House of Assembly: Vol82 - FRIDAY 27 APRIL 1979

FRIDAY, 27 APRIL 1979 Die Staande Komitee kom om 11h00 in die Senaatsaal byeen.

Die Adjunk-voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

BEGROTINGSWETSONTWERP

Begrotingspos No. 7.—„Mynwese”:

Dr. Z. J. DE BEER:

Mnr. die Voorsitter, ek versoek die voorreg van die halfuur. Ek wil begin deur van hierdie kant ons genoeë uit te spreek vir die feit dat ons die Jaarverslag van die departement betyds vir hierdie debat beskikbaar het. Ek verstaan dat dit oor die afgelope paar jaar nie die geval was nie. Ons is bly om dit te hê. Daarby moet ek egter ook ons teleurstelling uitspreek oor die feit dat ons nie ook die Wiehahn- en Riekertverslae voor ons kon hê nie. Dit sou vir die doeleindes van hierdie debat besonder behulpsaam gewees het. Ons sien uit daarna om dit baie vroeg te ontvang.

Die MINISTER VAN MYNWESE:

Daar wag vir u ’n groot verrassing.

Dr. Z. J. DE BEER:

Ek hoop dit is ’n aangename verrassing in elke sin van die woord. Die ondervinding het my egter geleer dat dit gewoonlik nie so aangenaam is as wat ’n mens gehoop het nie.

Die mynbedryf het glad nie ’n slegte jaar agter die rug nie. Dinge het oor die algemeen gevlot. Daar was wel teleurstellende items in die prentjie, maar hulle was nie baie nie, en die bedryf kan redelik tevrede voel met die vooruitgang wat gemaak is. Hy kan veral tevrede wees met die ontsaglike bydrae wat gelewer is, nie net tot die volksinkome nie, maar ook in besonder ten behoewe van ons betalingsbalans in ’n jaar wanneer dit vir ons volkshuishouding broodnodig was. Ons het dus nie veel appeltjies om met die Minister en sy departement te skil nie. My aanmerkings sal grotendeels gaan oor sekere algemene sake wat myns insiens in gedagte gehou behoort te word wanneer ’n mens na die toekomstige ontplooiing van die bedryf kyk.

Ek dink dit is paslik om te begin met ’n paar aanmerkings oor goud, veral omdat die agb. Minister van Finansies in ’n onlangse debat vir my uitgenooi het om dit te doen. Dit was in meer as een opsig ’n interessante jaar vir die goudbedryf in besonder. Nadat ons alles gesê het van die wetenskaplike vooruitgang wat gemaak is, van die geologiese navorsing wat gedoen is en steeds gedoen word, en van die vooruitgang wat steeds gemaak word op die myningenieursgebied—en ek dink dat Suid-Afrika hom sekerlik kan roem op van die beste myningenieurs ter wêreld—bly dit tog maar waar dat die wel en wee van die nywerheid in baie groot mate bepaal word deur die prys en niks anders nie. Dit geld nie net vir die goudnywerheid nie, maar dit geld wel in ’n besondere sin vir die goudbedryf omdat ons dit almal so moeilik vind om die goudprys enigsins te kan voorspel. Waar die bedryf en die land se finansies so grootliks afhanklik is van die goudprys, soos ons soms in die afgelope jare uit dure ondervinding geleer het, is ’n mens huiwerig om ’n mening oor die toekoms van hierdie prys uit te spreek. Tog was daar veral twee gebeurtenisse in die afgelope tyd wat ’n mens tot bepaalde dog versigtige optimisme stem. Die een is die rol wat goud skynbaar gaan speel in verband met die nuwe Europese geldeenheid, die ECU, en die ander is die onlangse vermindering van die hoeveelheid goud wat deur die Amerikaanse Tesourie by hulle gereelde veilings van die hand gesit word. Dit wil uit hierdie twee gebeurtenisse voorkom asof die Europeërs vandag meer vertroue begin kry in hulle aanvaarding van goud as monetêre bate. Ek glo nie die Europeërs het ooit in hulle denke vir goud gelos nie, maar daar was ’n tyd ’n paar jaar gelede toe hulle ’n bietjie stil was in hul ondersteuning van dié kommoditeit. Terselfdertyd lyk dit of die Amerikaners se ywer met hulle anti-goudveldtog so stadigaan besig is om af te neem. Hierby moet ’n mens nie nalaat om te sê nie dat ’n uiters belangrike bydrae gemaak is en gemaak word deur die positiewe optrede van ons eie nywerheid om die bemarking van goud te bevorder. Dit, soos almal seker weet, is ’n betreklik nuwe verskynsel. Dit is ’n verskynsel van die afgelope vyf tot sewe jaar. Voor daardie tyd het ’n mens maar aangeneem dat goud outomaties verkoop is, destyds teen ’n vaste prys, dat alles opgeneem sou word en dat bemarkingsbedrywighede dus nie nodig was nie. Oor die afgelope jare, egter, het die Kamer van Mynwese deur sy organisasie, Intergoud, doelbewus heengegaan en groot bedrae uitgegee en personeel aangestel om dwarsdeur die wêreld die bemarking, nie slegs van muntstukke nie, maar ook van juweliersware uit goud vervaardig, te bevorder. Dit was doelgerigte, wetenskaplike bemarking gewees, en ek is seker daarvan dat dit ’n groot rol gespeel het om toe te sien dat ten spyte van die verhoging van die goudprys oor die afgelope jaar of twee, ’n baie groot gedeelte van elke jaar se goudproduksie nog gekoop word vir die doel van die vervaardiging van juweliersware. As ’n mens in die geskiedenis teruggaan, sal jy vind dat wanneer die goudprys gestyg het, die volume goud wat deur die juweliersbedryf gekoop is, dienooreenkomstig gedaal het. Wanneer die prys weer gesak het, het juweliers weer teen die voordeliger pryse gekoop. In die afgelope jaar of twee was dit nie so nie, of was dit in elk geval nie in dieselfde mate so nie, en ek dink dit is grotendeels te danke aan die bemarkingspogings van Intergoud. Hierdie mense verdien dus die dank van die land vir dit wat hulle reggekry het.

Ek wil ook ’n paar woorde oor steenkool sê. Soos agb. lede in die Verslag van die departement sal merk, het dit oor die afgelope jaar die tweede grootste bydrae gelewer op die gebied van minerale-uitvoere. Hier ook was die ontwikkelinge oor die afgelope vier of vyf jaar sodanig dat die bedryf vandag skaars herkenbaar is in terme van wat hy was. Almal weet van die oliekrisis en die uitwerking wat dit op die steenkoolbedryf gehad het, maar almal besef miskien nie dat voordat die oliekrisis werklik begin knyp het, daar reeds veranderinge plaasgevind het wat dit vir die bedryf moontlik gemaak het om die volle voordeel te haal uit die omstandighede wat rondom die oliekrisis tot stand gekom het. Die veranderinge was tweërlei gewees. In die eerste plek was die huishoudelike steenkoolprys jarelank op ’n hopeloos te lae vlak gewees. Dit is om begryplike redes daar gehou, naamlik omdat steenkool ’n lewensduurte-item is, en dit wenslik was om inflasie en die lewensduurte in toom te hou. Dit het tot gevolg gehad dat kwistige metodes van mynbou gebruik is, kwistig in dié sin dat sekere steenkool nie uitgehaal is nie, en veral ook dat die bedryf nie die kapitaal opgebou het wat hy nodig sou hê om verder uit te brei nie. ’n Paar jaar gelede het die departement die noodsaaklikheid daarvan ingesien dat ’n genoegsame prys betaal word, sodat die nodige wins aan die bedryf verskaf sou word om kapitaal te vorm en op te bou wat hy dan vir uitbreidingsdoeleindes sou kon aanwend. Die feit dat dit plaasgevind het toe dit wel plaasgevind het, is een van die pilare wat die bedryf in die sterk posisie geplaas het waarin hy hom vandag bevind. Die ander is die briljante toegepaste navorsing wat in die bedryf self gedoen is deur die metallurge en ingenieurs, gegrond op die besef dat die steenkool, soos dit uit die grond gehaal word, nie eenvoudig een produk is nie, maar ’n hele verskeidenheid produkte, en dat elkeen van hierdie produkte sy eie besondere mark kan vind, hetsy binnelands of in die buiteland. Die hele steenkoolbedryf het as gevolg van hierdie toegepaste navorsing veel meer gesofistikeerd en bemarkingsgeoriënteerd geword, en dit het vir ons moontlik geword om die markte oop te maak soos die geleenthede hulself voorgedoen het en om ons steenkoolbedryf op die skouspelagtige manier wat ons gesien het, te laat uitbrei. Trouens, dit sou alles onmoontlik gewees het as die Richardsbaaihawe en die spoorlyn soontoe nie op die regte tydstip ontwikkel is nie. Alhoewel dit ons destyds duur gekos het en die agb. Minister se kollega, die Minister van Finansies, heelwat hoofbrekens besorg het met die finansiering daarvan, het dit geblyk presies die regte stap op die regte tydstip te wees.

Die diamantbedryf het ook ’n geslaagde jaar agter die rug. Alhoewel die vooruitgang op daardie gebied nie heeltemal so skouspelagtig was soos in die geval van steenkool nie, was dit nogtans geweldig, en die syfers wat toevallig in vanoggend se koerante verskyn het, in die verslag van die voorsitter van die De Beers Maatskappy, beaam dit. Of dit in die toekoms in die diamantbedryf heeltemal so voor die wind sal gaan, is iets wat baie moeilik is om te voorspel. Ek gaan my in elk geval nie op daardie terrein begewe nie. Dit is egter, veral in die geval van die diamantbedryf, die moeite werd om te sê dat feitlik alles hier afhang van die bemarkingsvernuf en bemarkingswerk wat gedoen word om die bemarking van diamante dwarsdeur die wêreld te behartig. ’n Mens kan sê dat die diamantbedryf vandag in veel groter mate ’n bemarkingsbedryf as ’n mynboubedryf is. Die mynboukant van die diamantbedryf is relatief eenvoudig. Dit is wanneer ’n mens by die bemarking kom dat jy hare op jou tande moet hê. Dit is juis iets wat die mense wat daarmee gemoeid is, getoon het dat hulle wel het. Ek dink ’n mens kan met vertroue sê dat al sou die aanvraag na diamante in ’n mate verswak—wat ek nie verwag nie, maar wat moontlik is—die bedryf in ’n baie goeie toestand is om so ’n afname vir ’n hele tyd lank te weerstaan. Dus kan ’n mens oor die algemeen met vertroue uitsien na die toekoms.

Dit is die moeite werd om, soos die Sekretaris in sy verslag ook doen, ’n paar woorde oor platina en die daarmee gepaardgaande minerale te sê. Hierdie minerale het oor die afgelope jare ’n sterk opwaartse neiging in prys getoon, en die aanvraag daarvoor is groter as ’n paar jaar gelede. Hier is daar ook veel te danke aan die intelligente bemarkingspogings wat die betrokke maatskappye aangewend het, en veral die wetenskaplike werk wat gedoen is om die gebruik van hierdie metale as katalisators in die motorbedryf te bevorder. Die waarde van hierdie bedryf is nie so hoog soos in die geval van die ander bedrywe wat ek reeds genoem het nie, maar dit is nogtans belangrik en ’n noemenswaardige versterking van ons betalingsbalansposisie het voortgevloei uit die bemarkingspogings van hierdie betrokke mense.

Meneer, ’n mens sou deur die hele Iys minerale kon gaan wat ons produseer en uitvoer, en soortgelyke aanmerkings ten opsigte daarvan maak, maar dit is seker nie nodig nie. Daar is egter een groep wat ek moet noem, want dit is reeds vir ons van groot belang en dit gaan stellig met verloop van tyd van groter belang word. Ek verwys na die hele groep metale wat in en rondom die staalbedryf gebruik word, naamlik ystererts, die verskillende grade van steenkool, mangaan, chroom, vanadium en ander betrokke minerale. Ons het ’n besonder goeie verskeidenheid van al hierdie stowwe beskikbaar. Ons staalbedryf, en trouens ook die wêreld se staalbedryf, het ’n moeilike paar jaar agter die rug. Dit wil lyk of daar nou ’n mate van oplewing in die wêreld se staalbedryf kom, en dit behoort weer vir ons geleenthede te skep vir die ontginning en bemarking van die minerale wat in hierdie groep val.

Om dié lesse te probeer opsom, wil ek terugkeer na die temas van bemarking en van toegepaste navorsing. Hierdie begrippe word reeds dekades lank uitstekend goed begryp deur die konsumentbedryf en die vervaardigingsbedryf, maar vanweë die aard van sy produkte, was die mynbou miskien ’n bietjie traag gewees om so bemarkingsbewus soos in die geval van ander nywerhede te word. Die mynbou word oorheers deur ingenieurs. Ek het gesê dat hulle waarskynlik van die beste in die wêreld is, maar van nature was hulle geneig om hulle toe te lê op doeltreffendheid op ingenieursgebied. In werklikheid is dit egter prys en aanvraag wat die winsgewendheid van hierdie bedrywe bepaal. Dit is getoon deur die voorbeelde wat ek genoem het. Ek haas my om te sê dat ek nie besig is om daarvoor te pleit dat die departement hierdie funksies van navorsing en bemarking moet oorneem nie. Ek was nog nooit iemand wat grootskaalse Regeringsinmenging in die private inisiatief bepleit het nie. Ek doen dit glad nie. Ek dink die bedryf het getoon dat hy in staat is om dié dinge te doen, en ek dink hy sal voortgaan om dit te doen, maar ek dink dit is vanpas om dit hier te noem en om dit onder die Minister se aandag te bring dat alles moontlik gedoen behoort te word om veral die bemarkingsbewustheid van die bedryf as geheel en die ontwikkeling van gesofistikeerde bemarkingstegnieke dwarsdeur die mynbedryf aan te moedig.

Mnr. W. J. C. ROSSOUW:

Mnr. die Voorsitter, ek wil die agb. lid vir Parktown hartlik bedank vir die opbouende toespraak wat hy vandag hier gelewer het. Hy is iemand wat kennis dra van die goudbedryf en die steenkoolbedryf en ek wil hom gelukwens met hierdie mooi toespraak.

Dit is 13 jaar gelede dat ek vir die eerste keer die voorreg gehad het om eerste aan hierdie kant aan hierdie debat deel te neem. Vir my, as ou mynwerker wat baie jare lank in die mynbedryf was, is dit vir my ’n voorreg dat ek weer vanjaar aan hierdie debat ken deelneem. Ek wil ook, soos die agb. lid vir Parktown gedoen het. die agb. Minister en sy amptenare bedank vir die breedvoerige verslag wat ons ontvang het. Daar is baie werk daaraan verbonde, en dit is aangenaam om so ’n verslag te bestudeer. Ek wil die agb. Minister alle voorspoed toewens vir die jaar wat voorlê. Ek wil hom ’n suksesvolle jaar toewens. Ons weet dat hy ’n toegewyde mens is. Hy doen alles in sy vermoë om van hierdie departement ’n groot sukses te maak.

Ongelukkig het ons ’n maand of wat gelede ’n situasie in die mynbedryf belewe wat uitgeloop het op ’n staking. Ek is jammer dat dit gebeur het. Ek gaan nie breedvoerig daaroor uitwei nie, maar ek wil sê ek is jammer dat dit gebeur het. Daarby kan ek egter nie nalaat om ook ’n woord van waarskuwing aan die persone wat daarvoor verantwoordelik was, te rig nie. Ek wil aan hulle dit sê: Sulke optrede bring net hartseer en verdriet, en dit is gewoonlik die vrou en die kind wat daaronder ly. Daarby wil ek my dank aan al die myne en die Kamer van Mynwese uitspreek vir die feit dat hulle daarin geslaag het om in hierdie ongelukkige omstandighede die produksie te handhaaf wat ons as normaal kan beskou. Ek wil dankie sê aan die persone wat meegedoen het daaraan, want die land kan in hierdie stadium nie iets soos hierdie staking, wat ek as voorsitter van hierdie groep as heeltemal onverantwoordelik beskou, bekostig nie.

