am trying to make is that the disease has been diagnosed and that we have found that the State of our nation’s health is threatened by shortages of doctors and nursing staff and shortages in the whole system. What is to be blamed for this situation? Medicine, the same as any other profession in the developing world today, has been greatly embarrassed by increasing costs. Perhaps we erred in South Africa when we tried to base medicine on the methods of the Western world.

Ons het uitstekende hospitaaldienste gelewer en uitstekende mediese fasiliteite geskep, maar miskien moes ons ons meer toegelê het daarop om te keer dat mense siek raak. Miskien moes ons meer aandag gegee het aan die behandeling van die oorsake in plaas van die gevolge. Ek dink dit is belangrik. Ek dink dit is hier waar ons gefouteer het. Mediese behandeling word nou te duur en ons kan nie meer al die geriewe skep nie.

It disturbs me that I as a medical practitioner in South Africa have to read that people are called upon to fast for 40 hours in an effort to raise money for starving people. It disturbs me to read a statement that 50 000 people lost their lives because of malnutrition-based diseases during 1980 alone. I do not know how accurate this figure is, but I have not seen anyone repudiate it. It worries me as a doctor that in our country where people from overseas are treated with the highest skills without having to pay extra for such treatment, there are 50 000 people dying per year from malnutrition-based diseases. If hon. members do not want to believe this figure, I can refer them to another statement. In South Africa where hospitalization and medical care are as advanced as anywhere else in the world and where free treatment is given to all deserving cases, even to people who come from outside South Africa, the battle against malnutrition is becoming climacteric. That is the word that is used. For example, children who receive bums and require skin grafts must have surgical treatment delayed until their nutrition has been brought to a suitable standard. In cases where malnutrition has been a feature since birth, this may be almost impossible and the risk of infection and slow healing is always a probleem, for even though the child may make good progress while well cared for and fed, on returning to his home environment the lack of adequate nutrition may cause a breakdown of his wound. This is not what I say, this is what an eminent figure in South Africa said. This man is serving on the President’s Council and his name is Dr. Jack Penn. This is what he believes is happening in South Africa. I was very concerned when I saw in the estimates for 1981-’82 the amount set aside for the prevention of malnutrition and education in this regard. As far as I am concerned, a very small amount has been set aside to meet a very serious probleem. I hope this Government will not go down in history as the Government that changed the mealie diet to a maize diet. [Interjections.] Hon. members may laugh if they like. I cannot control that. In the section of the annual report of the department that deals with nutrition services I read on page 43 under the heading “Combating of nutritional diseases” that participation in the State subsidized scheme for the combating of malnutrition has increased, and that the grant for the purchase of skim-milk powder and protein-vitamin-mineral mixture (PVM) by local authorities for the combating of malnutrition in pre-school children was consequently increased by 53%. I should just like to make the point that we know that among the underprivileged people staple food like milk, bread and maize is very important. We know that there has been an increase in the prices of these products. I believe the price of powdered milk has increased by 400% in the last six years. I do not have to tell hon. members what the increase in the price of maize and bread was. The point I am trying to make is that we must realize that if this continues, malnutrition will increase in our country. Our country cannot afford this extra load. I should like to see a much bigger contribution by the Department of Health towards the care of these people who are under-nourished. A lot of the money set aside for nutritional services will be spent on education which I believe is very important.

Die MINISTER VAN GESONDHEID, WELSYN EN PENSIOENE:

Kan u vir my die syfer gee waama u verwys?

Dr. M. S. BARNARD:

Die syfer is in die begroting. My tyd raak nou baie min en ek sal die syfer waama ek verwys later aan die agb. Minister verstrek.

Mr. Chairman, I should like to refer further to this matter of the dissatisfaction and read you the report “Dokters is besorg oor hulle Minister”. This is a report of the Medical Association and it reads—

In sy voorsittersverslag aan die Federale Raad van die Vereniging wat in die jongste mediese tydskrif verskyn, sê prof. De Klerk dat hy met spyt moet getuig van die kilheid wat tussen ons Minister en die Vereniging ontstaan het as gevolg van die mediese politieke verwikkeling met betrekking tot die geldtariefvasstellings en die Biko-saak. Hy beskou die probleme as van die grootste belang.

Mr. Chairman, I think you will agree that when one reads about the concern of the S.A. Medical Association for the people’s concern about the health services in South Africa, if you read about the concern of the patients, that the Minister is answerable for this probleem.

Mr. Chairman, I wish to move—

To reduce the amount by R47 064, being the item “Minister” under Main Division No. 1.—“Administration”.
The DEPUTY CHAIRMAN:

Order! Members are entitled to use both languages in the same speech, but when Mr. Speaker made this concession about 10 years ago, he asked members not to change over from one language to the other too often in the same speech and not to use both languages in the same sentence. I will appreciate it if members will take cognizance of this.

Dr. W. J. SNYMAN:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Parktown het gesê dat hy dit kategories wil stel dat hy en sy party dink dat die mediese standaard in Suid-Afrika goed is en hoogstaande is. Ek is bly dat ons oor een punt kan saamstem, want dit lyk vir my oor die ander punte wat hy genoem het, moet ons verskil. Ten opsigte van die verpleegster-situasie wat hy genoem het, dink ek werklik dat sy aanval platgeval het, omdat die Minister eintlik in sy inleidingstoespraak reeds op al die argumente geantwoord het. Dit was trouens duidelik daarin dat ons almal bekommerd is oor ’n tekortsituasie in die beroep en dat die nodige ondersoeke plaasvind. Dit is ook nie net salarisse wat betrekking het nie maar ook diensvoorwaardes en ander omstandighede wat deeglike aandag van die Regering geniet. Ten opsigte van die argument dat ons in Suid-Afrika deur die jare miskien verkeerdelik na ’n Westers-georiënteerde mediese diens beweeg het, wil ek ook met die agb. lid saamstem. Dit is juis daar waar die departement nou die voortou neem om die situasie reg te stel. Die departement het ook in daardie jaarverslag die aankondiging gedoen ten opsigte van byvoorbeeld die gesondheidsdiensfasiliteite-plan vir Suid-Afrika wat veral toegespits is op voorkomende geneeskunde en wat die geneeskunde na die gemeenskap toe neem. Ek wil vir ’n oomblik hierdie plan van die Departement van Gesondheid van naderby bekyk. Die Republiek van Suid-Afrika met sy heterogene bevolking, sy verskillende kulture en leefwyses, wat wissel van die mees primitiewe tot die hoogs gesofistikeerde, plaas ’n besondere verantwoordelikheid op die Departement van Gesondheid om in die besondere behoeftes van hierdie land te kan voorsien. As ’n mens so deur hierdie prag-jaarboek kyk, waarmee ek graag die Direk-teur-generaal, dr. De Beer, en sy departement wil gelukwens, dan kom ’n mens werklik onder die indruk van die omvang van hierdie taak, en ook van die groot mate van sukses wat behaal word ten spyte van knelpunte soos die tekort aan personeel, wat ook duidelik weerspieël word in die verslag. Ek wil by hierdie geleentheid kortliks die soeklig laat val op ’n baie belangrike deel van die globale gesondheidsplan, naamlik die gesondheidsdiensfasiliteiteplan vir die Republiek wat deur die Adviserende Komitee vir Gesondheidsake ontwerp is en deur die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad goedgekeur is in September verlede jaar. Hierdie plan se kemgedagte is dat daar slegs een sentrale instansie verantwoordelik sal wees vir die beplanning van gesondheids-dienste, die formulering van gesondheids-beleid en die bepaling van gesondheid-strategie in die algemeen. Dit is inderdaad ’n uitvloeisel van die Gesondheidswet van 1977, wat ten doel het om oorhoofse beplanning van gesondheid in Suid-Afrika daar te stel. Daar word onder andere voorsiening gemaak vir gesondheidsdiensfasiliteite om sover doenlik deur gesondheidsowerhede gedeel te word, om sodoende die kapitale las vir die Staat so laag as moontlik te hou. In hierdie plan met sy ses vlakke word die klem verskuif van die siek mens na die gesonde. Verder word die dienste al hoe meer gemeenskapsgerig, en daarmee saam kom die klemverskuiwing van die kuratiewe of die helende diens na die bevorderende en die voorkomende sorg. Die eerste vlak van hierdie plan wentel om die mens se basiese bestaansbehoeftes soos veilige drinkwater, basiese riool-en afvalverwydering, redelike behuising en voldoende voedsel vir menslike bestaan. Weliswaar word baie van hierdie funksies voorsien in samewerking met ander department of ander owerhede, maar aanvullende voedsel om proteïen-en vitamientekorte aan te vul by dié deel van die bevolking wat dit veral die nodigste het, is en bly die verantwoordelikheid van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene en in sommige gevalle ook plaaslike owerhede. Ek wil daarop wys dat die departement, ten spyte van wat die agb. lid vir Park town gesê het, in Deel II van die begroting, onder die item „Voorkoming van voedingsiektes”, vanjaar R130 000 meer as verlede jaar begroot het. Nou kom die agb. lid vir Park town verlede week in die begrotingsdebat en hy skilder vir die wêreld die mees haglike toestande ten opsigte van wanvoeding in Suid-Afrika. En hy het dit vanmiddag weer hier gedoen aan die hand van ’n koerantberig. Nou wil ek vir die agb. lid vra, het hy die moeite gedoen om daardie syfer te kontroleer by die Departement van Gesondheid of by die Departement van Statistiek? Hy het sommer aanvaar dat dit ’n korrekte syfer is. Hy het verlede week in die debat gesê—

50 000 people die in South Africa every year from diseases which are related to malnutrition. That means that 950 will die this week in this country during the discussion of the budget. That means 126 per day and 5 in the past hour.

Dit het hy dramaties uitgeroep! Hy het verder gegaan in dieselfde toespraak en onder andere dit gesê—

Twenty children crammed in and under a single bed in a Northern Transvaal hospital, their scalps covered in pocks, their stomachs distended and their limbs skeletal. Horrific, yes, but typical of the tragedy of malnutrition now rampant in South Africa.

Dit is ’n koerantberig wat hy aangehaal het. Ek wil nou vir hom vra, watter NoordTransvaalse hospitaal was dit gewees? Hy sal nie vir my die naam van daardie hospitaal kan noem nie. Dis ’n koerantberig wat die agb. fid aanhaal om mediese diens in Suid-Afrika in die oë van die wêreld af te takel.

Mnr. J. T. ALBERTYN:

Hy wou die mediese diens in Suid-Afrika daarmee aftakel.

Dr. M. S. BARNARD:

Nee, nie die mediese diens nie.

Dr. W. J. SNYMAN:

Wat wil die agb. lid daarmee vir die wêreld sê? Hy wil vir die wêreld sê hoe haglik die omstandighede in Suid-Afrika is, veral betreffende ’n sekere deel van ons bevolking in Suid-Afrika. Want wat is die ware feite? Kom ons kyk na die syfers vir 1977 van die Departement van Statistiek. Vanweë verskillende faktore is die syfers vir die Swart bevolking moeilik be-kombaar. In 34 landdrosdistrikte met ’n bevolking van 3,4 miljoen is die sterftesyfer, soos aangegee deur die Intemasionale Kode, naamlik Kode 259, 268 en 269, wat hierdie terrein van kwasjiorkor, voedingsmarasmus en verwante doodsoorsake ten opsigte van wanvoeding dek—was die bevinding dat drie Blankes, 230 van die Kleurlingbevolking, sewe Asiërs en 519 Swartes van hierdie oorsake oorlede is. As die sterftesyfer ten opsigte van die Swart bevolking verwerk word tot die totale bevolking van die Republiek van Suid-Afrika, dan kom ons te staan op die syfer van 2 436. Dit beteken vir al die bevolkingsgroepe in Suid-Afrika is die groot totaal 3 195. Dit is die amptelike syfer wat ek kon bekom. Die agb. lid sê 50 000 mense in Suid-Afrika sterf jaarliks aan hierdie oorsake. Ek herhaal, wat wil die agb. lid daarmee vir die wêreld sê? Is dit die beeld van sy land wat hy na die wêreld daarbuite wil uitsaai?

’n AGBARE LID:

Nee, dit is darem nie mooi nie.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Jy moet dit darem nie weer doen nie, Marius.

Dr. W. J. SNYMAN:

Ek dink nie ’n goeie Suid-Afrikaner, wat dit wel meen met sy land, doen sulke dinge nie. Kan die agb. lid nou die anti-Suid-Afrikaanse revolusionêre magte dit kwalik neem dat hulle hierdie soort van gesaghebbende uitsprake as motivering vir hulle optrede teen Suid-Afrika aanbied?

Mnr. G. B. D. McINTOSH:

Jy maak ’n gek van jouself.

Dr. W. J. SNYMAN:

Dit staaf mos hulle argument van ’n sogenaamde onderdrukking deur een deel van die bevolking van ’n ander groep. Kan die agb. lid dit ons kwalik neem aan hierdie kant van die Raad dat ons werk-lik twyfel daaroor het of hulle dit wel meen met Suid-Afrika? As ’n mens hierdie inligting wat jy sommer uit koerante haal, sonder om die waarheid daarvan by amptelike bronne vas te stel, in die openbaar kwyt raak, dan beskou ek dit as onverantwoordelik, ’n skande; want ek dink nie iemand in ’n verantwoordelike posisie behoort dit te doen nie. Ek laat die agb. lid daar wat hierdie aspek aanbetref. Ek gaan aan met die fasi-liteiteprogram waarmee ek besig was. Vlak II van hierdie plan behels gesondheidsvoorligting ten opsigte van algemene higiëne en voedingsvoorligting; byvoorbeeld wát juis die wanvoedingsprobleem tot ’n minimum moet beperk. [Tyd verstreke.]

Mnr. A. B. WIDMAN:

Mnr. die Voorsitter, ek staan net op om die agb. lid ’n kans te gee om sy toespraak te voltooi.

Dr. W. J. SNYMAN:

Ek sê baie dankie vir die agb. lid vir Hillbrow. Vlak III van die plan behels die primêre gesondheidsorg van die gemeenskap wat voorkomende, helende, bevorderende en rehabiliterende dienste aan die gemeenskap lewer. Die beoogde gemeenskapsgesondheidsentrum moet dus voorsiening maak vir minstens die volgende basiese dienste: Gesinsbeplanning, immunisering, daaglikse siek pasiënte, veneriese siektes, kindersorg, kankerondersoeke, geriatriese dienste en gesondheidsvoorligting, weer eens gerig op voeding van die bevolking. Hierdie vlak strek dus oor die breë spektrum van primêre gesondheidsorg in Suid-Afrika. Die departement voorsien, aan die hand van planne van hierdie gemeenskapsgesondheidsentrumsgeboue wat reeds deur die WNNR ontwerp is, basies vyf verskillende tipes ontwerpe wat hierdie omvattende gesondheidsdiens moet lewer, maar na gelang van die grootte van die gemeenskap; bv. die gemeenskap van 5 000, of die ander van 10 000, 20 000 of 40 000, en dan die groterige gemeenskap wat tussen 60 000 en 80 000 groot is. Hierdie beplanning is myns insiens baie effektief en deeglik en behoort goed in die praktyk te werk. Maar nou mag daar diegene wees wat in hierdie ontwikkeling op die gesondheidsterrein ’n neiging sien van sosialisering van gesondheidsdienste in Suid-Afrika. Sy Edele die Minister het dit by vorige geleenthede baie duidelik gestel dat die Regering soos op elke ander terrein ’n gesonde vryemark-ekonomie wou sien ontwikkel, ook op hierdie terrein. Ek dink dit is nodig dat die Minister sy standpunt in hierdie verband, rondom die ontwikkeling, weer eens baie duidelik sal stel. Ek wil verder pleit, dat die privaatsektor daadwerklik betrek word by die beplanning van hierdie sentrums, sodat byvoorbeeld die private praktiserende apteker en die private geneesheer ’n deel sal uitmaak van die beplanning. Dit sal ’n waarborg wees dat mediese dienslewering in Suid-Afrika die hoë kwaliteit behou wat so kenmerkend was en huidig nog is van die posisie van Suid-Afrika. Vlakke IV, V en VI het te doen met die verskillende tipes hospitale, die verskillende groottes, waaroor ek nou nie verder wil uitwei nie. Ek dink die basiese punt is dat goeie, gekoördineerde beplanning in dié verband knelpunte wat in die verlede op hierdie terrein ontstaan het grootliks uitskakel. Ten opsigte van die voorkomende geneeskunde, wat ’n baie besliste deel van hierdie plan uitmaak, wil ek effens die kollig laat val op tandheelkunde. Veral na aanleiding van die tandheelkundige gesondheidsweek wat onlangs gehou is, is dit miskien van pas om te kyk na die moontlike voorkombaarheid van tandheelkundige siektes. Dis belangrik as ons in ag neem dat mediese hulpskemas in Suid-Afrika in 1979 nie minder nie as R48 miljoen bestee het aan tandheelkundige voordele nie. Om dan nie eens te praat van die groot verliese ten opsigte van mannekragure nie. Afgesien van die nodige voorligting in algemene mondhigiëne, eetgewoontes en voorkoming van tandvleisontsteking, is dit reeds lankal bekend dat ’n sekere hoeveelheid fluoried ’n dramatiese afname van die voorkoms van tandbederf bewerkstellig. Verskillende metodes om die gewenste hoeveelheid fluoriedopname te bewerkstellig is al oorweeg of probeer, bv. die toevoeging daarvan in melk, die fluoridasie van tafelsout, fluoriedverryking van voedselsoorte, en die inname van fluoriedtablette. Die maklikste en die veiligste is sekerlik die toevoeging van fluoried tot die drinkwater van gemeenskappe waar daar ’n tekort voorkom. Voorbedde wat ’n mens kan aanhaal, dwarsoor die wêreld, toon dat daar soveel as ’n 100% afname in tandbederf by sekere plekke voorgekom het. Die tyd laat my nou nie toe om dit hier aan te haal nie. Die hele kwessie van die fluoridasie van drinkwater word al baie lank deur wetenskaplikes bestudeer, en nagenoeg 32 000 wetenskaplike artikels het al oor hierdie onderwerp verskyn. Al hierdie ontledings en beskikbare getuienis dui daarop, en die konstante bevinding was, dat daar ’n vermindering van tandbederf voorkom nadat fluoridasie van drinkwater ingestel is. In 1966 het die Staatspresident ’n kommissie van ondersoek insake fluoridasie aangestel. Hierdie kommissie het bevind dat, en ek haal aan—

… stappe moet gedoen word om plaas-like owerhede aan te moedig, te adviseer en hulp te verleen om die watervoorraad van die gemeenskap so spoedig as moont-lik te fluorideer.

Dit is nou 15 jaar later, en nog is daar gaan aanvaarde fluoridasieprogram van stapel ge-stuur nie. Die rede daarvoor moet seker aan die een kant gesoek word in die feit dat persone en drukgroepe op ’n emosionele wyse gemoedere gaande gemaak het ten opsigte daarvan dat daar ernstige gesondheidspro-bleme bestaan met die inneem van fluoor in drinkwater. Die argumente wat genoem word, is dat dit ’n nadelige uitwerking het op ’n lang termyn; 20 jaar of langer. Dat die inname van fluoor gekoppel kan word aan psigose of ’n verlaging van intelligensie, vergeetagtigheid, belemmering van die geleiding van senuwee-impulse, poliomiëlitis ens. Daar word ook soms beweer dat fluoridasie die oorsaak kan wees van ’n toename in die aantal kinders wat gebore word as mongole—die sogenaamde Down se sindroom. Sommige beweer dat fluoor kanker veroorsaak of die groei daarvan bevorder. Ander beweer dat statistieke aantoon dat waar fluoridasie wel toegepas word, daar ’n verhoging in hartkwale kan voorkom. Dit is my beskouing dat daar werklik geen wetenskaplik gefundeerde bewyse vir enige van hierdie bewerings is nie, inteendeel daar bestaan onomstootlike bewyse dat die inname van fluoor, wat die maklikste en effektiefste cleur drinkwater ingeneem kan word, tandbederf teenwerk. Die eienskappe van fluoried wat daarvoor verantwoordelik is, is eerstens dat dit die verlaging van die oplosbaarheid van die emalje, of die glasuur, van die tand wat gevorm word, veroorsaak; tweedens die bevordering van die hermineralisering van tandemalje; en derdens die anti-bakteriese werking daarvan. Hierdie effek kan verkry word deur die toevoeging van een deel per miljoen by drinkwater. As ons verder in ag neem dat in Brittanje, byvoorbeeld, tandbederf die land meer as R280 miljoen per jaar kos, en verder dat die koste van fluoridasie so laag is as 10c tot 20c per kop per jaar, afhangende van die grootte van die bevolking—in Brittanje byvoorbeeld so laag as 5c per kop in 1976—as ons dit alles in ag neem, saam met die positiewe welsynseffek wat dit vir ons bevolking kan inhou, dan dink ek die tyd het aangebreek dat daar uitvoering gegee word aan die aanbeveling van die destydse kommissie van ondersoek. In Suid-Afrika self is die beste natuurlike bewys van die voordeel van fluoriedinhoud van drinkwater in die Noordwes-Kaap te vind. Ek dink agbare lede kan miskien na die tande van lede kyk wat van daardie wêreld af kom. Baie gesonde tande.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Ja, kyk na die agbare lid vir Namakwaland.

Dr. W. J. SNYMAN:

Die voorkoms van tandbederf is ampter die helfte van die voorkoms in die res van Suid-Afrika. Daarom voel ek dat dit ’n saak is wat dringende aan-dag behoort te geniet en ek wil vir die agbare Minister en sy departement vra, hoewel dit ’n saak is wat meer op die terrein van plaas-like owerhede lê, om van hulle kant af ook die nodige motivering te gee; om dringend en daadwerklik aandag aan hierdie saak van uiterste gesondheidsbelang te gee en dit onder die aandag te bring en te bevorder.

Mr. A. G. THOMPSON:

Mr. Chairman, I would just like to react to the hon. member for Pietersburg. He referred to the staff shortage, something I will refer to later. He also referred to what the hon. member for Park town said about malnutrition and its allied diseases. I think the Government accepts that there is a probleem in this area, and I do not think one can hide away from it. One should ask the question, and I direct it at the Minister, Sir, is enough being done to combat this particular probleem? I leave this to the Minister to answer. I would like to congratulate the department on their report. I think it is a very good report, and I would like to say that I admire their courage because they did not put forward only the good things, but they had the courage to show their deficiencies. I admire that, I think it is very worthy. I would like to deal basically with the concept of community care and health centers. I congratulate the department on this because I think this is a wonderful concept and I speak particularly where it refers to my constituency. There are not many people who realize that in my constituency there is a very long narrow area of urban and semi-urban development. It is approximately 80 km long and 25 km wide. This area encompasses something like 12 local authorities and a local Development and Service Board. The total White population is estimated at 19 000. The important point, which I feel is very relevant here, is that 60% of that population are retired. And of that 60%, 38% are receiving old-age or war veteran’s pensions or disability grants. This whole area is served by a hopsital at Port Shepstone. The point of relevance here is that we do not have the privilege of a public transport system. This would be a boon to our area, and if the local authorities can be persuaded to adopt this policy and to go forward with it, I think it is going to be a tremendous assistance to the old folk. I will go so far as to say that it is going to solve their transport probleem, because, instead of going to hospital for a check-up and the medicines they require, they are going to be able to go down to the village community care and health centre and they can have exactly the same done for them. Added to that fact, they don’t have that dreaded feeling of going to a hospital. I want to ask how far and how hard the Minister and his department have promoted this concept. It is my intention when I get back to promote this to the best of my ability. I will go so far as to say that I will call a meeting of the local authorities and I would like the Minister to give permission to one of his senior officials of the department to come down to that meeting to promote this idea, I believe it will be to the advantage of the people of the South Coast whom I am serving. The Minister said that continuous attention is being given to the probleem of nurses. He said there was really no shortage of nurses, and he emphasized the point that nurses are becoming highly qualified. The hon. member for Parktown has referred to certain shortcomings in respect of page 7 of the report. I refer to page 23, the last paragraph, where the position is also highlighted. I will read it out. It refers to medical care, community health services—

As a result of the acute shortage of suitably qualified nursing staff, approval was conveyed to 19 local authorities to make use of the training scheme for pupil community health nurses.

The fact is that everybody admits that we have a probleem in the nursing area. I do not think that we can get away from it. The hon. the Minister has made some pertinent remarks about the nursing position and there appears to be a certain amount of confusion as to who is correct and who is not correct. I would like to put the position as we see it in Natal right now, and I want the hon. the Minister to confirm it in due course. I think it is correct to say that Addington Hospital has, in fact, closed two wards as a s result of a nursing shortage. The ICU and renal units are working 100% there, because they are manned on a multiracial basis. 80% of the posts for White nurses are filled; in other words, we are showing a 20% shortage. We are 50% short of enrolled nurses and 24% short of assistant nurses. But what is more alarming is that the trainee intake is only 68% of the normal intake. This is the real crux. Not enough people are coming in to even keep up the standard as it is today. Natal is not the only province. I believe this is pretty general and there are many reasons offered and put forward for this position. I agree with the hon. member for Park town that there is one basic reason—remuneration. No more and no less. If you are getting a good salary, you can put up with bad working conditions and long working hours. A lot is expected from our nurses: Long hours, difficult work, great responsibility—and, at the end of the month, what is the take-home pay? This is how any man or woman looks at the way he or she is earning a living: What is your take-home pay? Comparisons are odious, but let us look at the ordinary artisans today: The plumber, the motor mechanic, you name it. You take your car to the garage, they charge you R10 to R12 an hour for labour, and what does the mechanic get out of it? His average salary is anything from R175 to R250 a week, and that means a take-home pay of between R700 and R900 a month. What is the difference between an artisan and a nurse? I believe there is a big difference, a tremendous difference. Nurses are professional people who have a far greater responsibility. The difference between a pupil nurse’s pay and that of a sister is also minimal, and what about those sisters who further their studies? Are they being rewarded for the amount of work they are putting in to uplift themselves? I do not believe they are. What I am saying is that the salary grading requires drastic revision, and my question is: Are our priorities right? I do not think so. One only has to look around at the wages earned by unskilled people to see that the treatment of our nursing profession is extremely shabby. One only has to look at young school-leavers today with a matriculation qualification. They can start working at a bank or a building society, even though they have no qualifications and no experience, and earn a salary of not less than R300 per month. One can also take as an example a young man who becomes a motor car salesman. His take-home pay is not less than R1 000 per month. Can one equate an example such as this with that of young nurses starting in their profession? I do not think one can. We in the NRP have said before, and we say it again, that there should be a minimum wage of R600 per month for qualified nurses. That is a bare minimum, because in fact it could be a lot more. [Interjections.] Let us just examine such a salary. What, in actual fact, is R600 or R700 per month when it is worked out at an hourly rate? R3,50 per hour possibly? As I said earlier, one only has to call in a plumber to fix the plumbing and his average charge is R18 to R22 per hour. We all know that.

Mr. A. B. WIDMAN:

R30.

Mr. A. G. THOMPSON:

Well, that hon. member is a city-slicker, so he should know better about the rates charged in the cities. This is, however, the sort of position we find ourselves in. Nurses are women who have to study extensively, who have the responsibility of looking after the welfare of patients and who are dedicated, so are we really—and I say this with respect—giving them what is their due? I do not believe that we are.

This brings me to another subject. I cannot find the particular reference to it in the report at the moment, but what I am referring to is sewerage. The hon. member for Pietersburg made mention of it in passing. Small local authorities quite often find themselves in a difficult position. I think I can speak with some authority of areas on the South Coast with normal populations of say 19 000 people. In the peak seasons, however, that population is increased by 40 000 to 50 000 people, and that is a tremendous increase. [Time expired.]

Dr. J. P. GROBLER:

Mnr. die Voorsitter, tot dusver het ek baie aandagtig na die debat gesit en luister. Ek het veral met groot waardering geluister na die inleidingstoe-spraak van die agb. Minister. Ek het ook ’n deeglike studie probeer maak van wat daar in hierdie puik verslag van die departement gesê word—ek verwys na die verslag van 1980—oor die talie probleme wat vorige agb. sprekers aangeroer het. Uit wat reeds gesê is, blyk dit baie duidelik dat die salarisstruk-ture van verpleegsters en hospitaalpersoneel hoog op die agenda is van agb. lede oorkant wat reeds gepraat het, byvoorbeeld die agb. lid vir Park town en die agb. lid vir Suidkus. Vir hulle is dit ook ’n kwessie van die geweldige tekorte wat op hierdie gebied bestaan. Laasgenoemde aspek word natuurlik baie duidelik in die verslag van die departement weerspieël. Die agb. Minister het in sy toespraak ’n punt daarvan gemaak om aan hierdie Komitee baie duidelik uit te spel—en hy het dit met bewyse gestaaf—dat wat hom betref hierdie kant van die Raad nog nooit gedink het dat verpleegsters genoeg verdien nie en dat hierdie kant van die Raad ook nog nooit ’n ander beeld probeer skep het van wat verpleegsters in werklikheid verdien nie. Met ander woorde, hy het aangedui dat ons, miskien nog meer as daardie agb. lede, vir hulle ’n goeie salarisstruktuur daar wil stel. Daar is ook aan agb. lede gesê dat die departement baie hard besig is om hieraan aandag te gee.

Dit is ook baie duidelik, uit statistieke wat deur die agb. Minister aangehaal het, dat daar ook kommer oor die mannekragposisie is. In Suid-Afrika sit ons met die unieke probleem dat daar vier provinsies is en dat elkeen tot dusver nog maar op sy eie manier aangekarring het, as ek dit so mag stel. Daar is egter vandag aan ons gesê dat daar pogings aangewend word om sake te koördineer en te rasionaliseer. Ek dink dit was miskien een van die belangrikste punte in die agb. Minister se toespraak vandag dat daar op ’n wetenskaplike manier na hierdie saak gekyk word. Ek wil graag op agb. lede van hierdie Komitee vandag ’n beroep doen. Ek dink nie een agb. lid sal van my verskil as ek sê dat gesondheids-en welsynsdienste vir ons almal baie belangrik is en dat ons almal waardering het vir die mense wat in daardie verskillende beroepskategorieë is nie. Ek dink ook nie dat iemand met my sal verskil as ek sê dat daar by ons deernis is vir die pasiënte wat deur die verskillende mediese beroepe en paramediese dienste versorg word nie. Daar-by sluit ek ook maatskaplike dienste en ander spesialiteitsrigtings op hierdie gebied in.

Ek wil egter vanmiddag veral ’n vraag aan die agb. lid vir Parktown stel. Hy het homself op sy gebied onderskei, en ek glo ook hy kan in hierdie Raad ’n baie positiewe bydrae lewer, soos hy ook reeds gedoen het met sekere opmerkings wat hy gemaak het oor sake wat betrekking het op die mesiese beroep. Dieselfde geld ook die agb. lid vir Suidkus, maar ek dink dit is veral waar van die agb. lid vir Parktown. Ek dink egter nie ons gaan hierdie saak, wat vir ons baie na aan die hart lê, enigsins dien as ons negatief ingestel is nie, veral oor die mense in die mediese beroep, die verpleegsterskorps en die paramediese dienste wat daardie agb. lid genader het en hul griewe aan hom oorgedra het. ’n Mens kry dikwels net die tipe antwoord wat jy wil hê, en eweneens kry ’n mens dikwels ook net die soort klagte wat hy wil hê. Dit gaan saam met die soort empatie wat ’n mens openlik laat blyk, en dit is ook ’n kwessie van wanneer dit geopenbaar word. As ’n mens positief ingestel is, selfs teenoor mense wat hulle kwel oor hul spesifieke omstandighede, kan ’n mens dikwels by hulle tuisbring dat daar meer is as net hul spesifleke probleem wat van belang is. In hierdie spesifleke geval kan ’n mens dit by daardie persone tuisbring dat dit oor meer as net salarisse gaan.

Die punt wat ek dus wil maak, is dat ons sorg moet dra dat ons nie ’n eensydige beeld skep van ’n baie komplekse situasie of probleem nie. Dit gaan beslis nie net om salarisse nie. Daar is dus nie veel sin in die agb. lid vir Suidkus se vergelyking tussen die salaris van ’n loodgieter en dié van ’n verpleegster nie. Agb. lede is net so bewus soos ek van die feit dat daar in hierdie tye waarin ons lewe ’n akute mannekragtekort is, en dit word op elke terrein van die samelewing ondervind. Kan agb. lede vir my een vlak van ons hele samelewing noem waar daar nie ’n mannekragtekort ondervind word nie? Ek wil ook die punt maak dat die ambagsman se salaris, waarna die agb. lid verwys het, die bruto salaris is. Dit is egter nie sy netto inkomste nie. Dit is geensins van enige nut om verskillende beroepsrigtings of beroepsfere teen mekaar op te weeg wat salarisse betref nie. ’n Mens kan hulle nie teen mekaar opweeg wanneer daar in die algemeen ’n mannekragtekort ondervind word nie. ’n Mens kan mos nie wil beweer dat die probleem reggestel kan word slegs deur salarisse te verbeter nie. Wat na my mening baie belangriker is, is dat daar beroepsbevrediging moet wees, en dit geld elke werker wat sy dienste aanbied en wat sekere dienste lewer.

Dr. M. S. BARNARD:

[Onhoorbaar.]

Dr. J. P. GROBLER:

Goed, ek aanvaar dit. Daar moet vir almal beroepsbevrediging wees. Daar moet ook vir almal die moontlikheid wees om vordering in hul beroepe te maak. Daar moet ook in ’n mens se beroep sekuriteit wees vir die verafgeleë toekoms. As ’n goeie, leefbare salaris dan ook bygevoeg kan word, het ons na my mening die ideale situasie bereik. Kom ons stel dit ’n bietjie anders. Sou enigeen van ons in hierdie Raad—ek verwys na beide kante van die Raad—hier gesit het as dit net om geld gegaan het?

’n AGBARE LID:

Beslis nie.

Dr. J. P. GROBLER:

Ek kan agb. lede sê daar sou nie een gewees het wat net ter wille van die geld hier sou sit nie. Ons is nie ter wille van die geld hier nie. Dit gaan om baie ander dinge.

Ek wil graag ook verwys na drie besondere inrigtings in my kiesafdeling, en hiermee bedoel ek inrigtings vir gestremdes. Die naam Meerhof, naby Hartbeespoortdam, is alombekend. Daar word daar dienste gelewer en prestasies behaal wat beter is as wat die res van die wêreld kan bied. By die onlangse kwadroplegiese olimpiade het die Meerhofkinders wat Springbokkleure verwerf het wêreldrekords geslaan. In hierdie Raad vandag wil ek graag hulde bring aan daardie atlete, asook aan diegene wat hulle daartoe in staat gestel het om daardie prestasies te behaal. Hier verwys ek na die Regering, die provinsiale dienste, die mediese dienste, die maatskaplike dienste en die paramediese dienste, fisioterapeute, arbeidsterapeute, en al die ander mense wat met hulle gemoeid was.

Daar is ook ’n nuwe inrigting, waarop ons almal baie trots is, en wat uit gemeenskaps-geledere ontstaan het. Ek verwys na Die Oord, waar daar spesifiek omgesien word na die behoeftes van mense wat aan Downsindroom ly. Ek wil egter nie verder daarop ingaan nie, maar ek wil net beklemtoon dat die inisiatief vanuit die gemeenskap na vore gekom het om ’n pragtige plaas in die Magaliesberge te koop en om dan ’n fantastiese inrigting daar op te rig waar pasiënte wat aan Downsindroom ly wonderlik versorg kan word terwyl hulle steeds ’n integrale deel van die gemeenskap uitmaak. Dit is ook ’n uiters belangrike aspek wat al meermale vandag hier genoem is.

Daar is ook ’n ander private inrigting by Skeerpoort. Dit is heeltemal privaat in die sin dat daar sekere persone is wat geweldig daartoe bydra om die departement te help om ’n tehuis in stand te hou waar kwadripleë verpleeg word. Daar word daar pragtige werk gedoen deur skilders wat byvoorbeeld met hul voete skilder en ook brandwerk doen. Hulle lewer fantastiese produkte daar. Veral met die oog op die Intemasionale Jaar vir Gestremdes wat vir 1981 uitgeroep is, wil ek namens alle agb. lede in hierdie Raad gelukwense oordra aan diegene wat die leiding geneem het. Ek glo hulle het almal in hierdie Raad se steun, want ek dink ek praat namens almal hier as ek sê dit is een van die lofwaardigste pogings wat in ’n lang tyd aangewend is om die aandag te vestig op die probleme van gestremdes wat as gevolg van ongelukke of siektes kwadripleë of parapleë is. [Tyd verstreke.]

Mnr. A. GELDENHUYS:

Mnr. die Voorsitter, die agbare lid vir Park town se amendement klink vir my ietwat belaglik. Ek wil hom graag daaraan herinner dat dit nie die Minister of die administrateurs in die Departement van Gesondheid was wat die verhoging van 52% in inkomste gekry het nie. Ek wil op hom ’n beroep doen om ook ’n bydrae tot hierdie Fonds te maak om die honger kindertjies van Suid-Afrika te help voed.

Dr. M. S. BARNARD:

Is daar honger kindertjies?

Mnr. A. GELDENHUYS:

Ek dink dit is verregaande om ’n Minister van die Suid-Afrikaanse Regering met soveel minagting te behandel.

Verpleging is ’n sensitiewe werk, want verpleging sorg vir die gesondheid van ’n volk. Verplegingsdienste is een van die dienste wat soos ’n kleinood beskerm moet word. Dit is ’n diens wat ’n mens graag wil vertroetel, ’n diens wat jy graag wil omhels omdat dit so ’n noodsaaklike diens vir die gesondheid van ’n volk is. Dit maak egter ne eintlik aan die Opposisie saak nie, want in hul pogings om die Regering by te kom, het die Opposisie en sy Pers daarvoor gesorg dat die verpleeg-stersberoep ’n omstrede beroep in Suid-Afrika geword het. Ek sê dit, want dit is hulle wat beweer dat die tekort aan verpleegsters by ons hospitale krisisafmetings aangeneem het.

Dr. M. S. BARNARD:

Net ons?

Mnr. A. GELDENHUYS:

Dit is hulle wat sê dat die Regering niks doen om die situasie die hoof te bied nie. Dit is ook hulle wat glo dat daar ’n oorvloed van Nieblanke verpleegsters is en dat hierdie oorvloed na Blanke kant gekanaliseer kan word om sodoende die verpleegsterstekort teen te werk. Dit is hulle wat beweer dat honderde Kleurlingmatrikulante wat tot die verpleeg-stersberoep wil toetree, weggewys word. Hulle het selfs so ver gegaan om te beweer dat pasiënte sterf as gevolg van die sogenaamde dwase en verwronge beleid van die huidige Regering. Die agbare lid vir Park town, sien ek, skud sy kop. Hy moet egter net die moeite doen om so ’n bietjie die Hansardtoesprake van sy LPRe te gaan lees. Dan sal hy sien dat hierdie dinge al ook in provinsiale raadsale gesê is. In al die berigte is daar wilde en soms uiters onverantwoordelike stellings gemaak wat hoegenaamd nie tot voordeel van die verpleegstersberoep in Suid-Afrika strek nie. As dit alles nog waar was, sou ’n mens miskien simpatie met daar-die mense kon hê, want hulle kan redeneer dat as dit die waarheid is, moet iemand praat sodat die probleem opgelos kan word. Ek wil egter beweer dat die stellings wat hulle maak nie eens waar is nie.

Kom ons kyk byvoorbeeld na die aktiwiteite van die provinsiale hospitale in Kaapland oor die afgelope vyf jaar en sien dit in die lig van verpleegkundige werkladings. Dan kom ’n mens op baie interessante syfers af. Agbare lede sal onthou dat die agbare Minister reeds daarna verwys het. Met inagneming van alle verpleegpersoneel in Kaapland—d.w.s. gekwalifiseerdes en ongekwa-lifiseerdes—was die verhouding van pasiënte tot verpleegsters 420:1 in 1976 teenoor 413:1 in 1980. Dit dui op ’n verbetering.

Dr. M. S. BARNARD:

As daar voorheen meer verpleegsters was as nou, sê u dit is ’n verbetering?

Mnr. A. GELDENHUYS:

Ag, kan die agbare lid tog nie luister na wat ek sê nie.

Dr. M. S. BARNARD:

Ek sal.

Mnr. A. GELDENHUYS:

Die agbare lid moet asseblief nie my tyd mors nie, want ek het baie min tyd. Dit dui op ’n afname in die verhouding van pasiënte tot verpleegsters. Indien slegs gekwaliflseerde verpleegsters in berekening gebring word, was die verhouding van pasiënte tot verpleegsters 942:1 in 1976 teenoor 889:1 in 1980, weer eens ’n vermindering. Hierdie vermindering is die gevolg van veranderde metodes van behandeling en nie noodwendig as gevolg van die feit dat verpleegsters minder gewerk het nie. ’n Mens kan met redelike veiligheid hieruit aflei dat daar allermins ’n sorgwekkende verswakking in die algemeen in die verpleegstersberoep intree. Dit is dus tog duidelik dat ons nie van ’n kritieke toestand in die algemeen kan praat nie.

Dit bring my by die tweede stelling waarna ek verwys het, d.w.s. dat die Regering niks doen om hierdie toestand die hoof te bied nie. Die agbare Minister het in hierdie verband ook verwys na wat gedoen is oor die afgelope tyd om salarisse te verbeter. ’n Mens wil nie beweer dat verpleegsters se salarisse voldoende is nie. Trouens, ek dink hierdie kant van die Raad sal werklik baie graag wil sien dat alle salarisse in Suid-Afrika verhoog word sodat mense steeds hoër lewenstandaarde kan handhaaf. Ek laat die salariskwessie egter daar omdat so baie ander agbare lede reeds daarna verwys het.

Dit bring my by die stelling wat gemaak word dat daar ’n oorvloed van Nieblanke verpleegsters is wat, as dit nie vir die Regering se beleid was nie, in Blanke afdelings van hospitale gebruik sou kon word. In hierdie geval dui die statistieke ook op die teendeel. Indien ’n mens die aktiwiteite van die Nieblanke afdelings van hospitale van nader beskou en dieselfde berekenings vir Nieblanke verpleegkundiges doen wat ’n mens vir Blanke verpleegsters in Blanke afdelings gedoen het, kom jy ook op baie interessante gevolgtrekkings af. Indien alle verpleegsters—d.w.s. gekwalifiseerd en ongekwalifiseerd—in ag geneem word en ons van die veronderstelling uitgaan dat Nieblanke verpleegkundiges slegs Nieblankes verpleeg, en Blanke verpleegsters slegs Blankes, was die verhouding van pasiënte tot Swart verpleegsters in 1976 592:1 terwyl die verhouding van pasiënte tot Blanke verpleegsters vir 1976 219:1 was. Vir 1980 was die ooreenstemmende syfers 550:1 vir Nieblankes teenoor 230:1 vir Blankes. Indien slegs gekwalifiseerde verpleegsters in berekening gebring word, was die syfer vir 1976 1 367:1 vir Nieblankes en 475:1 vir Blankes. Vir 1980 was die syfers 1 175:1 vir Nieblankes teenoor 499:1 vir Blankes. Hieruit blyk dit duidelik dat die posisie onder Nieblankes aansienlik verbeter het, terwyl dit in die geval van Blankes slegs effens verswak het. Hieruit blyk ook verder dat as ’n mens Nieblanke verpleegsters van die Nieblanke pasiënte sou wegneem en sou gebruik om Blanke pasiënte te verpleeg, jy baie beslis nie die Nieblanke pasiënte ’n guns sou bewys nie. Dan sou die diskriminasie-argument deur die Opposisie omgeswaai moet word, want andersins sou hulle geen argument gehad het nie. Elke negatiewe stelling wat in die provinsiale raad gemaak is, deur die Pers gerapporteer is of in die Parlement gemaak is, kan weerlê word deur gegewens wat tot ons beskikking is.

Ongelukkig is my tyd byna verstreke. Ek wil dus afsluit deur ’n beroep op agbare lede van die Opposisie te doen. Ek wil hulle weer eens herinner aan die sensitiwiteit van die verpleegstersberoep. Wanneer hulle dus oor hierdie aspek praat, moet hulle asseblief die politieke konnotasie weglaat. [Tyd verstreke.]

Mr. A. B. WIDMAN:

Mr. Chairman, I rise to support strongly the amendment moved by the hon. member for Parktown. The hon. the Minister spent nearly an hour giving us a long and detailed report …

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

41 minutes.

Mr. A. B. WIDMAN:

Well, 41 minutes then.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Just get your facts right.

Mr. A. B. WIDMAN:

He spent that time giving us a long dissertation about committees and subcommittees, expressed hopes about what could happen and also indicated what had already happened so far, which is exactly nothing. Let me say, with respect to the hon. member for Swellendam, that neither we nor the Press created the shortage of nurses. At least we all agree about one thing at the moment, and that is that there is a shortage of nurses.

Mr. A. GELDENHUYS:

Nobody ever said there was no shortage.

Mr. A. B. WIDMAN:

So let us take it from there. [Interjections.] Let us also look at some of the arguments raised by the hon. the Minister today. He mentioned increases of 15% and 17%. With respect, however, if one takes the cost of living over the past few years into consideration, one sees very clearly that that increase has been completely wiped out by added costs in regard to rent, clothes and food. The purchasing power of the rand has dropped to such an extent that people do not actually have any more money at all.

The hon. the Minister is hoping that this subcommittee will make some recommendations. We all certainly hope that it will make some recommendations, because we all agree—the hon. member for Swellendam also said so—that without an adequate nursing staff in South Africa, we are facing a major collapse in our medical services. The report, in fact, shows alarmingly that not only are essential services rendered unsatisfactorily, but also that certain services are even at the point of collapsing. So it is a crisis that we are facing, and why? The answer lies in the fact that there is this shortage of nurses.

Let me put the following to the hon. the Minister. If the subcommittee makes recommendations that are far-reaching, that go beyond the scope of the Public Service Administration, would he support such recommendations? Would he go to the Cabinet and stand up and fight for the nurses by trying to get the recommendations accepted, or would he merely succumb to the argument that there are overall Public Service regulations and that if something is done in one department, it would have an effect on another department in the service? I think that is what is going to happen. The proof of the pudding is in the eating, and the fact of the matter is that nurses are resigning. The fact is that they cannot remain in the service because they are not being adequately paid. That is the simple truth of the matter. It is all very well to give figures indicating patient-to-nurse ratios, but has the hon. the Minister told us how many beds in hospitals have been closed down or how many wards have been closed down? I sat on a hospital board for 14 years, and I know, in the hospital I represented, how many wards and beds stood vacant because of the shortage of nurses. Unless one tackles the probleem competently and realistically, one is going to get nowhere.

The other day we went on a tour of the Post Office and spoke to a young lady with a standard 7 certificate. She was sorting letters and was doing coding on a small machine. She is getting R4 800 per year. What, however, do our nurses get? That young Post Office employee’s salary is more than that of a senior staff nurse, who gets R4 470 per year. It is also more than that of a staff nurse, who gets R3 582 per annum. It is more than that of a senior nursing assistant, who gets R3 366 per annum, more than that of a nursing assistant, who gets R1 998 per annum, more than that of a student nurse, who gets R2 934 per annum and also more than that of a pupil nurse, who gets R2 334 per annum. That is how things stand. Is the hon. the Minister, under these circumstances, prepared to ask the Cabinet to take the granting of nurses’ salaries out of the context of the Public Service and to put such salaries in a position on their own like those of the Post Office or the Railways, for example. Let us take those salaries out of the jurisdiction of the Public Service and then have another look at the position. Is the hon. the Minister prepared to act on this issue?

The hon. member for Pietersburg raised the question of fluoridation. I am on record, in Hansard, as having supported fluoridation, and I have done so because there were strong representations at the time and because a publication of the Dental Association of South Africa backed it. We also supported it. Since our support became known, we have had a considerable number of representations made to us with regard to that matter.

Those recommendations put a counterargument to fluoridization. My party and myself are now hesitant about our support of fluoridization. Because of these representations we are having some doubts. The commission to which the hon. member referred, sat in 1966, which is 15 years ago. I wonder now whether we should not have another commission to examine this matter again. I am not an expert and we do not have the expert information the hon. the Minister can acquire.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

If I had acted on your recommendations last time, would it have been my fault?

Mr. A. B. WIDMAN:

Well, I would have been a party to it. If I make a mistake, I am prepared to admit my mistake, but I am not prepared to jeopardize the health of the nation. In putting the health of the nation first, I want to ask the hon. the Minister whether prevention is not better than cure. Is his first task not to prevent and is he as the Minister of Health, who is bound by annual reports and Cabinet decisions, not also bound to carry out the policy of his department? If he is, I want to know why he has failed to do so? On 7 August 1981 I put a question to the hon. the Minister on the Order Paper asking whether he intends presenting legislation to Parliament providing for the compulsory printing on cigarette packets of tar and nicotine content and a warning on the effects of smoking. The answer to both questions was “No”. I now want to ask the hon. the Minister whether I have to remind him that 70% more heart attacks occur amongst smokers? Do I have to remind him that lung cancer is very rare among non-smokers and that emphysema, chronic bronchitis and lingering diseases are 6½to 15 times more common among smokers? This was established by a survey in Japan involving 100 000 people. Where husbands smoke, their wives are also being affected by these diseases. There is ample evidence in every medical journal and medical record with regard to the physical harm caused people by smoking. What has this hon. Minister done about it? He has done nothing. He has broken faith. On page 10 of the department’s annual report for 1979, under the heading “Curtailment of the smoking habit” it is stated—

During the past year the hazards associated with the smoking habit have become more apparent. Private persons and bodies are insisting increasingly that the authorities should take definite steps.

The report also mentions the department’s policy to discourage the smoking habit. Several bodies and a number of departments of state made policy decisions which were approved by the Cabinet. On the strength of the Cabinet decisions the former Minister of Health made a policy statement during the budget debate on 30 April 1979. He said, inter alia—

The department will continue with the education programme to combat the smoking habit. The education programme will be aimed at children of schoolgoing age to dissuade them from smoking. The danger of a high tar content in cigarettes will be particularly emphasized and legislation will force cigarette manufacturers to provide information on the tar and nicotine content of cigarettes as from 1 January 1982.

We only have a few months left. How does the hon. the Minister, without legislation, propose to have this done by 1 January 1982? I deliberately did not bring a private Bill on smoking this year in the hope that the hon. the Minister would not think that I want to make a political issue out of this, or that I am trying to take the credit for such a measure. I gave the hon. the Minister every opportunity to do something about this matter, but what do I get in reply to my questions? He says that he is not going to do a single thing. Is he not concerned with the health of the nation? Does he not think that preventative measures are better? Does he not believe that there should be some form of control over advertising? The South African Medical Association say that there should be control and that cigarette advertisements should be banned as they are in probably twelve countries in Europe today. [Time expired.]

Dr. M. H. VELDMAN:

Mnr. die Voorsiti ter, die agb. lid vir Hillbrow het nou aan ons vertel dat hy met ’n besoek aan die poskantoor ’n dame ondervra het oor haar salaris. Hy was baie beïndruk om te hoor dat sy ’n goeie salaris verdien. Hy het haar salaris vergelyk met dié van verpleegsters. Ek wil egter dadelik sê dat niemand aan hierdie kant van die Raad tevrede is met die salarisse van verpleegsters nie. Wat ek egter van die agb. lid wil weet, is of hy ook vir daardie dame by die poskantoor gevra het of sy die skoene wat sy werk toe dra, verniet kry. Het hy ook vir haar gevra of sy ’n gratis uniform kry en wat haar woonstel haar maandeliks kos? Het hy ook vir haar gevra of sy ’n salaris ontvang, al is dit nie baie nie, terwyl sy in diens opgelei word? Wanneer ’n mens oor salarisse praat, moet ’n mens sulke faktore ook in gedagte hou. Waar daar nou ’n voorstel was dat die agb. Minister se salaris verminder moet word, wil ek eerder aanbeveel dat die agb. lid vir Hillbrow se salaris verminder word. Dieselfde geld vir die agb. lid vir Parktown wat ’n onsinnige brief aangehaal het. Hoe dikwels het ons nie al briewe van mense ontvang wat nooit tevrede sal wees met die behandeling wat hulle in hospitale ontvang nie? ’n Mens kry mos sulke mense. Hoekom lees die agb. lid nie eerder vir ons ’n brief voor van iemand wat vertel van die goeie behandeling wat hy in ’n hospitaal ontvang het ten spyte van die werkprogram van die personeel nie?

Wanneer ’n mens in die Begroting van Uitgawes die programomskrywing van gesinsbeplanning bekyk, sien ’n mens dat dit omskryf word as die—

Lewering en bevordering van ’n nasionale gesinsbeplanningsdiens met die oog op die maatskaplike opheffing van alle bevolkingsgroepe, insluitende finansiële hulp aan instansies wat gesinsbeplanning bevorder, en navorsing in verband met gesinsbeplanningsdienste.

Wanneer ’n mens let op die totae bewilliging onder hierdie hoof, te wete ongeveer R17 miljoen, wil ek dadelik sê dat dit meer behoort te wees. Ek wil graag hierdie stelling motiveer.

Dit is debatteerbaar watter bewilliging in ’n land se totale begroting die belangrikste is. ’n Mens moet dit in die lig beskou van bewilligings vir die Weermag, Sasol, behuising, ens. Daar kan egter nie twyfel daaroor bestaan nie dat al sou ons al die petrol uit steenkool in die wêreld maak en al sou ons padnetwerk in die Republiek met die beste in die hele wêreld vergelykbaar wees en al sou ons kon spog met die gedugste Weermag op hierdie vasteland, en ons slaag nie daarin om die getalle van mense te orden en alle bevolkingsgroepe maatskaplik op te hef sodat almal in ’n aanvaarbare sosioekonomiese milieu gelukkig kan leef nie, kan ons maar daarvan vergeet om ’n oplossing te kry vir die probleme waarmee ons hier te lande te doen het. Voordat ek die agb. Minister van Finansies probeer oorreed om vorentoe ’n ope hand te hê met betrekking tot bewilligings aan hierdie besondere diens, moet ’n mens miskien eers duidelikheid kry oor die terminologie. Dit spyt my dat die woord „geboortebeperking” ooit die lig gesien het. Daardie woord behoort eintlik nooit die lig te gesien het nie. Dit gaan nie om die blote beperking van die getalle van ’n volk nie. Wanneer ons in die toekoms oor hierdie saak gesels, of skryf, moet ons in gedagte hou dat gesinsbeplanning nie sinoniem is met geboortebeperking nie. In hierdie verband kan die goedgesinde media beslis ’n baie groot rol speel om die boodskap waarom dit eintlik gaan, te wete, beplanning, duidelik uit te dra. Die onbeholpe wyse waarop hierdie begrip dikwels na buite gedra word, is vir menige mense—en hiervan moet ons kennis neem—’n bron van irritasie. Elkeen van ons moet hierdie saak baie ver-sigtig hanteer.

Gesinsbeplanning is eintlik ’n pragtige woord, ’n verantwoordelike en verdedigbare begrip. Dit beteken dat ’n egpaar kinders verwek wanneer hulle self emosioneel, finansieel en gesondheidsgewys gereed is daarvoor en hulle huislike omstandighede dit toelaat. Dit spreek boekdele en dit is waarom dit eintlik gaan, te wete om kinders te verwek onder die beste moontlike omstandighede binne gesinsverband ter wille van die geluk van die kind, van ’n gesin en die hele gemeenskap. Wat is die begeerte van elke lid van die Raad en, trouens, elke lid van enige bevolkingsgroep? Dit is mos om deel te wees van ’n vooruitstrewende en gelukkige gesinslewe. Dit vorm mos die allerbeste grondslag vir elkeen wat ’n sinvolle bydrae tot die land se ontwikkeling wil lewer. Om die wese van hierdie boodskap van gesinsbeplanning uit te dra, is dit mos, gemeet aan die doelstellings en gebiedende noodsaaklikheid dat dit besondere aandag sal kry, vanselfsprekend dat meer geld vir hierdie doel beskikbaar gestel sal word, anders sal dit vir gesondheidsinstellings net nie moontlik wees om hierdie enorme taak deur te voer en die diens na wense uit te brei nie. Die verantwoordelikheid vir die uitbreiding van die diens rus egter nie net op die Staat nie, maar ook op die skouers van elke geneesheer, elke verpleegster en elkeen wat met die kennis tot hulle beskikking ’n deel kan bydra tot die uitvoering van hierdie gedagte en die uitbou van hierdie diens. Die verantwoordelikheid rus verder ook op die skouers van die pers, radio en die televisie om hierdie boodskap uit te dra.

As elkeen van ons hierdie saak met groot verantwoordelikheid hanteer en die boodskap verstaan, dan kan ons hierdie boodskap ook na elke egpaar, ongeag ras of kleur, oor-dra. Dan kan ons mos vir Blanke ouerpare daarop wys dat onbeplande beperking van geboortes die oorsaak is daarvan dat gedurende die afgelope sewe jaar ongeveer 100 000 van die verwagte geboortes in die RSA nie plaasgevind het nie. Die vraag is of ons ooit hierdie agterstand kan inhaal. Die antwoord is, vanselfsprekend, nee. Ons kan dan ook met vrymoedigheid aan hierdie ouers sê dat hulle hulself moet genees van die anti-kindkompleks waarvan die uitwerking vernietigender is as die grootste natuurlike katastrofe. Ons kan die saak selfs verder voer. Ons kan aan anderskleuriges sê dat ’n vooruitstrewende gesinslewe iets groots beteken en dat enigeen van ons graag deel daaraan sou wil hê. As ons die boodskap reg oordra, sal hulle verstaan dat gesinsbeplanning nie as ’n vloekwoord, ’n dreigwoord of ’n slimwood gesien moet word nie, maar as ’n slagspreuk om mense betyds tot verantwoordelikheid te roep voordat die las van die wêreld te swaar geword het as gevolg van ’n te vinnige bevolkingsaanwas.

As die departement so ’n diens lewer, sal dit bydra tot die welsyn van baie mense.

Mnr. J. W. H. MEIRING:

Mnr. die Voorsitter, ek wil baie graag aansluit by die agb. lid vir Rustenburg, en ook ’n paar gedagtes wissel oor die onderwerp van gesinsbeplanning.

Uit die aard van die saak is gesinsbeplanning iets wat met groot omsigtigheid behandel moet word omdat dit so dikwels verkeerd opgeneem word. Suid-Afrika is een van die min lande in die wêreld wat vandag nog ’n hanteerbare bevolking het en wat nog self-versorgend is wat sy voedselbehoeftes betref. Tensy daar egter vroegtydig en doelgerig opgetree word, sal Suid-Afrika vorentoe self probleme in hierdie verband ondervind. Ek wil baie graag waardering betuig vir wat onder die departement se beheer op aldrie vlakke van regering in Suid-Afrika gedoen word ten opsigte van gesinsbeplanning.

Ek wil nou graag ’n paar woorde wissel met die teoloë in ons midde. Een van die eerste opdragte wat die mens gekry het, was om vrugbaar te wees en die aarde te vul. Dit was ’n deel van die werksverbond tussen God en Adam in die Paradys. Kort daarna het die sondeval plaasgevind en as gevolg van die sonde het die dood gekom. Ek het my al dikwels die vraag afgevra wat die posisie vandag sou gewees het indien daar nie ’n sondeval en die dood was nie. Hoe sou die mense dan nie hierdie aarde gevul het nie, en hoe sou die balans tussen mense aan die een kant en die drakrag van die wêreld aan die ander kant gehandhaaf gewees het? Selfs met die dood in ons midde neem die bevolking van die wêreld egter met rasse skrede toe. Die bevolking van die wêreld is tans meer as 4 000 miljoen en daagliks word daar meer as 200 000 kinders gebore. Die wêreld se gemiddelde geboortesyfer is 30 per 1 000 en die sterftesyfer slegs 12 per 1 000, met die gevolg dat die wêreld se bevolking jaarliks met 73 miljoen toeneem. Met ander woorde, driemaal Suid-Afrika se bevolking kom elke jaar by. Dit is nou interessant om daarop te let dat aan die begin van ons jaartelling die wêreldbevolking 300 miljoen was, en dat dit 16 eeue geduur het voordat daardie syfer verdubbel het. Daarna het dit 200 jaar geduur om te groei tot 1 200 miljoen mense, maar oor die afgelope 35 jaar het die wêreldbevolking reeds byna verdubbel van 2 400 miljoen tot die huidige syfer van meer as 4 000 miljoen mense. Daar word geraam dat teen die jaar 2000 die wêreldbevolking 6 500 miljoen sal tel. Hierdie geweldige toename is nie net die gevolg van ’n hoë geboortesyfer nie, maar is deels te danke of dan miskien te wyte aan ’n te lae sterftesyfer, wat weer die gevolg is enersyds van verbeterde mediese dienste en andersyds van die feit dat mense gesonder en meer gebalanseerd eet. Feit is dat in onderontwikkelde lande die bevolkingsaanwas baie hoër is as wat dit in ontwikkelde lande is. Tog is daar in die verlede bewys dat waar spesifiek aandag gegee is aan die sosio-ekonomiese opheffing van mense—die agb. lid vir Rustenburg het ook hierna verwys—in sulke onderontwikkelde lande die geboortesyfer aansienlik gedaal het. Ek wil meld dat dit interessant is dat in daardie onderontwikkelde lande of in ontwikkelende lande, gesinsbeplanning dikwels gekoppel is aan sekere dwangmaatreëls. In sommige oosterse lande pas hulle byvoorbeeld die volgende maatreëls toe. Gesinne word slegs toegelaat om staatshuisvesting te kry as hulle kan bewys dat hulle aan gesinsreëhng deelneem. In Suid-Afrika word na ’n tweede kind ’n hoër belastingkorting gegee. In baie Oosterse lande val belastingkortings na ’n tweede kind heeltemal weg. In sommige Oosterse lande word slegs die eerste twee kinders toegelaat om na ’n openbare skool te gaan. Verdere kinders moet ὸf sonder opleiding bly ὸf na ’n privaatskool gaan. Dit is maar ’n paar van die maatreëls wat in Oosterse lande toegepas word. Dit is ondenkbaar dat ons in Suid-Afrika maklik tot sulke maatreëls sal oorgaan. Dit is egter nie te betwyfel dat ons in Suid-Afrika ’n ontsettend belangrike opheffingstaak het nie. Dit gaan oor twee sake, te wete, die verhoging van die lewenstandaard van ons mense enersyds, en die verhoging van die opvoedingspeil van die mense andersyds. Die vernaamste middel om hierdie onbeheerste bevolkingsaanwas te stuit, is om enersyds beter inligting aan jeugdiges beskikbaar te stel en andersyds om op twee ander sake te let, te wete gemeenskaps-betrokkenheid by gesinsbeplanning en beskikbaarstelling van gesinsbeplanningsmetodes vir diegene wat daarom vra. In hierdie verband is ’n mens baie dankbaar vir wat reeds op aldrie regeringsvlakke gedoen word.

Die agb. lid vir Rustenburg het daarop gewys dat ’n bedrag van R17,6 miljoen vanjaar in die begroting van uitgawes vir gesins-reëling bewillig word. Ek stem volkome daarmee saam dat dit eintlik baie meer moet wees. ’n Mens is egter dankbaar dat dit reeds ’n vermeerdering van 21% in vergelyking met verlede jaar se bedrag van R14 miljoen is. In die afgelope weke is daar baie oor prioriteite gepraat en ek dink dat gesinsbeplanning een van die vernaamste prioriteite is waaraan ons aandag moet skenk. Ons het hier met ’n absolute bose kringloop te doen. Oorbevolking lei tot hongersnood en tot ’n gebrek aan opvoedkundige geleenthede, met gepaardgaande onkunde en die vermoë om ’n groter bydrae tot ekonomiese ontwikkeling te lewer. Op sy beurt lei dit tot minder werksgeleenthede en tot onbeplande verstedeliking, tot die onbeheerde besoedeling van lug en water en die ontstaan van agter-buurtes wat op sy beurt weer aanleiding gee tot groter maatskaplike verval, onbeheerste bevolkingsaanwas en toenemende armoede.

Die gesinsbeplanningspoging van die Regering moet positief ingestel wees op die verhoging van die lewenstandaarde en opvoeding van die bevolking, en terselfdertyd ook op die bekamping of voorkoming van die onbeplande en onwelkome baba, daardie kind wat van die begin af geen kans in die lewe het nie. In hierdie poging moet daar baie noue skakeling wees tussen die pasiënt, verpleegpersoneel en die geneesheer. Uit die aard van die saak moet daar die grootste mate van openhartigheid wees en die saak moet baie simpatiek benader word. Verskillende maatreëls moet beskikbaar wees en die implikasies daarvan baie duidelik aan pasiënte gestel word. By hierdie geleentheid wil ek nie graag op die verskillende metodes ingaan nie, maar wil tog wys op die voordele van sterilisasie as ’n permanente wyse van gesinsbeplanning. Dit moet vanselfsprekend op ’n vrywillige basis geskied. Ek is dankbaar vir die diens wat reeds in hierdie verband gelewer word en bepleit graag die vryelike voorsiening van hierdie diens aan diegene wat daarom vra.