Waar my vriend, die agb. lid vir Parktown, gepraat het oor die goudmyne, die steenkoolmyne, die diamantmyne en die platinamyne, wil ek vandag ’n rukkie stilstaan by die soektog na olie. Suid-Afrika, hierdie mooi land, veg op hierdie tydstip vir sy voortbestaan, en olie het in die laaste paar jaar ’n brandpunt geword, nie net in Suid-Afrika nie, maar in die ganse wêreld. Omdat ons so nou betrek is by die mynbedryf, is die skaarste aan olie ook iets wat die mynbedryf geweldig sal raak. Ons ken die probleem. Sonder hierdie energiebron kan hierdie land, net soos lande in die res van die wêreld, nie voortgaan om nywerhede te ontwikkel nie. Gelukkig het ons die onderneming Soekor wat alles in die stryd werp om olie op te spoor. Ons kyk met groot verwagting na die twee bore wat nou in die Bredasdorpgebied gebruik word. Hierdie bore is van die grootste en die mees moderne in die ganse wêreld. Ons hoop dat hulle pogings geslaagd sal wees. Die resultate tot dusver is belowend, en ons hoop en vertrou dat Soekor in hierdie tyd van nood gelukkig sal wees en vir ons goeie resultate sal lewer. Ek hoop dat, waar ons reeds so ryklik bedeeld is met verskillende minerale, die Voorsienigheid ook miskien—en dit is ’n saak vir gebed—ons harde werk sal beloon sodat ons olie kan raak boor.

Dit kos die Staat egter baie geld. Ons het reeds ongeveer R130 miljoen deur hierdie organisasie bestee aan die soektog na olie. In hierdie jaar—en hiervoor moet ons die Kabinet bedank—is daar weer R22 miljoen bewillig vir hierdie doel. Maar, Meneer, waar dit vir ons so lewensbelangrik is om olie te vind, het die tyd nie aangebreek wanneer die myne en groot private ondernemers die Regering moet help om ruim fondse beskikbaar te stel nie, sodat ons nie net van een of twee bore gebruik maak nie, maar van baie meer bore gebruik kan maak? Die tyd raak kort in die soektog na olie. Soos ek gesê het, wens ek hierdie onderneming alle sukses toe, maar ons in Suid-Afrika moet in hierdie stadium nogtans dankbaar wees dat ons groot voorrade steenkool het. Steenkool kan egter ook uitgeput raak, en as hierdie bronne deur aardse olie aangevul kan word, sal dit hierdie land baie help. Trouens, dit sal nie alleen hierdie land, Suid-Afrika, baie help nie, maar ook die ander state in Suidelike Afrika. Ek weet dat daar persone is wat twyfel of ons dit sal vind, maar ek is vol vertroue dat ons wel daarin sal slaag. Daarom dan dat ek hierdie beroep op die private inisiatief doen. Daar is assuransiemaatskappye wat na beleggingsmoontlikhede soek. Hulle kan gerus ook belê in een van hierdie groot bore en vir ons in die soektog na olie help. Wat die bydrae, sy dit direk of indirek, van die Kamer van Mynwese is, kan ek nie in hierdie stadium sê nie, maar ek glo nogtans dat daar groot instansies is wat die Regering wel behulpsaam kan wees. Ons moet ons haas wanneer dit kom by die opsporing van olie. [Tyd verstreke.]

Dr. A. L. BORAINE:

Mnr. die Voorsitter, ek staan net op om die agb. lid ’n geleentheid te gee om sy toespraak te voltooi.

Mnr. W. J. C. ROSSOUW:

Meneer, ek bedank die agb. lid vir Pinelands. Ek waardeer sy gebaar. Daar is ’n ander saak waarna ek kortliks wil verwys. Ek is dankbaar dat die Kabinet ingewillig het om ’n kommissie, onder voorsitterskap van prof. Nieuwenhuyzen, aan te stel om ’n probleem wat reeds baie jare lank bestaan, te ondersoek. Ek verwys na die kwessie van die gesondheid van die mynwerker. Meneer, as ek die lewe hou, sal ek op 12 Junie voor daardie kommissie getuienis gaan aflê. Ek sal dit baie waardeer om van die amptelike Opposisie en die ander partye te verneem of hulle ook gevra het om voor daardie kommissie getuienis af te lê. Ek en ander lede aan hierdie kant gaan op 12 Junie kyk of daar nie iets ten behoewe van die ou mynwerker wat reeds uitgetree het, en die mynwerker wat gebuk gaan onder ander kwale wat in hierdie stadium nog nie ingevolge die Pneumokoniosewet sertifiseerbaar is nie, uitgewerk kan word nie. Ek hoop dat daar iets goeds daaruit gebore sal word. Ek wil nie verder hierop uitbrei nie, want daar is ander agb. lede aan hierdie kant wat na hierdie aangeleentheid sal verwys.

Ek wil nogmaals baie dankie sê dat ek die voorreg gehad het om in hierdie geëerde en roemryke Saal te staan. Ek het altyd gehoop dat die eer en die geluk my sou toeval om ook, voordat ek uit die politiek tree, ’n paar jaar hier te sit Dit was my egter nie beskore nie. Nogtans wil ek nou dankie sê vir die geleentheid om vandag hier te kon praat.

Mnr. R. B. MILLER:

Mnr. die Voorsitter, ek wil die agb. lid vir Stilfontein gelukwens met die toespraak wat hy gehou het. Dit was ’n baie goeie toespraak, en ek is seker dat die agb. Minister bly sal wees daaroor. Die agb. lid sal my verskoon as ek nie direk reageer op wat hy gesê het nie.

Mr. Chairman, we in the NRP would also like to thank the Secretary of the department for the production of this Report, which we have found extremely informative. We are also very pleased that it was able to be delivered timeously this year. We take note of the Minister’s promise that this will happen in the future as well.

There can be no doubt that South Africa’s mineral wealth has stood it in very good stead during the last year. We note from the Report which the Secretary has given us that the value of all the minerals mined in South Africa is now rapidly approaching the R7 billion mark. We also note with gratitude the fact that revenue produced from gold has increased during the last year by very close on 38%. I think the mineral wealth which nature and good fortune have bestowed upon South Africa will in fact in the end prove to be one of our strongest shields against the idiosyncrasies and excesses of the world revolution in political ideology. I refer specifically to the strategic value of these minerals, as well as the value which we derive from minerals with our earnings of foreign exchange. In terms of strategic value, I think we will find that our mineral wealth will ensure that there is a place for us in the future of the world.

I would also like to say that we in this party are perturbed about certain things which are occurring on the mining scene. The first of these is the fact that the inflation rate has serious implications and consequences for the mining industry. As the hon. member for Parktown has indicated, this industry is rapidly becoming capital-intensive. We are almost totally dependent on imports for our sophisticated mining machinery, and we therefore cannot help but import a large measure of inflation as well. I think inflation is probably one of the more serious factors which the mining industry is going to have to deal with in the foreseeable future if it is to retain its profitability and derive benefit from the marketing strategy elaborated by the hon. member for Parktown. Secondly, I believe that the second most important factor which is going to face the mining industry squarely in the eyes and which has already started to do so, is the manpower utilization factor. I think we could perhaps go a bit further in dealing with the Wiehahn Commission’s Report under the other vote of the hon. the Minister which is going to be debated on Monday. This Report seems to have eluded us for quite some time despite the fact that I understand or guess that the labour group of the Nationalist Party does know what the recommendations are.

I would like to come then to the main part of my discussion here in the very short time available to me in this first turn. I would like to deal with the strategy which the hon. the Minister has employed or tends to employ in the confrontation with the Mineworkers’ Union; and I would like to make an appeal to the hon. the Minister seriously to review whether in fact he has taken the correct stance in dealing with the wildcat and illegal strikes perpetuated by the Mineworkers’ Union. I say this because we on these benches detect a drift in the attitude of the Mineworkers’ Union which would suggest that the Minister will have to play a greater and a more direct role in getting us across this mountain which is ahead of us. Under normal circumstances I would probably agree with the hon. the Minister that the many statements he made in relation to the Mineworkers’ strike would be appropriate, but unfortunately I believe that the Mineworkers’ Union has created an abnormal circumstance in the mining industry which is going to threaten and prevent to a very large extent, if successful, the better utilization of manpower in the mining industry. As I mentioned previously, the mining industry is going to face two very serious hurdles in the near future. They are in fact already facing them. I refer to the fighting of inflation and the better use of manpower. No doubt the hon. the Minister has taken his stance as the result of the recommendations of the industrial court investigating the elimination of job reservation in the mining industry. They indicate, in para. 3.44 of that report, on page 5, which I shall not read in full because of limited time, that they see the elimination of job reservation essentially as a matter for negotiation between the Mineworkers’ Union and the Chamber of Mines or the employers, the mining groups. This is, I believe, the stance that the hon. the Minister has taken over the last few months.

The DEPUTY CHAIRMAN:

Order! The hon. member must not go into that too deeply, since I think it is a matter which should be raised on the next Vote.

Mr. R. B. MILLER:

Mr. Chairman, I abide by your ruling. As I mentioned earlier on, I think we will take this further when we talk to the hon. the Minister about these matters. However, because of the importance of this aspect, I should like to deal with the problem of job restructuring in the mining industry. I do not intend to anticipate the findings of the Wiehahn Commission, but if we do not solve the problem of industrial relations and the better utilization of manpower in the mining industry, I am afraid that the mining industry may not have as glowing a future as it has had in the past. I trust, Sir, that you will permit me to debate just a number of the ponderables in this respect. We know that the real problem is the under-utilization of a certain sector of the population in the mining industry and the over-utilization of another sector. This is the real problem. Today, we have miners in the industry who are earning with their production bonuses up to R3 000 a month. Conditions are onerous and difficult 17 000 feet underground and they work hard for it, and I am therefore not saying that they are not entitled to the R3 000. The humidity is so high that I think that most hon. members who are members of the mining group will know that it is necessary when an employee enters the mining industry first to spend a considerable amount of time at an acclimatization school to avoid heat stroke underground. It is a very dangerous occupation and I certainly do not begrudge those people the R2 000 or R3 000 which they get. That is real blood money …

The DEPUTY CHAIRMAN:

Order! The hon. member must not circumvent my ruling. This is a matter which should be raised on the Labour Vote.

Mr. R. B. MILLER:

I do appreciate your ruling, Mr. Chairman, but, as I mentioned earlier, it really is one of the most important factors relating to the survival of the mining industry. Nevertheless, I shall leave it at that. I would just like to re-emphasize that in fact one of the biggest problems that the mining industry is going to face, in conjunction with inflation, is the better utilization of manpower.

I would briefly like to ask the hon. the Minister whether he can give us some indication as to what role the State is likely to play in the search for oil. The hon. the member for Stilfontein has indicated that he would like to invite private enterprise, namely the insurance companies, to invest in oil-rigs. Could the hon. the Minister elaborate for us what he visualizes the further role of the State will be in the exploration for oil around South Africa’s coastline and possibly in the semi-independent and forthcoming independent homelands? The reason for my asking is that I believe that due to the recent history of the “fruitless” search for oil in South Africa and its territorial waters, it is very unlikely that private enterprise would be prepared to invest great sums of money in additional oil-rigs. I believe that we are going to continue to search for oil. This country cannot afford not to search for oil and I believe that we must start laying plans now for directing State funds into acquiring the equipment and the infrastructure which will be required for such a continued search. I think we should look in that direction as well as the suggestion of the hon. the member for Stilfontein to invite private enterprise to participate further. Taking it a bit further, I would like to say that the hon. the Minister of Mines … [Time expired.]

Dr. Z. J. DE BEER:

Mr. Chairman, on a point of order: I should like to address you, if I may, on the ruling which you gave during the speech of the hon. member who has just sat down, in regard to the discussion of matters affecting industrial relations as they occur in the mining industry on this Vote rather than on the Vote of the Department of Labour. With respect, Sir, the mining industry is in important respects unique in the field of industrial relations and there are industrial relations matters which are peculiar to this industry and which cannot conveniently be discussed under the general Labour Vote. To begin with, the mining industry has no industrial council. It has in the Chamber of Mines an organization which is sui generis, which has no equivalent, in other industries. It has a multiplicity of recognized unions underground under a closed shop agreement and an allocation of occupations agreement which does not occur in the same form in other departments. A number of the unions, all but one in fact, which make up the Federation of Mining Unions with which mining employers have to deal on the industrial relations front are peculiar in that they have most of their membership outside the mining industry, whereas these negotiations to which the hon. member has sought to refer, take place within the mining industry. With the deepest respect, Mr. Chairman, I would suggest to you that it is not possible to have a properly rounded debate on the mining industry without discussing specifically the question of industrial relations as it occurs in this industry.

The DEPUTY CHAIRMAN:

I agree with the hon. member that there is a difference as regards the Mineworkers’ Union, but I still maintain that it can be discussed under the Labour Vote and no matter what the Mineworkers’ Union’s relation is with the mines themselves, I cannot allow it to be discussed under this Vote. I cannot alter my ruling and I still think it is better to discuss it under the Labour Vote.

Mr. I. F. A. DE VILLIERS:

Mr. Chairman, may I point out that the Secretary for Mines administers the Mines and Works Act. This Act relates to certain labour matters such as the employment of labour on mines and works which I think inevitably must be discussed under this Vote.

The DEPUTY CHAIRMAN:

I shall not rule a member out of order if he simply refers to mine workers in the context of the mines, but I cannot allow the whole problem of the Mineworkers’ Union to be discussed under this Vote. To me it is entirely a labour matter and my ruling on this matter is final.

Mnr. W. J. C. ROSSOUW:

Mnr. die Voorsitter, ons wil nie met die Stoel argumenteer nie. Ons respekteer dit, maar gedurende die 13 jaar wat ek met hierdie pos te doen het, leer die geskiedenis dat dit nog altyd onder die Pos van die Minister van Mynwese bespreek is. Ek moet net vir u sê dat dit die debat baie moeilik sal maak omdat daar hier heelwat lede is wat daaroor wil praat en dit was altyd erken dat dit onder die Pos van Mynwese geressorteer het.

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Ek was nie bewus daarvan gewees nie, maar ingevolge die prosedure hoort die bespreking oor mynwerkers nie onder hierdie Pos nie, maar onder die Pos Arbeid en kan dit net sowel met welslae onder daardie Pos bespreek word. Daarom dink ek dat ek by my beslissing gaan bly.

Dr. A. L. BORAINE:

I am sorry to delay the Committee, but, Mr. Chairman, I want to plead with you to reconsider your ruling. If you are talking about labour you are talking about nearly three-quarter of a million people who are involved in the mining industry, and with respect, Sir, we are talking about the mining industry under this Vote. No industry can be discussed unless you are talking not only in terms of management and production but also labour and training. Every aspect of mining has a considerable amount to do with labour and, with respect, when you talk about the recent history of the mining industry in South Africa, you cannot debate this satisfactorily without referring to the role of the Chamber of Mines, the Mine Workers’ Union and the hon. the Minister and his department. I urge you, Mr. Chairman, to reconsider your ruling.

Mnr. A. J. VLOK:

Mnr. die Voorsitter, ek wil ook net graag daarop wys dat die wetgewing wat hierby betrokke is, onder die Minister van Mynwese ressorteer en nie onder die Minister van Arbeid nie. Ek wil net vra dat u dit asseblief in aanmerking neem wanneer u u beslissing gee.

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Ek het reeds aan die agb. lid vir Durban-Noord ’n taamlike mate van vryheid gegee in sy bespreking en agb. lede sal gemerk het dat ek hom nie onmiddellik daaroor aangespreek het nie. Maar, wanneer dit gaan oor suiwere mynwerkersaangeleenthede is ek bevrees dat ek dit onder die Pos Arbeid sal moet laat bespreek. I shall allow a certain degree of Iatitude.