Ten slotte wil ek ’n pleidooi lewer vir nouer koördinasie van gesinsbeplanningsdienste op aldrie regeringsvlakke. Ek is baie dankbaar dat met die totstandkoming van die Nasionale Gesondheidsbeleidsraad en die Adviserende Komitee vir Gesondheid-sake wat ingevolge die Wet op Gesondheid aangestel is, hierdie saak indringend ondersoek word. Dit is immers noodsaaklik dat verloskundige dienste, kindergesondheidsdienste en gesinsbeplanningsdienste onder een sambreel sal ressorteer.’n Mens kan nie jou kraamdienste, nasorgdienste en gesinsbeplanningsdienste fragmenteer nie. Ons moet bewys dat die opheffing van minderbevoorregte mense en gemeenskappe ons opregte ems is, want net dan kan gesinsreëling slaag. Dit is uiteindelik die enigste barometer waaraan die sukses van gesinsbeplanning gemeet sal kan word, te wete of die lewenstandaard van die mense of van die betrokke omgewing gestyg het. Ek twyfel of die doel van gesinsreëling ooit kan wees om ’n bevolkingsontploffing aan bande te lê. Dit het egter die taak om ’n bevolking te stabiliseer en veral om die lewensomstandighede van mense te verbeter.

Mr. D. W. WATTERSON:

Mr. Chairman, when the hon. the Minister commenced his speech he indicated that he had had long experience in hospital affairs. This, of course, I know only too well, because for a number of years we were occupying a similar sort of position, he in the Cape Province and I in Natal, as M.E.C. for hospitals. Having known him as well as I did on that occasion, I certainly know the hon. the Minister as a kindly and conscientious man. At the outset I wish to say I would never ascribe to him the villainy and cruelty that has been ascribed to him in the Press over the last few months. I might say that I doubt sometimes the wisdom of his statements, but I certainly do not ascribe villainy or cruelty to the hon. the Minister.

Having said that, I want to make one further comment on a statement made by the hon. the Minister in respect of policy as regards nurses. He stated that the policy today is that Whites should nurse their own community and Coloureds, Blacks, etc., their own communities so far as is practical, but that this will not be strictly adhered to to the detriment of patients. I am extremely delighted to hear that that is now the official policy, because this was the official policy in Natal in the early 70’s and I had some rather bitter fights with hon. members on the other side of the House because we set that down as our policy. In those days the National Party had very different views on the matter. Having said this, I would also like to make the point that probably some of the problems I could look at rather more objectively than most professional people who have occupied the post I occupied, and that not being a doctor I did not look at the professionalism of the people, but more perhaps from the angle of a businessman, which I am in my private capacity. The trouble with our medical services today is that for a relatively small country, which is somewhere between the developed world and the Third World, I believe we are grossly over-specialized in far too broad a field. The medical profession as such will, for their own status, obviously push this professionalism forward. When I say status, I am not denigrating the medical profession, because I believe that they have the welfare of their patients at heart. However, I believe there comes a time when you have to look at what you are doing and to say: Can we afford to provide on such a broad scale the super sophisticated services that we have in South Africa. I found that to some degree in Natal in the process of so doing, we had to neglect to a fair extent ordinary medical attention over a very broad spectrum of the population. Obviously, it is good to be able to cure people with more obscure diseases and to perform highly sophisticated operations, but is it better to save one life or a hundred lives? Sometimes the cost of some of these more sophisticated processes is such that one could provide services for a hundred people for the same cost. I therefore believe that this is an angle which we should seriously consider in medical services today.

Another point which is of some concern to me is that I believe that our political-cum-medical approach to things could well be causing us grief financially and as regards staff. We have heard a great deal about the shortage of staff and the lack of facilities in various places. To some extent this is true. We do not have sufficient numbers of doctors, and this is something I will come back to later. Why is this so? It is because certain medical training facilities are not being used to the optimum because of the political thinking on the part of the Government? So far as we in Natal are concerned, we would be perfectly happy to open Natal University to all races. I believe the University of Natal has been pushing for this for years. I believe that other universities could well accept more medical students of different colour groups. It is said frequently that we have so many doctors per thousand amongst Whites and so many less doctors per thousand amongst the other communities. According to the books we have a surplus of White doctors and a shortage of Black doctors. We know that this is not true however, because the White doctors are serving Black people anyway. Nonetheless, I believe that we have a very distinct undersupply of Black doctors and therefore we should be pushing as hard as we can to get more of them through the universities so that they can serve their own people. If they cannot be medically trained in ethnically orientated universities then racial prejudice in this regard should be put aside and they should be trained regardless. This is very important indeed.

Another aspect which I wanted to touch on—and I think that one will appreciate that with the short period at one’s disposal one cannot spend too much time elaborating on one’s case—is the question of the overspecialization of doctors. Funnily enough, the same does not seem to apply to nurses at the moment. In South Africa today one can find a speciality for almost anything. We are getting into a situation where doctors know more and more about less and less. As the saying goes they will eventually know everything about nothing. At the moment we have a situation where we have a proliferation of specialization but we do not have sufficient general practitioners either in private practice or in the Government services. I found that we had endless trouble trying to get our hospitals staffed with doctors, in other words, general practitioners. If one as a private citizen wishes to have medical attention, one will experience considerable trouble getting a medical practitioner. This is not only a local situation because we know that it also prevails overseas, and in America—and possibly Britain—it is probably even worse. This is something which I believe we should seriously look at because over-specialization may be to the benefit of the medical profession, but I sincerely believe that it is not to the benefit of the patient because one cannot get proper medical cover all round. As far as the question of the shortage of nurses is concerned, I believe that we are suffering a shortage of nurses for two reasons, one being the point adequately made by several speakers today, namely the question of salaries, bearing in mind the training and experience that these girls are expected to have. Many of them today have the knowledge of medicine that not even a doctor would have had forty years ago. When one talks of a fully trained nurse today one is virtually talking of a quasidoctor. I believe that the nursing profession is also specializing itself to the stage where they are specializing themselves out of the original intent of the nursing profession. The type of girl that is getting this intensive training at universities and who is getting various top qualifications should not be wasting her time running around with bed pans and urine bottles and the cleaning of sick and so forth. They should have another category of nurse who should be a nurse in the old-fashioned sense. There are many girls around who, I believe, would be happy to take up this career as a vocation and not as a profession.

Mr. Chairman, I have tried to cover a number of points in as short a time as one can—possibly with a sort of machine gun effect—but I believe that many of the problems that we have in our medical services today are of our own making and can be resolved.

Mnr. J. RABIE:

Mnr. die Voorsitter, ons hoor heeldag van die heersende tekort aan opgeleide personeel en ons weet dat die Staat daarna kyk. Ons vind dit egter nie net in die Staatsdiens nie, maar ook in die private sektor. Ek dink dat die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene die mas nog beter sal opkom met die beskikbare personeel as daar van sommige van die rooi lintjies ontslae geraak kan word. Ek as ’n boer kan nie altyd verstaan waarom daar so ’n verskriklike geskrywery moet wees voordat iets aan die loop kan kom nie. Ek weet dat die gedoen moet word, maar ek glo dat dit verkort en vergemaklik kan word as ons net sal kophou.

Die betrokkenheid van die gemeenskap by welsynsdienste is iets wat my baie hinder. Ek meen dat ons moet wegkom van die idee dat die Staat alles moet doen. Baie lede van die publiek staan net bakhand om te ontvang. Hulle wil alles op ’n skinkbord hê, maar van hulle kant kom daar geen teenprestasie nie. Dit is in hierdie verband wat ek dank wil uitspreek teenoor die vyrwillige welsynsorganisasies wat so ’n groot rol in ons land speel. Baie van hierdie organisasies trek ook dees-dae noustrop weens ’n gebrek aan lede of lede wat wil werk. Ons mans aanvaar dit as vanselfsprekend dat vrywillige welsynswerk ’n vrou se plig is. Vroeër dae was dit so en in ’n groot mate vandag nog, maar nou laat ons mos die vrouens werk sodat ons lekkerder kan lewe en boonop skei ons nog vinniger as wat ons trou. Dit wil my deesdae voorkom asof ’n mens nie in die tel is indien jy nog jou eerste vrou het nie. Ekself het nog my eerste een—hoewel dit maar party dae lol—maar op die end lyk dit vir my beter om hulle te hou as om kort-kort met ’n ander een te sukkel. Die tragedie van die saak is egter dat die geskeide vrou dikwels moet gaan werk. Sodoende word sy die broodwinner, dus is sy nie meer beskikbaar as ’n vrywillige werkster in hierdie welsynsaksie nie. As sy ’n gesin het, moet daar nog na die kinders omgesien word. Die Staat help wel op hierdie gebied, maar weer eens is dit welsynsorganisasies wat die voortou moet neem. Kleuters en voorskoolse kinders is ’n handvol, maar wat van die skoolgaande kind? Wat maak hy na skool as daar nie iemand is om toesig te hou en om na hom te kyk nie? Om dit te verhelp, is daar ook welsynsorganisasies wat sulke kinders na skool opneem om na hulle te kyk. Om opgeleide personeel te bekom, kos egter geld. Sulke onkoste word wel in ’n mate van die ouers verhaal, maar nie ten volle nie. Ek dink dat die Staat ook hier meer hulp sal moet verleen aangesien hierdie kinders baie hulp nodig het. ’n Mens lees dikwels in die koerante van sterf gevalle onder jong skoolgaande kinders en van gewelddadige dood en afwykende gedrag wat onder hulle voorkom. Ek het verlede week een aand ’n jong seun opgelaai en probeer om met hom te gesels. Hy was egter stomp, nes ’n motor wat nie wil vat nie. Ek het egter so stuk-stuk uit hom gekry dat sy ouers geskei is. Hy bly by sy ma wat moet werk. Sy kom saans laat huistoe en hy was so gefrustreerd dat hy op pad na sy pa toe was omdat hy dit nie meer kon uithou nie. Dit is egter ’n alledaagse verskynsel en as hierdie tendens voortduur, is baie van hierdie jongmense vir ons verlote. In die een asem sê ons dat die vrou die vrywillige werk moet doen, maar aan die ander kant sê ons dat hulle moet werk. Al oplossing is dat ons mans na vore moet kom om vrywillige welsynswerk te doen. Die vraag is of ons mans—veral die Afrikaans-sprekende mans—genoeg daarby betrokke is, juis ons wat so ’n bietjie taaipit is. Sit ons nie dalk te veel agteroor en laat die water oor die akkers loop terwyl ons vir die beste hoop nie? Ek het reeds vantevore gesê dat ek ’n lid van ’n vroue welsynsorganisasie is en ek het niks daarvan oorgekom nie. Ek is nog wat ek is en wat ek was en ek het, inteendeel, begin besef watter enorme werk hierdie welsynsorganisasie doen. Hulle probeer vir hulle medemens voorsien, van die wieg tot in die graf. Dit is opmerklik dat meeste van die vroue baie langer as die mans hou. Daar in ons geweste is ’n paar tehuise vir bejaardes en dit is meestal vol bejaarde dames terwyl daar net hier en daar ’n ou man is. Hulle is egter meestal glad nie te waffers nie en soms heeltemal onbruikbaar. Ek glo dat die rede hiervoor is dat baie van die mans te gou agteroor gaan sit. Is dit nie tyd dat ons ons moue moet oprol en die vroue moet help in hierdie vrywillige welsynsaksie nie? As ons nie bereid is om dit te doen nie, moet ons ’n slag na ons testamente kyk. Ons vind meer en meer dat alles na die familie en die kinders gaan terwyl ons nie aan die welsynsorganisasies dink nie. Hoeveel keer vind ons dat welgestelde ouers so lank hul leef, hul geld vir die kinders gee en as hul eers die geld het, is pa en ma vergete. Hulle kom dan na die Staat, maar die Staat bring die geld wat weggegee is in berekening vir vyf jaar en hulle kwalifiseer dus nie vir ouderdomspensioen nie. Die eerste wat ’n mens weer van dié kleingoed sien, is wanneer die ouers doodgaan en dan kom kyk hulle net of daar nie nog iets te aas is nie. Hier moet ’n plan gemaak word en daar-die kinders moet gedwing word om die ouers to onderhou of by te staan. Ek het nou die dag so ’n seun op straat gekry. Sy vader het verlede jaar ’n hele klomp geld aan hom gegee. Ek sê toe vir hom dat hy sy pa moet help, maar sy antwoord was dat die Staat moes help anders sou hy nie weer stem nie. Hierop het ek aan hom op ’n diplomatiese en ’n mooi manier gesê wat hy met sy stem moet maak.

Graag wil ek die agb. Minister en sy departement bedank vir die bekwame manier waarop hulle hierdie uiters belangrike departement behartig. Ek het gister gesien dat die agb. Minister warm onder die boordjie wil word oor aantygings van die Opposisie. Ek wil die agb. Minister egter maar vra om hulle te vergewe. Dit is ’n lang en moeisame proses om diegene wat die pad byster geraak het, weer op hul wiele te kry.

Mnr. J. T. ALBERTYN:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Worcester het my oortuig dat ons mansmense ook ons deel moet bydra in hierdie vrywillige welsynsorganisasies. Ek wil myself ook by hom aansluit waar hy die departement geloof het vir wat daar gedoen word in verband met welsynsdienste in ons land. Ek dink dat dit ’n blommetjie is wat ons in die lewe aan hulle kan bring. Ek wil vanmiddag ook sê hoe dankbaar ons, veral aan hierdie kant van die Raad, is dat die agb. Minister so mooi herstel het van sy onlangse siekte. Hy het ons byna laat skrik en daarom is ons bly dat hy sodanig herstel het dat hy manmoedig hierdie belangrike departement kan administreer.

Die agb. lid vir Worcester het die debat vir ’n oomblik weggeneem van gesondheid toe hy oot pensioene gepraat het—en dit was om ’n bepaalde rede waarvan die Swepe weet—en ek wil graag voortgaan om oor hierdie onderwerp te praat. Die sprekers na my sal weer by gesondheid uitkom.

Ek wil vanmiddag ’n baie ernstige pleidooi lewer ten behoewe van die siviele pensioen-trekkers, en veral daardie mense wat reeds lankal afgetree het en wat nie meer in ’n posisie verkeer om hul inkomste te vergroot nie. Ek wil heel aan die begin sê dat daar groot dankbaarheid onder hierdie mense is vir dit wat die Staat vir hulle doen deur die aanvulling van die pensioene waarop hulle geregtig is. Ek is egter bevrees dat ten spyte van dit wat gedoen word, die kern van hul probleem nie geraak word nie. Dit is nie die eerste keer wat ek oor hierdie onderwerp praat nie en ek is ook die eerste agb. lid wat oor hierdie onderwerp praat nie. Daar work gereeld pleidooie in hierdie verband gelewer, in ons koukus, in die Raad en van die kant van die ander partye. Daar kom wel toegewings van tyd tot tyd, maar vir sekere kategorieë van hierdie mense wat reeds lank gelede afgetree het, is daardie toegewings onvoldoende. Daarom dink ek dat die tyd aangebreek het dat die hele saak in diepte ondersoek moet word. Ek dink die enigste manier waarop dit werklik in diepte ondersoek kan word, is as ’n gekose komitee van die Parlement aangestel kan word om die hele situasie in verband met siviele pensioene te ondersoek en aanbevelings aan die agb. Minister te doen.

Ek wil graag na ’n paar redes verwys waarom ek dink dat dit nodig is. Daar is baie van hierdie afgetrede persone wat glo dat hulle onbillik behandel word. Daar is van hulle wat so ver gaan om te sê dat daar teen hulle gediskrimineer word en daar is van hulle wat baie beslis ontberings ly. Hierdie spreekbeurt van my is te kort om ’n omvattende motivering te gee vir hierdie versoek en ek sal dus net probeer om na ’n paar sake te verwys om aan te dui waarom ek dink dat sodanige ondersoek nodig is.

Kom ons kyk vir ’n oomblik na die onderwys. Die oud-onderwyser was ook ’n gemeenskapsleier. Hul skole was swak toegerus. In die vroeë dae het skoolhoofde nie sekretaresses gehad nie, hulle het nie sielkundiges gehad nie, trouens, hulle het skaars ’n kantoor gehad. Voorts het hulle nie biblioteekassistente gehad nie en daar was nie eens so iets soos departementshoofde nie. Hulle het ’n volle doseerlas gehad bo en behalwe die administratiewe werk wat hulle moes doen. Vandag is ’n skoolhoof amper meer ’n bestuurder as ’n pedagoog. Tans is meeste van ons skole selfs weelderig sover dit toerusting betref in vergelyking met dit wat hierdie mense tydens hul dienstyd ondervind het. Daardie mense het nie lang-verlof en studieverlof gehad in ’n mate wat enigsins vergelykbaar is met dit wat die onderwysers tans het nie. Hulle het geen departementele studiebeurse en studielenings gehad nie. Subsidies op huislenings het eers vanaf 1 April 1969 in werking getree terwyl mediese voorsorg eers 1 Januarie 1969 in werking gestel is. Diegene wat nie aan ’n mediese fonds behoort nie, koop vandag mediese dekking teen soveel as R36 per maand per egpaar. Op die oog af mag dit nie te veel klink nie, maar in baie gevalle is dit meer as 10% van daardie mense se pensioengeld en dit styg voortdurend. Sedert 1 Januarie 1969 het die afgetredenes ook vry mediese dienste. Hulle het geen geleentheid gehad om pensioen terug te koop voor 31 Maart 1969 nie terwyl dit vandag tot ’n ouderdom van 16 jaar teruggekoop kan word. Daar was geen weduweespensioenvoorregte vir onderwysers wat voor 1959 gesterf het nie terwyl daar vandag nog etlike weduwees leef van onderwysers wat in daardie kategorie geval het. Sedert 1 Julie 1963 kry die weduwees van afgetrede onderwysers wat na 1959 dood is, 50% van daardie pensioen. Hier is ook ’n anomalie wat ondersoek kan word aangesien die Spoorwegpensioentrekker se weduwee 80% van daardie pensioen kry. Die oud-onderwysers wat in diens van die sentrale regering was, het huislenings gekry, mediese fondse gehad en ook ’n weduweespensioenfonds gehad terwyl onderwysers wat aan die provinsiale onder-wysdepartemente verbonde was, dit nie gehad het nie.

Kom ons kyk vir ’n oomblik na die polisie. Ek het hier voor my ’n stuk wat ’n afgetrede polisieman opgestel het en daarvan wil ek ’n paar paragrawe voorlees. Hy sê dat ’n polisieman nie mag getrou het—ek verwys nou na die jare voor 1950—voordat hy nie drie jaar in die Mag voltooi het nie en dan moes hy eers toestemming van die Kommissaris verkry het. As hy sou trou sonder die toestemming van die Kommissaris is hy beboet en ook uit die Mag ontslaan. Hy sê ook dat hulle te voet die „beat” moes loop in reën, wind, koue en die hitte van die somerson. Daar was net geen genade nie. Hulle moes kameel ry, perd ry, fiets ry, motorfiets ry ens. Daar was geen vangwaens en patrolliemotors nie en hulle moes gevangenes, dronkes en vieslikes vir sover as drie myl stokalleen sleep of dra tot by die polisiestasie. Hy skryf ook oor die bespotlike loon wat ’n polisieman ontvang het. Hy kon nie spaar of ’n huis aanskaf nie en moes in ’n swak huis en in ’n swak buurt woon. Hy kon nie ’n motor bekostig nie en moes stap waar hy wou kom, so nie moes hy bus ry. Hy kon ook nie altyd vir sy kinders die nodige geleerdheid gee nie. Die mediese behandeling was nie te wat wonders nie. Na hul aftrede op pensioen was daar geen mediese fonds nie en hulle moes self daarvoor betaal. Dit is wat hierdie oud-polisieman alles sê. Vandag is alles baie anders in daardie diens. Trouens, dit is soveel beter dat die oud-polisieman sê dat dit nou omtrent hemel op aarde is om polisieman te wees.

Kom ons kyk ook na ’n paar ander syfers. Ek verstaan dat daar in my kiesafdeling, in die Strand, ’n oud-onderwyser is wat nou nog ’n pensioen van minder as R200 per maand ontvang. Ek het ongelukkig nie volle besonderhede nie, maar die rekenaar van die departement sou dit seker kon bevestig of ontken. Ek het ook hier ’n dokument wat ’n verteenwoordigende aantal oud-onderwysers ’n tydjie gelede opgestel het en ek meen hulle het ook ’n afskrif daarvan aan die agb. Minister gestuur. Hieruit wil ek ook etlike paragrawe voorlees.

’n Skoolhoof van ’n H2 hoërskool het teen die einde van 1969 afgetree met ’n maksimum bruto salaris van R6 300. Sy opvolger in dieselfde skool kry vandag onder die jongste bedeling ’n maksimum salaris van R22 650. Die hoof van die grootste laerskool in Kaapland het in 1955 afgetree met ’n salaris van R2 600 terwyl sy opvolger tans ’n maksimum salaris van R24 450 ontvang. Hoe verder ons teruggaan, hoe swakker word die posisie van afgetredenes wat salaris-en pensioenvoordele betref. U moet ook daarop let, mnr. die Voorsitter, hoe lank gelede sommige van hierdie mense reeds afgetree het. Hulle gaan dan voort en sê dat die hoë inflasiekoers, die stygende lewensduurte en die stygende mediese en hospitaaluitgawes dit veral vir die ouer pensioentrekkers al hoe moeiliker maak om beskaafd te bly voortbestaan.

Daar is veral een baie interessante paragraaf. Die hoof van ’n H2 hoërskool tree in 1969 na 38 jaar erkende jaar diens af. Hy ontvang een-derde van sy pensioen as ’n kontant uitbetaling wat R9 000 beloop. Hulle sê hier uitdruklik dat dit nie ’n gratifikasie is soos tans die geval is nie, maar ’n deel van sy pensioen. Sy maandelikse pensioen was R215 wat intussen tot R468 aangevul is en waarvoor hy baie dankbaar is. Daarmee word veronderstel dat hy die soort bestaan moet voer wat sy status, agtergrond, opleiding en die opvoedingswerk wat hy oor 38 jaar gedoen het, waardig is. As sy opvolger onder die huidige bedeling na 38 jaar diens sou aftree, sal sy kontantgratifikasie R57 800 wees en sy maandelikse pensioen R1 334. Ek het nou ’n eenvoudige sommetjie gemaak. As ’n mens kyk na die verhouding tussen die pensioen en die gratifikasie van destyds en nou—as ’n mens die kontantdeel van die pensioen van destyds as ’n gratifikasie kan beskou—wil dit voorkom asof dit intussen sesvoudig toegeneem het. Sy jaargeld is nou aangepas tot R468 per maand maar die eenderde van sy pensieon waarop hy geregtig was wat hy in kontant geneem het, het natuurlik bly stilstaan. Die twee-derdes het nou meer as verdubbel terwyl die een-derde stilgestaan het. As hy egter die aanpassings op sy volle pensioen gekry het, sou sy pensioen nou R702 per maand gewees het. As hy die R9 000 nog het en dit vandag teen 10% rente belê, sou hy daarop ongeveer R75 per maand verdien en hy verloor dus R169 per maand onder daardie bedeling. Indien hy egter die R9 000 moes gebruik om sy huis te betaal en dit dus nie meer as ’n addisionele inkomste beskikbaar het nie, verloor hy R235 per maand. As hierdie persoon die R702 per maand gekry het—met ander woorde, ’n aanpassing op sy volle pensioen waarvoor hy destyds gekwalifiseer het—sou hy tevrede gewees het. Met die R468 wat hy egter kry, sukkel hy om te bestaan en boet hy lewenstandaard in.

Daar is baie voorbeelde wat ’n mens in hierdie verband kan aanhaal, maar ek wil nie verder daarop ingaan nie. Ek wil egter na hierdie drie formules verwys: Voor 1 April 1969 is ’n pensioentrekker se pensioen bereken volgens sy salaris oor die laaste vyf jaar van sy diens vermenigvuldig met een oor tagtig. Vanaf 1 April 1969 is dit verander na die laaste drie jaar van diens vermenigvuldig met een oor vyf-en-vyftig wat ’n aansienlike verbetering verteenwoordig het. [Tyd verstreke.]

Mr. A. B. WIDMAN:

Mr. Chairman, I rise to give the hon. member an opportunity to complete his speech.

Mnr. J. T. ALBERTYN:

Mnr. die Voorsitter, ek sê dankie aan die agb. Sweep.

Die MINISTER VAN GESONDHEID, WELSYN EN PENSIOENE:

Julie Swepe is groot „pals”, nè?

Mnr. J. T. ALBERTYN:

Ek hoop net die agb. Minister is ook so ’n „pal” van die pensioentrekkers. Vanaf 1 Julie 1973 word die voile eindsalaris as die grondslag van die pensioen geneem. By elkeen van hierdie ver-beterings, sowel as by die gewone persentasieverhogings van 5% of 10% deurgaans, het diegene wat reeds afgetree het, verder agtergeraak en hier is ’n interessante tabel om dit te bewys. Moontlik moet ek hierdie paar syfers ter wille van die rekord aan die Komitee verstrek. Gestel daar was drie pensioentrekkers, A, B en C. A het op ’n pensioen van R10 000 afgetree, B op R5 000 en C op R2 000. Elkeen het by geleentheid drie verhogings van 10% gekry. ’n Mens sal nou sien dat A wat op R10 000 begin het, op R13 310 te staan gekom het, B op R6 655 en C op R2 662. Oorspronklik was daar ’n verskil tussen A en B van R5 000 en tussen A en C van R8 000. Na drie verhogings is die verskil R6 655 tussen A en B en R10 648 tussen A en C. Hierdie verskille eskaleer namate die pensioene hoër word en dit is dus inderdaad korrek om te sê dat die minderbevoorregtes al hoe minder be-voorreg word en dit is moeilik om in te sien hoe so ’n toestand geregverdig kan word.

Die probleem is—en dit is wat hierdie mense baie magteloos maak—dat hulle geen bedingingsmag meer het nie. Hulle kan nie staak nie, hulle kan nie dreig nie en hulle het werklik geen bedingsingsmag nie. Dit is waarom hulle hul saak aan ons stel en hulle vra ons om te help. Hulle sê dat hulle ’n groepie mense is wat besig is om te verdwyn. Hulle word minder aangesien hulle die heel oudste pensioentrekkers is.

Ek besef ook dat die oplossing nie alleen by die agbare Minister wat vanmiddag hier is, lê nie, maar in ’n groot mate ook by die agb. Minister van Finansies. Ek wil dus afsluit deur te vra dat ons hierdie mense moet help deur pensioenverbeterings volgens ’n glyskaal aan te pas soos in 1980 gedoen is. Ek meen egter dat ons meer kategorieë moet instel as net die drie wat toe gegeid het. Ek meen trouens dat daar minstens vier moet wees. Diegene wat voor 1 April 1959 afgetree het, is werklik die swakste daaraan toe en hulle is ’n baie klein groepie. Hulle is baie swak daaraan toe en dit kan werklik nie die wêreld se fondse kos om vir daardie mense ’n ruim toegewing te maak nie. ’n Mens kan moontlik ’n ander kategorie skep tussen 1 April 1959 en 1 April 1969. Daarna kan weer ’n kategorie geskep word tussen daardie datum en 1 Julie 1973 en ’n verdere kategorie vir diegene wat na 1980 afgetree het wat onder baie gunstiger omstandighede afgetree het as die ander.

Daar is baie ander argumente waarna verwys kan word, maar ek glo werklik dat ’n gekose komitee die enigste manier is waarop hierdie saak werklik in diepte ondersoek kan word en ek hoop dat die hele komitee asook die agbare Minister en die Opposisie my in hierdie versoek sal ondersteun. Ek glo dat die Parlement en die Staat ’n plig teenoor hierdie oud-dienaars van die Staat en die volk het.

Mnr. G. B. D. McINTOSH:

Mnr. die Voorsitter, ek wil net vir die agbare lid vir Valsbaai wat miskien sy vaarweltoespraak gemaak het, sê dat ons sy voorstel steun. Ek dink daar is geen lid wat nie bewus is van die probleme van die Staatspensioentrekkers nie. Ons sal dus sy voorstel ten sterkste steun. Ek wil vir hom baie dankie sê dat hy dit onder die agbare Minister se aandag gebring het. Ons hoop daar sal gevolg daaraan gegee word.

Mr. Chairman, this morning there was a report in one of the Natal newspapers on the situation at the Edendale Hospital and I should like to ask the hon. the Minister some questions about that which he may care to deal with when he replies to the debate. First of all, is the hon. the Minister aware that there has been a two-week investigation into the situation at the Edendale Hospital by the kwaZulu Department of Health? Also, has he in fact received a request from the kwaZulu Department of Health to transfer away from Edendale certain seconded staff members, and has he agreed to do so? If not, perhaps he could tell us why he came to that decision.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Perhaps you could give me the reason for the request.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Sir, the hon. the Minister, being the Minister of Health, is the one who must find out about that.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

You give me the reason. You want to talk about it.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Well, I want to hear from the hon. the Minister what he is doing about it because …

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

You tell me what the probleem is.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

… that hospital has a budget of R9 million per year. It fulfils a vital function in the Midlands of Natal, not only in regard to health care but also in regard to the training of doctors and nurses.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

You are right all the way.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

The hon. the Minister has already upset kwaZulu through his legislation about nurses and because he is simply removing nurses working in kwaZulu from the South African scene with no legal right to do so whatsoever.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Tell me what the probleem is.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

The hon. the Minister must answer that. I am not a Minister of State. The hon. the Minister is the one who is a Minister of State. Therefore he must tell us what is going on at that hospital. According to a report which appeared this morning, he refused permission for people to be seconded out of that hospital. We do not want trouble in Natal because of a Minister sitting here in Cape Town. [Interjections.]

All of us have before us a report from the Medical Association of South Africa, which appointed an ad hoc committee to consider certain ethical issues. I should like to ask the hon. the Minister whether he has in fact read this report.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

What report is that?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

I am referring to the report on certain ethical issues drawn up by Mr. Maisels and Dr. De Villiers.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Yes, I have read it.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Well, this report raises a number of interesting issues, which I believe should be mentioned in this debate. Firstly, it serves to remind us once again of all the sickening events surrounding the death of Biko. I believe that the whole of South Africa was revolted by what in fact happened as a result of that death. To read this report, which describes only a few details of the inquest proceedings, is indeed something to make any South African who has any sense of decency hang his head in shame. What I believe we have to get from the hon. the Minister is why his department allegedly, in terms of this report, is party to a cover-up concerning this whole business. The Biko incident opens a whole can of worms. In any society there are going to be cans of worms, because we are all sinners and we all have things that are wong with us. That is why we have Parliaments, laws and elections to try to control that situation. However, what has been the reaction of the Government and specifically of the Department of Health, Welfare and Pensions in relation to this whole business? What did they do instead of saying: “Look, it is a terrible mess. We have made a terrible mistake. Let us sort it out.”? We have an amendment to the Inquests Act to avoid the publicity associated with inquests. We then had this matter referred to the Medical and Dental Council who declined to do anything about these doctors. I believe that the hon. the Minister should feel sorry for those three doctors, the three who are involved. The Medical and Dental Council refuses to do anything about it. The hon. the Minister was asked whether he would please raise the matter again with the Medical and Dental Council, but he will not.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Who asked that?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

That was contained in a question to the hon. the Minister.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

By whom?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

He was asked that in Parliament according to the report I have here. I quote—

The Minister of Health, Welfare and Pensions, Dr. L. A. P. A. Munnik, refused to convene a special meeting of the council to review the findings of the preliminary investigation. Replying to a question in Parliament, Dr. Munnik said he had no intention of interfering with the council’s disciplinary functions.
The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

That is quite right.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Sir, I believe the hon. the Minister should reconsider that for the sake of those three doctors. In what position do those doctors in fact find themselves? Nobody really is sure whether they are in fact innocent, because the matter has not been investigated openly. The one doctor in private practice, Dr. Hersch, has endeavoured on every occasion to have some sort of investigation made because he wants to clear his name. He says he has nothing to hide. However, the two district surgeons are employed by the Minister and it seems to me that the Minister’s department is party to the cover-up, because according to the report Dr. Gilliland had issued specific instructions that neither Dr. Lang nor Dr. Tucker were to participate in the proceedings. This was not a trial. It was an ad hoc committee of Masa. It consisted of two respectable people: The former rector of the University of Stellenbosch and the well-known Judge Maisels. These two people are known as fine South Africans who will do their best in the work they are given. I want to ask the hon. the Minister to try to do something for the sake of these poor district surgeons, because what in fact is the image the public have of them until they are acquitted? It is that they are guilty. There is, however, no reason for that in fact to be the case, but we will not know until there has been an open and fair discussion and inquiry. The inquiry by Masa could not subpoena people and I believe this is something to which the hon. the Minister has to give attention.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Do you want it to be an ethical inquiry? What sort of inquiry do you want it to be?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Well, it should be an inquiry on the basis of the referral by the magistrate who did the inquest.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

I am asking you: Must it be an ethical inquiry?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

We have had an ethical inquiry.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Well, what inquiry do you want me to have made?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

There should be an inquiry by the Medical and Dental Council with the power to subpoena people and find out what the position is.