Mnr. B. H. WILKENS:

Mnr. die Voorsitter, ek hoop nie ek skep nou as gevolg van hierdie beslissing vir u ’n probleem nie, maar ek wil voortgaan en in die eerste plek vir die agb. lid vir Durban-Noord gelukwens met sy toespraak. Ek dink dat alhoewel ’n mens ten opsigte van sekere gevolgtrekkings wat hy maak en standpunte wat hy inneem miskien nie noodwendig oor alles saamstem nie, hy eer aangedoen het aan die standpunte en argumentering wat hy in die Raad voer. Ek wil hom daarmee gelukwens. Mnr. die Voorsitter, as jong lid in hierdie Raad wil ek sê dat dit uit die aard van die saak so is dat ’n mens van tyd tot tyd in jou kiesafdeling met sekere probleme te kampe kry. Waar ’n mens in ’n spesifieke myn-kiesafdeling woon, is daar van hierdie probleme wat nou te doen het met die mynwerkers en myne se aktiwiteite. Dit was vir my in hierdie kort termyn van diens opvallend dat daar veral twee aspekte is wat na vore kom en waarmee die persone probleme het en wat hulle vir my as hul verteenwoordiger vra om op te los. Die een daarvan is bedryfsiektes en die sertifisering van bedryfsiektes en die probleme wat daarmee gepaard gaan. Die tweede aspek is die pensioene van die ou persone wat vir lang termyne in die myne gewerk het en die karige bestaan wat hulle moet voer as gevolg van ’n pensioen wat hulle oor ’n periode opgebou het. Nou, mnr. die Voorsitter, wil ek my bepaal by die owerheid, die Kamer van Mynwese en die Mynwerkersunie, en kyk hoe hulle sodanige sake hanteer. Ek is baie bewus daarvan dat hierdie nie ’n saak is wat deur die owerheid en die Regering as sulks gereguleer word nie. Ek is bewus daarvan dat dit ’n saak is waarby die werkgewer en die werknemer, d.w.s. die Kamer van Mynwese of die spesifieke myn wat aan ’n spesifieke pensioenfonds behoort, en die werkgewers as geheel, betrokke is. Hulle stel deur middel van onderhandeling ’n skema daar wat vir sekere voordele vir dié mense sorg. As ons kyk na die geskiedenis van hierdie saak, vind ons—en ek verwys na ’n toespraak wat die agb. lid vir Stilfontein verlede jaar onder hierdie Pos gelewer het—dat so ’n skema vir die eerste keer in 1949 daargestel was. Mnr. die Voorsitter, as ons nou kyk na die jaarverslae, vind ons dat daar wesenlik drie fondse hierby betrokke is. Daar is o.a. die mynwerkers se pensioenfonds en die amptenare se pensioenfonds. As ons nou kyk na die spesifieke doel van pensioenfondse, dan is dit hoofsaaklik om vir die man wat vir baie jare in die mynbedryf gestaan het, op sy ou dag sekuriteit en die versekering te gee dat hy darem ’n lewensbestaan sal kan voer op ’n wyse wat in terme van die lewensbeskouinge op daardie spesifieke tydstip lewensvatbaar moet wees. As ons nou in hierdie stadium na die mynpensioene kyk, vind ons dat volgens die offisiële syfers van hierdie verslag van 1977, die gemiddelde syfer in 1973 ongeveer R76 per maand was en dat dit in 1977 op ’n gemiddelde basis na R107 gestyg het. Daar word ook in die fondsverslag gesê dat hierdie syfer nie absoluut is nie omdat dit onderhewig is aan sekere faktore. Party van hierdie lae pensioene kom eintlik in wese daarop neer dat mense vroeg afgetree het of reeds aan ’n pensioenfonds vir amptenare behoort het of reeds afgetree het en op ’n latere stadium weer aangesluit het wat beteken het dat ’n gedeelte van die pensioen vir dié persoon verlaag is.

Daar is ’n ander aspek waarna ek net wil kyk. Ek wil dit in vier kategorieë noem. Die eerste is die bydraekoers van die werkgewer en die werknemer. Die tweede is die oordraagbaarheid van so ’n pensioen wanneer die werker van een myn oorbeweeg na ’n ander. Die derde is die gratifikasie wat daarby betrokke is, en ten laaste die bedrag waarop pensioen bydrae bereken word. As die agb. lede kyk na die bydraekoers in die geval van die mynwerker, sal hulle vind dat sy bydraes sowel as dié van die werkgewer 7½% is. Indien daar na die amptenare se pensioenfonds gekyk word, sal gevind word dat hulle bydraekoers tot en met 31 Mei 1975 7½% vir die werknemer en 13% vir die werkgewer was. Vanaf 1 Junie 1975 is die werkgewer se bydrae na 14% verhoog. Daar is dus ongelyke verdeling tussen die mynwerker as sulks en die mynamptenaar. Die werkgewer dra meer by in die een geval as in die ander. As agb. lede kyk na normale pensioenfondse, sal hulle vind dat selfs daar die bydraekoers van die werknemer 7% is teenoor dié van die werkgewer van 14,59 of 12,21%. Dit hang natuurlik nou saam met pensioenvoordele wat op die ou end beding kan word. Dit is ’n kwessie van onderhandeling, maar dit is baie belangrik om te besef dat ’n anomalie hier aan die opbou is.

’n Ander aspek wat ek ten tweede wil noem, is dat die voordele van ’n pensioenfonds nie altyd oordraagbaar is wanneer ’n mynwerker van een werkplek na ’n ander beweeg nie. Dit beteken dat hy daardie voordele nie altyd op sy oudag sal kan kry nie. In sekere gevalle mag sy voordele heeltemal verbeurdverklaar word sodat hy geen voordele kan kry nie, of in sekere gevalle kan ’n sekere persentasie van daardie voordele in die slag bly. Mnr. die Voorsitter, die effek daarvan is dat dié persoon op sy oudag moet boet ten opsigte van sekere dinge wat gedoen is in ’n vroeë stadium, waar die verantwoordelikheid en die besef van die probleme wat op die oudag hom te beurt mag val, nie altyd na vore kom nie. Ek dink dat dit ’n baie belangrike aspek is, waarby die persone beskerm moet word teen die onoordeelkundigheid van die jeug, kan ’n mens amper sê, met die oog op hul oudag. Op grond daarvan is dit iets wat baie aandag behoort te geniet.

Terwyl ek nou hierdie punt van die pensioenvoordele behandel, wil ek dit pertinent noem dat indien hierdie voordele weer vorentoe beding kan word, ons in hierdie stadium ’n posisie het soos in die verlede, naamlik dat ’n groot groep persone in ’n nadelige posisie is ten opsigte van die bydraekoers wat tot in hierdie stadium op hulle van toepassing was. As dit verbeter, moet ’n mens ten opsigte van die verstreke diensvoordele addisionele voordele kan bykoop, wat ook onder die Wet vir hom toegelaat word, met sekere belastingsvoordele.

Mnr. die Voorsitter, ek wil nou hier ook ’n ander baie belangrike aspek noem wat ook ’n anomalie is. Ons vind by die mynwerker as sulks dat sy pensioen op sy basiese salaris bereken word, maar sy totale inkomste per maand bestaan uit ’n basiese salaris plus bonusvoordele wat hy onder kontrakwerk kan kry, wat in baie gevalle in wese baie hoër is as sy basiese salaris. Nou vind ons dat indien sy pensioenvoordele net op sy basiese salaris bereken word, hy op sy oudag dan in werklikheid ’n baie laer pensioeninkomste kry as waaraan hy gedurende sy werksperiode gewoond was. Ek dink dat dit belangrik is dat die Staat ten opsigte hiervan sy invloed moet gebruik of sal moet ingryp om toe te sien dat die gemiddelde salaris wat die persoon per maand verdien, in wese ’n basis moet wees vir berekening van pensioenvoordele of ’n bydrae tot pensioenvoordele. Nou moet ’n mens ten opsigte hiervan ook ’n ander baie belangrike aspek in ag neem. ’n Mens vind dat terwyl ’n mynwerker jonk is, hy baie meer kontrakwerk kan verrig en ’n baie groter salaris kan verdien, maar namate sy kragte afneem verminder dit en vind ’n mens dat hy op sy aftree-ouderdom in wese ’n laer salaris kry as wat hy miskien gekry het toe hy jonk was en meer aktief en lewenskragtig was. Gevolglik kan ’n mens dit nie op sy eindsalaris betaal nie, soos wat die geval met normale pensioenskemas is nie, maar behoort ’n mens dit te betaal op die gemiddelde inkomste per maand van sodanige werker, oor die periode van diens. Gratifikasie kan nie bespreek word nie. [Tyd verstreke.]

Mnr. S. J. DE BEER:

Mnr. die Voorsitter, daar heers vanoggend hier so ’n aangename en vriendelike gees dat ek nie mag nalaat om die agb. lid vir Carletonville geluk te wens met sy waardevolle bydrae nie. Hy moet my egter verskoon as ek nie sy argument opvolg nie.

Mnr. die Voorsitter, deur die geskiedenis heen kan baie van die wêreld se prestasies, konflikte en probleme teruggevoer word na die aanvraag om die verkryging van minerale, as bron van rykdom en bron van wapentuig. In die verlede was die omstandighede egter van so ’n aard dat die voorsiening van minerale oor die algemeen die aanvraag oorskry het, maar met die magtige uitbreiding van die geïndustrialiseerde wêreld oor die afgelope paar jaar, het die aanvraag om strategiese grondstowwe so toegeneem dat dit selfs ’n krisisstadium mag bereik. Minerale het nou ’n nuwe staanplek in die wêreld verkry. Vir baie lande het die beskikbaarheid, al dan nie, van minerale grondstowwe bepalend geword vir die bereiking van hulle ideale op nasionale en internasionale vlak.

Ook Suid-Aífika se geskiedenis is onafskeidbaar aan sy mineralebronne verbonde. Mense van oral op aarde het hier goud en diamante kom soek en ’n reeks gebeure op tou gesit wat die gang van ons land se geskiedenis in die tweede helfte van die vorige eeu ingrypend verander het. Suid-Afrika se mineraleskatte lok nog steeds diegene wat op soek is na rykdom en glorie, maar die afgelope aantal jare is daar ook ’n nuwe dimensie hieraan toegevoeg. Volke ding mee om Suid-Afrika se onedele metale omdat hulle fabrieke en wapennywerhede in hierdie atoomeeu nie daarsonder kan klaarkom nie. Die doelwit van hierdie lande en veral dié van die Sowjet-unie, is nie net om die minerale vir hulself te bekom nie, maar ook om ander volke dit sover moontlik te ontsê. Heel onlangs het die Britse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede die Westerse bondgenootskap gewaarsku dat die Sowjet-unie en sy satelliete, saam met Suid-Afrika, oor die oorgrote meerderheid bronne van verskillende noodsaaklike metale en minerale beskik. Chroom, goud, vanadium, mangaan, platinum en spesiale tipes asbes is genoem. As dit dus sou gebeur dat die Kremlin ook Suid-Afrika se deel sou beheer, dan sal die Weste onmeetbare strategiese en ekonomiese skade ly. Dit alleen is voldoende rede vir Rusland se aanslag op Suid-Afrika.

Nou is dit so dat al meer leidende persone oor die wêreld die stelling begin aanvaar dat Suid-Afrika van sleutelbelang is vir die voortbestaan van die Weste. Daar word reeds 68 verskillende onedele minerale, edelgesteentes en edelmetale geproduseer. Naas die VSA en Rusland het. Suid-Afrika die rykste minerale-afset in die wêreld. Van ses van die ekonomies mees belangrike minerale beskik Suid-Afrika oor meer as 50% van die wêreld se totale reserwes. Suid-Afrika beskik verder oor twintig ander mineralegrondstowwe waarvan hy deurslaggewende belangrike reserwes in die Westerse ekonomie het. Dan moet ’n mens ook let op dié belangrike feit dat Europa die afgelope tyd reeds vir 70% van sy behoeftes aan mineralegrondstowwe van invoere afhanklik is. Selfs die VSA is in twintig gevalle vir meer as 50% van sy behoeftes van invoere afhanklik as gevolg van die uitputting van sy eie reserwes.

Met hierdie feite voor oë besef ’n mens watter belangrike rol Suid-Afrika nog in die wêreld kan speel as voorsiener van grondstowwe. Dit word bereken dat indien Rusland daarin kan slaag om beheer oor Suid-Afrika se reserwes te verkry, hy in die geval van ’n aantal minerale oor ’n produksie van meer as 80% van die wêreld se reserwes sal beskik. So ’n situasie kan die Weste geweldig benadeel.

Nou is dit so dat Rusland self Suid-Afrika se minerale grondstowwe nie nodig het nie, maar aan die ander kant het die Weste dit wel terdeë nodig. Dit spreek dus vanself dat Rusland met sy strategie van wêreldverowering, graag die Weste van Suid-Afrika se rykdomme sou wou ontneem, want sodoende sou hy die Westerse ekonomie ontwrig en sal hy ’n geweldige bedingingsmag ten opsigte van strategiese sake verkry.

Die oliekrisis van 1973 het vir die eerste keer werklik aangetoon hoe kwesbaar die Weste is in sy oorlewingstryd ten opsigte van sy mineralegrondstowwe. Dr. Hans Ruhle, ’n Wes-Duitse kenner van internasionale verhoudinge, het dan ook onlangs opgemerk—

“The West is no longer master of its own economic stability. No longer can it ignore the economic activities of the communist states and control the supplies of raw materials from the Third World.”

Hy het verder gesê dat die Weste al meer besef dat alhoewel militêre mag belangrik is vir ’n volk se voortbestaan, dit nie die enigste faktor is nie. Daarom, het hy gesê, is Suid-Afrika se mineralerykdom van die allergrootste betekenis vir die Weste.

Dr. Dirk Neethling, die Direkteur van die Suid-Afrikaanse Minerale-buro, het onlangs hieraan toegevoeg dat Suid-Afrika se waarde vir die Weste nie net lê in die groot reserwes van grondstowwe waaroor Suid-Afrika beskik nie, maar veral ook in die vindingrykheid waarvoor Suid-Afrika beskik om hierdie minerale te ontgin.

Nou ontstaan die vraag—ek sal dit waardeer indien die agb. Minister sy weg sal oopsien om hierop te antwoord—of Suid-Afrika sy belang wat hy vir die Weste op die terrein van minerale-grondstowwe inhou ekonomies en polities ten volle benut. Suid-Afrika het deur die jare getrou sy goeie trou en betroubaarheid teenoor die Weste betoon as die leidende verskaffer van sy minerale en strategiese grondstowwe. Sodoende het. Suid-Afrika ’n belangrike stabiliserende invloed teenoor die Weste laat geld in sy verskaffing van hierdie minerale. Nou is daar mense wat begin vra of die tyd nie dalk aangebreek het dat Suid-Afrika ook ekonomiese bande moet smee met lande van die Derde Wêreld nie, wat dieselfde mineralebelange as ons het nie. Kan ’n bemarkingsprogram wat geloods word in samewerking met lande van die Derde Wêreld nie groter voordele vir Suid-Afrika inhou nie? Kan dit nie die voordeel inhou dat Suid-Afrika se lojaliteit teenoor die Weste nie net deur die Weste bloot as vanselfsprekend aanvaar sal word nie?

Mnr. die Voorsitter, Suid-Afrika is met ’n rykdom van minerale geseën. Hierdie natuurlike bate van Suid-Afrika en die vindingrykheid waarmee dit ontgin word, kan ’n belangrike rol speel in ons huidige ekonomiese en politieke stryd met die internasionale gemeenskap. Ter wille van ons eie stabiliteit en ontwikkeling, ter wille van ’n versekerde hoë lewenstandaard van al die mense van Suid-Afrika en ter wille daarvan om ’n bydrae te lewer ten opsigte van die ontwikkeling van Afrika, is dit ons hoop en vertroue dat onder die bekwame leiding van ons agb. Minister van Mynwese ons hierdie enorme potensiaal van Suid Afrika ten volle sal benut en sal uitbou.