Masa has come forward with certain ethical considerations, and I want to get on to that now. Masa’s federal ethical committee has made a recommendation to the Minister. Is he prepared to grant the interview they request with a view to changing the law relating, in this case, to the Terrorism Act and the General Law Amendment Act?

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

I have had no request from anybody after that report.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

The hon. the Minister will be getting one in terms of the resolution taken. I am surprised that he has not received such a request yet, but I am sure it is coming.

Then there is another consideration as regards doctors. There is the ethical issue that, according to the Declaration of Tokyo—

A doctor must have complete clinical independence in deciding upon the care of a person for whom he or she is medically responsible. The doctor’s fundamental role is to alleviate the distress of his or her fellow-man, and no motive, whether personal, collective or political, shall prevail against this higher purpose.

I want to stress that, because I believe that that is a very, very important principle. It is up to the hon. the Minister to release the doctors concerned of their burden. They are employees of his department. It certainly appears from what Dr. Gilliland said that they are not getting any co-operation and I would urge the hon. the Minister to do something to help these poor doctors. It would appear that he is endeavouring to carry on with the cover-up of the whole incident surrounding the doctors’ role in the death of Steve Biko.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

You are talking rubbish. I have no say in this at all; and do not say I am engaged in a cover-up.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

The hon. the Minister knows perfectly well how influential he is. If he wanted to, he could exert a lot of influence.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Go and say outside Parliament that I am engaged in a coverup.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Sir, we know what a cover-up there has been. A law has been changed …

The DEPUTY CHAIRMAN:

Order! What does the hon. member mean by saying that the Minister is engaged in a cover-up?

Mr. G. B. D. McINTOSH:

I mean that the hon. the Minister, as the Minister of Health, is responsible for allowing people like Dr. Gilliland to give specific instructions to the two district surgeons not to give evidence before an ethical committee of inquiry of Masa. If that is not an attempt to cover up their professional conduct during the treatment of Mr. Biko, then I do not know what is. [Time expired.]

Mnr. R. P. MEYER:

Mnr. die Voorsitter, dit is jammer dat ek my nou in die onbenydenswaardige posisie bevind dat ek ná die agb. lid vir Pietermaritzburg-Noord aan die beurt kom. Ek dink die debat is tot dusver op ’n redelike peil gevoer, maar dit lyk vir my dat die agb. lid vir Pietermaritzburg-Noord in staat is om te eniger tyd onaangenaamheid te veroorsaak. Hy maak ook van alles ’n gemors. In elke ding soek hy klaar-blyklik ’n „cover-up”, ongeag waaroor dit gaan. Dit is in elk geval baie duidelik dat ons in hierdie stadium so te sê genoeg gehad het van sy minder aangename optrede. Ek laat dit aan die agb. Minister oor om daardie sake verder te behandel.

Ek wil graag praat oor ’n onderwerp waarmee ek miskien nie regstreeks gemoeid is nie, maar wat tog vanuit die oogpunt van my kiesafdeling vir my van belang is. Ek verwys na die aptekerswese in Suid-Afrika. Sover ek weet, is daar nie meer ’n apteker in die Raad nie en aangesien die hoofkantoor van die Aptekersvereniging van Suid-Afrika in my kiesafdeling geleë is, het ek my dit veroorloof om die onderwerp ter harte te neem. Vanweë my kontak met die Aptekersvereniging van Suid-Afrika en ook vanweë die kontak wat ’n mens uit die aard van die saak met die aptekers in jou kiesafdeling het, soos elke agb. lid dit waarskynlik het, het ek bewus geword van die beroep as soda-nig maar ook besorg geraak oor sekere probleme wat veral in die jongste tyd rondom die aptekersberoep na vore gekom het. Party van hierdie probleme is klein en ander is groot. Party apteke, en veral die kleineres, word waarskynlik meer deur hierdie probleem geraak as die grotere apteke. Ek dink dit is nodig dat ons krities na enkele van die bestaande knelpunte kyk. Ek glo nie dit is nodig dat ’n mens politiek daarvan hoef te maak nie. Ek dink dit is nodig dat ons in belang ook van die gesondheidsberoep waarvan die aptekersberoep sekerlik ’n deel uitmaak, na hierdie aangeleenthede moet kyk.

Ek wil die stelling maak dat die aptekerswese as sodanig die risiko loop om in Suid-Afrika te verdwyn. Ek sê dit loop die risiko, ek sê nie dat dit gaan gebeur nie—ek wil dit baie duidelik kwalifiseer. Die groot aptekers sal dit miskien nie glo nie, maar ek dink dat die kleiner apteker en veral die apteker op die platteland die moontlike risiko van die verdwyning van die apteker uit die Suid-Afrikaanse gesondheidsdiens reeds aan sy bas ervaar. Die apteker gaan nie verdwyn omdat medisyne gaan verdwyn nie, maar hy kan verdwyn omdat die verskaffing van medisyne nie noodwendig altyd langs die kanaal van die apteker nie maar langs ander kanale sal geskied. Dit is die risiko as daar nie met goeie oordeel na die probleem gekyk word nie.

Daar sal dus intensief na die proses van medisyneverskaffing as deel van die mediese diens gekyk moet word. Laat my net byvoeg dat die apteker se funksie na my mening nie noodwendig beperk is tot die voorbereiding van voorskrifte of die verkoop van potte en panne en ander kommersiële kommoditeite nie. Ook op die primêre vlak van mediese sorg lewer hy ’n diens regstreeks aan die pasiënt.

Wat is die veranderingsfaktore wat ingetree het wat daartoe aanleiding gee dat ons sê dat daar ’n risiko is met betrekking tot die voortbestaan van die aptekersbedryf in Suid-Afrika? Eerstens is daar die revolusie in die farmaseutiese bedryf wat veroorsaak het dat die rol van die apteker verander het en hy nie meer die medisynemaker is nie, maar hoofsaaklik slegs die verskaffer daarvan is. Die voorbereidingstaak word aan die farmaseutiese vervaardigingsindustrie oorgelaat. Dit het daartoe gelei dat die apteker as sodanig miskien minder van ’n deskundige op sy terrein is en dienooreenkomstig ook ’n laer professionele status geniet. Tweedens het die revolusie in die kleinhandel as sodanig die apteker by uitstek nadelig getref vanweë die feit dat in die kleinhandelsmark veral die hipermark van vandag die mark totaal oorheers. Die derde veranderingsfaktor is die feit dat daar met verloop van tyd ’n groter bewustheid by die Staat ontstaan van sy verantwoordelikheid om beheer oor die verspreiding van gelyste medisyne uit te oefen. Die vierde veranderingsfaktor wat ek wil aanstip, is die neiging tot die sosialisering, of die sogenaamde sosialisering, as ’n mens dit so wil beskou, van gesondheidsorg as sodanig. Hierdie neiging bestaan egter nie net by die owerheidsektor nie. Ons moet nie net die Staat, die provinsiale owerhede of die plaas-like owerhede die skuld daarvoor gee nie, want hierdie neiging vind ’n mens ook in die private sektor by die groter maatskappye. Mynmaatskappye en ander maatskappye wat baie werknemers in diens het, wend hulle tot hierdie neiging.

Die vyfde veranderingsfaktor is die bestaande gebrek aan behoorlike skakeling tussen die verskillende komponente van gesondheidsorg, te wete die apteker, die medikus en die verpleegster. ’n Voorbeeld daarvan is die feit dat sekere tradisionele funksies van die apteker inderdaad deur die lede van ander beroepe oorgeneem is. Die gevolg daarvan is dat die apteker noodwendig besig is om sy funksie as lid van die mediese span te verloor.

Indien daar nie tydig en effektief na hierdie veranderingsfaktore gekyk word en daar dienooreenkomstig opgetree word nie, kan dit maklik sekere gevolge hê. Die eerste is dat die ekonomiese bestaan van ’n groot aantal aptekers in die gedrang sal kom. Dit word bereken dat van die nagenoeg 2 200 apteke in Suid-Afrika reeds 1 000 as marginaal lewensvatbaar beskou kan word. Tweedens kan dit tot ’n wanverhouding lei in die verhouding tussen die aantal pasiënte en aptekers. Die aptekersberoep word ’n beroep waaraan ’n hoë finansiële risiko verbonde is en dit bring mee dat mense wat tot die beroep wil toetree, ontmoedig word. Derdens sal aptekers vanweë ekonomiese neigings soos dié wat ek geskets het, dwing word om in stedelike gebiede waar die meeste mense is, te konsentreer. Dit sal meebring dat die landelike gebiede daaronder sal ly, omdat die apteker nie meer daar ’n bestaan kan voer nie. Vierdens kan dit vanweë die scenario wat ek geskets het, daartoe lei dat die Staat genoodsaak sal word om op groter skaal as tans sy resepteernetwerk vir die verskaffing van medisyne uit be brei. Dit is ’n toestand wat nὸg die Staat nὸg die aptekersberoep kan bekostig. Dit sal ook nie in dié belang van die burgery wees as so ’n toestand ontstaan nie, want dit kan beteken dat die apteker wat op die eerste vlak van mediese sorg ’n noodsaaklike diens lewer, totaal sal verdwyn en dat die burgery die diens wat hulle tot nog toe geniet het, sal moet ontbeer. Dit plaas op sigself weer ’n groter werklas op die gesondheidsdienste wat deur die ander komponente verskaf word. ’n Verdere gevolg sal wees—en dit is iets waarvoor die apteker in hierdie stadium vry algemeen gekritiseer word—dat die apteker hom in grotere mate sal moet wend tot algemene handelaarspraktyke en die verkoop van allerlei kommersiële kommoditeite.

Saamgevat kan hierdie toekomsprojeksie sekere gevolge hê. Die eerste is dat aan die hand van hierdie berekenings die Staat teen die jaar 1985 sowat 60% van die volume van gelyste medisyne in Suid-Afrika sal aankoop. Daardie syfer berus op spekulasie, maar met die huidige gegewens kan dit so geprojekteer word. Tweedens sal slegs ongeveer 400 tot 500 van die huidige apteke in staat wees om in die lang termyn voort te bestaan. Dit is ’n ietwat donker prentjie, maar dit toon net dat daar na die probleme van die aptekerswese as sodanig gekyk moet word. Ek dink daar moet veral op drie terreine daarna gekyk word. Eerstens sal die aptekersberoep as sodanig self na sy probleme moet kyk en sy sake in orde moet bring. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN GESONDHEID, WELSYN EN PENSIOENE:

Mnr. die Voorsitter, ek wil graag in hierdie stadium antwoord op ’n paar van die sake wat geopper is, want anders sal ek aan die einde van die debat te veel tyd aan my antwoord moet bestee. Ek wil heel aan die begin reageer op dit wat die agb. lid in Johannesburg-Wes wat nou net gaan sit het, gesê het. Dit was interessant om na sy pleidooi vir die apteker te luister. Ek weet dat hy ’n studie van die saak gemaak het en ook in die aptekersberoep belang stel. Ek wil onmiddellik vir hom sê dat wat my betref, ek die apteker in die private sektor as deel van die gesondheidspan sien en hoop om solank ek hierdie pos beklee, hom daar te hou. Dit is aan my voorgelê dat ek al meer samesprekings met die Aptekersvereniging gehad het as wat enig-iemand anders in die voorafgaande jare met hulle gehad het. Die doel is om te sorg dat ons hierdie mense by ons hou. As die agb. lid kyk na die opdragte van die Browne-kommissie, sal hy sien dat paragraaf (f) op bladsy 5 soos volg lui—

Die koste vir ’n apteker om sy praktyk te bedryf; die winsmarge op reseptering; die winsmarge op ander kommoditeite die getal en die distribusie van voorskrifte en die voorsrkifpatroon.

Dit is een van die opdragte. Dan is daar ’n spesiale komitee wat op farmaseutiese aangeleenthede ingaan. Mnr. Browne dien eintlik self as voorsitter daarvan. Ander lede is mnr. Aronson wat self in die beroep staan, opgeleide akademici, professore, die voorsitter van die Medisynebeheerraad wat nou ook meen ek adjunk-rektor van die universiteit in die agb. lid se kiesafdeling word, en ander mense wat in die praktyk daarmee gemoeid is. Ek dink die agb. lid kan gerus wees dat wanneer die verslag verskyn, dit ons beslis ’n duidelike beeld sal gee van wat gedoen moet word.

I come to a less pleasant matter to which I must reply—I think I had better start with the worst. I want to say a few things in reply to the hon. member for Pietermaritzburg North. I was very interested in what the hon. member had to say about the matter concerning the Edendale Hospital in kwaZulu. He seemed to know a lot about it. Perhaps he can tell me what the reason is for the inquiry. Perhaps he can tell me why they want me to take the two officials away from the hospital so that there can be a departmental inquiry.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

I can tell you that.

The MINISTER:

No, Sir, the hon. member has had his chance. He did not want to tell me just now, so now he can keep it to himself. He can write me a letter about it. If the hon. member knows, he should tell me. I put my position very plainly. I told the hon. the Minister of Co-operation and Development that if the two officials concerned, i.e. the superintendent and the secretary, had committed some crime or were in the position that they had stolen goods or had neglected to see that goods were properly cared for, I was quite prepared to have the S.A. Police fully investigate the matter, because those officials belong to the relevant South African department. I said I was quite prepared to have them and the hospital investigate it, but I want to say directly—they have evidently heard this from someone else already—that I am not prepared to take these two officials away from the hospital while allowing a kwaZulu investigating party to investigate the charges against them. If it is a question of theft, misconduct or anything like that—I do not know what is involved—the matter can be referred to the S.A. Police and the door will be open for them to examine all the allegations made by the kwaZulu Government, their Minister of Health, the officials and anybody else. More fair than that I cannot be. I am, however, certainly not going to remove those officials from that hospital to allow a kwaZulu investigating team to proceed to examine something while I do not even know what it is they want to examine. That is the first point.

Mnr. G. B. D. McINTOSH:

Nou kry ons die waarheid. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER:

Ek dink die agb. lid moet hom hewer tot my wend. Hierdie kêrels sal hom net seermaak. ’n Mens kan sien hulle het lus vir hom.

Mnr. G. B. D. McINTOSH:

Hulle maak my nie seer nie. Ons kry nou die waarheid.

The MINISTER:

Mr. Chairman, I want to turn to another even more despicable matter which the hon. member raised. It is not difficult to read the mind of the Opposition. One just has to watch the Press to know what matters they are going to raise. I have read the report the hon. member referred to. I was also very interested in a few leading articles on this matter. In fact, in The Cape Times of the same day a report appeared on Dr. Gilliland’s statement. It is headed: “Doctors not forbidden to testify”. In the report his reasons for this are set out. At the same time the leading article also dealt with this matter. This editor thinks it is now the right time to climb in. He wants to give Dr. Gilliland a kick in the teeth, and as far as I am concerned he was probably aiming much lower than that. I am not even going to repeat the editor’s story, because I do not need editors as friends. I just want them to be honest and to stick to the truth. I am sure it is possible. Some editors have done that, some editors have been able to stick to the truth, but others are perhaps not as successful at that. This particular editor wrote—

The finishing touch to the cover-up …

Those are the same words the hon. member used—

… was added by the Department of Health, the employers of the doctors concerned.

He went on—

Dr. Munnik, with his customary mental agility …

I thank him for that compliment, but perhaps I cannot reciprocate it—

… will present this reluctance to cooperate as utterly legal in keeping with the strictest reading of the obligation …

Then he went on with a lot of “blah” which I think editors are entitled to write if they think it might sell their newspapers for them.

I can recount chronologically Dr. Gilliland’s story to me. I have no reason at all to disbelieve him. Perhaps Adv. Maisels can give the source of his information that Dr. Gilliland had forbidden these people to testify. Adv. Maisels’ report has its inaccuracies. When someone with the standing of Mr. Maisels brings out a report, it would be worthwhile for him to make sure that his terminology is correct. In referring to Dr. Gilliland, he calls him the Deputy Director of Health Services. That is not correct. He is the Deputy Director-General of Health. That may sound like a very small point, but surely one can find out exactly what a person’s designation is. He also talks about “the Regional Government Director of Medical Services”. That is our Regional Director of Health. One must be accurate even with the designation of people because otherwise the impression is created that the report might be inaccurate as well. Alternatively, one must judge it on its inaccuracies.

I want to recount the story Dr. Gilliland told me.

Mr. A. B. WIDMAN:

Are you suggesting that the report is not accurate?

Die MINISTER:

Ek is nie met die agb. lid vir Hillbrow besig nie, maar met die agb. lid vir Pietermaritzburg-Noord.

Mr. A. B. WIDMAN:

May I ask you a question?

The MINISTER:

I have no comment to make on the report. Was the hon. member asking about the accuracy of the report?

Mr. A. B. WIDMAN:

I was asking whether you were suggesting that the whole report was not accurate.

The MINISTER:

I have no particular feeling about the report at all. I have read it and that is all.

Mr. G. B. D. McINTOSH:

Does it leave you cold?

The MINISTER:

Those are the hon. member’s words. I said I have no particular feeling about it, because I have just read it. It does not affect me or concern anything I have done. I did not consider it as something I needed to look into, and I shall tell the hon. member why in a moment. Drs. Lang and Tucker were invited to testify before Adv. Maisels and Dr. De Villiers. They asked the Regional Director of Health in Port Elizabeth, Dr. Krynauw, what they should do. They happen to work for the Department of Health and it was logical for them to ask it of him. Dr. Krynauw referred the matter to the Deputy Director-General of Health, Dr. Gilliland, who in turn asked the State Attorney for advice. They work for Dr. Gilliland. He is the administrative head of the health section. I am not the administrative head but the political head of this department. The State Attorney, whom the same newspaper referred to as the Attorney-General—it was reported that he asked the Attorney-General for advice, but it was not the Attorney-General, but the State Attorney; one does not ask the Attorney-General for advice—strongly advised that Drs. Lang and Tucker should not give evidence. This opinion was conveyed to Dr. Krynauw by Dr. Gilliland. Dr. Krynauw then informed Drs. Lang and Tucker of the State Attorney’s opinion. Drs. Lang and Tucker were not forbidden by the Deputy Director-General of Health, Dr. Gilliland, or Dr. Krynauw to appear or to testify. They were told what the opinion of the State Attorney was, and his advice was that they should not testify. That is it in a nutshell. Adv. Maisels can do what he likes with that information. He can give me the source of his information and if that then points to the fact that Dr. Gilliland or Dr. Krynauw was responsible, I shall take the matter further—Adv. Maisels must have got the information from someone, because it appears in his report. That is an open invitation to him.

Ek is nie kwaad vir hom nie. Ek wil net die feite hê. In die wêreld waarin ons tans leef, is dit my ondervinding dat ’n mens net met feite moet werk en nie met koerantberigte nie.

Let me go further. I asked the hon. member whether he wanted me to institute an investigation on ethical grounds. I have no power to institute such an investigation. The hon. member must remember that we have a statutory body in the form of the Medcial Council. The hon. member quoted that I had been requested to convene an emergency meeting of the Medical Council to discuss this ethical question. I refused. The Medical Council had in any case set time aside to discuss the matter at their usual meeting. Is it for me to interfere with the Medical Council, a body made up of people well-known in our society, recognized people of ability and standing? Is it for me to say to them: “I do not think you did a good job. Get cracking and do it again”? I have no authority to do that. They can simply tell me to jump in the lake. I have no authority to tell the Medical Council what to do. I think the hon. member must realize that we have not been dealing with such things for a matter of mere weeks or years. We have a special handbook entitled “The Medical Practitioner in the Health Service”. If the hon. member cares to read it—I am not going to do so now—he will find in it all the information regarding what a doctor should do in circumstances similar to those Drs. Lang and Tucker found themselves in. It sets out in full the Hippocratic Oath and the Declaration of Toyko. One finds set out here how doctors should handle certain situations which any person working for the Department of Health might have to deal with.

Dit is ’n volle handleiding wat ons uitbring. Die saak word deur die Direkteurgeneraal met die hoof van die Polisie, die hoof van die Gevangenisse en met al die ander aan wie ons dienste lewer, bespreek, en daarna word dit alles in ’n handleiding saamgestel. Hierdie handleiding word elke jaar, twee of drie, hernieu. Dit is hoe ons departement werk. Ek kan nie vooruit sê wat ek sal doen as ek bv. versoeke kry om mense te ontmoet nie. Ek het by ’n vorige geleentheid—dit wil ek baie duidelik sê—al geweier om die Mediese Vereniging oor hierdie saak te sien, omdat hulle in daardie stadium besluit het om ’n kommissie aan te stel, en ek nie van plan was om hulle te sien nie. Hulle het aan my geskryf om my te laat weet dat hulle hierdie saak voor die Rabiekommissie wou lê vir ondersoek, en toe wou hulle my ook sien. Toe het ek aan hulle gesê dat hulle eerder voor die Rabie-kommissie moet gaan getuig, want wat sou dit help om my te kom sien oor ’n saak wat my eintlik nie raak nie; dit is iets wat uit my hande is. As ek die Minister van Justisie of die Voorsitter van die Mediese Raad was, dan was dit ’n ander saak. ’n Mens moet bly by die beperkings van jou pos; dan kry jy redelik moeilikheid, maar jy kry nie onnodig moeilikheid nie.

Meneer, ek dink dit is al wat die agb. lid eintlik geopper het. Ek wil aan hom sê dat hy baie versigtig moet wees, want hy word hier as ’n „stool-pigeon” gebruik; iemand wat sommer ingestoot word in ’n debat oor sake waarvan hy niks weet nie. Ek sien die agb. lid glimlag. Hy besef iemand het hom ’n flater in die Raad laat begaan. Daar is nou in die etenstyd wat voorlê, tyd hiervoor, en as ek die agb. lid was, sou ek daardie persoon regsien. Die agb. lid moet nie toelaat dat daardie persoon dit weer met hom doen nie.

Meneer, ek wil kom by ’n paar sake wat die agb. lid vir Park town geopper het. Die agb. lid vir Parktown het heel aan die begin iets baie interessants gesê. Hy het verwys na dit wat ek gesê het in verband met die kommissie se ondersoek en hul verslag, waarin hulle gesê het wat hulle dink ons moet doen om die situasie te verbeter. Dit is iets wat ek en die beleidsraad—en ek het hulle toestemming om dit hier te sê—eers Maandag gaan bespreek. Op grond daarvan sal ons ons plan van aksie oor die kort termyn en die lang termyn instel. Nadat ek dit alles gesê het, het die agb. lid gesê sy gevoel oor alles wat ek hier gesê het, is „So what?”. Die agb. lid vir Park town het „So what?” gesê vir ’n ondersoek wat ons laat instel het, wetende dat daar probleme is. Die ondersoek word in-gestel nie as gevolg van ’n geskreeu in ’n verkiesingsveldtog, toe die PFP wou muntslaan uit die verpleegsters se stem nie, maar op grond van ’n besluit wat reeds maande tevore geneem is. Dit is al verlede jaar besluit. Ek het die datums voorgelees; agb. lede kan dit in my Hansard gaan naslaan. As jy in mediese administrasie is, moet jy jou oë oophou en jou ore op die grond hou. Dit is juis wat ons eie mense aan ons oorgedra het. Die L.U.K.’s het by ’n beleidsraadvergade-ring probleme voorsien, toe ons gemerk het dat daar ’n daling in die inname van studente was. 1979 was een van die beste jare wat ons nog ooit gehad het, wat die inname van studente betref, en ’n mens sou dit nie in daardie tyd agtergekom het nie. Die agb. lid sê hy praat met verpleegsters en dokters. Ek praat ook met dokters en verpleegsters. En, meneer, terwyl ons daar is, moet ek miskien vir agb. lid nog ’n interessante stukkie nuus vertel. Die agb. lid moet nie soveel gif suig uit enige ding wat hy sien nie. Hy moet met my praat as hy ’n probleem het, en vir my vra of dit so is en of dit nie so is nie. Hy moet nie in ’n debat in hardloop en homself vir kritiek ooplê nie, want ek antisipeer feit-lik elke beweging van die Progressiewe Federale Party, nie omdat ek slim is nie, maar eintlik omdat hulle dit vir my, voordat hulle begin, deur die koerante of deur die Mediese Joernaal, telegrafeer.

Ek wil verwys na hierdie saak wat in die Mediese Joernaal geopper is. Daarin word gesê dat die verhoudings nou so swak is. Ek was totaal verbaas, meneer, oor dié kilheid van my. Ek sê weer: Ek het die Mediese Vereniging plus sy bestuur en sy voorsitter, asook die Mediese Raad, sy nuwe voorsitter en sy ou voorsitter, meer keer in een jaar gespreek as wat hulle in die vorige vyf jaar gespreek was. Die dag voordat hierdie verslag in die Joernaal verskyn het, het die voorsitter van die Mediese Vereniging gebel en gevra of hy my kon kom sien. Ek het nie eens geweet waaroor dit gaan nie. Hy het ingekom en daardie verslag aan my gegee, en met my gesels oor die redes vir die verslag. Ons het ’n baie goeie verhouding, Meneer; soveel so dat die voorsitter van die Mediese Vereniging gisteroggend my kantoor gebel het. Ek sal vir u sê wat hy te sê gehad het. Toe begin die koerante ook bel—die Rand Daily Mail en al die gifsuiers is toe agter die storie van die geveg tussen die Minister en die Mediese Vereniging. Ek het hier my sekretaris se nota—

Prof. Guy de Klerk het gebel. Hy sê die artikel wat in die mediese tydskrif verskyn het, was sy voorsittersrede in Meimaand. Sedertdien, sê hy, het alles verander en die verhouding met die Minister is baie goed. Hy het ’n brief aan die mediese tydskrif geskryf om die saak reg te stel en het die redakteur gevra om dit so spoedig moontlik te plaas.

Nou, hoe spoedig kan ’n mens dit in die Joernaal plaas? Ek sal vir u sê wat ek gedoen het, meneer. Daar was toe heelwat berigte wat deurgekom het. Die Rand Daily Mail, sê my sekretaris, het weer gebel. Wat moes hy by wyse van kommentaar aan hulle sê? Weet u wat ek toe aan hom gesê het? Ek het aan hom gesê: Bel hulle. Gee hulle dr. De Klerk se nommer en sê hulle moet dr. De Klerk bel, want hy kan dan met hulle gesels oor die verhouding wat daar tussen ons is. Sê ook vir dr. De Klerk, het ek aan my sekretaris gesê, as hy nou voel dat daar ’n beter verhouding is, is dit sy plig om ’n verklaring aan die koerant te maak. Daarmee is die saak by my afgehandel. Die agb. lid moet nie net kyk na ’n beriggie nie. Hoekom het hy nie prof. De Klerk gebel nie? ’n Slim debatteerder sou hom mos gebel het; miskien sou hy dan nog ’n bietjie gif uit die ding kon gekry het. Ek wil vir u sê, Meneer, dat my verhouding met die geneeshere so goed is as wat ’n mens kan kry. Daar is probleme omdat ek die tarief moet vasstel. Ek het egter nie in die laaste tyd probleme met die geneeshere gehad nie. Daar is geen probleme nie; hulle doen hulle werk en ek doen myne en ons verstaan mekaar goed. Ek dink dit is duidelik wat daardie agb. lid gesê het.

Daar is weer gepraat van die Johannes-burg-hospitaal. Die Johannesburg-hospitaal het buitengewone en besondere omstan-dighede. Ek wil nie hier van ander provinsies praat nie, maar die Transvaal sit in die moeilikste posisie van almal. In die PWV-gebied kan ’n mens agter elke bos werk kry. Iemand wat matriek het, kan in klerklike werk in die privaatsektor teen enige salaris instap. Die Johannesburg-hospitaal is self ook nie op die heel beste plek vir ’n opleidingshospitaal geleë nie—laat ek dit nou maar vir u sê van Ministerskant af. Die hospitaal is nie geleë aan die rant van ’n subekonomiese gebied nie, waar jy jou pasiënte maklik kan inkry, en waar jy mense kan kry wat werk toe kan stap, soos die geval is met ons ander groot hospitale. In die geval van daardie hospitaal moet die meisies partykeer tot twee busse haal, en hulle wil dit nie meer doen nie. Die naaste woonstelle, meen ek, is in Hillbrow, daar waar die agb. lid vir Hillbrow se standplaas is. Al daardie faktore tel, asook die werksomstandighede, die werkgeleenthede en die feit dat dit ’n ontsettende groot hospitaal is. Daar is wel probleme, maar daar moet probeer word om die probleme op te los. Die probleme sal nie opgelos word deur met my hier in die Raad te kom raas nie; die probleme sal opgelos word op die basis van gesonde verstand en deurdat hierdie verslag geïmplementeer word. Die agb. lid vir Hillbrow het gevra: „Will you go to the Cabinet with this report if they recommend better salaries?”

Mr. Chairman, I think the hon. member for Hillbrow did not listen. I said that I had already initiated, through the Cabinet, an investigation into a differentiation of salaries in the case of nurses, within the structure of our total service. This does not mean that those salaries must simply run in a straight line in relation to the total service. The teachers already have a differentiated salary; they are now in a pillar form, within the structure. So, too, in the case of the nurses there is an investigation. We hope that it will be ready by the end of the year. I must point out, however, that this is an enormous task, which they had to slot in somewhere. My argument was, and still is, that although you can give short-term additional percentage increases, as we have done recently, that is not the solution. You have to have scales and you have to achieve parity. Parity has already been achieved, to a very large extent. It cost, I think, something like R26 million in the last budget. Does that look like doing nothing?

Die agb. lid beskuldig my daarvan dat ek niks doen nie. Hy het die vermetelheid om voor te stel dat my salaris weggevat moet word. Nadat ek vandag na die agb. lid geluister het en gehoor het dat hy ten opsigte van hierdie verslag sê „So what?”, is ek eintlik jammer dat ons nie ’n amendement kan voorstel om sý salaris weg te neem nie, want weet u, Meneer, as ons dit doen, sal dit deurgaan en dan sal hy sonder salaris wees. Ons moet nie met foefies vir die pers vorendag kom nie, Meneer. Agb. lede moet my aanval as hulle dink dat daar foute is. As ek foute maak, sal ek dit erken. Ek sal my bes doen om hierdie departement na my beste vermoë te beheer, maar dan wil ek ook dit sê: Die agb. lid het nou almal van blaam onthef, en ek is nou die man in die beskuldigdebank. Volgende jaar, as ons weer hier sit om die Begroting te bespreek, en ’n groot verbetering het in die verpleegberoep plaasgevind, en almal is met die salarisse tevrede, en almal is met die nuwe opleiding-situasie tevrede, dan moet daardie agb. lid opstaan en vra dat my salaris verdubbel word, want dan sal die Minister blyk ’n groot sukses te ge wees het.

Dr. M. S. BARNARD:

Definitief!

Die MINISTER:

Goed; baie dankie. Dit sal ook deurgaan. Ek het genoeg mense aan hierdie kant om dit te laat deurgaan.

Die agb. lid het gepraat oor die kwessie van die Swart verpleegsters wat ook nou gebruik moet word. Ander agb. lede het ook hierna verwys, en ek sal so in die verbygaan ook hulle vrae beantwoord.

The hon. member for Umbilo was one of those who referred to this matter. I want to thank the hon. member for his speech. It was very obvious, when the hon. member got up and started speaking, that he has an immense amount of experience, and that he is prepared to put his experience at our disposal. As I said at the beginning of the discussion of this Vote, we shall take heed of many of the things the hon. member said. The hon. member referred to the question of the over-specialization of doctors, and produced some very interesting remarks. He probably did not hear me while he was speaking, but while he was saying that he remembered me from the old days when we were members of the executive together, I did say that he was also a very good member of the executive. Let us consider the question of the number of nurses in relation to the population. In terms of the world norm, they say that there should be one nurse for every 400 of the population. Do hon. members know what the figures were for South Africa in 1980? As far as the Whites are concerned, there is one nurse for every 155 people. In the case of Coloureds, there is one nurse for every 853 of the population and in the case of Asiatics one nurse for every 850 of the population. In the case of Blacks there is one nurse for every 749 of the population. It therefore does not make much sense to say that you must take away from the Blacks, the Coloureds and the Asians, and that you must bring them to nurse the Whites, when you are already bettering the world norm by half, and when we are above the norm in the case of the other population groups.

Ek het vroeër ook verwys na die situasie by Groote Schuur-hospitaal. Wat die verpleegsterspersoneel betref, was daar in 1978 1 838, in 1979 1 894, in September 1980 1 937 en in Junie 1981 2 158. Meneer, as ons hierdie woord „krisis” so wil rondgooi, dan moet ons dit net definieer. Die agb. lid moet nou vir my sê watter getal verpleegsters in Groote Schuur na sy mening ’n krisissituasie sal uitmaak. Laat ons een voorbeeld neem. Ek en hy het daar gewerk. Toe ons daar gewerk het, was daar ongeveer 600 verpleegsters. Twintig jaar daarna was daar 1 500, en nou is daar 2 238—en dan moet daar nog by die hospitaal aangebou word. ’n Mens moet dit in verhouding sien. Of daar ’n krisis by sekere plekke bestaan, hang af van wat ’n mens as ’n krisis sou bestempel. Dat daar ’n tekort is, het ek erken toe ons begin het. Ek hoop die agb. lid vir Hillbrow het verstaan wat ek in daardie stadium gesê het, want ek het die indruk gekry, toe hy opstaan, dat hy te kenne wou gee dat ek gesê het dat daar nie ’n tekort is nie.

Did the hon. member say that I had said at the beginning of my speech that there was no shortage of nurses, and that this had led to confusion?

Mr. A. B. WIDMAN:

I said we had all agreed now that there is a shortage of nurses.

The MINISTER:

All right, but not “now”. The hon. member should cut the word “now” out. It took him another eight months, after I had started the investigations, to find out what I was investigating! [Interjections.]

I just want to refer again to what was said by a certain professor of surgery in a letter to me. I shall not mention his name again. I quote from his letter—

The unacceptability of using trained Black nursing personnel to alleviate or solve the probleem in a restricted White hospital is again emphasized.

He then went further and said, in fact, that it was immoral and could not be defended.

Meneer, ons moet ophou om die storie rond te gooi dat dit net ideologies is dat ons Wit op Wit gebruik.

Dr. M. S. BARNARD:

Mnr. die Voorsitter, ek wil graag ’n vraag aan die agb. Minister stel. Is dit moontlik om meer Swart verpleegsters op te lei?

Die MINISTER:

Dit is altyd moontlik. Ek wil graag nog iets daaromtrent sê, maar ek kan nie op die oomblik die betrokke dokument vind nie. Ek het dit nou net hier een-kant neergesit. Laat ons kyk na wat ons op die oomblik besig is om te doen. Ek dink ek het hierdie inligting reeds in antwoord op ’n geskrewe vraag aan die agb. lid deurgestuur. Hy het gevra hoeveel Swart, Kleurling, Indiër en Blanke verpleegsters in 1980 hul opleiding voltooi het. Ek kan hom net gou weer die syfers gee. Die syfers ten opsigte van Swartes, Kleurlinge, Indiërs en Blankes is onderskeidelik 2 761 in die geval van Swartes, 628 in die geval van Kleurlinge, 200 in die geval van Indiërs en 2 143 in die geval van Blankes. ’n Totaal van 5 732 het dus hul opleiding voltooi, maar daar kan altyd meer wees. Daar is twee dinge wat hierop betrekking het, nl. die fasiliteite, bv. die hospitaal waarin hulle moet werk, en die poste en die eintlike opleidingsplan. Die kommissie waarna ek verwys het, sowel as die Browne-kommissie, wat ook ’n opdrag van ons het om te kyk na beddens, verpleegsters, en-sovoorts, is besig om hierop in te gaan. Ek wil dadelik sê dat meer opgelei kan word, maar ek dink ons moet eers sorg dat die plekke wat ons reeds het, ten volle benut word.

The hon. member also spoke about malnutrition and expressed concern at the number that he said had died. The hon. member must specify what he means by malnutrition. Does it just mean the odd cases of kwashiorkor or marasmus that one comes across, or is he referring to a more definite study on, for instance, the Boston standard? Does the hon. member think that we should concentrate on the Boston standard?

Dr. M. S. BARNARD:

It is all included in the definition.

The MINISTER:

I shall tell the hon. member why I do not agree with him. There is a very definite reason, and that is that the Boston standard was used in relation to a homogeneous population in America while we here have a number of ethnic groups. But we have not been asleep.

Ek het hier voor my ’n verslag getiteld „’n Antropometriese en Voedingkundige Opname van die Suid-Afrikaanse Skoolkinders, 6 tot 9 jaar oud, gedurende 1980”. Ek sal hierdie verslag aan die agb. fid gee, as hy daarin belang stel. Die persone wat aan hierdie ondersoek deelgeneem het, is J. P. Kot-zé, Van der Merwe, Reynders, Mostert, Barnard en Snyman. Hulle is deskundiges in ons departement, wat besig is om vas te stel wat die norme is in Suid-Afrika. Hulle vind alreeds groot verskille tussen Swartes en selfs onder die verskillende etniese groepe. Wanneer hulle opmetings doen, bv. van hoogte, die dikte van hul arms, ensovoorts, wat alles deel is van so ’n opname, vind hulle bv. groot verskille tussen die Indiër en die Blanke, die Indiër en die Swarte, en tussen die Kleurling, die Indiër en die Swarte. Hier-die mense is besig om in ’n redelike kort tydperk duisende mense te ondersoek. Wanneer hulle hierdie ondersoek voltooi het, sal ons kan argumenteer oor hoeveel wanvoeding daar nou eintlik is. Ek kan vir agb. lede sê dat ek die Ciskei besoek het. Die toestande in die Ciskei word nou so baie uitgekryt. Ek het ’n gebied besoek waarin daar 160 000 mense woon. ’n Swart vroulike doktor daar, dr. Piliso, het aan my gesê: „I have no malnutrition in my area”. Sy het toe die hospitaal vir ons gewys. Die skrywer Barry Streek van die Daily Dispatch het die hospitaal deurgegaan en wou net weet: Waar is die „gastro’s?” Sy het nog gesê: „I shall take you into that ward”. Toe is daar vier kinders wat rondhardloop. Toe sê sy: „Dit is al wat ons het; dit is die naaste aan gastro’s”. Daar was geen kwasjiorkor-gevalle nie. Daardie dokter het 15 klinieke, voedingsklinieke. Sy lei die verpleegsters op en sy sê aan hulle wat om te doen.

It was either the hon. member for South Coast or the hon. member for Umbilo who said that we should concentrate on matters pertaining to the whole community and not just concentrate on smaller areas.

Die agb. lid vir Pietersburg het dit pragtig gestel toe hy gesê het dat ons moet deurdruk met hierdie gesondheidsfasiliteiteplan, ’n plan wat in my dienstyd aanvaar is—ek wil dit aan die agb. lid vir Parktown noem; dalk sal hy nou die helfte van my salaris teruggee! Daardie plan is ingestel op voorkoming en op ’n buite-hospitaalverband.

As the hon. member for Umbilo said, we must get away from the very high-cost “illness palaces”—if one can call them that.

Die agb. lid het gevra waarom ons dan nog hospitale bou. Geen hospitaal of bed kan in die Republiek van Suid-Afrika bygevoeg word sonder my goedkeuring nie, en dit is ’n Kabinetsbesluit. Daar moet baie goeie redes vir so ’n besluit wees. In die geval van die Indiërs in Phoenix het ek nou die dag toestemming gegee vir ’n sekere hospitaal. In ander gebiede is daar opleidingshospitale wat herbou moet word. Ons sal egter baie seker maak dat ons daardie plan waarna die agb. lid verwys het, uitdra na die bevolking sodat ons ’n gesonde en sterk bevolking kan hê.

That includes smoking. The hon. member for Hillbrow says we have done nothing about that. The hon. member does not smoke; he must look on all the cigarette packets and he will find that the nicotine and tar content is printed on the packet. That is one of the things he wanted me to provide for by legislation. I have now achieved this through the co-operation of the Tobacco Board. Now, should I still put this in legislation as well?

Mr. A. B. WIDMAN:

Yes.

The MINISTER:

The hon. member wants me to put this in legislation as well.

Mr. A. B. WIDMAN:

It must indicate whether it is mild or strong …

The MINISTER:

We are still negotiating about that, because nobody really knows what is mild and what is strong. We are, however, busy with that. The department is busy discussing the matter with them and with experts, and not just non-smokers like the hon. member and me.

Mr. A. B. WIDMAN:

What about the control of advertising?

The MINISTER:

The hon. member must not say that I am not doing anything about it. That sort of statement gets taken up by the press. There are numbers of people from the press sitting here who would like to write: “The Minister of Health is doing nothing about the smoking hazard.” They would love to write that.

Mr. A. B. WIDMAN:

I think they should do so, because you promised legislation and there is no legislation.

The MINISTER:

Yes, but I got that printed on the packet without legislation. I warned them that if this was not effective, I would resort to legislation. I also said that we might even print “poison” on the packet if we did not get proper co-operation. That is how far we have gone at the moment. We have taken the first step. We have a programme in all the schools on this matter. Audio-visual programmes are being shown in the schools. We have pamphlets; we have a special board which considers advertising, with the co-operation of the Tobacco Board, so the hon. member must not say that I am doing nothing about these things. Let us be honest. The hon. member must not make this over-statement. When the hon. member started he said that I had spoken for an hour, although I had only spoken for 40 minutes. That gave me the impression that I should always discount the hon. member’s statements by at least one-third in order to get closer to the right answer.

Die agb. lid vir Swellendam het interessante syfers genoem. Ek moet sê dat toe hy en die agb. lid vir Paarl gepraat het, dit lekker was om na ou kollegas uit die Provinsiale Raad te luister. ’n Mens kon eintlik voel dat hulle besig was om die bydrae wat hulle daar gemaak het, weer in hierdie Raad te lewer. Ek sê vir hulle baie dankie vir die bydraes wat hulle gemaak het, en hier verwys ek ook na die antwoord van die agb. lid oor die gebruik van Swartes. Die agb. lid het ook verwys na die toestande in Kaapland, en ek wil hom bedank vir sy bydrae.

Die agb. lid vir Paarl het gepraat van gesinsbeplanning. Ek wil aan hom sê dat sy voorstelle baie interessant was. Die wyse waarop hy sy saak gestel het, het daarvan getuig dat hy dit baie deeglik nagegaan het.

Ek wil die agb. lid vir Rustenburg ook bedank vir sy bydrae oor gesinsbeplanning, wat hy vanmiddag in ’n rustige en kalm atmosfeer gelewer het. Ek kan aan hom sê dat dit van die belangrikste stappe is wat in hierdie land gedoen moet word. Die agb. lid het daarop gewys dat dit nie geboortebeperking is nie. Ek wil byvoeg dat dit ook nie bevolkingbeheer is nie. Dit is daarop gemik om verstandige mense toe te laat om ’n goeie lewe te kan lei. Dit is net die agitators wat probeer sê dat ons nie daarmee moet voortgaan nie. Ons is oorval van mense in alle groepe wat dit betref, en feitlik die grootste groep wat ons klinieke bywoon, is in Soweto. Hulle voel hulle wil nie meer met swak behuising en met swak toestande lewe nie. Hulle wil eerder weet dat hulle ’n mooi huisie kan kry, dat hulle kindertjies lekker vet sal wees en dat hulle kan skoolgaan, en mooi klere kan dra. Ek kan vir agb. lede briewe in hierdie verband wys. Baie daarvan is taamlik humoristies, en ons het hulle in ’n boek saamgebind. Miskien sal ek dit eendag vir die agb. lid vir Parktown wys. Dit is nie vir algemene konsumpsie nie, maar ons sal dit aan die agb. lid wys, want dit is baie snaaks, eintlik—nie snaaks in die sin van die manier waarop dit geskryf is nie, maar die inhoud daarvan wys dat daar ’n toeganklikheid tot al ons mense is, sonder druk, want dit is vrywillig. Ons dwing niemand nie; ons sal niemand dwing om aan die program deel te neem nie. Dit is vrywillig.

Meneer, ek wil afsluit. Ek wil nie aanhou hamer op die kwessie van my verhoudinge met die dokters nie. U sal naderhand dink dat ek so vriendelik met hulle is, dat dit te erg is. Ek wil net dit sê: Die voorsitter van die Mesiese Raad, wat ook voorsitter van die reëlingskomitee van die mediese kongres was, het aan my geskryf om my daarvoor te bedank dat ek die mediese kongres geopen het. Hy sê hy waardeer die feit dat ek die opening van die kongres op so ’n waardige wyse waargeneem het, „nog te meer vir die feit dat terwyl u met vakansie was, u spesiaal gereis het na Pretoria. Die wyse waarop u die kongres geopen het, het die toon geset vir die hele week se aktiwiteite, en ons is besonder tevrede met die wyse waarop alles verloop het … Besondere gunstige kommentaar is verkry van sowel die Suid-Akrikaanse as die buitelandse deelnemers en ons indruk is dat hierdie byeenkoms ook die gesindheid tussen die algemene publiek en die geneeskundige beroep bevorder het.” Dit is die soort verhouding wat ek met die medici het, dat hulle my nooi, ná daardie artikel, om hulle kongres te open. Dit is nie dat hulle my moes genooi het nie; hulle kon enigiemand gekry het.

Die agb. lid vir Rustenburg se uiteensetting van die egpaar en wanner hulle emosioneel ryp is om self weer kinders te kan hê, was vir my baie indrukwekkend. Ek hoop dat hy ander geleenthede ook sal kry om dit te kan oordra.

I should like once again to thank the hon. member for Umbilo. He mentioned the question of the sophisticated services. This is something that worries me. I am someone who is in favour of community services, and getting services into the community. The hon. member asked: “Is it correct to save one person when you could be saving 100?” That is a very ticklish question, because unfortunately I shall have to take some of the decisions. I might be pushed into a decision eventually, in which I shall have to say whether the hon. member for Park town should put in a heart valve costing R1 500 or whether we should spend that R1 500 on children with malnutrition.

Dr. M. S. BARNARD:

You should do both.

The MINISTER:

Yes, but if I have to make a choice, perhaps the hon. member and the hon. member for Umbilo would like to discuss this with me at a later stage, as to which we should choose—one heart valve or R1 500 worth of food for people suffering from malnutrition. I do not want to make this into an amusing sort of discussion, but I just wanted to illustrate this, because the hon. member knows heart surgery and he knows what a valve costs. The hon. member was, however, correct; we are spread over too broad a field, but it is very difficult to narrow it down to a smaller field. I want to thank him for his contribution.

The hon. member for South Coast raised some very important points in relation to the aged. I shall reply to him a bit later in the debate when I come to the question of the aged.

Mr. A. B. WIDMAN:

May I ask a question? Is the hon. the Minister prepared at any stage to consider legislation to control smoking, to prescribe what should go onto the packet in the form of a warning that smoking is dangerous, and to make provision for some form of control with regard to advertising?

The MINISTER:

The hon. member has already by way of a question in Parliament asked me whether I was contemplating this during this session. I have no probleem in replying to that question. I told the Tobacco Board that unless we could keep this on a co-operative basis … We were only aiming at getting certain things put on the packet during this coming year. They have now printed this information on the packet on their own accord, at reasonable expense. We have already got them to fall into an advertising pattern, which I do not want to go into now. We are making a terrific impact on the school-going youth, to try to see to it that they do not smoke. This is therefore a coordinated programme, and I want to say to the hon. member very clearly that if we find that there is resistance to our attempts in this connection we shall probably have to legislate, and they know this. I am not frightened of legislation, but as long as they co-operate and agree … They have just asked that we should have discussions with them, and the department now regularly discusses matters with them. You will find that there is now a big run towards less nicotine and less tar. People are buying these cigarettes now because of the advertising and because of the information now printed on the packet. I want to say very clearly that smoking is one of the biggest health hazards in South Africa, and with results like coronaries, chest complaints and even, as the hon. member has said, the fact that other people such as pregnant women can suffer from these complaints even from just inhaling the smoke, surely a Minister of Health must be worried about this. We are not against one another; it is just that we have a different method of achieving the same end.

Mr. A. B. WIDMAN:

Would you care to comment on fluoridation?

Die MINISTER:

Ja, ek sou later in elk geval daarby gekom het. Die agb. lid vir Pietersburg, asook die agb. lid vir Hillbrow, het gepraat oor die kwessie van fluoridasie. Die interessante ding is dat die agb. lid vir Pietersburg altyd aan die een kant was en die agb. lid vir Hillbrow aan die ander kant. Nou het hulle bymekaar uitgekom, maar die lid vir Hillbrow weer aan teenoorgestelde kant! Die agb. lid vir Hillbrow het by ’n vorige geleentheid kwaai tekere gegaan en gesê dat ek nou fluoridasie moet instel—nou, voor die volgende sitting.

Mnr. A. B. WIDMAN:

Ek het daarvoor gevra, maar ek het nie „nou” gesê nie.

Die MINISTER:

Nou sê die agb. lid weer dat hy ander inligting het, en hy vra dat ek moet keer, dat ek dit nie moet doen nie. Die agb. lid vir Pietersburg het ’n deeglike studie gemaak, wat ek nog besig is om te maak. Die wêreldtendens is dat almal fluoridasie toe hardloop en dat hulle almal dan weer weghardloop. Nou wil ek nie in die stroom af wees wat opkom nie; ek wil eers net so ’n bietjie wag. Ek dink die agb. lid vir Pietersburg moet maar toelaat dat ons dit nog so ’n klein bietjie bekyk. Ons het die magtigende wetgewing. Die interessante punt is dat plaaslike owerhede my kan vra om dit in te stel. Sodra hulle my vra om die probleem in die oog te kyk, sal ons die finale beslissing daaroor neem, want dit is vrywillig. Ons sal dit nie op enigiemand afdwing nie.

Meneer, as daar vrae is, sal ek later in die debat daarop antwoord.

Verrigtinge opgeskort om 18h30 en hervat om 20h00.

Evening Sitting

Mr. P. H. P. GASTROW:

Mr. Chairman, I should like to come back briefly to the question of malnutrition which was raised by a number of speakers before the adjournment. It is an aspect which has been under stressed, and possibly tragically so, because we do not have sufficiently adequate statistics on what severity the probleem has actually reached in this country. The kwashiorkor statistics are not available because kwashiorkor is not a notifiable disease any more. We in South Africa face malnutrition problems because we are partly a Third World country with Third World problems. The probleem does exist even though the hon. the Minister indicated that he could not find any traces of it during his visit to the Ciskei and even though our medical reports do not give us actual statistics. It is a very severe probleem, particularly in the rural areas of our country. If one looks at reports received from various hospitals and from various research institutions at the universities, it is quite clear that to a significant extent the problems of kwashiorkor and malnutrition are in existence and are increasing, particularly because of droughts which have been suffered in the past year or two. I should just like to refer to one particular instance where the University of Natal examined patients who were admitted to the paediatric section in the King Edward VIII Hospital in Durban. The head of the Paediatrics Department noted that 45% of the paediatric admissions over the past 16 years suffered from severe malnutrition. Of those admitted, 24% had died. The report proceeds as follows—

There was also evidence of chronic malnutrition amongst African children which was not serious enough to cause them to suffer from kwashiorkor or marasmus, but which resulted in their being both physically and mentally stunted.

The probleem of malnutrition is a very complex one which has many aspects to it. To a large extent it is the result of poverty and ignorance. I should like to deal briefly with one aspect which is relevant to infant malnutrition. It was discussed not only in Third World countries, but also by the World Health Organization, which dealt particularly with malnutrition problems experienced as a result of advertising methods employed by international companies to market substitutes for breast feeding, namely milk powders and infant formulas. This is an aspect which we in South Africa should look into. In May this year the World Health Organization adopted a code in which it laid down certain standards which should be applied by companies who market infant formulas and milk powders. It had been found through detailed research projects that millions of infants, particularly in Third World countries were dying because of the wrong use of milk powders, and infant formulas. One found that in Third World countries very successful and shrewd advertising campaigns, by multinational companies had resulted in mothers being persuaded that milk powders and infant formulas were in fact better than breast milk. This happened in Africa, it happened in South Africa, and is in fact still going on today. The code adopted by the World Health Organization has been adopted by numerous countries including Kenya and, I believe, Mozambique. These companies are not allowed to proceed with the aggressive marketing techniques which they had been using in the past. I believe that in South Africa the companies who deal in these particular products and who have managed to persuade thousands of ignorant rural Blacks that their products were in fact better than breast milk, have reconsidered their position and have not been as active and aggressive with their marketing techniques as they used to. Press reports suggest that they have ceased with their campaigns, but in fact they have merely ceased to do it by way of full page advertisements or radio and television advertising. Their marketing drives are proceeding at a very high volume through other means. At hospitals, clinics and through personal contacts, aggressive marketing of these products is proceeding. Although the World Health Organization has adopted this code of conduct, it is obviously not in a position to impose those standards, and I would urge the hon. the Minister and the Department of Health to look at the possibility of enforcing it, if this has not been done already. I should like to ask the hon. the Minister whether or not his Department has in fact looked at this particular code in order to establish whether or not we in South Africa could do more to enforce it. The enforcement of that code will result in the natural and more nutritious method of feeding babies coming to the fore again, thereby reducing infant malnutrition to some extent. It is not the only cause of infant malnutrition, but a very important one in the poor rural areas. If the Department of Health is prepared to enforce that code or to make a recommendation as to how those products should be marketed, it would be a significant step towards reducing malnutrition amongst infants and, therefore, towards falling in line with what is happening in other countries that have adopted this code.

Dr. B. L. GELDENHUYS:

Mnr. die Voorsitter, niemand kan ’n agb. lid kwalik neem as hy ’n pleidooi lewer dat alle vorme van wanvoeding uitgeskakel moet word nie, maar as so ’n agb. lid dan ook by implikasie die indruk skep dat dit die algemene verskynsel in ’n land is, dink ek is dit te betreur.

Hier is ’n interessante verskuiwing in die redenasie van die Amptelike Opposisie te bespeur. Tydens die Begrotingsdebat was hulle hoofonderwerp hongersnood in Suid-Afrika. Daar is selfs gesê dat daar mense is wat op die punt staan om ’n revolusie te ontketen as gevolg van grootskaalse hongersnood. Vandag is hongersnood daar gelaat en is die onderwerp wanvoeding. Daar kom gevalle van wanvoeding voor, maar ek dink nie ’n mens moet die indruk na buite skep dat die uitsonderlike gevalle nou die reel is nie. Van tyd tot tyd verskyn daar skokkende koerantberigte in Suid-Afrika, so skokkend dat ’n mens eintlik huiwer om dit te lees, maar ongelukkig, vanweë die alledaagsheid daarvan, maak hierdie berigte wat behoort te skok later eintlik geen indruk meer nie. Koerantopskrifte soos die volgende kry ’n mens baie moeilik uit jou sisteem: „Drie-en-sestig babas in Suid-Afrika doodgeslaan”, „, Baba dood na pa se slae’, hoor hof”, „Driejarige dogtertjie verkrag en toe doodgeslaan”, „Kleuter soos ’n hond aan paal vasgemaak”. Hierdie koerantopskrifte is ’n bevestiging van die feit dat daar seker daagliks in Suid-Afrika weerlose kindertjies mishandel word, vermink word en selfs gedood word deur persone wat veronderstel is om hulle met begrip en liefde te behandel, hulle eie ouers. Gedurende die tydperk Junie 1977 tot Junie 1978 was daar 248 veroordelings weens kindermishandeling en kinderverwaarlosing in Suid-Afrika. Dit is wat Blankes betref. In 1979 het die getal veroordeeldes op 268 te staan gekom. Daar bestaan ongelukkig ’n traagheid by die publiek om by hierdie soort ding in te meng. Miskien is dit jammer dat ons as lede van die publiek baie keer geneig is om ons diens van barmhartigheid of ons welsynswerk ὸf op die kerk ὸf op die Staat af te skuif, maar ongelukkig is dit ’n feit. Vanweë hierdie feit is dit so dat die publiek traag is om in te meng by hierdie soort verskynsel. Omdat kindermishandeling nie altyd baie duidelik bewysbaar is nie, moet ’n mens aanvaar dat die meeste gevalle van kindermishandeling nooit aangemeld word nie. As dit nie was dat die Pers hierdie gevalle soms letterlik uitruik en aan die groot klok hang nie, sal niemand daarvan weet nie.

Dr. M. S. BARNARD:

Die Pers doen goeie werk.

Dr. B. L. GELDENHUYS:

Ek stem saam met wat die Pers in hierdie opsig doen. Dit is presies wat ek wil sê. In hierdie opsig doen die Pers beslis goeie werk in die uitlig van die probleem en verdien die Pers die dank van die gemeenskap. Ek wil ’n dringende beroep op die agb. Minister doen dat iets drasties gedoen word. Ek weet daar word aandag aan die saak gegee, maar iets drasties moet van die kant van die departement gedoen word om hierdie onnodige mishandeling van onskuldige kindertjies aan bande te lê. Ek is my daarvan bewus dat dié soort verskynsel in ’n komplekse gemeenskap nie ten voile uitgeskakel kan word nie, maar ek dink dit is ’n aangeleentheid wat spesiale aandag behoort te geniet. As daar navorsing gedoen word oor die voorkoms van boemelary, wat ook, dink ek, later vanaand aan die orde sal kom, verg die mishandeling van kindertjies na my mening gewis ook spesiale navorsing. Baie redes word vir hierdie verskynsel aangevoer. Redes soos drankmisbruik word genoem, swak sosio-ekonomiese toestande word genoem, ouers wat te jonk trou, word genoem—en hiervoor is daar statistiese bewys. Ook ouers wat nie spanning kan verwerk nie, word genoem. Ek dink al hierdie argumente bevat ’n element van waarheid waarmee rekening gehou moet word in die hantering van die probleem, maar dié grondliggende oorsaak is miskien ’n totale gebrek aan verantwoordelike ouerskap. Verantwoordelike ouerskap is iets wat ’n mens kan aanleer. Nou staan ons mos in die teken van opleiding. Ons word vir alles en nog wat opgelei, behalwe vir verantwoordelike ouerskap. Ek dink in dié opsig bestaan daar ’n groot leemte wat êrens deur iemand gevul behoort te word. Behoorlike opleiding in verantwoordelike ouerskap mag gevalle van kindermishandeling voorkom. Presies hoe hierdie opleiding moet geskied en deur wie dit gedoen moet word, is iets waaraan die departement moontlik aandag kan gee. Nog ’n leemte in dié opsig is dat daar geen behoorlike rehabilitasieprogram is vir ouers wat hulle reeds aan kindermishandeling skul-dig maak nie. Indien voorsiening gemaak word vir so ’n rehabilitasieprogram, dink ek sal dit in baie gevalle nie nodig wees om kinders te verwyder uit ouerhuise waar hulle mishandel word nie. So kan die gesinsverband dan ook behoue bly.

Wat ook groot kommer wek in die hele aangeleentheid, is die tekort aan maatskap-like werkers en fondse om hierdie probleem van kindermishandeling effektief te bekamp. ’n Berig soos die volgende wat in Die Transvaler van 10 Augustus van jaar verskyn het, laat ’n mens nogal twee keer dink—

Kinder in Suid-Afrika sterf weens mis-handeling omdat daar te min maatskaplike werkers en nie genoeg geld is nie.

As dié berig waar is—en ek het nie rede om aan die juistheid van die berig te twyfel nie—dink ek is dit ’n ernstige aanklag teen die maatskappy as sodanig. Die tekort aan maatskaplike werkers word bevestig deur die volgende feite. Aan die Witwatersrand-gebied is daar 500 maatskaplike werkers of werksters geregistreer, maar na beraming is daar genoeg werk vir drie keer soveel. Na bewering het studentegetalle in maatskaplike werk die afgelope aantal jare met 50% afgeneem. Dan het ons ook weer die alledaagse verskynel van die private sektor wat hierdie mense met beter salarisse en beter diensvoorwaardes weglok. Sonder die dienste van maatskaplike werkers of werksters stort die hele welsynstruktuur in duie, met katastrofiese gevolge. Sonder die dienste van maatskaplike werkers kan ook hierdie verskynsel van kindermishandeling nooit effektief bekamp word nie. Ek vertrou dat daar met begrip gekyk sal word ook na dié probleme rondom die beroep van die maatskaplike werker, met inbegrip van die salaris-struktuur.

Die bedoeling was net om andermaal die Hg te laat val op hierdie probleem van kindermishandeling, met die vertroue dat daar dalk ’n spanpoging sal kom vanaf die kant van die kerk, van die gemeenskap en van die Staat om hierdie probleeem die hoof te bied. Ek dink nie dit kan anders opgelos word as langs die weg van ’n spanpoging nie, maar ek wil die vertroue uitspreek dat die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene hierin die inisiatief sal neem.

Mev. E. M. SCHOLTZ:

Mnr. die Voorsitter, ons is nou al van vanmiddag af hier besig en ons het nou baie gepraat van verpleging, ons het baie gepraat van probleme rondom die verpleging, oor salarisse, oor werksvoor-dele en oor werksure. Ek wil dadeHk sê dat ek self glo dat ’n mens nooit met rande en sente ’n verpleegster kan betaal vir die werk wat sy doen nie. Verpleging vereis ’n baie deeglike kennisversameling, kennis wat in verband staan met die liggaamlike wel en wee van elke mens, maar dit mag ook nooit die geesteHke wel en wee van daardie selfde pasiënt uitsluit nie. Die geesteHke wel en wee van ’n mens word baiekeer bepaal deur sy liggaamlike wel en wee. Dié twee aspekte loop absoluut hand aan hand, die een kan nie sonder die ander een voortgesit word nie. Daarom sê ek dat die verpleegster se werk so omvankryk en so omvattend is dat ons dit nie in terme van tyd, werksure of rande en sente kan bespreek nie. Die kennis is vir haar uiters belangrik, maar dit is ewe belangrik dat sy die liefde vir die saak sal hê, dat sy die liefde vir haar medemens sal hê. As sy die kennis het, sal sy die liefde hê. Dit wat ’n mens ken, is jy ook lief voor, en dit waarvoor jy lief is, sien jy kans om ’n diens aan te lewer.

Die eienskappe wat ’n verpleegster moet hê, is so mooi saamgevat in elke vrou. Ons kry voltydse verpleegsters en ons kry deel-tydse verpleegsters. Daar is so ’n algehele tekort op elke terrein van ons staatshuishouding aan geskoolde werkers, opgeleide mense, dat dit nie vir ons snaaks is dat dieselfde probleem ook in die verpleegstersberoep ondervind word nie. Dié probleem het ons natuurlik ook in die onderwysberoep. Hierdie opgeleide, kundige mense moet ’n baie effektiewe rol speel en moet baie verantwoordelik wees. Ek wil vanaand vir al die agb. lede hier teenwoordig sê: Julle het ’n luukse wat min ander mense kan hê. Julle het in jul eie huise julle eie verpleegsters wat omsien na julle wel en wee, geestelik sowel as liggaamlik, en ook dié van julle kinders.

AGBARE LEDE:

Hoor, hoor!

Mev. E. M. SCHOLTZ:

Ek dink agb. lede is dalk ’n bietjie spandabelrig met hierdie gunste wat aan hulle gegee word en hulle wil nou daardie verpleegster net vir huileself in die huis hê.

Dr. B. L. GELDENHUYS:

Dink u nou aan ’n salarisverhoging vir hulle?

Mev. E. M. SCHOLTZ:

Ek kom nou by die salarisse.