Mnr. I. F. A. DE VILLIERS:

Mnr. die Voorsitter, ons het met belangstelling geluister na die agb. lid vir Geduld en met sy toespraak het ons baie min fout te vind. Die grootste gedeelte daarvan kan ’n mens baie maklik ondersteun. Hy het teen die einde van sy toespraak verwys na die gebruik van ons mineralerykdom as ’n faktor in ons buitelandse verhoudings. Ek wil nou nie te ver daarop uitbrei nie, want u sal my waarskynlik buite orde verklaar. Ek wil net sê dat die Weste natuurlik nie onkundig is of onverskillig staan teenoor Suid-Afrikase mineralerykdomme nie. Die kwessie van in watter mate dit as deel van ’n alliansie gebruik kan word, is natuurlik ’n baie ingewikkelde saak in ons buitelandse verhoudings. Ek dink ons moet dit daar laat. Miskien wil die Minister verder daarop ingaan.

Ek wil egter verder gaan met my toespraak deur die Departement geluk te wens met die tydige verskyning van sy Verslag. Ek wil dit veral doen omdat ek in die verlede, soos die betrokke amptenare sal weet, ietwat krities was oor die laat verskyning van verslae, en ek by meer as een geleentheid sarkasties verwys het na die Africana wat na die Raad gebring is. Omdat ek in die verlede krities was teenoor die voorganger van die agb. Minister en teenoor die Departement, dink ek dat dit ’n plig is, en ’n baie aangename plig daarby, om die tydige verskyning van hierdie Verslag te verwelkom en die Departement daarmee geluk te wens. Dit het nie net op die regte tyd verskyn nie, maar dit is ook ’n uitstekende samestelling van al die feite wat ’n mens nodig kan vind in die bespreking van dit waarmee ons vandag hier besig is.

Mr. Chairman, without wishing in any way to repeat what the hon. member for Parktown has said, or to gild the lily at all, I believe that there is one aspect of the coal industry to which I must refer. This relates to a popular belief, a common idea which appears to be developing in South Africa, namely that by exporting South Africa’s coal we are to some extent robbing our inheritance, that we are going to deprive future generations of a most valuable material and that we are exporting this at great cost to South Africa’s future requirements. I think that it is necessary that this matter should be put into perspective. As the hon. member for Parktown has pointed out, it is quite clear that the coal-mining industry in South Africa was a poverty-stricken industry, that its efficiency as a producer, its ability to explore, to produce at a higher rate—all these things contributing to serve South Africa better—were impaired by the lack of adequate profits to build up the kind of capital needed to turn the coal industry into one which would not only produce coal more efficiently and with greater conservation, but would also enable it to explore and to create new reserves on which South Africa could draw in future times. We have not yet got the figures for 1978 but it is a fact that in 1977 the additional discoveries, made in consequence of the restored health of the industry, far exceeded any amount of coal that was exported. Exporting coal thus has the curious anomaly that you do not thereby reduce your reserves but that you tend to increase your reserves. It is therefore of service to South Africa that the reserves which are available should to some extent be employed in this way. They make an important contribution to the growth of the country, they make an important contribution to the balance of payments, and, what is sometimes not understood by the general public, they also make an important contribution to the conservation of coal in South Africa. In other words, it is a benefit and not a loss. I believe that the hon. the Minister would do well also to take further opportunities—I know that he agrees with me on this matter—to educate the South African public in this philosophy, because there is growing a certain degree of hostility to the export of coal which is entirely unjustified.

Sir, I now wish to turn to the question of workmen’s compensation. We welcome the creation of the committee to which the hon. member for Stilfontein referred. The hon. member for Stilfontein will know, as we have spent a good many years together in this Vote and on select committee as well, that I have been, over a number of years, concerned and have spoken in this House for a number of years on the anomaly which exists as between the Workmen’s Compensation Act and the Occupational Diseases in Mines and Works Act I have pointed out at various times that there is an increased tendency in mines and works for the work done by miners not to be entirely underground, but as the beneficiation of metals increases, for mineworkers to be employed in what are equivalent to factories above ground. There is also an increased tendency for industry to expand at a great rate and to do many tasks which are really identical to those performed by persons in the mining industry. One thinks about certain materials such as asbestos, for example, which is used both in the textile industry and which is produced in the mining industry. The health dangers associated with asbestos are common to both. We have argued that it is anomalous that members of the one industry should enjoy an entirely different set of benefits under an entirely different rêgime of law from those in the other industry. I have brought the Hansard of 1974, 1975 and 1976 here so that you can see that I have repeatedly pleaded that there should be greater logic and greater rationalization in the payment of workmen’s compensation, whatever the industry. We therefore welcome the appointment of the Nieuwenhuizen commission and as far as the hon. member for Stilfontein’s appeal is concerned, we would certainly be very happy to be associated with any help that can be given by members of Parliament to the commission in the performance of its work. I do not suggest that I personally have the expert knowledge that the commission may require, but I have certainly felt very strongly over the years that this is work that needs to be done and that the creation of such a commission is very strongly desired and useful for the future.

In the remaining time that is left to me during this speech I would like to return briefly to the question of uranium. Uranium production in South Africa went through a very thin period. After the expiry of certain defence contracts at the end of the Second World War and subsequent years, the point was reached in the marketing of uranium where there was really no further market for uranium for military purposes. The uranium industry in South Africa had to find markets within the sphere of the peaceful uses of uranium; in other words, the development of nuclear energy for the generation of electrical power. This is something that has been developing slowly, not least because of concern that nuclear power might be dangerous, that there might be radiation risks involved in nuclear power, and there was a good deal of public concern about the pollution of the atmosphere or the areas into which cooling waters were discharged from these nuclear power stations. Nevertheless, over the years the nuclear power industry and the generation of electricity for peaceful purposes has flourished and there are in the world today something like 500 such nuclear power stations in operation. There continues to be a deal of concern about the safety of these power stations, but it must be said in the first place that nuclear power stations have had perhaps the highest record of industrial safety of any industry in the world. I do not wish to minimize the risk entirely and pretend that there is no risk, but I think that it needs to be said first, to bring the matter into prospective, that there is a very high record of industrial safety, a high standard of engineering and that there are many other dangerous industries, such as chemical industries, which have learnt a great deal in terms of safety techniques from the nuclear power industry. [Time expired.]

Mr. R. B. DURRANT:

Mr. Chairman, I hope that the hon. member for Umbilo will forgive me if I do not continue with the points he was making. I wish to raise matters raised by my young and enthusiastic colleague, the hon. member for Geduld, on the question of mineral policy. I must congratulate him for taking the matter so much further from the point we reached when we discussed them last year. Apparently he has made a very close study of those debates. Without detailing a lot of figures I think that it is clear that our country and Soviet Russia hold a dominant position as far as the supply of several key minerals is concerned, in relation to the world balance of power. A cut-off of South Africa’s mineral supply would clearly tip the world balance of power in favour of the communist countries. It would place Russia in a pre-eminent position as a supplier of essential minerals in the defence effort of the Western world. I think this was brought home—and very much so—to the western countries with the events in Zaïre early last year when the supply of cobalt of which Zaïre is the major producer with a production of some 98% of world supply, was suddenly threatened. The United States, in particular, got a great fright about this, particularly so in the light of the essential nature of cobalt as a constituent element in the manufacture of, for example, jet engines and other high ferroalloy metals. Without the supply of minerals from Southern Africa the aero-space programmes, the nuclear power programmes, the production of vehicles and jet aircraft and many other programmes, including alternative energy programmes, would all be affected as far as western Europe is concerned. Let me take one example. We supply about 80% of the United States’ chrome needs. In 1977 the EEC imported some 158 000 tonnes. A report by the White House on a study commissioned by the President concluded with these words—

Strategically the United States is more vulnerable to a long-term chromium embargo than to an embargo of any other natural resource, including oil.

Therefore, I say that it is most encouraging to read in the current Report of the Secretary of Mines and in particular the Report of the Director of the Minerals Bureau which is included in the report of the Secretary for Mines, that, I think for the first time, considerable emphasis is being laid on the need to develop an adequate mineral policy. In this regard I should like to quote the first paragraph of this report—

The mineral economic investigations of the Minerals Bureau are intended to assist in the development of a mineral policy, or policy options, that would ensure the optimum utilisation of South Africa’s mineral resources within the bounds of practical, human and economic considerations. They are orientated to identify appropriate policy priorities for eventual Cabinet-level decision.

I think this is an extremely important statement because it shows the consideration of the Government and of the hon. the Minister for the vital importance of a mineral policy as far as the future of South Africa is concerned. Considering the recent important statement by the hon. the Prime Minister that we will review our position as far as the West is concerned and that we will have to look at our own interests first in co-operation with our fellow Southern African countries, and considering the joint mineral resources of the Southern African countries, it is clear that we will in fact become not part of the Third World, but the most vital factor in this technological stage of the world power struggle. We could become the fourth estate. Therefore, I agree with the statement made in this report by the Director of the Minerals Bureau, namely—

It is evident that an appropriate mineral policy must not only provide for domestic self-sufficiency and contribute to national economic and social development, but that it should also ensure that South Africa continues to be one of the leading mineral producing and exporting countries of the world.

Mr. Chairman, the studies that are presently being made by the Minerals Bureau embody an assessment of world mineral development both as regards our contribution and importance to world supply and our own dependance on these resources which are vital to our own future. We have many priorities in our country as far as financial development is concerned and we have many priorities as far as our own security is concerned, but I believe that the minerals we possess and their proper exploitation and our economic ability and control of the world market is the greatest weapon we hold in Southern Africa for our future and our security as a nation. The current Report indicates this very clearly where it says—

Mineral policy development is a complex task and one which demands the closest liaison and co-ordination and departmental and interdepartmental level and, in particular, required the participation and co-operation of the mining industry.

I should like to quote the following paragraph as well because I think it contains a very important statement I realize and I think the House realizes, too, that the statement is in very carefully chosen words. It reads as follows—

One of the first priorities identified by the Minerals Bureau in its approach to policy development has been the development of a data and information collection and analysis capability which will be adequate not only to identify, but also to support an appropriate mineral policy capable of dealing …

And these are the important words—

… with both immediate emergency and related contingency situations to medium long-range planning and associated problems.

I want to say to the hon. the Minister that the final words of this paragraph are extremely diplomatic. However, I think the meaning is clear, namely that the importance of these developments and the importance of this policy development both in the short term and in the medium term are of absolutely vital importance to the future of our country and its own security. The quarterly report of mineral production goes to certain lengths to hide the production, sales and export figures in respect of certain minerals. A study of the report indicates that no figures in this regard are given in respect of certain minerals. This is regarded as classified information. Let me give a few examples. In the July/September quarterly report of all minerals produced indicates the production figures of only four minerals as classified information. However, as regards the sales figures, the figures in respect of 19 minerals are indicated as classified information and the export figures in regard to only 13 minerals are indicated as classified information. The funny thing about this—and I draw the hon. the Minister’s attention to it—is that if we turn to the Report of the Secretary of Mines we find the information which is indicated as classified information in the quarterly mineral report. I will give two examples. As regards nickel, the production is not shown in the quarterly report, however, the value of sales is shown in the annual report of the Secretary. It is really easy to determine what the production was if one knows what the market price was. We are living in the age of industrial espionage. When it comes to issues of vital importance to Southern Africa and our country, and particularly when it comes to the mineral supplies to the West which it needs for its security, we must realize the importance and extent of industrial espionage that is taking place. [Time expired.]

Mnr. J. J. NIEMANN:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Von Brandis sal my verskoon as ek hom nie volg nie maar, soos u so pas beslis het, die tyd is uiters beperk en ek wil my graag by ’n ander saak bepaal.

Ek wil graag aansluit by die agb. lid vir Parktown wat beklemtoon het dat die diamantbedryf in Suid-Afrika baie te danke het aan die bemarkingsbedryf. Ek wil graag met hom saamstem in dié verband. Ek is dit eens met hom dat diegene wat daarvoor verantwoordelik is, die lof verdien wat hulle toegeswaai word.

Die agb. lid vir Geduld en die agb. lid vir Von Brandis het gewys op die strategiese belang en waarde van ons metale en minerale. Dit is egter jammer dat die bespreking van die begrotingspos „Mynwese” in een enkele dag afgehandel moet word, want die mynwese het soveel fasette en is so belangrik vir ons daaglikse bestaan, is so ’n belangrike strategiese bedingingsmiddel vir Suid-Afrika, dat ons ’n paar dae aanmekaar oor hierdie basisbedryf van Suid-Afrika kan praat. Ek wil aan die agb. Minister voorstel dat ons ’n mynwese-jaar hou, net soos ons vanjaar ’n gesondheidsjaar het. Ons moet in elkeen van die 52 weke van die jaar een metaal neem en dit aan Suid-Afrika bekend stel. Dink maar aan ons strategiese minerale, dink maar aan ons edelmetale. Daar is goud, steenkool, ystererts, diamante, ens. Ek kan my goed voorstel hoe die Noord-Kaap, en by name Kimberley, ’n hele week lank die klem sal kan laat val op die diamantbedryf wat die moederbedryf van alle mynbedrywe in Suid-Afrika is. Vir een hele week kan die diamant in al sy glorie die aandag van die wêreld geniet en kan dit daardie besondere week regeer. Ek wil in alle erns by die agb. Minister pleit dat dié moontlikheid ondersoek word.

Mnr. J. J. LLOYD:

Wat van steenkool?

Mnr. J. J. NIEMANN:

Ja, steenkool kan sy beurt kry en goud kan sy beurt kry, ens.

Ek wil ’n oomblik stilstaan by een faset van die diamantbedryf, nl. die slypersbedryf. Die wêreldvraag na geslypte diamante is baie goed en die pryse is hoogs bevredigend. Die slypers het die afgelope jaar geen probleme ondervind om hul produk van die hand te sit nie. In die afgelope jaar het die Suid-Afrikaanse slypers ’n totaal van 1,18 miljoen karaat ongeslypte diamante ter waarde van R293,5 miljoen van die Diamond Trading Company gekoop. Dit is buiten die aankope by onbeheerde bronne en invoere. Dié syfers is nie beskikbaar nie, maar dit kan geskat word op tussen R15 miljoen en R20 miljoen, aldus die Verslag van die Sekretaris van Mynwese. Die bedryf het 1 100 blanke ambagsmanne en vakleerlinge wat gemoeid is met die slyp van diamante van een karaat en groter. Ook is daar 2 000 blanke en kleurling-operateurs in die nywerheid. Die produksiekoste vergelyk baie goed met dié van bv. België en Israel. Met die verhoogde produktiwiteit kan dit selfs beter wees as dié van gemelde lande. Hierdie inligting blyk uit die Verslag. Aan die einde van 1978 was daar ongeveer 500 outomatiese Piermatic-diamantslypmasjiene in die nywerheid in gebruik. Teen die einde van vanjaar behoort daar hopelik 750 van die masjiene in gebruik te wees. Die masjiene word ingevoer, hoofsaaklik uit Israel wat toevallig ook die grootste diamantslyper ter wêreld is. Nie minder nie as 85% van alle klein diamante wat geproduseer word, word in Israel geslyp, terwyl Israel self nie een enkele diamant van sy eie het nie. Al die diamante wat in Israel geslyp word, moet van ander produsente aangekoop word. In die afgelope 31 jaar sedert die stigting van die staat Israel, het die diamantslypersbedryf gegroei tot die grootste enkele bedryf in Israel wat duisende mense van werk voorsien en miljoene rande aan buitelandse valuta vir Israel verdien.