In die eerste plek kyk die vrou na die fisieke welstand van haar gesinslede. Wie is dit wat moet toesien dat hulle reg eet, dat hulle altyd skoon aantrek, dat hulle in goeie higiëniese omstandighede lewe, dat die kos wat hulle moet eet goed voorberei is? Wie is dit wat ook sorg dat wanneer hulle uit die huis gaan, hulle met groot selfvertroue die wêreld kan betree omdat hulle weet na watter lekker ou verpleeginrigting hulle weer kan terugkeer? Die selfvertroue van elke mens kry hy in daardie huislike atmosfeer. Die manier waarop ’n mens na buite lewe, het sy wortels in jou huisgesin en jou huislike lewe. Daarom is dit so belangrik dat ek vanaand vir agb. lede moet sê: Waardeer ’n bietjie daardie huishouding. Die vrou is nie net die persoon wat spanning in die huis moet verlig nie, wat partykeer ’n buffer moet wees wanneer daar verskillende omstandighede in die huishouding heers nie, maar is ook die een wat as weerligafleier moet dien wanneer die man met ’n oorstelpte gemoed of ’n ontstoke gemoed by die huis kom wanneer iemand deur die loop van die dag iets gedoen het wat nie na sy sin is nie. Sy is selfs ook vir daardie gesondheidstoestand van die man verantwoordelik. Die mens is vandat hy ’n baba is wat saggies aan die slaap geneurie moet word om hom te kalmeer totdat hy die dag graf toe gaan van ’n verpleegster afhanklik vir sy gesondheid en versorging. Wie moet in die huis gesondheidsreëls vir die kinders leer in hierdie tyd waarin ons nou is? Wie moet hulle leer om huileself te versorg, om hulle tande, hulle hare, hulle oë, hulle ore, ag noem maar op, te versorg? Dit is maar weer die vrou, daardie verpleegster wat die meeste agb. lede in hul huis het. Selfs die geestelike versorging, is die taak van so ’n vrou of moeder. Sy moet saam met die kinders kerk toe gaan en saans saam met hulle kamer toe gaan. Hierdie verpleegsters hou die huis en alles wat om ons is vir ons so dat ons daarop trots kan wees. Ken agb. lede hierdie verpleegster wat nie na haar eie gerief kyk nie, wat as sy benodig word, nie kyk hoe laat dit is nie, wat nie vra wat sy betaal gaan word nie? Hier moet die agb. lid vir Randfontein luister, want hy het netnou na die kwessie van salarisse verwys. Die vrou dring nie op sekere werksure aan nie. Sy is die rustige, opgeruimde een in die huis wat nooit kla nie. Elke man het so ’n vrou nodig om langs hom te staan. Hy het dit nodig anders kan hy nie na buite lewe soos hy moet nie.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Die agb. Ad-junk-minister van Binnelandse Aangeleent-hede soek so ’n „nursie”.

Mev. E. M. SCHOLTZ:

Ja, die agb. Adjunk-minister soek so ’n „nursie”.

Die ADJUNK-MINISTER VAN BINNELANDSE AANGELEENTHEDE:

Gee my asseblief haar adres.

Mev. E. M. SCHOLTZ:

Ek sal dit doen.

Elke dogtertjie het ’n mamma nodig wat haar kan versorg, wat die seergestampte toontjies kan dokter, wat ’n pleistertjie kan opsit en wat ook die traantjies van die wange kan afsoen. Elke kind het ’n mamma nodig, het ’n verpleegster nodig wat in die donker nag as die wind waai en die blare en takke drogflgure teen die vensters en gordyne gooi, met ’n gerusstellende hand op die hofie daar-die kind kan kalmeer en oortuig dat dit net drogbeelde is en nie die werklikheid nie. Elke ou seuntjie het ’n moeder nodig wat nie as hy seerkry vir hom sê „Ag, foei tog, mamma se ou seuntjie, het hy seergekry?” nie, maar wat vir hom sê „Kom jong, laat ons hierdie wond verbind, want jy moet more alweer ’n wedstryd gaan speel”. So ’n verpleegster het ’n seuntjie beslis nodig.

Selfs die huisbediende het ’n nôi nodig wat vir haar ook kan raad gee oor hoe sy met haar kinders moet werk, wat sy vir hulle moet gee om te eet en wat ’n paar hoofpyn-pille en ander medisyne soos huisgoed moet koop en dit met die huisbediende moet deel sodat wanneer sy saans huis toe gaan sy dit kan saamvat om vir haar kleingoed te gee. Sy het iemand nodig wat haar kan help om te beplan hoe sy met haar geld kan uitkom, wat sy moet koop en wat vir haar kinders en haar eie huishouding gesond is. Die gemeenskap het ook sulke mense nodig. Die gemeenskap het sulke mense in hierdie dag en tyd bitter nodig. Die agb. lid vir Worcester het vir ons gesê dat gemeenskapdiens een van die dienste is wat mank gaan weens ’n gebrek aan genoeg mense om daarmee te help. [Tyd verstreke.]

Mnr. A. G. THOMPSON:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Germiston-distrik het my eintlik ’n bietjie skaam laat voel.

She expressed sentiments as only a woman can. It reminds me of the song, “Thank Heaven for little girls”. She has forgotten to talk about the bachelor. She has left him out completely. I agree with her and support her view, but I should also like to say with the greatest respect that women also get their pound of flesh out of the men, especially when they go shopping with a blank chequebook.

I should just like to come back to the hon. member for Brits, who is not here this evening. He took me to task for comparing the! plumber to the nurse, and said that it was a fact that there was a skilled manpower shortage. We accept that, but at whose door does the blame for that He? Will the hon. member be man enough to admit that because of Government policy we are in that position. I think that policy boils down to one thing only, namely colour prejudice. However, I am also very happy to see that there is a change in direction in this regard. We appreciate that.

I should also like to refer to a remark by the hon. member for Swellendam. He said that the Opposition and newspapers were blowing up a sensitive probleem such as the probleem of the nursing profession. This is not only a sensitive probleem in the nursing profession, but also applies to the Police, the Defence Force and a number of professions. All I can say is: Why is the Government so strong and yet so weak? The probleem is there and it is no use ducking and diving. The Government has been ruling for 30 years …

The MINISTER OF TRANSPORT AFFAIRS:

Thirty-three years.

Mr. A. G. THOMPSON:

All right, 30 plus. We must put the blame at its door and I think hon. members must accept it.

I should now like to deal with the probleem of King Edward Hospital and its medical training school. It is common knowledge that the facilities at King Edward leave a lot to be desired. I have been informed that this position has been criticized by the Medical Council. First of all, renovations and improvements are essential at this hospital. It must be upgraded. I think there is general consensus in this regard. However, even upgrading King Edward will not solve any problems. At present the medical school takes approximately 100 non-White medical students. This figure could be increased to approximately 120.

One must also bear in mind that in Natal there are no facflities for medical students for the White community. I would like to refer to a newspaper cutting. It is not controversial. I would like to quote Professor Desmond Clarence, the University Principal, who is talking at a gathering here, and he was referring to negotiations with the Province and the Government for the building of a new modern teaching hospital and a medical school in Durban. He says—

Going hand in hand with this will be the long overdue planning of Durban’s King Edward VIII hospital, thus bringing to end an era where only the extraordinary dedication of doctors has enabled them to continue under extreme difficult conditions.

I think that is a very valid statement to make. The university has a large tract of land at Cato Manor and they also have an amount of money available for building a new intern complex, but they are a little reluctant to proceed with this venture because of the unknown future as to where the new hospital is going to be. The dilemma is there as far as the hospital is concerned, because the intern complex at the moment is situate in an industrial area and it leaves a lot to be desired. I would appeal to the Minister to give this his serious consideration. The site mentioned could, I believe, accommodate with ease a 1 000-bed referral hospital which would allow an increase of medical students from 100 to 200, of which 30 could be for the White community. I appeal to the hon. the Minister to give this some attention and to give some kind of guidelines so as to allow for future planning. I would now like to deal with the Phoenix hospital. I was pleased to hear the hon. Minister say earlier on that he had given the go-ahead for the Phoenix hospital. I was led to believe that. I would like to say that the department accepts certain norms for a hospital, and I think it is also accepted that there are two areas where these norms are not valid, the one being Soweto and the other being Phoenix. I believe, and I am open to correction, that the Phoenix hospital is going to be for plus minus 350 beds. I think this is right. This hospital is going to serve an area with a population at present of approximately 180 000 to 200 000. By the year 1990 the estimated population is going to be plus minus half a million. As to the position now existing, and what is planned by the Department, I put it to the Minister that by the time this hospital is opened it may in fact, at that stage, be too small to serve the community. This hospital will serve a low income group and accordingly it is going to be hospital intensive. If the Government is serious about saving money, and I believe they are, there exists at this moment a golden opportunity to make drastic savings on this proposed hospital. Here I refer to the almost complete complex at Grey’s hospital. I would like to put it ot the hon. Minister:, whether he has considered using the existing plans of Grey’s hospital for the Phoenix, but in stages.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Yes.

Mr. A. G. THOMPSON:

Thank you, I am very pleased to hear that. It is not necessary for me to detail the saving. I just have to mention two, architect’s fees and quantity surveying. Everything is there. The point that I am making is that if the core facilities were put up immediately for a 1 000 bed hospital, and at this stage, forthwith, just two wings of 200 beds each, we would be in a position where at a later stage, when the additional facilities would be required, the core facilities would exist, and the expense would not be that much greater. I would like to see this not as a general practitioners’ hospital, because if it is, there are going to be a large number of cases that will have to be referred to St. Aidan’s or to Stanger, and they are 40 to 50 kilometres away, respectively. I am pleased to hear the hon. Minister say that he has agreed to this, but I would like the Minister to take cognizance of the position that will pertain in the near future. In other words, the financial aspect is not the only consideration. I accept, it is a major consideration. But the service that the proposed hospital is to render, I believe, overrules the financial consideration.

Mr. J. H. CUNNINGHAM:

If the cat has kittens, it will be as a result of the Government’s racial prejudices, I am certain! We have once again heard that it is our racial prejudice that has caused the shortage of nurses in our hospital services. But we can investigate and see what we have done in respect of training. People must count and they will find that we have trained people to look after their own individual creeds.

I would now like to turn to pensions, one of the facets which the Opposition has criticized us for for quite some time.

Baie is al deur hulle gesê en baie dinge wat deur hulle gesê is, weet ek kan ons baie sterk bevraagteken. Ek wil dus ook sommer met die intrap baie duidelik skets hoe hierdie Regering vir die oues van dae sorg. En hulle moenie bekommerd wees nie, hulle gaan ook daar uitkom. Ons sal een van die dae vir hulle ook sorg! Maar wat het hierdie Regering gedoen om in die behoeftes van pensioentrekkers te voorsien? Natuurlik sê die Opposisie ons doen nie genoeg nie. Aan die een kant—en so praat hulle uit twee monde uit—moet ons die pensioene verhoog en die anderkant aksynsbelasting op bier en baba-poeier en parfume en goed afskaf en moet ons inkomstebelasting verminder. Ek weet nie waar hulle die geld gaan kry om al hierdie goed af te skaf, en belastings te verminder, as hulle pensioene wil betaal nie. Kom ons kyk ’n bietjie verder. Dit is interessant om te weet pensioene oor die afgelope 9 jaar, van Oktober 1972 af, met 165,85%, vanaf R41 per maand tot R109 per maand, verhoog is. Oor daardie tydperk beteken dit ’n verhoging van 18,42% per jaar op die 1972-basissyfer. Nou moet ons vriende baie mooi luister. Die 1972-basissyfer moet nou nie van jaar tot jaar vermeerder word om dan te sê ons het onsin gepraat nie. Dit is wat die syfer werklik is.

Die bonusse wat op 1 April 1981 betaal is, het oor die R6 miljoen beloop. Die onlangs aangekondigde bonusse wat op 1 November betaalbaar word, sal ons ’n verdere R6 miljoen uit die sak jaag. En dit is net ten opsigte van die Blankes. Weer eens moet hulle nie vergeet dat anderskleuriges ook in hierdie bonanza deel nie.

Ons wil vir hulle egter sê dat ons praktiese mense is. Elke 10%-verhoging wat ons afstaan aan pensioene beteken vir ons bykans R34 miljoen per jaar wat ons moet bestee. Nieteenstaande al dié syfers, het hierdie Regering nog nie een oomblik teruggedeins om iets vir die pensioentrekkers te doen nie. Weer eens, aan die einde van hierdie jaar, skuif die verhogings met R13 per maand op na R122 per maand per pensioentrekker. Dit gaan ons ongeveer R36 miljoen per jaar uit die sak jaag. Dan moet ons nog die verhogings bytel vir anderskleuriges.

Dan is daar spoorwegkonsessies vir die oues van dae, 40% afslag op kaartjies, partykeer tot 80%. Dit kan ons natuurlik nie bereken nie. Dan kom die bonusse by. Dit is bykans 5% op hul basiese inkomste. U moet nie vergeet dat hierdie bonusse in die meeste gevalle belastingvry is nie. Die mense se belastingperk begin eintlik op R5 000 per jaar inkomste. Daar is hospitaaldienste wat verskaf word. Pensioene word in bankrekeninge inbetaal sodat daar nie vervoerkoste is om dit te kollekteer nie. Die goed kan ons nie bereken nie. Dit is alles versteekte voordele wat die pensioentrekker geniet. Ek kan nie met die beste wil in die wêreld insien dat die Opposisie kan sê dat ons nie oor ons oumense bekommerd is nie. Terself-dertyd wil ek sê dat ons besef dat daar wel knelpunte is. Ons besef dit, en ek dink ons as Regering kan nou sê dat ons ons bes sal doen om soveel moontlik verligting daar te stel, binne die beperkings wat ons ekonomie ons toelaat.

Die Opposisie het ook onlangs so uitgevaar teen ons, dat ons onverskillig staan teenoor pensioentrekkers, maar dit is tog snaaks dat daar ’n dame is wat ’n pensioen-skema vir Swart bediendes ingestel het. Op die eerste dag was daar ’n paar honderd navrae. My inligting is dat nie een navraag van die „mink-and-manure set” in Johannesburg gekom het nie. Ek hoef nie te vra wie verteenwoordig die „mink-and-manure set” nie. Ek dink dat die aanvalle wat hulle op die agb. Minister maak, net om een rede is. Die mense besef wat die agb. Minister oor die afgelope tyd vir pensioentrekkers en vir gesondheidsdienste gedoen het. Daar is net een manier waarop hulle en hul Pers kan probeer om hom af te kraak. Dit is om na die laaste strooihalmpie te gryp. Want hy en sy departement het meer gedoen vir hierdie mense as wat baie mense voorheen gedoen het. U moet maar net kyk na die syfers om te sien hoe dit verhoog is oor die afgelope paar jaar, sedert die agb. Minister in die Stoel gekom het. Ek sê vir u, dit was drastiese verhogings, goeie verhogings. Hy het na die mense gekyk. Maar dit is nie net die Minister en die Departement se skuld dat daar met oues van dae en ouderdomspensioene probleme is nie. Daar is ’n laksheid onder ons mense om vir die toekoms te be-plan. Daarom dink ek dat die wetgewing oor die oordrag van pensioene reeds lankal moes gekom het. Maar ons waardeer die feit dat dit wel nou gekom het. Iets wat my hinder daaromtrent is dat blykbaar slegs die lid se bydrae oorgedra gaan word na die ander skema. Ek voel ons moet daarna kyk dat, indien nie alles nie, minstens ’n gedeelte van die werkgewer se bydraes ook na die nuwe pensioenskema oorgedra moet word wanneer die man oorskuif.

Ek wil ook verwys na hierdie dingetjie wat die Opposisie so aangegryp het in hulle histerie tydens die verkiesingsveldtog, die L. A. P. A. Munnik-R20-dieet. Die agb. Minister sal my verskoon dat ek só daarna verwys. Die Pers het dit uitgebasuin, maar as ’n mens die saak in oënskou neem, dan is dit slegs ter inligting van ons oues van dae en pensioentrekkers gedoen. Al wat ’n koerant is het hierdie storie op ’n baie lafhartige wyse aangegryp. Die Minister het dit tydens die personderhoud baie duidelik gestel dat as enigiemand sou rapporteer dat hy gesê het ouer mense móét op kos van R20 per maand leef, dan sou hy die feite wat voorgele is, verdraai. Hy het slegs gesê dit is teoreties moontlik. Sowaar, en die Engelse Pers doen dit toe. Hulle gaan en rapporteer dit so. Dit was baie duidelik dat hulle hom wou probeer seermaak, maar daarin het hulle nie geslaag Die ding het pragtig geboemerang. Ek wil vir u sê, dat die Wêreldgesondheidsorganisa-sie bepaal het dat die normale mens ’n energie-inname van 1 760 kalorieë nodig het. Maar dit is baie belangrik dat dit oor ’n reeks voedselsoorte versprei word sodat al die nodige minerale en al die ander stowwe bin-ne daardie raamwerk ingeneem kan word. Omdat dit Gesondheidsjaar was, het die Departement se dieetkundiges die behoeftes van oues van dae nagespoor, veral omdat verskeie organisasies daarna gevra het. Die mense het volgens die WGO se norme spyskaarte opgestel vir elke ete vir elke dag, en die hoeveelhede só bereken dat aan die energievereistes sowel as die voedsel-vereistes voldoen word; eintlik aan meer as daardie vereistes. Hulle het verder gegaan. Hulle het fisies na supermarkte gegaan en die rantsoene aangekoop. En raai wat, meneer, dit het op R23,66 per maand te staan gekom. Maar as jy dit in die „mink-and manure set” se kafees gaan koop, dan gaan dit R70 per maand kos. En dis nie altemit nie. Die Opposisie het verder gegaan, hulle het gesê dat die Eerste Minister die agb. Minister gerepudieer het. Nee, wat hy wel gedoen het, was om die Opposisie te re-pudieer, wat beweer het dat die verslag voor die Kabinet gedien het. Die Eerste Minister het duidelik vir die buitewêreld gesê dat die Opposisie-koerante valslik gesê het dat die verslag ter Tafel gelê was. Dit is nie en sal ook nooit in die konteks van pensioenvas-stellings gebruik word soos hulle beweer het nie. Dít het die Eerste Minister gesê.

Die Departement het ook ’n pragtige bladjie uitgegee, en dit is „Food Guide for the Elderly, the Department of Health, Welfare and Pensions”. Is ’n departement wat in sulke besonderhede ingaan, ’n departement wat nie omgee vir oues van dae nie? Luister ’n bietjie na die diëte wat vasgestel is. Byvoorbeeld: Hoofete; gebraaide hoender, rys, groen ertjies, gestoofde wortels, koffie-blanc-mange, koffie en tee. Ontbyt—pap, geroosterde kaasbroodjies en so meer. Ligte etes in die aand—melkkos, brood, margarien, gerasperde kaas, lemoen ens. As ons in hierdie Raad maar hierdie dieet wil volg, sal ons ook baie gesonder wees as wat ons op die oomblik is.

Mnr. E. VAN DER M. LOUW:

Mnr. die Voorsitter, ek dink die agb. lid vir Stilfon-tein het ’n goeie en gebalanseerde uiteensetting van die posisie van die pensioentrekker gegee. Hy het met interessante inligting voor die dag gekom en dit was aangenaam om na hom te luister.

In die huidige boekjaar beloop die bedrag wat aan maatskaplike pensioene bestee gaan word R730 miljoen. Dit is ’n enorme bedrag geld. Daarvan verteenwoordig R340 miljoen ouderdomspensioene. Dit is interessant dat die projeksies vir die jaar 2000, dit is oor 20 jaar, 6 000 miljoen beloop. Om hierdie rede stem ek saam met die agb. lid vir Stilfontein dat dit wyse beplanning is om nou reeds maatreëls te tref om mense wat daartoe in staat is feitlik te verplig om op behoorlike en verantwoordelike wyse vir hulle oudag te voorsien. Elkeen volgens sy spesifieke ver-moëns. Dit word gedoen deur die voorgestelde maatreëls waarna die agb. lid verwys het, bewaring en oordraagbaarheid van pen-sioenbydraes, sodat sodanige bydraes voortaan nie uitbetaal sal word wanneer ’n werker van werk verwissel nie. Daar is mense, en daar sal altyd mense wees, wat nie self in staat sal wees om vir hul oudag voorsiening te maak nie, dikwels as gevolg van omstan-dighede buite hul beheer. In enige beskaafde land is dit nie slegs ’n Regering se verantwoordelikheid nie, dit is ook sy trots, om na sulke mense om te sien. Die agb. Minister en sy departement is verantwoordelik vir die administrasie van dié baie belangrike Re-geringsfunksie. Hulle doen dit met groot doeltreffendheid en deernis, en ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ook vir hulle baie dankie te sê. Daar is egter diskriminasie tussen stad en platteland wat ek graag te berde wil bring. Dit raak die bejaardes met beperkte middele die meeste. Dit is naamlik die kwessie van mediese koste en mediese versorging van bejaarde persone wat nie pensioentrekkers is nie. In die stede en in die groter sentra is daar provinsiale hospitale met buite-pasiënte-afdelings wat medisyne en mediese dienste aan pasiënte met ’n inkomste van minder as R240 per maand lewer. In dié verband is daar ’n paar aspekte wat oorweeg moet word. Hoewel die middeletoets van R240 per maand bestaan, word die kapitaalbates van die pasiënte nie in ag geneem soos in die geval van ouderdomspensioen nie. Wat betref die inkom-steperk, word die pasiënt se woord oor wat sy inkomste is, aanvaar. Daarmee vind ek geen fout nie, want andersins sal daardie reëling heeltemal onadministreerbaar wees. Die effek is egter dat die diens vir feitlik enige persoon beskikbaar is wat bereid is om te sê dat sy of haar inkomste minder as R240 per maand is, en wat dan teen ’n absoluut minimale geld wat wissel van 50 sent tot R8 van die heel beste mediese dienste en medisyne kry. Ouderdomspensioentrekkers is geregtig op vry mediese dienste en medisyne, verskaf deur ons distriksgeneeshere op elke dorp, en dit is ’n wonderlike voorreg waarvoor bejaardes groot waardering het. Die probleem is egter by die bejaardes wie se inkomste en bates net hoër is as die voorgeskrewe perk wat hulle op ’n pensioen geregtig sou maak. Siekte en koste wat daarmee gepaard gaan, en selfs die gedagte daaraan, is vir hierdie mense ’n ontsettende bron van kommer. Talie bejaardes het al aan my gesê dat hulle heeltemal bereid is om van hulle beperkte private inkomste te lewe indien hulle net die mediese voordele sou kry waarop pensioentrekkers geregtig is.

Nou weet u, die Bybel is ’n baie goeie boek om mense te vertroos en te versterk, maar dit help nie altyd in hierdie mense se geval nie, want daardie bejaardes leef net tot daar waar Markus skrywe van die siek weduwee wat baie gely het onder vele geneeshere totdat haar geld op was. Lukas was ook ’n geneesheer en hy het dit bevestig, en nou het professor Barnard gekom en hy bevestig dit ook. Die punt is dat indien daardie persone na wie ek verwys het, in die stad gewoon het, dan het hulle soos ek aangetoon het gratis mediese dienste gekry terwyl die mense op die platteland dit ontbeer of slegs teen baie groot koste kan bekom. Ek weet dat enige persoon wat nie ’n dokter kan bekostig nie, ’n brief van ’n landdros kan kry, maar dit is ’n onpraktiese reëling en buitendien is dit vernederend. Ek pleit dus dat persone wat die voorgeskrewe ouderdomsperk bereik het, maar weens die middeletoets nie vir pensioen kwalifiseer nie, op ’n hoër inkomsteperk vir mediese voordele alleen sal kwalifiseer. Die middeletoets wat vir buitepasiënte gestel word, kan moontlik as ’n maatstaf dien. Ek beweer dat dit stad en platteland, wat mediese dienste aanbetref, op meer gelyke voet sal plaas. Ten slotte wil ek graag verwys na die bewerings wat die agb. fid vir Parktown en die agb. lid vir Durban-Sentraal hier gemaak het. Daar is, soos die agb. lid vir Randfontein hier gesê het, ’n klemverskuiwing by hierdie twee here wanneer daar oor wanvoeding gepraat word. Die agb. lid vir Durban-Sentraal het baie meer verantwoordelik as die agb. lid vir Parktown oor wanvoeding en hongersnood gepraat. Om wanvoeding en hongersnood in Suid-Afrika in isolasie te sien, is onverantwoordelik, want die wêreld kyk met koue oë neer op Suid-Afrika. Die agb. lid vir Durban-Sentraal het trouens gesê dat Suid-Afrika ’n groot Derde Wêreld-inhoud het en daarom moet ons, wanneer ons van voedings probleme in die Republiek praat, dit in die konteks van Afrika sien. As ons dit só sien, sal die agb. lid heelwaarskyn-lik sê dat die voeding van alle mense in die Republiek van Suid-Afrika waarskynlik die heel beste in die Derde Wêreld-gebied van Afrika is.

Prof. N. J. J. OLIVIER:

Mnr. die Voor-sitter, die eerste deel van die toespraak van die agb. lid vir Namakwaland het van groot sensitiwiteit en menslikheid getuig, en ek kan my alleen maar daarmee vereenselwig. Die laaste gedeelte laat ek nou maar daar. Uit wat die agb. lid vir Stilfontein gesê het, blyk dit dat die Pers hierdie land vir die afgelope 33 jaar geregeer het, want al die probleme wat daar in Suid-Afrika bestaan, word aan Persberigte toegeskryf. Die Pers regeer nie hierdie land nie. As daar misstande bestaan, dan is dit nie die skepping van die Pers nie. Die agb. lid vir Stilfontein het gesê ons kom met voorstelle, maar ek wil nie in hierdie stadium reageer op die kwessie van pensioene nie, die agb. lid vir Edenvale, my kollega, sal mettertyd volledig daarop reageer. Maar nou het die agb. lid vir Stilfontein gevra, waar kry ons die geld? Waar moet ons die geld vandaan kry vir al die dinge wat die Opposisie vra? Ek sou graag rustig met die agb. lid vir Stilfontein in bespreking wou tree oor waarom daar nie genoeg geld is om die dinge te doen wat ons behoort te doen nie. As ons in baie opsigte in die afgelope 30 jaar ’n ander beleid gevolg het, ons manne-kragpotensiaal ten volle opgelei en benut het, dan was Suid-Afrika vandag in ’n totaal ander ekonomiese posisie as wat hy is.

’n AGBARE LID:

As ons jou beleid gevolg het?

Prof. N. J. J. OLIVIER:

Ek stel net die feite, en dit word algemeen toegegee, dat die knelpunte wat daar in Suid-Afrika bestaan in aansienlike mate die skepping is van ’n beleid wat ons gevolg het en wat meegebring het dat ons nie ons mannekragpotensiaal behoorlik benut het nie. Die agb. lid vir Innes-dal sal met sy saamstem dat as hy en ek werklik in ’n bespreking wil tree oor of al die uitgawe wat ons met die handhawing van die huidige beleid het inderdaad geregverdig en noodsaaklik is, dan sal dit interessant wees tot watter gevolgtrekking ons kom.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Die hele Derde Wêreld het probleme en hulle het ’n totaal ander beleid.

Prof. N. J. J. OLIVIER:

Ek vereenselwig my met die pleidooi wat die agb. lid vir Vals-baai tot die Minister gerig het vir pen-sioenaanpassings vir mense wat vroeër afge-tree het. Dit is ’n baie groot probleem. In die jare toe ek nog aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde was, was dit tragies om te sien hoedat die styging in die lewenskoste dit vir mense wat vroeër afgetree het onmoont-lik gemaak het om met daardie karige pensioen wat hulle van die Universiteit gekry het, ’n bestaan te maak. Ek vereenselwig my daarmee en ek hoop dat die agb. Minister aandag aan die saak sal gee.

Die MINISTER VAN GESONDHEID, WELSYN EN PENSIOENE:

Jy klim nou op die „bandwagon”.

Prof. N. J. J. OLIVIER:

Ek klim nie op die „bandwagon” nie. Dit is nie vir my nodig om dit te doen nie. Ek wil vir die agb. lid vir Paarl, wat oor gesinsbeheer gepraat het, sê dat hy inderdaad weet dat gesinsbeplanning en bevolkingsgroei ’n funksie is van sosio-ekonomiese ontwikkeling en kulturele ontwikkeling, en van die beskikbaarheid en bekombaarheid van gesinsbeplanningsfasi-liteite. Ek het die syfers hier. Ek wil net vir die agb. lid sê dat Suid-Afrika alreeds die fase betree het van dalende geboortesyfers onder al die groepe.

Ek is bly die agb. Minister het dit duidelik gestel dat ons nie hier te doen het met ὸf geboortebeperking ὸf bevolkingsbeheer nie. Ek wil egter daarop wys dat baie mense wat nie aan die Blanke bevolkingsgroep behoort nie, baie skepties is as daar deur Blankes op ander bevolkingsgroepe ’n beroep gedoen word om hul getalle te beperk. Op hierdie wyse dien ons nie die noodsaaklike saak van behoorlike gesinsbeplanning nie.

Ek kom nou by die saak waarmee ons die bespreking vanaand begin het, en dit is die kwessie van verpleegsters. Dit is baie duidelik—en ek dink die agb. Minister het dit ook toegegee—dat ons in hierdie verband voor ’n krisis te staan gekom het. Dit staan in die jaarverslag van die departement, dit is hier erken en ons weet dit almal. Die agb. Minister het aangedui dat hy bewus is van die probleem en het ’n aanduiding gegee van watter stappe tans gedoen word. Ek is bly om te kan sê dat ons met graagte verneem dat die agb. Minister onderneem het om oorweging te skenk aan die verbetering van die salarisstruktuur van verpleegsters, insluitende die moontlikheid dat die verpleegs-tersberoep as ’n aparte eenheid binne die Staatsdiens sal funksioneer. Hy het ook ’n aanduiding gegee dat daar aandag geskenk sal word aan die status van die beroep, werks-omstandighede ens. Ons kritiek—en hier sluit ek aan by die punt waarmee ek begin het—is nie soseer gemik op wat hierdie agb. Minister doen nie, maar eerder op wat die owerhede, wat hierdie land nou meer as dríe dekades lank regeer, nagelaat het om te doen. Dit is waarom dit gaan. Die krisis sou tog nie ontstaan het as die owerhede betyds bewus geword het van die probleem en betyds die nodige stappe gedoen het nie. Die aanklag—en dit is ’n regverdige aanklag—is dat die owerhede, d.w.s. die Regering, nagelaat het om betyds die probleem te verken en betyds die nodige stappe in daardie verband te doen. Met alle agting vir die stappe wat die agb. Minister beoog, as ons daadwerk-like optrede nog ’n jaar lank uitstel, gaan die probleem heeltemal buite perke raak. As ons dus iets aan die probleem of die krisis in die verpleegstersberoep wil doen, moet ons dit onmiddellik doen. Ons kan nie langer wag nie. Daar is nie tyd vir ’n tydsame, uitgerekte bespreking van moontlikhede nie. Daar moet minstens binne die volgende paar maande sekere drastiese stappe in hierdie verband gedoen word.

Die agb. Minister het aangedui wat die verhouding van pasiënte tot verpleegsters vir die verskillende bevolkingsgroepe is. In die geval van Blankes is die verhouding van verpleegsters tot pasiënte 1:155, en dit is juis onder Blankes dat ons die ergste probleme ondervind, want daar is klaarblyklik nie genoeg verpleegsters om in die behoeftes van die Blanke gemeenskap te voorsien nie. As ons dan ook die agb. Minister se syfers vir die ander bevolkingsgroepe neem, sien ons dat daar onmiddellik vyf of ses keer meer verpleegsters, as wat daar tans is, opgelei moet word om daardie groepe se verpleegbehoeftes gelyk te stel aan dié van die Blankes.

Die MINISTER VAN GESONDHEID, WELSYN EN PENSIOENE:

U wil dus hê ek moet die Swartes vat en hulle by die Wittes sit.

Prof. N. J. J. OLIVIER:

Ek kom nog daarby. Die syfers dui aan dat die totale bevolking oor die volgende 20 jaar met tussen 11 miljoen en 13 miljoen mense gaan toeneem, d.w.s. met tussen 550 000 en 650 000 per jaar. As daardie syfers ook in ag geneem word, beklemtoon dit net al hoe meer dat daar onmiddellik aan hierdie saak die hoogste prioriteit verleen moet word. Klaarblyklik is daar drie dinge wat gedoen moet word. Eerstens moet salarisse onmiddellik verbeter word, selfs al moet hierdie kwessie buite die bestek van die Staatsdiens geplaas word. Tweedens moet daar wegge-doen word met alle vorms van diskriminasie, want daar sal nie genoeg Blankes gevind kan word om na die behoeftes van Blankes om te sien nie. Die agb. Minister het ’n aanduiding hiervan gegee toe hy gepraat het van die PWV-kompleks. Dit sal onmoontlik wees om genoeg Blankes te vind om die nodige werk te doen, selfs onder Blankes alleen. Met ander woorde, of ons nou wil of nie, sal ons in ’n meerdere mate, in die verpleegstersberoep, van verpleegsters van ander bevolkingsgroepe gebruik moet maak. Ons moet dus ook ten opsigte van salarisse alle diskriminasie uitskakel. Derdens moet alle moontlike bestaande beperkinge op die gebruik van anderskleurige verpleegsters in die verpleegstersberoep uitgeskakel word.