Dit is ’n algemeen erkende feit dat die diamantbedryf in Suid-Afrika ’n kwynende bedryf is, en dit ten spyte van die feit dat De Beers volgens vanoggend se koerant in die volgende vier jaar met 60% gaan uitbrei en dat die produksie van 12 miljoen karaat tot 19 miljoen karaat in 1983 sal styg. Die feit bly staan dat baie myne nog steeds ’n dalende produksie toon.

In die eerste plek wil ek by die agb. Minister pleit dat hy alles in werking sal stel om ons diamantslypersbedryf te help en uit te brei sodat dit soos dié van Israel een van die grootste enkele bedrywe in Suid-Afrika kan word. Ek dink ook dit is moontlik dat die diamantbedryf in Suid-Afrika ’n baie groot bedryf kan word.

In die tweede plek wil ek ook by die agb. Minister pleit dat die heffing op die invoer van diamantslypersmasjinerie afgeskaf word. Ek het hier ’n brief wat ’n diamantslyper aan my gerig het en waarin gevra word dat die heffing op die invoer van diamantslypersmasjinerie en alle ander diamantslypersgereedskap afgeskaf word aangesien 95% van die diamante wat ons in Suid-Afrika slyp uitgevoer word en dit dus ’n groot verdiener van buitelandse valuta is.

In die derde plek wil ek by die agb. Minister pleit dat ook finansiële hulp aan die bedryf verleen word. Ek dink hier aan ’n instelling soortgelyk aan die Landbank. Die hoofrede waarom die laaste klompie lisensiehouers uitverkoop het, is juis die gebrek aan genoeg kapitaal. Om vandag ’n slypery te begin en ’n bestaan te kan bly maak, moet jy baie kapitaalkragtig wees. Die gevolg is dat die grotes groter word en dat die kleintjies geforseer word om aan die grotes te verkoop. Hiermee moet gepaard gaan dat elke nuwe lisensie nie verkoopbaar sal wees nie. Hierdeur sal die woekerelement verbonde aan lisensies weggeneem word. Gevolglik sal ons in die posisie kan kom dat lisensies baie makliker en vryliker aan voomemende slypers uitgereik sal kan word.

Kimberley is ’n verklaarde Kleurlinggroeipunt. Die diamantbedryf van Kimberley sal in die volgende 20 jaar tot stilstand kom. Met ander woorde, die lewensduur van die mynbedryf van Kimberley is slegs 20 jaar. As gevolg hiervan dink ek, ek is geregverdig om by die agb. Minister te pleit dat alle nuwe lisensies wat uitgereik word onderhewig sal wees aan dié voorbehoud dat die slypery in Kimberley gevestig moet word. Indien ons aan hierdie paar gedagtes voldoen en indien dit die Staat se erns is om die diamantslypersbedryf werklik ’n groot bedryf in Suid-Afrika te maak, dink ek kan ons een van die reuse word wat betref die slyp van klein diamante.

Die MINISTER VAN MYNWESE:

Mnr. die Voorsitter, vandat ek Minister van Mynwese geword het, was dit vir my jaarliks ’n besonder aangename geleentheid om aan hierdie posbespreking deel te neem. Hoe verder ons gegaan het, hoe aangenamer het dit geword. Ek het oor die afgelope aantal jare—ek hoop ek sal verskoon word as ek dit sê—’n besondere vordering opgemerk wat betref die inhoud van die toesprake en veral die diepte en die trefwydte daarvan. Ek wil die agb. lede wat vandag deelgeneem het baie hartlik bedank en ook besonder gelukwens met die verskeidenheid onderwerpe wat aangeraak is, met die besondere goeie studie wat hul van die onderwerp gemaak het en ook veral met die besondere insig wat hulle aan die dag gelê het. Ek kan die komitee die absolute versekering gee dat dit vir my ook baie gehelp het. Ek dink dat ons ’n sinvolle bydrae teenoor ons Vaderland maak deur op hierdie vlak en met hierdie sinvolheid besprekings te voer. Ek bedank agb. lede aan albei kante baie hartlik daarvoor.

Die agb. lid vir Parktown het begin deur, onder andere, te verwys na die Jaarverslag. Hierin is hy ook gevolg deur ander agb. lede. Ek is bly dat ons vanjaar betyds is met die Jaarverslag en ek hoop dat dit ook in die toekoms so sal wees. Ek wil ook net sê dat ek as die betrokke Minister baie trots daarop is dat ons so ’n mooi Jaarverslag kon voorlê. Dit blink nie so mooi soos baie van die ryk maatskappye se jaarverslae nie, maar wat betref die inhoud daarvan, dink ek kan ons baie tevrede wees. Ek wil dan ook my dank teenoor die Departement uitspreek vir die baie mooi Verslag wat hulle voorgelê het. Ek wil ook sê dat te oordeel na die huidige Verslag ons rede het om in die toekoms ook besonder kundige en nuttige verslae te verwag. As agb. lede na hierdie Verslag kyk en dit vergelyk met Verslae van die verlede, sal hulle werklik ’n indruk kry van die toename in die omvang van hierdie besonder belangrike bedryf, die mynbedryf wat, ek sê dit weer, vorentoe die gans sal wees wat daardie goue eiers gaan lê waarop hierdie land aan die gang gaan bly. As ’n mens na die besonderhede kyk, laat die trefwydte van die bedryf ’n besondere gunstige indruk op almal van ons. Dit versterk ’n mens inderdaad.

By die Verslag van die Departement van Mynwese sluit ek die Verslag van die Mineraleburo in. Agb. lede het ook daaruit aangehaal. Ek wil agb. lede aanraai om weer na hierdie Verslag te kyk. Wat agb. lede daarin opgesluit sal vind, sal waarskynlik van die opwindendste geskiedenis wees wat in Suid-Afrika aan die afspeel is met betrekking tot ons voortbestaan. Daarom is die Mineraleburo vandag vir ons ’n besonder belangrike buro. Ek wil ook my hartlike dank teenoor die Buro betuig vir wat hy doen. Ek wil ook dr. Dirk Neethling en sy personeel baie hartlik bedank en gelukwens met hul besondere prestasie. Ek wil ook by hierdie geleentheid sê dat hulle, soos agb. lede sal sien, ’n rigting volg. Ons het ’n paar jaar gelede daaroor gepraat en ek dink dit is goed dat ons met mekaar kon ooreenkom en dat ek ook kon vra dat ons op ’n sinvolle wyse moet begin antwoord op die vrae: wat het ons in terme van minerale, wat kos dit, wie het nog sulke minerale en in watter mate die buitewêreld daarvan afhanklik is, sodat ons vandag hier meer as een toespraak kon hê wat eintlik op grond van die kennis van daardie Buro vandag die sinvolheid na vore kon bring wat ons hier het. Ons moet dit nie miskyk nie.

As ek so na die horlosie kyk, lyk dit vir my dat ek na die ete sal moet terugkom om te antwoord op alles wat vandag hier aan my genoem is. In hierdie stadium wil ek egter net een punt uitlig wat ek graag wil afhandel. Ek verwys hier na die besondere aandag wat gewy is deur die agb. lede wat oor ons minerale strategie gepraat het. Die agb. lid vir Parktown het aan die einde van sy toespraak, toe hy na Amerika verwys het, ook sydelings na bemarking verwys. Ek sien dit ook as deel van ons strategie vir die toekoms. Veral die agb. lid vir Geduld het ’n besonder insiggewende toespraak gehou waarin hy sekere vrae aan my gestel het waarop ek graag wil antwoord. Die agb. lid vir Von Brandis het insgelyks met besonder insiggewende besonderhede na vore gekom wat hy uit die Mineraleburo se Verslag gehaal het. Die agb. lid vir Durban-Noord het ook oor hierdie aangeleentheid gepraat.

Mnr. die Voorsitter, laat my toe om ’n paar dinge te sê in die tydjie wat ek vir myself hiervoor wil afstaan. Die eerste ding wat ek wil sê is dat Suid-Afrika ’n sleutelland in die internasionale wêreld geword het omdat sy minerale vandag en in die toekoms net so belangrik gaan wees vir die Weste se voortbestaan as wat olieverskaffing deur die Midde-Ooste belangrik is vir die Weste se voortbestaan. Suider Afrika het inderdaad die minerale-Midde-Ooste geword. As gevolg van die uitputting van bestaande bronne, die groei in aanvraag, die gesofistikeerdheid van markte, nuwe aanwendings van minerale en meer lande wat as afnemers tot die mark gaan toetree en behoeftes gaan ontwikkel, soos bv. China met sy duisendmiljoen mense wat ook nou tot die mineralemark begin toetree en ook minerale begin gebruik—ek moet asseblief nie verkeerd verstaan word nie, want ek sê nie dat ons nou alles vir die Chinese moet gee nie—sal Suid-Afrika oor 15 jaar baie belangriker vir die Westerse wêreld wees as nou. Suid-Afrika gaan belangrik wees omdat hy wat die spektrum van sy minerale betref ’n ryker land as die Verenigde State of Rusland is. Ons het wat sekere produkte betref, soos bv. ystererts, steenkool en andere, nie die volumes nie, maar wat die spektrum betref en veral wat sleutelminerale betref, het ons wel die volumes. Daarom is dit belangrik om in gedagte te hou dat waar ons vandag ongeveer 780 000 miljoen rand—dit is nie noodwendig tot die naaste miljoen nie—rand se minerale produseer en waar ons eintlik op pad is na die tienmiljardrandkerf en ons nou al êrens in die toekoms die twintigmiljardrandkerf wat betref totale mineraleproduksie in die Republiek van Suid-Afrika kan sien, is dit belangrik om te weet wat die posisie van Suid-Afrika met betrekking tot beskikbaarheid sowel as volume is.

Nou wil ek asseblief agb. lede se aandag kry, want ek wil iets in hierdie verband sê. Die Republiek van Suid-Afrika het in die verlede wat betref die toelating van ontginning, wat betref die toelating van verkope aan en die honorering van kontrakte met die buiteland, wat betref die geleentheid vir belegging en wat betref die geleentheid vir ontwikkeling van minerale en veredeling van minerale in hierdie land ’n eerbare beleid gevolg. Suid-Afrika was inderdaad waarskynlik die betroubaarste leweransier in die wêreld. Suid-Afrika was die betroubaarste beskermer van belange. Suid-Afrika, anders as wat die patroon van die Afrika kontinent is, het nie wat sy minerale ontwikkeling betref, ’n risiko vir ander lande ingehou nie. Daarby wil ek voeg dat ten spyte daarvan dat die Republiek van Suid-Afrika dit alles was en steeds is en in die toekoms behoort te wees en sal wees, is daar nie waardering deur die Verenigde State vir hierdie korrekte standpunt wat Suid-Afrika inneem nie. Ek wil nou met al die verantwoordelikheid waaroor ek as die betrokke Minister beskik, vir die Verenigde State van Amerika sê dat Suid-Afrika vir Amerika se voortbestaan belangriker is vir Amerika as wat Amerika vir Suid-Afrika se voortbestaan is, dat Suid-Afrika in elk geval in hierdie stadium niks van die VSA kry wat belangrik is nie, dat Suid-Afrika buitendien geboikot word, dat Suid-Afrika gedreig word dat die krane vir hom toegedraai sal word. Ons bedreig nie die VSA nie, maar die VSA moet ook verstaan dat ons hom nie as die enigste koper van ons minerale beskou nie. Daarby wil ek sê dat die Westerse lande ook nie meer die enigste kopers van ons minerale is nie. Ek wil ook sê dat ons in die toekoms so korrek as moontlik sal optree. Ons sal niemand dreig nie. Ek dreig ook nie nou iemand nie. Ek wil ook daarby sê dat Suid-Afrika in die hantering van die situasie op die pad vorentoe, steeds ’n betroubare leweransier sal wees en nie ’n kontrak sal verbreek nie, maar dat Suid-Afrika nie gedwing moet word om te doen wat hy nie wil doen nie, en dat Suid-Afrika wel in die toekoms daartoe gedwing kan word, dat Suid-Afrika gelukkig oor die tegnologie beskik en self-genererend geword het, al moet dit teen ’n laer groeikoers wees, om sy eie ontwikkeling te doen en reeds 93% van die geldgenerasie uit mynbou binne Suid-Afrika hou (net 7% gaan die land uit) en dat die tegnologiese ontwikkeling in hierdie land op ’n punt gekom het waar dit seergemaak kan word, maar nie meer gebreek kan word nie. Ek sê dit omdat ek glo dat ons in Suid-Afrika altyd ’n goeie verhouding met die Weste moet hê en dit wil behou, maar dat ons in die toekoms nie die bepaler van daardie goeie verhoudinge sal wees nie, maar dat hulle dit sal wees. Ons is te klein om te dreig, maar ons is groot genoeg om so op te tree dat ons sover as moontlik onafhanklik probeer wees van andere. Ons het nog nooit die beleid gehad om sogenaamde „package deals” te doen nie. Ons het altyd korrek opgetree en gelewer wat van ons gevra word, maar ons sal in die toekoms ook moet vra hoe belangrik is dit wat ons aan andere lewer, want skynbaar is dit wat ons as lewensnoodsaaklik beskou nie belangrik wat ander lande betref nie. Ek wil ook aan beleggers die versekering gee dat daar nie aan die vrye ekonomie van die land getorring sal word nie. Dit sal in die toekoms toegelaat word. Ek is medeverantwoordelik daarvoor dat daar in hierdie land ’n mineralestrategie aan die ontwikkel is. Agbare lede het vandag vir die eerste keer uit hul eie daarna verwys.

Werksaamhede onderbreek om 12h45 en hervat om 14h15.

Middagsitting

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Alvorens ek die volgende spreker aan die woord stel, wil ek na aanleiding van ’n beslissing wat ek vanoggend gemaak het, aankondig dat ek ’n samespreking met die agb. Minister van Mynwese gehad het en by hom vasgestel het dat hy ook die Minister is wat alle arbeidsake in verband met die Mynwerkersunie behartig, asook dié van die mynwerkers. Derhalwe wil ek my beslissing van vanoggend herroep.

Die MINISTER VAN MYNWESE:

Mnr. die Voorsitter, toe ons verdaag het, was ek besig om die Komitee toe te spreek in verband met die strategiese posisie waarin Suid-Afrika hom teenoor die res van die wêreld bevind met betrekking tot minerale wat in ons land beskikbaar is. Ek het gesê dat ons nou daaraan gewoond geraak het om van veral die kant van die VSA beskou te word as ’n land wat ons ooreenkomste moet nakom, terwyl van daardie kant of dieselfde nie teenoor Suid-Afrika gedoen word nie. Ek wil voortgaan deur te sê dat die tyd aangebreek het dat ons ook aan die VSA sal sê dat hulle ons nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie. Voorts moet ons hulle daarop wys dat vriendskap van twee kante afkomstig is. Goeie verhoudings op nywerheidsgebied kom ook van twee kante. Ons moet hulle attent daarop maak dat Suid-Afrika te alle tye sy ooreenkomste na die beste van sy vermoë gestand gedoen het, maar verwag dat ander lande dit ook in dieselfde lig sal beskou. Suid-Afrika sou dus nie graag gedwing wil word om hierdie wyse beleid wat hy oor die jare gevolg het, te hersien nie. Feit is dat dit in die jongste tyd onder die aandag gekom het dat daar by verantwoordelike mense in verskillende dele ’n bewustheid ontstaan het met betrekking tot die toekomstige strategiese belang van minerale vir baie lande. In die jongste tyd het die prys van kobalt byvoorbeeld met 800% binne ’n paar maande gestyg. Die rede daarvoor is dat Shaba se kobalt nie meer beskikbaar was nie, veral nie vir die nywerhede van die VSA nie. Alhoewel hierdie mineraal in volume nie groot is nie, is sy strategiese nut wel baie belangrik. In samehang met toestande in Iran sowel as die houding van die OPEC-lande oor die afgelope paar jaar het dit duidelik geword hoe belangrik dit kan word en hoedat ’n enkele mineraal ’n hele ekonomie kan affekteer. Ons beskik oor daardie soort minerale. Ons beskik oor 16 van die 23 mees belangrike minerale vir die Amerikaanse industrie, en soos hier reeds aangedui is, beskik ons oor die wêreld se grootste voorrade wat sommige van hierdie 16 minerale betref. Wat produksie en lewering betref is ons in die posisie dat ook groot lande notisie daarvan moet neem.