Mnr. J. H. VISAGIE:

Mnr. die Voorsit-ter, nadat ek na die vorige agb. spreker geluister het, het ek besef hoe jammer dit is dat so ’n belangrike saak soos dié wat vanaand voor hierdie Komitee dien, altyd oor ’n politieke boeg gegooi moet word. ’n Mens sou sweer dat as daardie party regeer het, al die geluk van die hemele oor hierdie land sou neergedaal het en dat ons almal dan blou kepsies sou gedra het. Die agb. Minister is ’n persoon wat sy uiterste bes doen vir hierdie land en sy mense. Hy het altyd ’n oor vir redelikheid wanneer daar vertoë aan hom gerig word. Hoe jammer tog dat daar gepoog word om die goeie werk wat hy doen, te verydel, en hoe jammer dat daar ook selfs voorstelle hier ingedien word om sy salaris te verminder. Die Staatsdepartemente waaroor hy beheer het, kan vandag getuig van ’n goeie stuurman aan die roer, en ons is hom dankbaar vir wat hy in Suid-Afrika doen.

Die versorging van bejaardes is seker so belangrik dat dit nie deur een van ons mis-gekyk kan word nie. Dit is tog ’n feit dat as ons lank genoeg lewe, almal van ons een of ander tyd oud sal wees. Sommige mense sal op hul oudag vir hulself kan sorg, maar ander sal nie kan nie. Weens talie omstan-dighede, waarop ek nie nou kan ingaan nie, omdat elke geval anders is, sal daar beslis talie mense wees wat nie vir hulself kan sorg nie. Een ding is egter baie seker, en dit is dat hierdie Regering baie getrou na sy oues van dae kyk, en dit is natuurlik noodsaaklik dat dit so moet wees, want die senior burgers van ons land het eens op ’n tyd in belang van hul land op die voorpunt gestaan. Daarom is dit goed dat die belastingbetalers van Suid-Afrika miljoene rande aan daardie mense bestee. Wat is vandag ’n groter toonbeeld van beskawing in ’n land as ’n owerheid wat omsien na sy oues van dae en die verswakte bejaardes? Die Suid-Afrikaanse volk word egter daardeur gekenmerk dat hy aan welsyn glo en nie alles aan die Staat alleen oorlaat nie, en dit is goed dat dit so is. Daar is baie mense in ons land wat aan welsynsorganisa-sies behoort, en ook ander wat nie daaraan behoort nie, maar wat nietemin dieselfde doel nastrewe en baie doen vir ons oues van dae.

Dit is prysenswaardig om te sien hoe huisvroue in my kiesafdeling besoek aflê by drie van ons tehuise waar die agb. Minister ook al besoek afgelê het om te kyk wat daar aangaan. Daar is huisvroue wat dikwels soontoe gaan om die oues van dae se ledemate te masseer sodat die bloed weer sterk kan vloei in hande wat al styf geword het en sodat daar nuwe lewe kan wees vir liggame wat nie meer so mooi wil funksioneer nie. Hulle wy kosbare ure van hul tyd aan daardie mense. Daardie hulpverpleging word met groot dank en waardering deur die bejaardes en hul families bejeen, want ons verleen erkenning aan sulke mense. Wat egter baie belangrik is, is dat daar nog mense is wat bereid is om self in hul huise na bejaardes om te sien en hulle nie na tehuise te stuur nie omdat hulle voel dat daardie mense eens op ’n tyd baie vir hulle beteken het. Hoe eienaardig is die lewe tog nie! Een ouerpaar kan met gemak, en sonder om te kla, na ses of sewe kinders omsien, maar ’n mens kry somtyds gevalle waar die ses of sewe kinders later van tyd nie na die een ouerpaar kan omsien nie. Dit is ’n jammerte, maar ’n mens moet alle gevalle volgens meriete behandel, ’n Mens moet onthou dat die lewe verander het en dat huisvroue somtyds moet gaan werk om die pot aan die kook te hou. Dan is daar eenvoudig niemand om na die ou mense om te sien nie. Elkeen van ons het ’n taak—waar ons ook al is—om ons ou mense in die algemeen ook gelukkig te maak. As ons bejaardes in die straat teëkom, hoeveel van ons het ’n vriendelike woord vir hulle? Hoeveel van ons sal vra hoe dit met hulle gaan? Daardie mense waardeer dit, want hulle is een-saam, veral die mense in tehuise. Ons moet onthou dat hoewel hulle geselskap het, hulle later in ’n sekere kring ingeburger raak, en dan hoor hulle net dag na dag dieselfde ding oor en oor. Hulle wil graag ook met die gemeenskap buite die tehuise meelewe. Daarom is dit absoluut noodsaaklik om nie daardie mense sommer opsy te stoot en hulle outomaties uit die samelewing te hou nie. Ek weet daar word baie van Regeringsweë gedoen en ons is besonder dankbaar dat dit wel so is.

Ons weet ook dat inflasionistiese toe-stande vandag ’n verwoestende uitwerking op pensioene het en dat sommige oues van dae nie genoeg sal hê om basiese behoeftes vir hulself aan te koop nie. Ek weet ook dat „noodsaaklikhede” ’n relatiewe begrip is. Ons weet mos daar kan nooit genoeg gedoen word vir ons oues van dae nie. Ons moet egter onthou dat alles uit dieselfde beursie kom. Ek wil die agb. Minister dus bedank vir die verhoging wat hy onlangs aangekondig het.

Daar is een aangeleentheid waarvan ek glo nie almal van ons genoeg gebruik maak nie, en dit is die dienssentrumstelsel wat daarge-stel is. Ek glo dat as dit uitgebrei word, dit sal beteken dat ons op ander gebiede baie kan bespaar, en hier dink ek veral aan ouete-huise. As daar ’n vraag na so ’n sentrum is, en die departement is daarvan oortuig dat daar ’n vraag na so ’n sentrum bestaan, kan sodanige sentrum in die lewe geroep word. Dit kan egter net gebeur as die owerhede daarvan oortuig is dat dit nodig is. As daar nie die nodige geboue vir so ’n sentrum bestaan nie, word die projek aan ’n argitek oorgelaat. Daar is natuurlik sekere voor-waardes wat die beplanning betref. Na al die vereistes nagekom is, word so ’n sentrum opgerig. Daar word ook ruim subsidies vir sodanige dienssentrums betaal. Daar word vir ou mense warm etes voorberei en daar word ook aan hulle verskeie vermaklikhede verskaf. Daar word speletjies aangebied en daar word selfs ook warm etes, wat in die sentrum voorberei word, na die huise van bejaardes geneem. Selfs die voertuig wat die etes aflewer, word gesubsidieer. Dit is ook goed dat dit so is. Daar word tot subsidies betaal op die meublement. Tans is die maksimum bedrag vir ’n klein dienssentrum R20 000. Dit is egter die syfer vir 1977, en ek gio ons moet kyk of daardie bedrag nie verhoog kan word nie, want sedertdien het inflasie kwaai toegeslaan en het pryse geweldig gestyg. Bejaardes moet nooit vergeet word nie. Soos ek reeds gesê het, is hulle baie eensaam, en selfs in ouetehuise is daar oues van dae wat nie in die eetsaal wil eet nie, maar wat daarteen opsien om vir hulself kos te maak. Daarom is dienssentrums baie noodsaaklik. Dit is veral die manlike geslag wat swaar hieronder ly, want as one lewensmaat wegval, of byvoorbeeld nie meer daartoe in staat is om na ons voeding om te sien nie, moet ons self sien hoe ons klaarkom. Dit is veral die wewenaar wat baie swaar kry. Dit is miskien een rede waarom ’n wewenaar weer trou. Hoewel hy swaar kry op die gebied van kosmaak, is hy in ’n ander sin egter baie gelukkig, want hy is vandag seker dié artikel waarvoor daar die grootste aanvraag is, want hy vra vandag en trou more. Bejaardes wat die dienste van so ’n sentrum wil gebruik, moet ingeskrewe lede daarvan wees, want as hulle nie ingeskrewe lede is nie, is hulle nie ten volle betrokke by die bepaalde sentrum nie. Ek sou bly wees as ons dienssentrums in elke dorp in Suid-Afrika kon oprig, want ek glo dat dit uitein-delik ’n baie groot finansiële las van die Staat sal wegneem aangesien die Staat dan minder geboue sal hoef te bou, terwyl daar nogtans meer dienste verskaf word aan mense wat dit nodig het.

Ons oues van dae, ons senior burgers, het baie vir hierdie land gedoen. Daarom het ons vandag ’n baie dure plig om na daardie mense om te sien. As ons nie vroeg sterf nie, word ons oud. Die skrywer Melt J. Brink het die volgende te sê gehad oor die ouderdom:—

Lach nie om de grijsheid, kinders!
Spot nie aan die ouderdom:
Weet, als julle lang mag leeve,
Dat die tijd voor jul oók kom:
Net zoo zeker, als die Zonlicht
Morge aan die kim zal rijs!
Net zoo zeker, als jul lang leef,
Zal jul oud word, stram en grijs.
Mnr. W. L. VAN DER MERWE:

Mnr. die Voorsitter, ek is op dieselfde golflengte as my buurman van die Nigel-kiesafdeling, en in die loop van my kort toesprakie gaan ek die argument wat hy geopper het seer sekerlik steun. Op Vrydag, 29 Februarie 1980 het ek oor bejaardes in die algemeen gepraat. Nadat ek ’n paar voorbedde uit my kiesafdeling genoem het, het ek onder meer die volgende gesê (Kolom 1667)—

Ek dink, byvoorbeeld, aan Oom Willem Dohman, ’n oudstryder van die Tweede Wêreldoorlog. Ongelukkig kwalifiseer hy nie vir pensioen nie. Oom Willem Dohman kom telkens na my en sê hy wil gaan veg aan die grens. Ek sê altyd aan hom: „Maar Oom, u is te oud, u kan nie dit nie doen nie.” Dan sê hy aan my: „Broertjie, ek wil jou verseker elke skoot wat ek skiet, sal ’n kopskoot wees.” Dit is die patriotisme van hierdie mense. Dit is die vaderlandsliefde van hierdie mense. Hierdie oom kwalifiseer nie vir ’n pensioen nie en daarom voel ek dat ek vanmóre ook ’n lansie moet breek vir die oudstryders wat ’n sekere ouderdom bereik en in die Tweede Wêreldoorlog geveg het. Daar moet weer na hul posisie gekyk word.

Ek is vanaand in die besondere gelukkige posisie om twee dinge oor Oom Willem Dohman te kan sê. Die jaar 1981 was tot dusver vir hom ’n baie goeie jaar ge wees. Ek het dit nie verlede jaar gesê nie, maar van-jaar kan ek egter sê die oom het elke keer met so ’n tikkie vriendelikheid, maar tog so ’n bietjie selfverwyt, aan my gesê hy weet hy kry nie pensioen nie omdat hy ’n Sap is. Oom Willem is ’n bloedsap, ’n gerespek-teerde ou Sap. Hy kry sy pensioen en hy bly ’n Sap, in soverre daar gesê kan word dat daar nog Sappe is. Vanjaar was vir hom ’n baie goeie jaar gewees, veral om twee redes. Hy het sy pensioen gekry. Hy is nou die gelukkige ontvanger van ’n pensioen. Na hy ook nege jaar lank ’n wewenaar was, het hy onlangs in die huwelik getree—om die waarheid te sê, net drie maande gelede. Wat vir my interessant is, is dat sedert Oom Willem in die huwelik getree het, hy nie meer grens toe wil gaan nie.

In die tweede plek wil ek vanaand nog ’n dankwoord aan die agb. Minister en sy departement rig. Op 29 Mei 1978 het ek in hierdie selfde saai ’n pleidooi gelewer dat die oprigting van ’n huis vir bejaardes, wat toe nog in ’n vroeë stadium van beplanning was, bespoedig moet word. Ek is vanaand in die besondere gelukkige posisie om te kan sê dat die oprigting van die gebou reeds ver gevorder het en om my dank daarvoor te kan uitspreek. Die boukoste sal ongeveer R950 000 beloop. Die gebou bestaan uit 20 enkel-woonstelle en tien dubbelwoonstelle wat huisvesting aan tien egpare kan bied. Hier-die woonstelletjies beskik oor hul eie kombuise en die bejaardes sal dus hul eie etes kan voorberei. Die gebou beskik ook oor 20 enkelkamers wat 20 enkele bejaardes kan huisves, asook lokale om 30 verswakte bejaardes te huisves. Dit gee ons ’n totaal van 90 persone wat daar gehuisves kan word. Wat egter interessant is, is dat daar reeds ’n waglys van meer as 170 is, en daar kom nog gereeld aansoeke van bejaardes in om in hierdie inrigting opgeneem te word.

Daarom wil ek my aansluit by wat gesê is deur die agb. lid vir Nigel, en wil ek ook nog verder op sy pleidooi uitbrei. Ek wil egter meer bepaald die aandag vestig op ’n ander gebied as dié waarna hy spesifiek verwys het. Wat ek sê, wil ek voorhou as ’n bewys dat die Staat nie kan voorbly met die voorsie-ning van tehuise vir bejaardes nie. Derhalwe gaan ek vanaand, soos in die verlede, weer hier ’n pleidooi lewer, en dit is dat die departement in die toekoms, natuurlik in samewerking met die Departement van Finansies, ernstige oorweging moet skenk aan die moontlikheid daarvan om die subsidiestelsel verder uit te brei om ook bejaardes te dek wat in hul eie huise woon. As ek berekenings doen oor die Meyerton-projek wat nou in aanbou is, vind ek dat dit die Staat meer as R900 000 kos om 90 persone daar te huisves, d.w.s. meer as R10 000 per persoon vir huisvesting. Ek wil dus vra dat die Staat besluit om die goue middeweg te kies. Hierdie tehuise is noodsaaklik, maar omdat tehuise onmoontlik al die bejaardes nou en in die toekoms sal kan huisves, vra ek dat die goue middeweg gekies word en dat daar ’n metode bedink word om ook aan dié bejaardes wat in hul eie huise aanbly ’n subsidie te betaal sodat die druk vraag na tehuise vir bejaardes verlig of verminder kan word. Dit sal dan ook die goeie uitwerking hê dat hierdie bejaardes in die laat aand van hul lewens gelukkig sal wees omdat hulle sal kan aanbly in die huise waar hulle moontlik grootgeword het. Die subsidie hoef nie baie groot te wees nie, maar dit sal hulle beslis help om die swaar munisipale belastings te delg. Dit sal hulle ook help om die steeds stygende lewenskoste die hoof te bied en aan hulle die gerusstelling gee dat wanneer die skaduwees in die laat aand van hul lewe om hulle toevou, hulle hul oë sal kan toemaak in hul eie omgewing, tussen hul eie vriende en familie.

Mr. A. G. THOMPSON:

Mr. Chairman, we on this side of the House would, at the outset, like to place on record our sincere thanks and appreciation to the department for the pension increases and bonuses, and also for everything that is being done to alleviate the plight of pensioners in general.

The hon. member for False Bay spoke to us about civil pensioners, and I thought he put his case extremely well. He did, however, mention civil pensioners who were unhappy at receiving from R200 to R400, expressing the view that this was inadequate in real terms. In the light of that assertion, I am sure the hon. the Minister will support the request from this side of the House about the plight of old-age pensioners who will only be receiving R122 as from 1 October of this year. Their position is therefore far worse.

I think the hon. member for Meyerton also made his point very clearly. He also indicated that the amounts paid to pensioners are really not sufficient at all. Having said that, I should like to reiterate what I think a lot of pensioners are saying today. What they are saying is that in the old days a pension was a supplementary means of livelihood. What is happening today, however? In past days the families helped support the elderly, but today the position is vastly different. Because of rampant inflation, the elderly are getting little or no support from their families. In fact, the pension that such a person receives today is all he has to live on.

Let us look at this pension. As from 1 October the pensioner will be receiving R122 per month, as I have said. In April they received a bonus of R30, and there will be another bonus in October. The pensioner has, therefore, had an increase of R18 per month, which is, I believe, approximately 17%. I think we all agree that this is more or less keeping pace with the general rate of inflation. We must, however, look at the cost of foodstuffs. Have increases in the price of foodstuffs kept to approximately 17%, or have such increases been far greater? I think that in real terms these increases have been far higher than the average inflation rate. It is not necessary for me to elaborate on the hon. the Minister’s remarks during the recent election. I am not going to say much about that, although I do believe that those remarks caused a great deal of heartache. I think some people had to do a tremendous amount of soul-searching in an effort to vindicate the claim that this Government is, in fact, a compassionate Government. So, whilst being grateful for the increases, I cannot believe that in real terms spending power has been increased. If one lives in a semi-rural constituency, where there is a preponderance of pensioners, one is in daily contact with those people. Then one becomes all too aware of the difficulties they face on a day-to-day basis.

Each and every person likes to be independent, and I think we all accept this as a basic right. I believe that the accent should be on keeping aged citizens free and independent members of our community, living in their own homes for as long as possible. To cater for this need, we should prevent any circumstances arising that might adversely affect the ability of the aged to remain in their own homes and retain their independence. Can this, however, be said to be the position today in the case of people who, even though they have been fortunate enough to save and are living in their own homes, have no extra capital to call on?

Let us look at the basic costs involved in a person living in his own home today. There are rates and taxes that have to be paid, transport costs that have to be met, even if there is public transport available, food that has to be purchased, clothes that have to be bought, electricity that has to be paid for and water accounts that have to be met. Those are the basics we all have to have, whether we like it or not. Can we, in fact, afford this kind of expenditure on the amount available from an old-age pension? I do not believe we can. Today I took the trouble of telephoning the Cape Town Chamber of Commerce and Unisa to try to establish the minimum poverty datum line for a White person. I was unable to obtain any figure. Such a figure is not, in fact, available. What I was able to obtain, however, was the figure for a single Black living in Johannesburg, and the figure given to me—in other words, the amount necessary for the minimum subsistence level, and I emphasize the word “minimum”—was R78,54, of which R8 was allowed for rental. I do not, in any way, want to be accused of saying that the pension paid to Blacks is the correct pension. What I am trying to find is a basis for living, a minimum subsistence basis, for Whites. Since I was unable to do so, I have to try to compare the position of Whites with that of Blacks. I believe that there is a difference in living standards, a difference in basic diet and a tremendous difference in rentals. So what I am trying to say is that the pension paid today is forcing our pensioners to live on a minimum subsistence level. There are cases on record of old-age pensioners who are making a tin of sardines last for three meals—this is nothing new—and a tin of dog’s food for two meals. Is that the kind of society we are living in today? I do not believe it is right or just. Under such circumstances there cannot even be any thought of entertainment. There is the constant dread that unforeseen expenditure will crop up. There are even cases of people praying to be relieved of such an onerous existence. That is how desperate some people have become.

Even those people who have managed to save are faced with the thief called inflation that is eroding their spending power. What is the rand worth today? Unfortunately there is no relief for them because of the means test. I think that is a very real probleem in many people’s minds these days. Since we are talking about spending power, let us look at the amount of R122. What is the real spending power of that amount today? I would say between R30 and R35. My appeal to the hon. the Minister is nothing new, but in making it I am actually addressing myself to the whole Government. In heaven’s name, can we not give greater relief to all our pensioners by way of increased pensions, or pensions tied to the increasing cost of living, as some other countries do? Could there not also be a drastic review of the means test?

In conclusion, what would this country have been if it had not been for those people? Would we be where we are if it had not been for the people who went before us, those pioneers whose guts made this country what it is today? It is not, I repeat, only the hon. the Minister’s responsibility. I do not want him to think that I am singling him out as being solely responsible. I believe it to be a collective responsibility, a joint responsibility, and because I believe that the matter needs serious attention, I should like to support the hon. member for False Bay’s call for a Select Committee or some or other in-depth investigation into the pension structure as a whole.

Dr. W. D. KOTZÉ:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Suidkus en die agb. lid vir Meyerton het die moontlikheid geopper dat bejaardes solank as moontlik in hulle eie gesinsverband gehou word. Dit is ’n onderwerp waarop ek later sal terugkom omdat dit toevallig die tema ïs van die toespraak wat ek vanaand wil hou.

Dit is ’n feit dat daar op sekere tye hoë politiek gemaak word van die maatskaplike pensioene wat aan bejaardes betaal word. Ons vind dit veral ten tyde van verkiesings, en ten tyde van sensuur-of wantroue-debatte ander politieke debatte waarin Opposisie-sprekers hoogty probeer vier. Ons is nou amper al ses uur lank besig met hierdie debat, maar nieteenstaande vyf of ses toe-sprake van hierdie kant van die Raad oor pensioentrekkers, het ons nog nie ’n enkele woord van die Amptelike Opposisie oor pensioentrekkers gehoor nie.

Mr. A. B. WIDMAN:

Mr. Chairman, on a point of order: the arrangement was that we would discuss pensions at a later stage, but the hon. member for Parys is now discussing the subject before we have had a chance to talk about it.

The CHAIRMAN:

I am afraid that that is not a point of order. Die agb. lid kan voortgaan.

Dr. W. D. KOTZÉ:

Ek wil net vir die agb. lid sê dat enige lid tog wanneer pen-sioenaangeleenthede bespreek word … [Tussenwerpsels. ]

Die VOORSITTER:

Orde!

Dr. W. D. KOTZÉ:

Ek sal die aangeleent-heid daar laat. Ek was nie bewus van so ’n reeling nie. [Tussenwerpsels.] Ek wil egter onomwonde sê dat die Regering altyd met die fondse tot sy beskikking sy bes vir ons bejaardes doen, of by wyse van maatskaplike pensioen ὸf die daarstelling van ouetehuise of ander dienste. Die wil en die simpatie bestaan, maar die beperking is die beskikbare fondse en die vermoë van die belastingbetaler om dit te voorsien. Die Staat bestee jaarliks miljoene rande aan die oprigting en instandhouding van ouetehuise. Ek weet dat dit ’n taak is wat nie uitsluitlik by die agb. Minister tuishoort nie omdat die agb. Minister van Gemeenskapsontwikkeling die fondse moet voorsien om ouetehuise te bou. In aansluiting by die agb. lid vir Suidkus en die agb. lid vir Meyerton wil ek tog in hierdie verband ’n voorstel maak. Ek wil voorstel dat die agb. Minister, ten einde die druk op ouetehuise te verlig, oorweging daaraan skenk om aan maatskaplike pensioentrekkers wat self vir hulle huisvesting sorg, ’n toelae te betaal—die agb. lid vir Meyerton het dit ’n subsidie genoem—benewens die pensioen wat hulle ontvang. Ek praat nou van mense wat daarvoor kwalifiseer om ’n maatskaplike pensioen te ontvang met inagneming van die middeletoets waar die waarde van ’n woonhuis in berekening ge-bring is. Ek bepleit dus nie ’n verslapping van die middeletoets en ’n lae aanslag van die waarde van ’n woonhuis nie. Die feit dat maatskaplike pensioentrekkers hulle eie huisvesting voorsien, beteken in der waarheid oneindig baie vir die Staat, want dan hoef daar nie in ouetehuise vir sulke mense voorsiening gemaak te word nie. Ek voer nie ’n vete teen die pensioentrekkers wat wel in ouetehuise woon nie. Trouens, talie van my kiesers is maatskaplike pensioentrekkers wat in ouetehuise woon en ek het groot agting vir hulle. Hulle ontvang immers dieselfde pensioene as mense buite ouetehuise, terwyl dit die Staat miljoene rand kos om ouetehuise te bou en in stand te hou. In hierdie tyd van hoë boukoste moet ons egter ernstig na maniere soek om soveel van ons bejaardes as moontlik behulpsaam te wees in die dae van hulle oudheid. Ek meen dat as ons dan daarin sou kon slaag om ’n stelsel te ontwerp wat op alle bevolkings-groepe van toepassing sal wees, te wete ’n toelae wat aan diegene betaal word wat hulle eie huisvesting voorsien, ons die druk op die kapitale behoeftes van die Staat aansienlik kan verlig. Ek bepleit nie ’n toelae wat pensioentrekkers in staat sal stel om hulle eie huise te koop nie of wat hulle in staat sal stel om weelderig te lewe nie. Dit moet goed begryp word. Ek praat van mense wat in die tydperk voordat hulle afgetree het, voldoende voorsiening gemaak het om in hulle eie huise te kan aanbly. Ek praat van mense wat deur hulle eie familie en vriende versorg word. Sulke mense behoort daarvoor vergoed te word, want hulle verlig in der waarheid nie net die druk op ouetehuise nie, maar op die kapitale behoeftes van die Staat ook.

Aangesien die hoë inflasiekoers en die hoë rentekoerse mense se persoonlike inkomste erodeer het, is dit vir baie mense nie meer moontlik om in hulle eie huise te woon of om selfs deur hulle familie versorg te word nie. Omdat pensioene ’n sensitiewe aangeleentheid is, wil ek weer eens beklemtoon dat ek nie ’n vete voer teen pensioen-trekkers nie. Ek doen nie afbreuk aan die pensioene wat mense reeds ontvang nie, want ek gun hulle dit van harte. Ek bepleit net ’n stelsel wat dit moontlik sal maak om die druk op die kapitale behoeftes van die Staat te verlig.

Ek wil graag ’n paragraaf uit die verslag van die departement voorlees. Dit lui—

Sy Edele Senator Henning Klopper het een van sy plase naby Parys in die OranjeVrystaat aan die departement geskenk om benut te word ten behoewe van sorg-behoewende persone, veral die jeug.

Ek wil nie afbreuk doen aan die waardigheid van die Senaat of aan die status van iemand wat ’n Senator was, maar ek dink nie ons vlei mnr. Henning Klopper deur na hom te verwys as ’n Senator nie. Hy was nooit ’n Senator nie. Trouens, hy was die gevierde en een van die mees gerespekteerde en legendariese Speakers van die Volksraad. Daar was wel ’n Senator Hendrik Klopper in die Senaat, maar om enige misverstand uit die weg te ruim, wil ek dit te boek stel dat dit nie Senator Hendrik Klopper is wat hierdie plaas beskikbaar gestel het nie, maar die voormalige Speaker, Sy Edele Henning Klopper, ’n kie-ser van my. Aangesien die saak nie in die verslag reggestel kan word nie, wonder ek of die agb. Minister so vriendelik sal wees om dalk net ’n persoonlike nota aan mnr. Henning Klopper in hierdie verband te stuur. Ek dink hy sal dit baie hoog op prys stel.

Ten slotte wil ek net in ’n paar woorde verwys na die doel van die plaas wat mnr. Henning Klopper aan die walle van die Vaalrivier by Parys aan die Staat geskenk het. Hy het bedoel dat dit ’n sentrum van groot be-drywigheid moet word waar minderbevoor-regte kinders, tienderjariges en selfs jong mense geskool, opgelei en tegnies bekwaam gemaak moet word en terselfdertyd ook ’n goeie tuiste sal vind onder die wakende oog van verskeie kerkgemeenskappe in Parys. Gesien die ouderdom van mnr. Henning Klopper, en ek sê dit met baie groot deernis, dink ek nie dat hy die vrugte van sy skenking sal beleef nie. Ek weet dat fondse nie beskikbaar is om uitvoering aan hierdie doelstelling té gee nie. Ek vertrou egter van harte dat die owerheid gedurig die doel van hierdie skenking in gedagte sal hou en dat met stelselmatige beplanning daar oor die langtermyn moontlik uitvoering gegee sal word aan die doel waarvoor mnr. Klopper hierdie plaas geskenk het. Dit sal nie net vir hom as persoon ’n pragtige monument wees nie, maar sal die nagedagtenis van ’n bekende en geheide lid van hierdie Volksraad wat altyd graag volks-en landsdiens wou verrig, in ere hou. [Tyd verstreke.]

Mnr. G. J. VAN DER MERWE:

Mnr. die Voorsitter, ek wil graag hierdie geleent-heid gebruik om in die eerste plek hulde te bring aan mense wat in ons samelewing ’n besondere taak verrig. In die eerste plek wil ek graag hulde bring aan mense wat op ’n beroepsgrondslag in diens van die departement as geregistreerde welsynbeamptes en ook by ander welsynsinstansies liefdeswerk in ons gemeenskap doen. Ek wil ook my dank uitspreek teenoor hulle wat myns insiens die sosiale gewete van die gemeenskap verteenwoordig deur middel van hulle onbaatsugtige diens in verenigings waarvan hulle lede is. Laasgenoemdes vorm die ruggraat van die welsynspoging in Suid-Afrika en verseker dat ons welsynspoging met die versorging van minderbevoorregtes nie op ’n gesosialiseerde basis plaasvind nie. Dit behoort in ’n gemeenskap soos dié waarin ons leef in die eerste plek die plig van die gemeenskap te wees om sy verantwoorde-likheid vir die versorging van bejaardes en minderbevoorregtes op homself te neem en daardie verantwoordelikheid te aanvaar. Ek wil dus vanaand aan hulle hulde bring. Ek glo dat ons nooit genoeg waardering kan hê vir die wyse waarop hulle hierdie land en die mense wat hulle nodig het, dien nie.

Daar kom baie patologiese verskynsels in die samelewing voor en met die bestudering van die verslag van die departement, het een van hierdie verskynsels my opgeval, te wete die verskynsel van boemelaars. Ek weet dat ek hiermee afwyk van die onderwerpe wat vanaand hier bespreek is, te wete mediese aspekte en pensioene, maar ek is van mening dat ons tog op hierdie mense ag moet slaan.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Politieke boemelaars.

Mnr. G. J. VAN DER MERWE:

Wei, van hulle is daar baie. Volgens die verslag word daar sedert 1978 verskerpte aandag aan die verskynsel van boemelary gegee en inligting dui daarop dat hulle getalle begin afneem en dat gevalle van rehabilitasie voorkom. Opnames wat gedoen is, het getoon dat die verspreiding van boemelaars ongeveer soos volg daar uitsien, alhoewel ek van mening is dat dit uiters moeilik is om hulle domisilie noukeurig te bepaal; in Johannesburg is daar 185, in Pretoria 105, in Durban 90 en in Kaapstad 78. Ek verwys nou na Blanke boemelaars.

Boemelary en bedelary in die gemeenskap is so oud soos die mensdom. Ek lees in Markus 10 van die blinde man, Bartimeus, wat in Jerigo langs die pad gesit en bedel het. Toe hy hoor dat Jesus op die pad verbygaan, het hy uitgeroep: „Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig.” Die mense het vir hom gesê hy moet stilbly, maar hy het daarna net harder uitgeroep. Ons weet wat verder gebeur het, te wete dat sy geloof hom gered het, dat hy kon sien en dat hy Jesus gevolg het. Die gemeenskap se reaksie teenoor bedelaars behoort te wees soos dié van Christus teenoor Bartimeus, nl. nie die gee van ’n almoes nie maar een van genesing. Die Ridders van die Wapad, soos hulle ook bekend staan, het oor die jare aan ons bekend geraak as geharde beroepsmense op hulle terrein. Nadat Uys Krige ongeveer 50 jaar gelede in Spanje gereis het, het hy in sy boek Sol y Sombra geskryf van ’n professionele bedelaar, ene Pablo Posada, wat hy ontmoet het en wat ’n baie groot sukses was. Op ’n dag het hy vir Pablo gevra wat die rede vir sy sukses was, want sy sak was altyd met munte gevul. Pablo het gesê: „Mi cara fea es mi buena fortuna”, of „my lelike gesig is my fortuin.” Pablo het dus gesê dat hy hierdie gawe van God, sy lelike gesig, gebruik om sy hand vol munte te kry. Pablo het geglo dat hy daar in Barcelona, waar hy gewoon het, een van die grootste weldoeners van die mensdom was, want hy het gesien dat die almoese wat die mense, d.w.s. die rykes en die bevoorregtes, hom gee, hierdie mense hulle verantwoordelikhede en sorge ’n oomblik lank ontneem. In die proses het hy as ’n goeie katalisator in die gemeenskap opgetree.

Wanneer ons aan ’n boemelaar of ’n bedelaar ’n meevaller in die hand stop, dra ons beslis nie tot sy genesing by nie. Inteendeel, ons help hom op die pad wat hom uiteindelik aan die uiterste ellende gaan onderwerp. Ons is dan besig om nie soos Christus genesing te gee nie, maar almoese. Soos Pablo gesê het, wil ons deur middel van ’n almoes ons gewete sus en in die proses bewys ons ons gemeenskap ’n ondiens.