Die VSA is vir 85% van sy invoere van titaanverbonde minerale en metale afhanklik waarsonder hy nie in staat sou wees om met sy ruimteprogram of met sy program van hoëspoedvliegtuie voort te gaan nie. Suid-Afrika besklk oor hierdie bronne. Daar ontstaan dus ’n soort inter-afhankiikheid tussen nasies en daarin het ons netso ’n rol te speel as wat ’n ander land miskien ’n rol in ons geval moet speel. Dit is in hierdie proses dat Suid-Afrika sê ons bevolking is klein, maar ons sal ons nie laat vertrap nie, ook nie op hierdie terrein nie. Ek moet my ook aansluit by die houding wat die agb. Eerste Minister ingeneem het in verband met hierdie aangeleentheid en op ander terreine waar Suid-Afrika ’n rol moet speel, te wete dat Suid-Afrika sy deel sal doen maar dat hy verwag dat andere ook hulle deel moet doen.

Ek wil daarby aansluit deur te sê dat daardie maatskappye wat konsessies het om minerale in Suid-Afrika te soek en te ontwikkel, ’n besondere rol te vervul het. Dit is meesal mense wat die situasie begryp. Ek glo dat hulle dit beter begryp as die mense wat president Carter om hom geskaar het of as wat die meeste van die kongreslede van die VSA verstaan. Hulle begryp dat die groot masjinerie moet loop deur die beskikbaarheid van sleutelmateriaal. Minerale is so ’n sleutelmateriaal. Ek dink dit is noodsaaklik dat ons aan hierdie wêreldgroepe, wat belange in Suid-Afrika het, sal sê dat hulle ’n rol teenoor hul eie regerings te speel het en dat ons, terwyl ons die deure vir hulle oophou, van hulle verwag om die deure in die toekoms vir ons ook oop te hou.

Ek wil ook daarby voeg dat nie alleen Suid-Afrika nie, maar die hele Suider-Afrika as ’n poel van minerale beskou kan word. Dit het in die jongste tyd al hoe duideliker geword dat Suid-Afrika op die gebied van kundigheid in die ontwikkeling van minerale asook op die gebied van die vervoer daarvan ’n besondere rol te vervul het. Daarom beskou ek, in aansluiting by gedagtes wat alreeds uitgespreek is, dat Suid-Afrika op die terrein van die ontwikkeling van minerale, strategies geplaas is en in ’n posisie kan verkeer om vir sover dit die voorsiening van tegnologie, die vervoer van die minerale en die ontwikkeling en ontwikkelingstegnieke betref, ’n bydrae kan lewer.

Ek weet nie of enige agb. lid hier teenwoordig nog vanmiddag oor die Nasionale Instituut vir Metallurgie gaan praat nie. Ek hoop egter iemand sal sodat ek die geleentheid gebied kan word om die onderwerp ietwat verder te voer wanneer ek later weer sal praat. Dit is uiters noodsaaklik dat buurlande—ook dié wat ons so pas onafhanklik gemaak het—wat groot minerale voorrade het, met ons kan saamwerk op dié terrein en ook miskien beter op ander terreine ten einde ’n interafhanklikheid van state in Suider-Afrika te ontwikkel. Met die oog daarop is die grondslag reeds gelê. Ek kan dit nou aan die Komitee noem dat ek samesprekinge begin voer het wat daarop dui dat ons ’n onderlinge begrip kan ontwikkel sodat ons op hierdie terrein ’n eendragtigheid van optrede en gesamentlike strategie vir Suider-Afrika kan daarstel. Dit is nie alleen belangrik vir Suid-Afrika nie, maar dit is belangrik vir al die lande van Suider-Afrika. Dit is ’n terrein waarop ’n klein land ’n groot rol kan speel. Mensegetalle hoef nie noodwendig ’n faktor te wees nie.

Teen hierdie agtergrond het ek gevoel dit is noodsaaklik dat ons ons standpunt stel en te kenne gee wat ons gesindheid in die verband in die toekoms sal wees. Ek hoop die groot nasies sal verstaan dat Suid-Afrika selfbeskikking oor sy eie sake het. Suid-Afrika is nie ’n kolonie van die Weste, die VSA of wie ook al nie; hy is selfstandig op hierdie terrein.

Ek wil nou terugkom na ander aangeleenthede en wil verwys na die goudsituasie wat die agb. lid vir Parktown genoem het. Meneer, dit is heeltemal korrek wat die agb. lid gesê het. In die jongste tyd het ons gesien dat daar ’n effense verskuiwing van belange is. Dit geld ook vir die verklaring van belange op hierdie terrein. Een van die verklarings van belange is dié van die VSA wat onlangs besluit het om sy beskikbaarheid van goud te halveer; met ander woorde om minder goud op die mark te plaas wat natuurlik die situasie kan affekteer. Die punt wat ek in die verband wil maak, is die volgende. Die kommersiële gebruik van goud in die wêreld staan gelyk aan en oortref reeds die totale produksie van die Republiek van Suid-Afrika. Die kommersiële benutting van goud word al groter en groter. Behalwe in die geval van Rusland is daar nie aanduidings dat daar groot reserwes beskikbaar is of gaan wees nie. Hierdie bedryf van ons sal dus ’n al hoe belangriker bedryf word. Suid-Afrika het die jarelange stryd gewen deur die belangrikheid van goud te beklemtoon. Wat die agb. lid gedoen het, was eintlik om ook te bevestig dat Suid-Afrika stadig maar seker hierdie belangrike stryd gaan wen. Ons moenie vergeet nie dat goud alleen vir meer as 50% van die totale inkomste van die mynbedryf verantwoordelik is nie. Dit is hierdie groot bedrag wat ons vandag teenoormekaar genoem het.

Die agb. lid het ook verwys na diamante. Ek sal terugkom na die kwessie van diamante wanneer ek antwoord op die agb. lid vir Kimberley-Suid. By dié geleentheid wil ek net sê dat diamante vir ons van die uiterste belang is en dat die bemarking van diamante baie belangrik is. Die bemarking van diamante vereis baie groot vernuf. Dit is baie fyn georkestreerd met die Internasionale situasie. Dit moet ’n mens begryp en ek het baie hoë waardering vir die kundigheid wat ook in dié verband bestaan. Daar het in die jongste tyd iets na vore gekom wat ek interessantsheidshalwe aan die Komitee kan noem, en dit is dat daar skielik ’n baie groot hoeveelheid onwettige diamante in Suidwes-Afrika te voorskyn gekom het. Die diamante het waarskynlik oor die noordgrens gevloei as gevolg van die gebrek aan kontrole wat in Angola bestaan, want daar word aan my gesê dat die diamante net so vinnig gesteel word as wat dit uit die myne kom. Dit beland êrens. ’n Diamant is iets wat verkoop moet word en die roete wat geneem word, is suidwaarts. In die jongste tyd het daar as gevolg van die ontwikkeling in Suidwes-Afrika heelwat diamante verlore gegaan vanuit die myne in die suide. Die belangrike punt is dat daar ’n groot aantal onwettige diamante aan die verdwaal is. Ek kan net sowel hier aan die Komitee sê dat dit nie goed is vir die ekonomie van ’n land dat sulke diamante so verdwaald in omgang moet wees nie. Dit gee vir ons probleme in die opsporing daarvan. ’n Mens sal dit moet oorweeg om op een of ander wyse die onwettige diamante terug te kry. Ek oorweeg dit om samesprekings te voer met die Tesourie, die verskillende mynmaatskappye, die Polisie, en ook met die Administrateur-generaal van Suidwes-Afrika met die doel om ’n gesamentlike aksie te probeer kry. Miskien sal ons moet besluit om ’n gesamentlike uitnodiging aan al hierdie instansies te rig om almal wat oor onwettige diamante beskik, te vra om dit na ’n sentrale punt te bring waar dit dan verhandel sou kon word vir ’n periode om dit uit omloop te haal. Dit sou gedoen kon word. Dit sal egter alleen gedoen kan word as al die betrokke instansies saamwerk in hierdie verband sodat die owerheid sal weet wat gedoen word en dat ons die situasie dus op hierdie manier sal probeer verbeter.

Terwyl ek oor diamante praat, wil ek net sê dat dit baie min gebeur dat lof gebring word aan die goud- en diamantafdeling van Suid-Afrika. Daar is 300 persone daarby betrokke. Ons besef nie met watter gesofistikeerde bedrog daar te werk gegaan word en hoe kundig opgetree moet word deur hierdie afdeling om hierdie enorme bedryf van ons, veral dié van diamante en goud, onder beheer te kry nie. Ek wil vandag aan hulle die hoogste lof en dank bring dat hulle oor die jare heen en vandag nog die bedryf so goed dien deur die onwettige bedrywigheid aan bande te Iê, anders sou dit vir Suid-Afrika ’n onmeetlike hoeveelheid geld gekos het.

Die agb. lid vir Stilfontein is ’n ou strydros. Om die waarheid te sê, hy is die enigste mynwerker hier tussen ons, nie waar nie? Ek dink hy is die enigste man wat werklik met gesag kan praat oor die dinge wat ons nou bespreek. Die agb. lid het vandag ’n hele paar punte genoem waarop ek graag wil reageer. Die agb. lid het verwys na die mynstaking. Ek wil nie oor hierdie onderwerp praat nie. Ek wil slegs by hierdie geleentheid sê dat ek dankbaar is dat die Kamer van Mynwese, nadat die staking ’n aanvang geneem het, en toe dit alles weer oorgewaai het, op die versoek wat ek gerig het onmiddellik gereageer het. Hulle het onmiddellik bymekaar gekom, my versoek oorweeg, en besondere tegemoetkoming reeds aan die mynwerkers verleen wat besig was om ’n groot aantal van hulle voordele te verloor. Die Kamer van Mynwese hoef die voordele nie terug te gegee het nie, want hulle het ’n kontrak met mekaar. In hierdie geval sou ’n mens kon sê dat daar tog ’n tegemoetkoming was. Ek wil byvoeg dat as daar verliese gely is, is die bestuur van die Mynwerkersunie daarvoor verantwoordelik en niemand anders nie. Dit wat terug gekry is, is nie deur die Mynwerkersunie teruggekíy nie, maar deur ons almal saam wat hier in die Parlement sit.

Die agb. lid het gevra of die private sektor nie in ’n groter mate hulp kan verleen in die soektog na olie nie. Ek wil net aan die agb. lid sê dat die private sektor in die verlede wel aan die soektog na olie kon deelneem. Hulle het dit inderdaad ook gedoen. Agb. lede weet dat van die R200 miljoen wat reeds gespandeer is, ruim R90 miljoen tot R100 miljoen deur die private sektor gespandeer is—mense van oorsee sowel as ons eie ondernemings. Met ander woorde, die private sektor het ook ’n belegging hierin gemaak. Dit lê waarskynlik op die weg van die Staat om die ondersoek te doen en wanneer dit kom by die ontginning, indien olie ontdek sou word, sal die Staat natuurlik met die private sektor onderhandel om die ontginning te kan doen.

Die agb. lid het ook na die kommissie in verband met bedryfsiektes verwys. Hy het gesê dat hy getuienis wil gaan aflê voor die kommissie wat ek onder voorsitterskap van Prof. Nieuwenhuizen aangestel het. Ek dink dit is goed dat hy getuienis gaan aflê en ek hoop ander agb. lede sal hom help sodat daar ook vanuit die Parlement voor daardie kommissie vertoë van hierdie kant sal kan kom.

Die agb. lid vir Durban-Noord het na minerale-strategie verwys. Ek het daarop geantwoord.

The hon. member posed the question as to whether I had taken the correct stand in connection with the Mineworkers’ Union and the strike. He asked me whether we should adopt a different stand to what the past position was in connection with the utilization of manpower. I should say, Mr. Chairman, that it has always been considered by law and by custom and by agreement that the industrial relationship situation in the mines should be conducted by means of general agreement and conciliation. Therefore I would say that any difference in attitude in this situation must come from the parties concerned. It has never been the policy of the Government—and I hope that will never be the policy of the Government—to interfere in a dispute between two parties. I do not think it would be wise to do. We have had the experience in the past as to what happens when the Government interferes. I should say, therefore, that this is a matter for consideration by the parties concerned. I think we should leave it to the parties concerned because they are always busy with negotiations in this field.

The hon. gentleman also referred to the search for oil. He asked whether the State should not play a more important role in this regard. I do not think that at this stage anyone in the private sector would be interested in investing substantial sums of money because of our experience in the past. Unfortunately, our searches in the past have proved negative. It boils down to one fact and that is that should there be further investment in prospecting for oil, such investment will have to come from the State. But as the hon. member will know, larger sums of money will be spent in this connection during the latter part of this year and during next year. We have commissioned a large Sedco oil rig for prospecting along the West Coast. It is larger than the one we had on the South Coast along the Agulhas bank and, being an optimist, I would say to the hon. gentleman that I am putting all my money on the fact that we are going to find oil on the West Coast.

Die agb. lid vir Geduld het ook na minerale-strategie verwys. Ek volstaan by wat ek in dié verband gesê het. Die agb. lid het ook gevra of Suid-Afrika sy belangrike posisie ekonomies genoegsaam benut saam met ander lande van die wêreld. Ek dink ek het hom daarop geantwoord toe ek afgesluit het met die opmerking dat ek dink ons ’n stadium bereik het waar die lande van Suider-Afrika ’n gesamentlike strategie in verband met die ontwikkeling van hulle minerale moet beding.

The hon. member for Constantia referred to the coal industry. I agree with him. At the moment the coal industry is worth just under R1 billion rand per annum. It will soon exceed that mark. As such it is the second largest industry in the country at the moment, but I do believe that in future it will be the most important industry. I think in the years to come South Africa will be able to rely on coal as a backstop if there is nothing else to keep our machines going. For this reason coal is going to be very important to the economy of South Africa.

Having said that, let me say that there is a great misunderstanding. As you know, Mr. Chairman, we have had all sorts of figures and estimates doing the rounds in connection with our coal position. As hon. gentlemen know, the Petrick Commission indicated that we have in situ 94 thousand million tons of coal. I do not want to stick my neck out at this stage and indicate what I think the reserves are but I have given instructions to the geological survey to work out a new estimate of our coal reserves and I believe this will prove to be substantially higher than the 94 thousand million. I do not want to venture a guess at the moment as to what it may be but, Mr. Chairman, it could be substantially higher.

We have worked on an estimate of 24 thousand million tons of coal to be extracted. I believe that the figure that could be attained could rise to 60 or 70 thousand million tons. I firmly believe that. It might even exceed that figure, but in stating that figure I must say this is not a firm figure from the department This is my own estimate at the moment. It could be different and I am sure that within a year or two we shall know where we are.

What I do want to say is this: We must not be so pessimistic about our future position regarding coal supplies because at the moment we are extracting 90 million tons per year. This could rise within the next 100 years to 300 million tons of coal per annum but, Mr. Chairman, if science and technology play the role we expect of them, which we know will happen, I think our dependence and the world’s dependence on coal as a source of energy might change. When coal is no longer a factor in the supply of energy in the future, this figure might come down because we shall then need coal not as a source of energy but to be used in the chemical industry. Once we have reached that stage I am confident we shall be able to say that South Africa may have enough coal for even the next 400, 500 or 600 years. That I firmly believe.

Maar, Meneer, daar is nog ’n punt wat gemaak moet word en dit is die beleid wat ons dus moet volg. Die vraag ontstaan: Moet ons steenkool uitvoer of nie? Steenkool in die grond beteken niks, maar ’n deel van die voorraad wat ons vandag in geld kan omsit, kan die wekker van voorspoed en verdere ontwikkeling wees. Dit kan gebeur as gevolg van ons steenkool of ander energiebronne wat dit moontlik kan maak. Dit is waarom ons op die oomblik probeer vasstel hoe groot ons reserwes is. Ek wil hierdie dispuut wat daar op die oomblik in Suid-Afrika bestaan, beëindig, want ons kan nie toelaat dat elke Jan Rap en sy maat na hartelus skat wat ons reserwes is nie. Ons moet presies weet oor hoeveel reserwe grondstowwe ons beskik. As ons dit weet, kan ons bepaal teen watter tempo ’n grondstof ontgin moet word om sodoende die grootste mate van voorspoed vir Suid-Afrika te bewerkstellig. Of dit nou 5% of 10% van die reserwes van daardie grondstof is, maak nie saak nie. Wat steenkool betref, sal ons dan waarskynlik in die toekoms ’n geldverdiener hê van ’n omvang wat ons nog nooit voorheen gehad het nie. Ek is van mening dat dit die beleid vorentoe moet wees. Dit sou egter net so dwaas wees om nou al aan te kondig wat gedoen gaan word as jy nie eens weet hoeveel steenkool daar is nie. Wat hierdie aangeleentheid betref, huldig ek ’n optimistiese houding vir die toekoms. Ek wil egter waarsku dat daar te veel mense in die land is wat skattings doen en doemprofetiese voorspellings oor die toekoms maak. Wat dit betref, moet ons daarteen waak om dinge te sê wat aan onverantwoordelikheid grens. Dit sal ons niks baat om ons hele voorraad steenkool te bewaar vir die voorspoed wat dan iewers in die toekoms lê sonder om die verdere ontwikkeling van kragbronne te bewerkstellig, as die tye van voorspoed nie aanbreek nie. Dit kan gebeur dat ons kinders ons dit eendag verwyt dat ons so ’n beleid gevolg het indien daar oor 50 jaar tot die besef gekom word dat ’n nuwe energiebron sy verskyning gemaak het en dat die steenkoolreserwes wat ons bewaar het nutteloos geword het.

Die agb. lid vir Constantia het ook verwys na die aanwending van kernkrag as ’n bron van kommer vir baie mense as gevolg van die moontlikheid van besoedeling.

This is naturally a very serious matter. Today there are over 500 nuclear power-stations in operation all over the world and if my memory serves me correctly another 800 nuclear power-stations are on order from European nations. Within the next 20 years there will, therefore, be about 1 300 power-stations all over the world. This fact will put South Africa as a supplier of nuclear fuel in a very favourable position. It is therefore important that we should develop in South Africa a capability as regards research and technology so as to be able to be a worthy supplier of nuclear fuel in all its components. The reason why we are expending all this money at the moment is to be in such a position within a reasonable period of time.

Ek wil die agb. lid vir Von Brandis bedank vir sy verwysing na die minerale strategie. Ek het reeds oor hierdie aangeleentheid uitgewei. Die agb. lid vir Kimberley-Suid het gevra of ons nie ’n mynwese-jaar kan hê nie. Ek weet nie of hy ’n mynwese-jaar of ’n „klip jaar” wil hê nie, maar hy is van mening dat ons hierdie belangrike bedryf in die kalklig moet stel. Die bedryf is opwindend genoeg om die verbeelding van mense in Suid-Afrika aan te gryp en ons kan in die toekoms miskien aandag aan hierdie gedagte skenk. Op die oomblik is dit egter Gesondheidsjaar en die Jaar van die Kind en ’n mens moet hierdie soort van ding nie oordoen nie.

Synde van Kimberley het die agb. lid al voorheen en vandag ook hier gepraat oor die diamantslypbedryf. Die diamantbedryf is belangrik, maar die feit dat ons ’n diamantslypbedryf in Suid-Afrika ontwikkel het, is nog belangriker. ’n Paar jaar gelede, te wete, 1975, het ons diamante in Suid-Afrika geslyp met ’n waarde in die ruvorm van R135 miljoen. Vanjaar sal ons diamante ter waarde van R450 miljoen slyp. En waaraan is die verskil van so ’n groot bedrag sedert 1975 toe te skryf? Dit is omdat ons ’n tweede been aan hierdie industrie gevoeg het. Ons het naamlik klein diamantjies begin slyp. In daardie jaar het ons 642 000 karaat diamante geslyp, terwyl ons vanjaar 1 600 000 karaat diamante sal slyp, en die addisionele diamante wat geslyp sal word, sal almal klein diamantjies wees. Die klein diamantjies word ook net tot op ’n sekere punt geslyp. Diamante kan selfs nog kleiner geslyp word. Vandag word baie klein diamantjies geslyp en gebruik in die juweliersbedryf om „clusters” te vorm. In plaas van groot stene word ’n groep klein steentjies bymekaar gevoeg aangesien groot stene te duur is. Die punt wat ek egter wil maak—en die agb. lid het ook daarna verwys—is dat ons waarskynlik binnekort iets tot die orde van 6 000 slypers sal hê wat hulle net sal toespits op die slyp van klein diamantjies. Dit is dan ook uiters belangrik dat dit moet gebeur.

Die agb. lid het voorts gepraat oor finansiële hulp aan die bedryf en gevra of ons nie in dié mate behulpsaam kan wees deur toe te laat dat hierdie 600 masjiene wat vir hierdie jong bedryf ingevoer word, sonder heffings ingevoer kan word nie. Ek meen die agb. lid het ’n punt in hierdie verband. Ek dink ons kan werklik aandag hieraan gee en teenoor hom onderneem ek dat ek die saak met die Tesourie sal bespreek. Want dit is ’n bedryf wat werklik ’n groot inkomste vir ons sal bied en ek dink dit is die moeite werd om aan sy voorstel aandag te gee. Ek wil hom dan ook bedank vir hierdie gedagte wat hy in ons midde gelê het.

Tweedens het die agb. lid gevra of dit nie moontlik is dat finansiële hulp gegee kan word aan die mense wat nuwe slyplisensies kry nie. Ek meen egter dat nuwe slyplisensies nie maklik weer toegestaan sal word nie, maar ek kan aan die agb. lid sê dat indien nuwe slyplisensies uitgereik sou word, het hy, wat my betref, ’n punt as hy aan die hand doen dat dit in Kimberley moet wees. Ek kan egter nie nou onderneem dat die voorwaarde gestel moet word dat die volgende slypery in Kimberley moet wees nie. Kimberley is egter ’n plek waarvoor ’n mens tog ’n besondere sagte plekkie behoort te hê want dit is die geboorteplek van die diamantbedryf in Suid-Afrika. Vroeër was daar slyperye in Kimberley maar hulle het almal na Johannesburg verskuif waar al die groot slyperye gekonsentreer is. Net een het in Kimberley oorgebly. Ek meen dus dat dit goed sal wees as ons in die toekoms een of twee slyperye in Kimberley sal kry, want daar is in elk geval ’n baie groot Kleurlingbevolking. Ek dink ook dat ons nie die Kimberley-produk, die diamant, daarvandaan moet uitvoer en dit op ’n ander plek moet verwerk nie. Ons kan dit egter nie as ’n voorwaarde stel dat nuwe slyperye op Kimberley moet wees nie, want daar is ander faktore op die spel en een daarvan is dat die verkoopskant, die mark, in Johannesburg geleë is. As mense diamante in Suid-Afrika kom koop, land hulle op Jan Smuts-lughawe en is onmiddellik in die groot metropolis. Hulle koop die diamante daar en vertrek dadelik weer per vliegtuig. Kimberley is ’n bietjie uit die pad. Dit sluit egter nie die gedagte uit dat ons moet poog om meer as een slypery in Kimberley te kry nie en daaroor kan onderhandel word as iemand aansoek sou doen om ’n lisensie.

Die agb. lid het ook na slypersregte verwys en ek weet wat hy in gedagte het. Ek gee toe dat dit ’n euwel is dat ’n slyplisensie in die hande van ’n maatskappy kan kom. ’n Maatskappy is in werklikheid ’n regspersoon. Die eienaars van die maatskappy kan verwissel en voor ons weet waar ons is, het die slyplisensie, soos in een geval gebeur het, oorgegaan in die hande van Oosterlinge. Mense van Hong Kong het hier ’n slyplisensie in die hande gekry en dit het baie kommer by my gewek. Na my mening is dit verkeerd en behoort nie te gebeur nie. Ek kan egter aan die agb. lid sê dat wetgewing in hierdie verband beoog word. Dit is een van die dinge wat ons in die toekoms nie kan toelaat nie. Die agb. lid het daarna verwys en ek wil aan hom die gerusstelling gee dat ons in Suid-Afrika nie sal toelaat dat ons slyperye later in die hande mag oorgaan van mense wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie. Daar kan deelname wees deur andere, maar ons kan nie toelaat dat ’n lisensie in die hande van vreemde lande beland wat dan die ware van hulleself sal koop teen ’n baie lae prys, dit uitvoer en die wins aan die ander kant neem, as gevolg waarvan ons groot verliese ly nie. Dit is die soort euwel wat mag ontstaan en daarom meen ek moet ons dit verhoed. Ons is besig om aandag daaraan te gee.

Ek wil die uitnodiging aan agb. lede rig om, indien daar van hulle is wat weer wil praat oor die mineralebeleid, dit te bespreek. Omdat ek aan die begin reeds daaroor gepraat het, beteken dit nie dat die debat daaroor afgehandel is nie. Indien iemand iets verder daaroor wil sê, sal ek met graagte op hul vrae antwoord.

Mnr. R. B. MILLER:

Mnr. die Voorsitter, ek wil graag aan die agb. Minister sê dat ons sy toespraak baie interessant gevind het, en ek glo nie daar is baie van ons in hierdie Komitee wat nie ten opsigte van baie punte met hom saamstem nie. Ek wil egter net terugkom op die opmerkings wat die agb. Minister gemaak het in verband met ons soektog na olie, en aan hom verduidelik dat wat ek in gedagte gehad het nie die bedinging van die Staat was wat die soek na olie betref nie, maar die ontwikkeling van die infrastruktuur wat nodig is vir die ontginning van olie. Sy gedagtes oor die moontlikheid dat ons wel olie sal ontdek is baie interessant, en in hierdie geval hoop ek van harte dat die agb. Minister werklik reg sal wees.

Mr. Chairman, what I actually had in mind to recommend to the hon. the Minister was the fact that we have in Durban a fully equipped shipyard—this is a well-known fact—that is very efficient and that has in fact shown that it is capable of building the finest oilrigs in this heavily competitive field that exists throughout the world. The investment in the infrastructure for the building of an oilrig four years ago was in the region of R3 to R4 million. That infrastructure is still there, Sir, and I think it may well be opportune for South Africa, if we are going to continue with the search for oil, to make use of that infrastructure. Possibly the State should look towards the possibility of building an oilrig for the use of South Africa. At the moment I think the cost will probably be in the region of R100 million. In future years that oilrig could well be made to work for us by being hired out. What I did not have in mind, Sir, was actual participation in the financing of exploration but the development of the infrastructure which is required for it which I do not think many private enterprise companies in South Africa will do.

Secondly, I would like to come back to the very interesting statements made by the hon. the Minister on the strategic value of our minerals. We have all touched on that and it is very evident that that is going to be the foil with which we are going to defend ourselves from blows from outside and also with which we will be able to enter the cut and thrust of survival in this very hectic world of ours.

I am pleased to say, Sir, that I am able to return to a matter in regard to which we very gently put our toes into the water this morning and to which the hon. the Minister has replied so far. That matter is one I raised earlier and deals with the strategy, if I may call it that, Sir, that has been employed by the hon. the Minister and his department thus far. Let me say right at the beginning that I agree entirely with the hon. the Minister when he says that the last thing that we want in a private free enterprise economy in South Africa is in fact Government interference. What I am talking about here is particularly the relationship between the Mineworkers’ Union, the Chamber of Mines and the Government. That is Government initiative and not Government interference. I think it is very fortunate for us that there was in fact a disruption of confidence between the leaders of the Mineworkers’ Union and its members, and I think there was that loss of confidence because the leaders of the Mineworkers’ Union attempted to manipulate the Mineworkers’ Union into a political fight with the Minister. And because of that lack of confidence the miners went back to work, contrary to the instructions or the wishes of the Mineworkers’ Union leaders, and we did not face the potential disaster which we seemed likely to face a few months ago.

But I would like to come back to my recommendation to the hon. the Minister. I believe that willy-nilly, whether we like it or not, whether the hon. the Minister is in agreement with me or not, the Mineworkers’ Union has turned the industrial relations situation in the mines of South Africa into a political fight with that side of the House. That is what it is about. And that is what in fact saved us from the disaster of a general strike this year. The Mineworkers’ Union members realized that the leaders of the Mineworkers’ Union were attempting to exploit them—and, as it turned out, they had to pay the price for it in loss of benefits—and were trying to fight their political fight with the party on that side of the House rather than to settle an industrial dispute. I believe that the initiative will have to come from the hon. the Minister. I should like to be the first to say that I believe the hon. the Minister, as he has always done, acted extremely responsibly in that highly delicate situation. However, I believe that that strategy may not be sufficient to meet the challenge we are going to have to face up to if we want industrial peace, productivity improvement and cost reduction in the mining industry.

I think that the gauntlet has been thrown down by the Mineworkers’ Union to the Minister. I do not believe that it is adequate, proper or feasible just to leave the Chamber of Mines to sort out a political fight with the members and leaders of the Mineworkers’ Union. That is why I believe it is going to be absolutely necessary for the hon. the Minister and his Department to take the initiative in defusing that highly explosive situation.

Mr. J. J. LLOYD:

Do you think those leaders are Progs?

Mr. R. B. MILLER:

I do not know what they are, Sir. However, I do not believe they are working in the interests of the mineworkers themselves. As I stated earlier on, it is going to be absolutely essential in the interests of saving our mining industry that we should embark upon a programme of job restructuring in such a way that nobody—neither the White or Black mineworkers, management or the investors—loses out. However, I believe that when the fight is on it is going to be incumbent upon the hon. Minister to take the initiative in defusing that situation.

Mr. R. B. DURRANT:

Why do you believe there should necessarily be a fight?

Mr. R. B. MILLER:

Mr. Chairman, I was going to tell the hon. the Minister but I will also tell the hon. member for Von Brandis that the Mineworkers’ Union has given adequate notice of this. Last year they sent the hon. the Minister a telegram. This took place at a time when he was not even speaking about the Mineworkers’ Union but was talking about the motor assembly industry and the removal of job reservation. They then jumped on the bandwagon and sent a telegram to the hon. the Minister to the effect that even if the hon. the Minister insinuated that they were going to be involved in the dismantling of job reservation they would strike. They did that this year, Sir. I want to tell you that I believe the Mineworkers’ Union has only stuck its finger in the air; it has not put its first up yet. They have given very adequate notice that they are going to take a very difficult stance when it does come to job restructuring in the mining industry.

I believe that in the interests of the mining industry as well as of the Mineworkers’ Union we cannot leave the Chamber of Mines to fight a political fight The Mineworkers’ Union leadership has made it very clear that they are not interested in industrial relations; they are interested in playing politics. That is what it is all about.

Now, I find the encouraging signs that the members of the Mineworkers’ Union are disenchanted with their leadership. I also see that a delegation of mineworkers is going to try to join the iron and steel industry’s trade union. If that is not a vote of no-confidence in their present leadership, I do not know what is, Sir. There is going to be a succession of Mineworkers’ Union leaders who are not going to drop the attitude of the existing leadership even if X, Y or Z or A, B, C leaders of the Mineworkers’ Union are voted out by their members. I also believe incidentally that there was room for the prosecution of certain present leaders who contravened every major aspect of the Industrial Conciliation Act by calling that illegal strike. They have not been prosecuted yet either by the Chamber of Mines or any other party. Yet they contravened every provision of that Act in calling that illegal strike. Despite the fact that the Mineworkers’ Union members may well get rid of the existing leadership, I believe that the stance they are going to take is going to be perpetuated, no matter who the leader is.