Volgens die opname wat deur die departement gedoen is, en waarvan die uitslag seker binnekort bekend gemaak sal word, is daar deur middel van ’n landwye steekproef bevind dat 96% van boemelaars werkloos is. Vier-en-vyftig persent maak hulle bestaan uiteindelik uit bedelary. Die ander se inkom-ste bestaan ὸf uit ’n goeie bankrekening—ek weet nie waar die geld vandaan kom nie—ὸf uit ander metodes van befondsing. Van die kant van verenigings word daar veral sterk druk uitgeoefen op blinde bedelaars om hulle van die straat af te kry. In Johannesburg het ene Mnr. Harry Mugale van die Association for Blind Black Adults in die Rand Daily Mail van 12 Mei 1981 gesê—

It is discouraging to find groups of blind people begging in the streets. Some of them went to school where State and public money was used in educating them and they should use their knowledge and professions.

Hulle wil dus graag hê dat hierdie mense eerder moet gaan werk. Opnames het dan ook getoon dat die meeste bedelaars reeds ’n maatskaplike pensioen van die een of ander aard ontvang. As ek vanaand ’n versoek tot die publiek kan rig, dan is dit om op te hott om aan bedelaars op strate geld te gee, want ons is daarmee nie besig om die euwel te genees nie, maar om dit te stabiliseer. In plaas daarvan om geld op daardie wyse te gee, sou ons veel beter vaar deur geld aan instansies te gee wat dit wel in hierdie verband op ’n genesende wyse kan aanwend.

Ek wil graag enkele ander interessante sy-fers aanhaal uit die opname wat gemaak is. Drie-en-neëntig persent van die betrokkenes was mans, 52% van hulle het in die stad groot geword en slegs 3,6% van hulle het van die plaas gekom. Dit is waarom ek nie ’n bedelaar is nie, want ek kom ook van ’n plaas af. Van die groep was 30,4% nooit getroud nie, 47,5% was geskei en 2,4% is nog getroud en het die een of ander vorm van kontak met hul eggenotes. Van hierdie groep het ’n besondere groot persentasie, t.w. 13,3%, in kinderhuise of nywerheid-skole opgegroei, terwyl 79% by hul ouers groot geword het. ’n Ander baie interessante verskynsel is dat 62,2% van die groep se ver-standelike vermoë normaal of bo normaal was, terwyl slegs 10,8% van hierdie mense opleiding tot std. VIII of hoër ontvang het. Hierdie mense het dus bo normale intelligensie met ’n baie lae opleidingsgraad. Van hierdie mense het 37,9% geen beroepsopleiding ontvang nie, terwyl 34% ambags-opleiding ontvang het. Drankmisbruik word aangegee as die oorsaak van 80% van die gevalle, terwyl werkskuheid 24,3% van die gevalle veroorsaak het. Hulle drankge-woontes wissel van die drink van enigiets tot die baie bekende bloutrein, brandspiritus. Laasgenoemde is ’n probleem waarna ek graag in meer besonderhede wil verwys.

Brandspiritus bevat 95% drinkbare etiel-alkohol wat baie goedkoper is as ander alkohol en maklik verkrygbaar is. Dit wil voorkom asof stappe gedoen moet word met betrekking tot die beskikbaarheid van hierdie middel, want hierdie middel word werklik ’n sosiale euwel.

Ek haas my om te sê dat van die bekende boemelaars 32,9% in rehabilitasiesentrums van die Staat en 21,9% in private klinieke opgeneem is en dat ons tot op hede nie die uitslag hiervan kan meet nie, juis omdat alkoholisme so ’n belangrike rol speel en ons nie weet watter mate van sukses met die genesing van alkoholisme in hierdie geval behaal is nie. [Tyd verstreke.]

Mr. C. W. EGLIN:

Mr. Chairman, I would like to pick up the point made by the ihon. member for Springs in the few minutes available to me. In the absence of the hon. member for Edenvale who has to participate in debate on the Finance Vote and will in due course cover the question of pensions more fully, I wish to say a few words about pensions.

There is no probleem regarding tramps and in my constituency but we have a probleem with unrehabilitated drunks. The hon. the Minister of Police says that between 300 and 400 are rounded up every month, but that in the end many of them are not charged. In terms of an amendment brought about in 1978 by the General Laws Amendment Act provision was made for drunks to be charged and thereafter on the advice of a probation officer of the Department of Social Welfare and Pensions to be sent to a rehabilitation centre.

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

Are they Black or White?

Mr. C. W. EGLIN:

These are Coloureds. The story in my constituency is simply that they are rounded up by the police and that the courts tell the police please not to send them to court because the courts are unable to cope with them because of inadequate prison facilities. The courts say even if they had had enough prisons for them, in terms of the Act these people should be referred to rehabilitation centres. There are not enough social welfare officers to examine these cases and to make the recommendations. Even if there were enough social welfare officers to make the recommendations there would not be enough rehabilitation centres to receive them. One therefore has the vicious circle of the drunks being rounded up at night, left in prison for five or six hours to dry out, then being given all their clothes back and off they go into the streets only to be rounded up again three or four days later. These people are misfits and in their own interests something should be done to give them some form of rehabilitation so that they can play a useful part in the community. I ask the hon. the Minister whether in fact progress has been made since 1978 when the law was changed to make specific provision for the referring of unrehabilitated drunks through the courts to the Department of Social Welfare and Pensions.

I want to raise two or three matters directly relating to pensions. These flow very largely from the experience one has once again in my constituency where we run a full-time citizens advice centre, dealing, inter alia, with advice to elderly people on matters such as pensions, rentals etc. The first one is that we must realize that although there have been modest increases in pensions announced by the hon. the Minister and which will come into effect on 1 October, in real terms the financial plight of the pensioner is worse than it was a year ago. That is the reality of the situation we have to face. Secondly, we have to face the fact that as life becomes more complicated, it becomes more and more difficult for elderly people in the cities just to find answers to the ordinary problems, problems about pensions and housing. The concept of advice centres and the work done by the department and its regional offices are first class, but if there is some way of decentralizing the regional offices still further so that pensioners would have easy access to the Department of Health, Welfare and Pensions, in order to get advice on a wide range of subjects, it would be a very good thing.

The second subject I wish to raise is the means test. One can argue the case for its abolition but the means test has in any case not been raised in the same way as pensions to take some note of the increase in the cost of living over the last few years. The means test has been increased at a lower rate, especially as far as it applies to assets. One of the factors which really irritate the elderly persons, is that when they come into the advice centre, they find that they do not qualify for a pension because of their prudence over the years, their income is marginally above that laid down by the means test. They say that someone else got a pension because they were imprudent and did not save money, but that because they had saved money, they were being penalized. I can only say that this is a source of great tension and upset among the elderly people in the community.

The last point I wish to make—because I only have five minutes at my disposal—is to ask the hon. the Minister whether he can give me a progress report on the investigation I hope he is making into the pensions of priests. I raised this across the floor of the House earlier this year and the hon. the Minister has been very kind to receive me and I had an in-depth discussion on this subject with him. I told him that these people were mostly elderly people who through their church or church community had served the wider community. I disagree with the hon. the Minister on his interpretation of the law, but even if I am wrong, I think the hon. the Minister should give some consideration to adjusting either the regulations or his interpretation of the law on the basis of the information that is given to him. He bases his decision on the fact that certain of these people have taken what is known as an oath of poverty. I do not hold that that oath of poverty in fact disqualifies a person under Section 9 of the Pensions Act, but even if it does, there is a discretionary power in the hands of the hon. the Minister and I believe he should use it in a tolerant way. He is also aware of the fact that many priests who are not getting pensions have never taken the oath of poverty. You may say that they were not paid sufficiently while they worked and that there was therefore a moral onus on the church to look after them, just as there is a moral onus on an employer, let us say, of a farm labourer who had not been paid sufficient to enable him to save for a pension. In due course, that individual is entitled to a pension, whether or not in fact he had received a reasonable reward for his service prior to that. In the light of the representations which have been made to the hon. the Minister, I want to ask him whether he can report progress and I hope that he will indicate that some new deal is going to be made available for these people.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Mnr. die Voorsitter, in die beperkte tyd tot my be-skikking, is dit nie moontlik om met syfers aan te dui hoe ons in Suid-Afrika, soos ook die geval oor die hele wêreld is, ’n groeiende persentasie van ons bevolking kry wat bejaardes is nie. Ek dink tog dat dit baie belangrik is dat ook die lede van hierdie Komitee vir ’n oomblik sal stilstaan by die vraag wat op die pad vorentoe met ons sal gebeur. Dit sal sommer gou gebeur dat ons wat hier sit, 60 jaar oud sal wees. Teen die jaar 2000 sal ek self 61 jaar oud wees en daar is baie ander agb. lede wat veel ouer sal wees. Dit gebeur baie vinnig.

Daar is iets wat deur baie agb. lede geopper is wat ek graag weer eens by die agb. Minister wil inskerp, te wete die geweldige uitwerking wat inflasie op pensioentrekkers het. Dit ly geen twyfel nie dat as ’n pensioentrekker vandag R1 000 per maand ontvang, daardie R1 000 teen die huidige inflasiekoers oor tien jaar slegs R240 werd sal wees. Iemand wat vandag ’n salaris van R1 000 per maand ontvang sal oor tien jaar ’n salaris van R4 000 per maand moet verdien om dieself-de lewenstandaard te kan handhaaf. So kan ’n mens voortgaan. Die motor wat ’n mens vandag vir R7 000 koop sal oor tien jaar waarskynlik R33 000 kos. ’n Huis wat vandag R55 000 kos, sal oor tien jaar R222 000 kos.

As ’n mens nou na die posisie van pensioentrekkers kyk, sien ’n mens hulle probleme. In 1970 kon ’n mens drie wit brode, twee liters melk en ’n halwe kilogram botter vir R1 koop. In 1980 kan ’n mens net een liter melk, ’n halwe wit brood en ’n stuk botter vir R1 koop. Daar word geraam dat ’n mens teen die huidige inflasiekoers in 1990 slegs ’n kwart liter melk en ’n kwart wit brood vir R1 sal kan koop. Ek meld hierdie feite omdat ek van mening is dat ons hierop moet let. Ek wil aansluit by wat gesê is deur die agb. lid vir Valsbaai en die agb. lid vir Suidkus. Ons weet watter uitwerking inflasie op pensioentrekkers het. Dit is ’n ontsaglike probleem met baie fasette en wye implikasies. Dit is onmoontlik om ’n eenvoudige en kitsoplossing daarvoor te kry. Ek wil dus vir die agb. Minister vra dat ons baie indringend ondersoek sal laat instel na die huidige posisie van siviele en maatskaplike pensioentrekkers in S.A. Na aanleiding van die ver-bruikersprysindeks en persentasie-pensioen-verhogings wat deur die Staat betaal word, beweer ons ligtelik dat dit met ons mense goed gaan. Ek wil egter vanaand in alle bes-keidenheid aan die agb. Minister sê dat dit nie goed gaan met siviele en maatskaplike pensioentrekkers nie, ten spyte van die prag-tige pogings wat van Staatswee aangewend word. Ek wil egter sê dat alle deskundiges wat met pensioenaangeleenthede en skemas te doen het, ruiterlik erken dat die Staat se pensioenskemas vir siviele pensioentrekkers van die beste skemas in die land is. Mense wat aftree buite die Staatsdiens verkeer in ’n baie swakker pensioenposisie. Ek wil vra dat daar deurlopend ondersoek ingestel word deur ’n instansie soos bv. die RGN of Unisa se Buro vir Marknavorsing sodat ons aan die hand van sulke opnames te alle tye op hoogte kan wees van die werklike bedrae wat siviele en maatskaplike pensioentrekkers ontvang en die uitgawes wat hulle met daardie inkomste moet trotseer.

As ons in ’n groot stad soos Pretoria na die toename in belastings kyk, is dit duidelik dat ’n groot aantal van die siviele pensioentrekkers aldaar binnekort op die punt sal staan om uit hul huise geboender te word deur inflasie. Dit is plek-plek ’n onmoontlike situasie en baie sal net nie meer daar kan bly nie. Dit is ’n baie ongesonde toestand.

Mnr. W. V. RAW:

Dit is reg. Hulle skryf uit jou kiesafdeling aan my.

Mnr. A. E. NOTHNAGEL:

Dan gaan jy ’n paar goeie kiesers kry, Vause. Ek wil ook ’n beroep doen dat die bougenootskappe in hierdie tyd moet kyk of hulle nie aan siviele pensioentrekkers, wie se huisverbande klaar betaal is, miskien hier en daar ’n bietjie geld kan leen sodat hierdie mense weer aan die gang kan kom nie. Moontlik kan hulle hierdie geldjies teen ’n redelike rentekoers belê. Ek het geen twyfel hoegenaamd—en dit nadat ek gekyk het hoe sulke pensioentrekkers vir my op swart en wit wys wat hulle doodnoodsaaklike uitgawes is—dat ons siviele pensioentrekkers in die moeilikheid is nie. Ek wil dankie sê vir die goeie werk wat ook in my kiesafdeling met betrekking tot die tehuise vir bejaardes gedoen word. Ek dink aan Ons Tuis, die Sassar-aftreeoord en al die goeie mense wat daar woon en werk.

Daar is ook ’n ander puntjie wat ’n mens aan hierdie gesprek moet koppel. Ek wil graag die agb. Minister vra dat sy Departement, in samewerking met ander departemente, met ’n maksimale inligtingsaksie in Suid-Afrika moet begin om vir die publiek in Suid-Afrika te sê dat ons met ’n vraagstuk te kampe het wat almal sal tref en wat ook te doen het met die geweldige veroudering van die bevolking. Ons moet vir die mense sê dat hulle vir hulle oudag moet sorg. Ons moet eenvoudig al ons mense opvoed om huisbesitters te wees, want uiteindelik is die huis of woonstel of die eiendom wat jy besit jou verskansing teen inflasie. Ons moet ons mense opvoed sodat hulle nie in die toestand kan beland waar ouers se kinders skatryk is terwyl die ouers elke maand sukkel om deur te kom nie. Dit is ook ons taak om daardie kinders op te voed om in hierdie verband te help. Ons moet verder ons mense opvoed om vir hul oudag te spaar. Deskundiges bereken dat ’n mens tans van 15% tot 20% van jou maandelikse inkomste moet spaar of belê in ’n pensioen. As ’n mens na die privaat-sektor kyk, blyk dit dat die bedrag wat maandeliks vir hierdie doel weggesit word, skaars 7% beloop. Sulke mense is die dag wanneer hulle aftree, klaar in die moeilikheid. Daar is mense wat dink dat indien hulle 100% van hul salaris as pensioen kry wanneer hulle aftree, hulle gered is. Dit is egter nie so nie, want in hierdie tyd van inflasie is ’n mens gou gou in ’n baie groot moeilikheid.

Mnr. die Voorsitter, ek wil die agb. Minister graag vra om ’n ondersoek na die posisie van hierdie mense uit te voer sodat ons as verteenwoordigers kan sien hoe dit werklik met ons mense gaan. Daar is faktore wat ons nie in berekening kan bring wanneer ons die styging in die verbruikersprysindeks vergelyk met die toegewings wat die Staat gemaak het nie. Dit is faktore soos byvoorbeeld munisipale belasting wat verhoog word, motoron-koste, uitgawe aan brandstof wat in bepaalde gevalle meer mag wees, mediese probleme waarmee sommige mense te kampe het en instandhoudingskoste van hul huise. Teen die huidige kostes is dit ook ’n ontsaglike probleem vir hierdie mense om hul huise in stand te hou. Ek wil dus nie vra vir die sosialisering van ons pensioenstelsel nie, maar ek glo—en ek is absoluut oortuig daarvan—as ons van owerheidsweë al ons mense opvoed om vroeg reeds hul kant te bring, ons as Staat ons deel kan bydra vir die siviele pensioentrekkers dan sal dit sommer baie moet beter gaan. Dan moet ons ook ons volk opvoed in verband met voorsorg vir pen-sioene en sover dit die betaling van siviele pensioene deur die Staat betref, om nie meer van die Staatskas te vra as wat ons behoort nie. Ek wil die agb. Minister graag daarop wys dat ons in ’n stad soos Pretoria ons ’n yslike aantal amptenare het waarvoor die Staat behuising voorsien. Dit is werklik mooi want hierdie amptenare kry teen ’n baie billike prys behuising. Namens daardie mense wil ek groot dankbaarheid hiervoor betoon. Maar uiteindelik is die uitwerking hiervan egter dat indien die amptenaar wat ’n huis teen ’n baie billike prys van die Staat kry, op die ou end teen die huidige inflasiesituasie in ’n verskriklike gemors sit as hy die dag aftree want hy sal onmoontlik nie op daardie stadium ’n huis kan koop indien hy nie behoorlik gespaar en voorsien het nie. Daarom wil ek die agb. Minister vra om aandag aan hierdie saak te gee sodat ons mense opgevoed kan word om te besef dat voorsiening van huisvesting deur die Staat nie die hele oplossing is en nie ’n waarborg kan wees vir iemand se oudag nie.

Mnr. J. H. VAN DER MERWE:

Mnr. die Voorsitter, ek het gedurende die afge-lope verkiesing drie beloftes gemaak. Die een belofte wat ek gemaak het, wil ek graag hier nakom en ek sal terselfdertyd sê wat die ander twee beloftes was. Die een belofte het ek aan die NRP gemaak en dit was dat hulle seer sekerlik hul deposito in Jeppe sou verloor. Ek was so seker dat dit sou gebeur dat ek ’n bottel wyn gewaag het, maar ek het ongelukkig my weddenskap met nege stemme verloor. Die ander belofte wat ek gemaak het, was dat ons die PFP só sou skrikmaak in Johannesburg-Sentraal dat hulle nooit weer daar sal opdaag nie. Ek dink dat die uitslag van daardie verkiesing korrek deur my L.P.R. saamgevat is toe hy gesê het dat ons die Progs ’n samewerking-en ontwikkelings-pak gegee het.

Die ander belofte wat ek gemaak het, was gerig aan sekere van die senior burgers in Johannesburg-Sentraal. Dit was veral gerig aan daardie senior burgers wat gedurende hulle lewe vir hulself gesorg het. Dit was mense wat nie vir hul oudag gewag het en dan verwag het dat die Staat vir hul moes sorg nie. As ek dit sê, wil ek geen beskuldigings aan sekere ander senior burgers maak nie. Ek dink egter veral aan diegene wat deurgaans gewerk het, wat ’n pensioenskema gehad het, ’n neseiertjie opgebou het en noudat hy 60 of 65 jaar oud geword het, inflasie hom ingehaal het en hy nie nou ’n bestaan kan voer nie. Ek kan ’n voorbeeld aanhaal van mense wat kontant betaal het vir ’n huis in Malvem. Dié persoon se pensioeninkomste is egter van so ’n aard dat, indien ’n mens alles saamvoeg, hy nie die mid-deletoets slaag nie. So ’n persoon is dus nie geregtig op ’n pensioen nie, maar die geld wat hy kry, is te min om van te leef. Ek wil vir daardie man pleit en ek vra die agb. Minister om na daardie man om te sien wat na homself gekyk het, maar nie nou die mid-deletoets kan slaag nie.

Die agb. lid vir Roodepoort het ’n voorbeeld aangehaal en dit was van iemand wat ’n huis asook ’n bietjie geld gehad het. Dit het hom die middeletoets laat slaag, maar hy kon nie uitkom nie en hy het toe sy huis verkoop. Hy het die geld wat hy vir sy huis gekry het, verdeel en ’n goedkoper huis gekoop en die saldo gehou om van te lewe. Toe het hy egter nie meer die middeletoets geslaag nie en sy pensioen is weggeneem. Ek vra in alle billikheid of ’n mens nie na die middeletoets moet kyk om voorsiening te maak vir die persoon wat vir homself gesorg het nie. Dit is mense wat bepaalde insette in die loop van hul lewe gemaak het. Hulle het kinders in die lewe gebring wat vandag ons volk versterk. Dit is mense wat opgevoed is en wat hul deel op die arbeidsterrein bygedra het, ook op die terrein van kuituur en die kerk. Hulle het ook baie inkomstebelasting betaal.

Ek wonder dikwels of die bedrag wat ons vir die ou mense gee, genoeg is. Ek weet dat die Regering baie doen, maar ek is amper bereid om te sê dat meer imkomstebelasting maar van my salaris afgetrek kan word, want sodoende kan ons miskien ’n poging aanwend om die inkomste van ons ou mense drasties te vermeerder. Dit dan wat my verkiesingsbelofte betref.

Ek wil ook graag na my pragtige bankmaat verwys. Ek het laas in standerd 3 langs ’n meisie gesit en dit is vanaand vir my ’n geskiedkundige geleentheid om weer langs een te sit. Ek wil egter net sê dat dié een waarlangs ek op skool gesit het, nie so mooi was as hierdie een nie. Sy het met ons gepraat oor die vrou en dit het my laat dink aan die vrou wat by haar man gekla het. Sy het gesê: „Jy moet wees soos ons buurman. Hy soen daardie mooi vroutjie van hom elke dag.” Hy sê toe: „Reël dit vir my, ek sal ook gaan soen”. Toe ek op 4 Augustus vanjaar verjaar het en by die huis aangekom het, het my vrou my met my verjaardag gelukgewens en gesê dat sy vir my ’n wasmasjien gekoop het.

Ek dink dat die agb. lid vir Germiston-Distrik vanaand op ons almal ’n onuitwisbare indruk gemaak het met haar toespraak. Ek het selfs gesien hoe van die kant van die PFP geharde manne stilletjies ’n traan wegpink. [Tussenwerpsels.] Ek dink dat die agb. lid vanaand ’n sekere beeld geskep het en daardie beeld is dié van ’n volksmoeder. In getalsterkte is ons omtrent 100 teen een teen haar, maar sy het haar lessie vir ons geleer en op die besadigde moederlike wyse waarop sy dit gedoen het, meen ek dat sy die titel van die Suid-Afrikaanse volksmoeder verdien. Ek dink ek praat namens die meeste van ons as ek deur die agb. lid langs my—amper sê ek Bessie—aan al ons vrouens dankie sê dat hulle sulke uitstaande verpleegsters is. Ek wil aan hulle dankie sê en ook waardering en erkenning gee en ek hoop dat hulle nog meer sal ontluik en dat ons hulle tot groter diens sal aanspoor. Wat die vrouens van ons wil hê, is dat ons vir hulle lief moet wees en ek verseker hulle dat ek bereid is om vir hulle almal lief te wees.

Mnr. W. V. RAW:

Mnr. die Voorsitter, voordat die agb. lid vir Innesdal en die agb. lid vir Jeppe begin praat het, het ek begin besef waarom NP-meerderhede in soveel kiesafdelings besnoei was. Dit was duidelik dat agb. lede wat gepraat het van die paradys waarin pensioentrekkers leef, lede was wat niks van hul kiesafdelings geweet het nie en mense was wat nie in aanraking met hul mense was nie. Hierdie twee agb. lede—asook die agb. lid vir Valsbaai wat vroeër gepraat het—is duidelik verteenwoordigers wat in voeling met hul kiesafdelings is.

Mr. J. H. VAN DER MERWE:

What about the NRP?

Mr. W. V. RAW:

What about the NRP? That hon. member only worried about one bottle that he did not win. I took R50 off the political correspondent of an English newspaper and two cases of whisky off the NP—one I am still waiting to collect—because I was a little more certain than that hon. member was. Anyone who is in contact with his constituency and anyone with a constituency such as mine with a large number of pensioners, will find that one thing that hurts is to see the human tragedy of the aged. I am referring to the human tragedy of the old-age pensioner who is struggling to exist. There are people who—as my hon. colleague said—are saying: “I wish God would take me now,” because of the hardship and the suffering of trying to make ends meet, the fear of something going wrong and the fear that some unexpected expense will occur which they cannot meet. Above all, there is the everlasting fear that their rents are going to be increased. I want to give one or two examples. In one of the buildings situated in my constituency a lot of old people were living, paying rents from R54 to R67 per month. This is my letter to the Department of Community Development pointing out that these rents were increased from R54 to R80 per month in April this year. Those who were paying R60 had their rents increased to R95 per month. In another building the rents were increased from R109 to R150, an increase of virtually 50% in one year. In another building application was made for an increase of rent from R145,60 to R200,19 for a family flat of four bedrooms. In the case where the rental was increased from R94 to R110 it was not too bad, but let us take a case where the rental was increased from R93 to R167. Mr. Chairman, can you imagine what this does to a pensioner? In this case it was a couple living in a flat paying R80 or R90 out of their income—at this stage—of R218. This may perhaps leave them enough to live on. However, suddenly the rental goes up from R93 to R167, and this leaves them with R50 odd on which to live, feed themselves, clothe themselves and to provide them with everything they need and still face the occasional emergency. This is something which has become critical. I do not want to make politics out of it as I do not care much about politics in these matters. This is a crisis which faces thousands of South Africans, and I do not think that the Government really understands what it means to people. Members who have spoken here tonight mentioned the wonderful paradise we were living in and they said we have increased pensions by 156% in ten years.

Mr. J. H. CUNNINGHAM:

You did not listen to the whole story.

Mr. W. V. RAW:

That was the figure. It was increased from R41 to R109.

Mr. J. H. CUNNINGHAM:

You did not listen to the rest of the story.

Mr. W. V. RAW:

Those may be percentages but pensioners cannot eat percentages. Pensioners need a roof over their heads and food to put into their stomachs. It is no use mentioning percentages and bragging about how much the Government has done and how pensions have increased from 19-“voertsek” to now. It was mentioned that pensions have increased from R per month in 1948. However, in those days it was not really a subsistence pension, but merely assistance to help people. That is not an answer to the probleem.

There are many little things which happen which affect pensioners and which other people do not really know about unless they are in contact with them. I will refer to one example which happened only last month. A few years ago the cinemas which used to have pensioners’ mornings when admission of 30 or 35 cents was charged decided to stop this practice. I took this matter up with the head offices of both of the cinema chains involved, and they reinstated this practice. Last month they stopped it again. [Interjections.] You can laugh, but for those pensioners the morning matinee to which they could go with a subsidized bus ticket from the City Council, to watch a film for 35 cents and to enjoy the company of friends, had become part of a lifestyle. This hurts them when it is taken away. We can laugh about it because that does not affect us.

Mr. J. H. VAN DER MERWE:

We did not laugh.

Mr. W. V. RAW:

Somebody laughed. To pensioners that sort of thing is serious. There is also the matter of TV and radio licences. Those in a home can get a radio licence at a reduced fee. It is not this hon. Minister’s fault, but he sits in the Cabinet and he can twist “Flinkdink’s” arm. He can say: Come on, man, do something for these people. TV licences and radio licences are beyond the reach of many of them. It is all right for those who have families who can help them. However, those who do not—and there are many—are often left with their communication with the world cut down to the telephone. One may well ask how many pensioners are even having to give up their telephones. Those with bad eyesight often cannot read books or newspapers, but they can listen to the radio and talk to people on the telephone, but that is their total social communication.

I believe there are some things that can be done, and there is one for which I have pleaded for many years. What-is happening today is that speculators are buying up old buildings. For example, an old building in my constituency has been bought up for R500 000. They got rid of the tenants by a “slenter”, and after doing up the flats, they sold them. They sold only one wing and in the process made a profit of more than R100 000, more than they paid for the whole building. Now they are getting rid of the rest of them by going to the Supreme Court. I arranged for legal aid, an attorney and an advocate, to try to save them. However, the owners got them out on the grounds that they had to rewire the building. With the help of the hon. the Minister we are trying to find housing for them. However, this is going on all the time. Why does not this hon. Minister buy those buildings?

The MINISTER OF HEALTH, WELFARE AND PENSIONS:

I do not buy buildings.

Mr. W. V. RAW:

Why does he not buy them, because it is not the cost of the building which is a factor? One can buy a building for, say, R500 000, but to build such a building will cost from R1 million to R2 million. The people who are paying that price for it are not going to house people on a rental basis. They are going to do those flats up and sell them as holiday flats if they are in a beach area such as mine is, or they are going to sell them in terms of the Sectional Titles Act. What is the purpose? To make a profit. The Government could buy up some of those old buildings and do a little work on them as does TAFTA. I want to pay tribute to this body which has done that to five buildings in my constituency … [Time expired.]

Dr. H. M. J. VAN RENSBURG (Mossel Bay):

Mr. Chairman, the hon. member for Durban Point was inclined to over-state a good case. I do not believe that any good cause can be furthered by over-statement. On the contrary, I believe that by overstating a good case one does more harm to the cause concerned than if one merely states the facts of the case. I want to state categorically that this Government has a proud record of compassion for the elderly. This Government, as the hon. member for Stilfontein pointed out earlier tonight, has over the past years regularly increased pensions from year to year, added bonuses, and has done everything possible to compensate for the rising cost of living and inflation. Having said that, I readily concede that there are certain aspects which have to be looked at.

Mnr. die Voorsitter, in die baie kort tyd tot my beskikking wil ek van twee van daar-die aspekte melding maak waaraan ons inderdaad aandag behoort te skenk. Die eerste een sluit aan by dit wat die agb. lid vir Namakwaland vanaand hier gesê het, te wete, die probleem wat mense ondervind om aan die middeletoets te voldoen ten einde vir ’n maatskaplike pensioen te kwalifiseer. ’n Mens vind maar al te dikwels dat grensgevalle vanweë die middeletoets nie daarin kan slaag om vir die toekenning van pensioen te kwalifiseer nie. Dit blyk dan dat die betrekke persone kans sien om met hul karige inkomste verby te kom, as dit nie vir die hoë mediese koste was, wat ’n groot deel van hul inkomste in beslag neem nie. Ek glo dat dit verkeerd is om dieselfde middeletoets wat van toepassing is om vir ’n pensioen te kwalifiseer, ook vir gratis mediese dienste te laat geld. Ek is daarvan oortuig dat indien ons ’n hoër middeletoets sou instel vir kwalifisering vir gratis mediese dienste, dit die Staat inderdaad geld sal bespaar, omdat daar talie mense is wat van hul bates ontslae raak net sodat hulle aan die middeletoets kan voldoen, om gratis mediese dienste te kan bekom. Ek beskik oor getuienis daarvan in my eie kiesafdeling; om die waarheid te sê ek het op die oomblik so ’n probleem geval wat voor die agb. Minister dien.

Laat ek na die tweede aspek verwys voordat die tyd my inhaal. Dit het betrekking op siviele pensioene. Ek ontvang die een klagte na die ander van oud-staatsamptenare wat beweer dat hierdie of daardie amptenaar dieselfde pos as hulle beklee het, dieselfde dienstyd gehad het en in dieselfde departement gewerk het as hulle, maar op ’n ander datum afgetree het, en nou ’n hoër pensioen as hulself ontvang. Ek kan verstaan dat die voordele verbonde aan verskillende pensioenfondse verskil en ek kan ook verstaan waarom dit verskil. Die feit dat ek dit verstaan maak egter nog geen verskil aan die feit dat die ontvanger van die mindere pensioen vas glo dat hy benadeel of gepenaliseer word in verhouding tot die ander persoon nie. Ek vra dus dat ons hierna sal ondersoek instel en, al moet dit ’n eenmalige bedrag kos, dat iets gedoen word om siviele pensioene gelyk te stel. Laat ons die ou pensioenskemas wat nie dieselfde voordele gebied het as die skemas wat vandag geld nie, deur ’n subsidie of wat ook al op dieselfde peil bring as die huidige skemas. Sodoende sal ons die ontevredenheid wat onder oud-staatsamptenare heers, uit die weg kan ruim. Dit is werklik soos ’n kanker wat aan dié mense vreet. Dit help nie om met argumente te kom nie, want dit is ’n emosionele saak en sulke emosies kan ’n mens nie met argumente wegredeneer nie. Hierdie mense sê net vir jou dat hulle nie kan begryp waarom hulle ná dieselfde aantal jare diens, terwyl hulle dieselfde pos met dieselfde verantwoordelikheid beklee het, ’n laer pensioen moet ontvang as ’n ander persoon wat miskien later afgetree het nie.

Ek is oortuig dat indien ons hierdie twee knelpunte uit die weg kan ruim, ek met nog groter regverdiging aan die agb. lid vir Durban-Punt sal kan sê dat hy die saak heelte-mal oordryf het en nie net in ’n mate oordryf het nie.

Mnr. W. V. RAW:

Kom kuier by my.

Dr. H. M. J. VAN RENSBURG:

Die agb. lid vir Durban-Punt het agb. lede verwyt dat hulle nie met die behoeftes van pen-sioentrekkers in voeling is nie. Ek is ten volle in voeling met die behoeftes van pensioen-trekkers, maar ek het ook begrip vir die probleme van die agb. Minister. Voorts het ek ook begrip vir die feit dat die Regering nie oor ’n fonteintjie beskik wat maar net loop en loop nie en dat die agb. Minister maar net kan Kersvader speel nie. Daar rus ’n verantwoordelikheid op die Regering …

Die Komitee verdaag om 22h30 tot Vrydag, 28 Augustus, om 11h00.