I would like to close off, Sir, because I see my time is running out rapidly, by once again appealing to the hon. the Minister to reconsider his strategy in terms of not taking the initiative in defusing this highly explosive situation. I believe he will have to do it. Whether he is willing to do so or not, I believe he will be driven into that situation.

Mr. J. J. LLOYD:

You want to start a witch-hunt.

Mr. R. B. MILLER:

No witch-hunt at all, Mr. Chairman. There is a great difference between abdicating your responsibility for leadership in this country and trying to brush it off by saying it is a witch-hunt. The hon. member for Pretoria East should know; he lives only 40 kilometres from the mining area. He should know what it is going to mean to South Africa if we do not settle this business of productivity improvement in the mining industry.

Mr. J. J. LLOYD:

I will reply to you.

Mr. R. B. MILLER:

His supporters and their salaries are dependent upon the welfare of the mining industry. I do not know whether that hon. member agrees with me; perhaps he does not. Maybe he is on the side of the Mineworkers’ Union. Maybe that is why he says I am starting a witch-hunt.

I should now like to say to the hon. the Minister that it is interesting that the portfolios of Labour and Mines … [Time expired.]

Mnr. J. H. HOON:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Durban-Noord het so pas probeer om die NP en die Minister in ’n politieke stryd met die Mynwerkersunie in te sleep. Die mynwerkers van Suid-Afrika het in 1970 uitspraak gegee oor hulle politieke gevoelens. Mnr. Cas Greyling, ’n Nasionale Partylid vir baie jare, het in ’n mynwerkerskiesafdeling teen die agb. lid van Carletonville as ’n onafhanklike gaan staan. Die NP het gewen. Die mynwerkers van Suid-Afrika het alreeds gesê hulle staan by die NP en het vertroue in hom. Ek weet en glo dat hierdie Minister van ons en die NP die mynwerker van Suid-Afrika nie in die steek sal laat nie. Hy noem Randfontein, maar ek wil aan hom die versekering gee dat die Nasionaliste van daardie kiesafdeling wat in die myne werk sal daardie party en in ’n groter mate die party van die amptelike Opposisie ’n ordentlike loesing gee.

’n AGB. LID:

Julle sal skrik in Randfontein; julle gaan groot skrik daar.

Mnr. J. H. HOON:

Mnr. die Voorsitter, ek wil die agb. Minister gelukwens. Te oordeel aan die debat tot dusver, kan ons sê dit gaan uitstekend met die mynbedryf van Suid-Afrika. Na aanleiding van die strategie wat in die mynbedryf gevolg is waarna die agb. Minister vanoggend verwys het, kan ek begryp waarom dit goed gaan met die mynbedryf in Suid-Afrika. Ek wil die agb. Minister en sy Departement daarmee gelukwens. Dit geld ook vir die ander mense wat in die bedryf staan.

Ek wil graag die agb. lid van Kimberley-Suid ondersteun in sy versoek aan die Minister. Hy het vanoggend ’n pleidooi gelewer waarop die agb. Minister ’n pragtige en positiewe antwoord gegee het. Ek steun die agb. lid vir Kimberley-Suid eenhonderd persent wanneer hy vra dat die diamantslypersbedryf in Kimberley gevestig moet word. Die agb. lid vir Von Brandis vra hoekom dit dan nie in Kuruman kan wees nie. Daardie streek lewer tans 38% van Suid-Afrika se diamante wat uit die Finchdiamantmyn gehaal word. Hierdie myn is tans die rykste ter wêreld. Daardie diamante kan na Kimberley vervoer en daar verwerk word. Ek steun die agb. lid van Kimberley-Suid in daardie verband.

Ons het gesien wat in Kimberley agtergebly het nadat sekere mense die rykdom van Kimberley uit die grond gehaal het. Net die groot gat van Kimberley het oorgebly. Johannesburg is op die rykdomme van Kimberley gebou. Ek wil vandag aan die agb. Minister sê dat daar nie alleen diamante in Noord-Kaapland is nie; daar is ook ystererts, mangaan, kalksteen, asbes, asook tieroog en ander halfedelgesteentes. Ek wil my aansluit by die agb. lid vir Kimberley-Suid en aan die agb. Minister vra dat ons nie net gate in hierdie deel van Suid-Afrika moet laat oorbly nie, maar dat ons die minerale van hierdie streek by die basis van ontginning moet probeer verwerk. Ons moet probeer om die ystererts van Sishen en die mangaan van Hotazel by sy basis van ontginning sodanig te veredel en te verwerk ten einde die massa en volume te verminder sodat die verwerkte en verrykte produk na die markte van die wêreld geneem kan word.

Die agb. lid vir Kimberley-Suid het die agb. Minister gevra om die diamantslypersbedryf in Suid-Afrika tegemoet te kom. Hy het gevra dat iets soortgelyks aan die Landbank vir die slypers in die diamantslypersbedryf beskikbaar gestel moet word. Ek wil my by hom aansluit deur die agb. Minister te vra dat nie net na die diamantslypersbedryf omgesien moet word nie, want ons het ook ’n halfedelgesteenteslypery wat tieroog en ander halfedelgesteentes van Suid-Afrika slyp. Ons weet dat die agb. Minister wetgewing in die verband op die Wetboek geplaas het wat hierdie bedryf uitstekend help beskerm. Ek het vantevore gesê dat ons graag ’n Ider-Oberstein, ’n slypersstad vir Suid-Afrika wil skep waar die minerale, hierdie halfedelgesteentes van Suid-Afrika geslyp en verwerk kan word sodat net die finale produk uitgevoer kan word. Ek het ’n pleidooi gelewer dat as iemand in die buiteland met ’n tieroog-borsspeld, ring of een of ander ornament, gesien word, dan moet ons weet dat dit in Suid-Afrika gemaak is. Die edele Minister het baie positief gesê toe hy op die agb. lid vir Kimberley-Suid gereageer het, dat hy die Tesourie sal nader om hierdie diamantslypersbedryf te help. Ek wil aan die edele Minister vra om ook die ander afdelings van die slypersbedryf by hierdie versoek van hom in te sluit Maar ek wil verder gaan.

Goud, diamante, tieroog en ystererts—ek het mansjetknopies aan wat van ystererts gemaak is en wat pragtig is—is almal juweliersware. Op hierdie geslypte produkte word ’n baie hoë verkoopbelasting gehef. Nou wil ek by die edele Minister pleit, dat bo en behalwe die tegemoetkominge wat hy in verband met die diamantslypersbedryf beloof het, hy ook daarvoor sal pleit dat die verkoopbelasting verlig sal word op dié juweliersware wat geskep is uit die goud, diamante, tieroog en die ander halfedelgesteentes van Suid-Afrika wat in Suid-Afrika vervaardig is.

Die beeld wat deur die debat uitgestraal word is dat die mynbedryf kerngesond is. Die edele Minister het gesê dit is die gans wat die goue eier vir Suid-Afrika lê. Dit het uit hierdie debat gestraal dat die mynbedryf van onskatbare waarde vir Suid-Afrika is. Suid-Afrika is geseën om so ryklik met minerale bedeeld te wees. Ons het die minerale in Suid-Afrika, en Suid-Afrika is geseënd om dit te hê. Ek wil egter vandag in hierdie debat hulle bring aan die werker in die mynbedryf, hy wat deur sy vermoë, kennis, of sy spierkrag sorg dat die minerale beskikbaar kom wat vir Suid-Afrika soveel waarde het. Ek wil nie net hulde bring aan die Wit mynwerker nie maar ek wil ook die Swart mynwerker hierby insluit. Ek wil aan daardie agb. lede sê dat die Wit mynwerkers van Suid-Afrika op die pad vorentoe vir die NP sal stem, maar dat die NP ook sal omsien na hulle en hulle belange, want hulle is belangrik vir die mynbedryf van Suid-Afrika Die mynbedryf doen ook ontsettend baie vir die Swart werker van Suid-Afrika. Ek het verlede jaar hier ’n pleidooi gelewer waarin ons die edele Minister gevra het om toe te sien dat minder vreemde Swart werkers uit Swart buurstate by Suid-Afrika se myne in diens geneem word. Ek wil aan die edele Minister sê baie dankie. Die tekens is daar dat Swart mynwerkers uit vreemde state in Afrika baie verminder het in ons mynbedryf in Suid-Afrika.

Ek wil vandag hier ook ’n lansie breek vir wat die mynbedryf self vir sy werkers doen en beteken. In my wêreld, in Noord-Kaapland, wat, soos ons sê, die minerale skatkis van Suid-Afrika is en waar die toekoms van Suid-Afrika lê met al die minerale wat onder die grond van die Kalahari begrawe lê, kan ’n mens sien wat die mynbedryf vir die Blanke werkers doen. Daar het ’n pragtige dorp, Kathu, verrys met pragtige huisvesting en gemeenskapsfasiliteite.

Nie ’n enkele van daardie pragtige kameelbome van die Kalahari is vernietig in die uitleg van hierdie dorp nie. Daar het ’n pragtige dorp verrys met sportvelde, met die mooiste gholfbaan in Suid-Afrika. Daar is sportfasiliteite, ontspanningsfasiliteite en gemeenskapsfasiliteite wat die mynbedryf daar vir sy mense geskep het. Die agb. lid vir Parktown kan glimlag want Anglo-American het op Kuruman vir die mense wat by die nuwe myn wat by Middelplaas opgerig word, pragtige huisvesting voorsien. Ek wil vir hulle baie dankie sê dat hulle nie hulle mense in ’n klein aparte myndorpie gevestig het nie maar dat hulle hulle by die infrastruktuur van ’n bestaande dorpie kom inpas het. Dit is pragtig en dit is wat ons wil hê.

Ten opsigte van die Swart werkers, het. Yskor bv. alleen gedurende die afgelope jare R10 miljoen in huisvesting en sport- en ontspanningsfasiliteite vir sy Swart werkers belê. Ek sou persoonlik graag wou sien dat daardie huisvesting in Bophuthatswana self opgerig moes geword het. Maar hier het hulle ontspannings- en huisvestingsfasiliteite vir hulle mense geskep waarop hulle trots kan wees. Vir 3 500 werkers van Yskor is die mees moderne huisvesting ter waarde van meer as R10 miljoen opgerig. Die Gemeenskapsaal daar is amper so modern soos die Nico Malan-teater in Kaapstad.

Ek het hier die sportjaarboek van Sesheng die Swartwoonbuurt van Sishen. Hier kan ons sien dat die Swart mense hulle self … [Tyd verstreke.]

Mnr. P. J. CLASE:

Mnr. die Voorsitter, ek is dankbaar dat die agb. lid vir Kuruman baie effektief gehandel het met die agb. lid vir Durban-Noord se poging om politiek by die debat in te sleep. Dit is tog baie duidelik dat ons in hierdie debat ons nie wil bemoei met die politiek as sodanig nie. Ek dink al die agb. lede is vandag besig om in belang van ’n besondere strategiese bedryf die beste te beding, en dit het hoegenaamd niks te doen met die politiek as sodanig nie. Ek is baie jammer dat die agb. lid vir Durban-Noord ’n poging probeer aanwend het om politiek hierby in te sleep. Aan die ander kant wil ek egter baie dankie sê aan die agb. lid vir Kuruman vir die wyse waarop hy die saak hanteer het.

Ek wil my baie graag aansluit by die gedagtes wat uitgespreek is deur die agb. lid vir Carletonville oor ’n aangeleentheid wat eintlik nie die verantwoordelikheid van die Regering is nie, nl. die pensioene vir mynwerkers. Ek dink dit is belangrik dat ons ook daarvan kennis sal neem dat, alhoewel dit nie ’n aangeleentheid is wat die Regering en die Staat as sodanig raak nie, die Staat en die Regering bewys daarvan gelewer het dat alhoewel hy waardering het vir dit wat die verskillende mynhuise verrig, hy ook omsien na die belange van die werkers van so ’n strategiese bedryf. Om daardie rede is dit myns insiens belangrik dat ons dit hier sal meld, sodat omgesien kan word na die omstandighede wat volgens ons mening verbeter kan word ten opsigte van die algemene werksomstandighede, inkomste en so meer van hierdie werkers. Ons sou vandag en in die dae wat hierop volg, kon praat van die belangrikheid van die goudmyn-, die steenkool- en die mynbedryf, in die algemeen. Ons sou net so lank met mekaar kon gesels oor die besondere vereistes wat aan die werkers gestel word wanneer hulle hierdie belangrike taak verrig. Ek dink die geweldige risiko-element, die geweldige moeilike omstandighede waaronder hulle dikwels moet werk, by ons almal wel bekend is. Verder is dit ook aan ons bekend watter fisiese eise dit stel aan die Wit en Swart werkers wat hulle onder in die myn bevind. Enigeen van ons wat al die geleentheid gehad het om ondergronds te gaan, weet dat wat ek nou sê, waar is. Ons is ook bewus van soveel dinge wat hierdie werkers opoffer ten opsigte van die normale samelewing daar buite, wanneer hierdie mense as gevolg van fisiese inspanning deur die loop van die dag, daarna uitkom en net nie oor die kragte beskik om miskien ’n bydrae te lewer aan die gemeenskap waarin hulle hulle bevind nie. Met dit as agtergrond, is dit nodig dat ons sal omsien na die belange van hierdie mense.

Dit bring my dan by die onderwerp van pensioene. Dit is die reg van enige mens om te weet dat as hy as gevolg van die bereiking van die aftree-ouderdom, uiteindelik nie meer verder kan verdien nie, daar iets is wat hom aan die lewe kan hou. Myns insiens is dit die reg van enige mens om ’n pensioen te ontvang wanneer hy die aftree-ouderdom bereik. Ek is ook bewus daarvan en onderskryf dit, dat dit ook ’n beginsel is dat ’n mens selfs terwyl jy fisies aktief is, moet spaar sodat jy ook vir jou eie oudag voorsiening kan maak. Nou wil ek terselfdertyd sê dat veral in die omstandighede waarin ons ons vandag bevind, met die geweldige hoë lewenskoste, dit baie moeilik is om só voorsiening vir die oudag te maak, dat ’n mens net uit daardie eie-besparingsbron kan lewe. Alhoewel ek aanvaar dat die pensioen nie voldoende kan wees om in al die lewensbehoeftes te voorsien nie, is dit tog belangrik dat dit as ’n by-inkomste moet dien. Dit is trouens die ideaal waarna die Regering ook strewe. Want ook binne die Staatsdiens het ons die posisie dat ’n maandelikse pensioen betaal word en, afgesien van die maandelikse pensioen, ook ’n gratifikasie. Enigiemand wat die aftreeouderdom bereik stel baie beslis belang in een globale bedrag wat hy op daardie oomblik nuttig kan gebruik, afgesien van sy maandelikse pensioen. Onthou nou, Meneer, die mynwerkers was tot op hierdie stadium daarvan uitgesluit. Hulle het dit nie gekry nie.

As ek na die probleem kyk, dan sê ek dat die mynwerker se pensioen, myns insiens, te laag is. Ek is baie dankbaar dat ons onlangs in die koerante kennis kon neem van die feit dat daar ’n pragtige verhoging was in die pensioene van die mynwerkers. Daardie verhoging is deur die verskillende pensioenfondse toegestaan en ek wil my grootste dank en waardering teenoor daardie instansies betuig. Ek kon nie die spesifieke syfers kry nie, want dit werk volgens ’n formule en dit word van persoon tot persoon aangepas, maar dit word my meegedeel dat ’n persoon met 35 jaar diens in die mynbedryf R275 per maand pensioen kry. Dit is die posisie van ’n persoon wat verlede jaar afgetree het. ’n Ander persoon met 36 jaar diens kry R186 per maand pensioen. Daar is ’n ander voorbeeld van ’n persoon met 37 jaar diens ondergronds wat R210 per maand pensioen kry. Ek wil vanmiddag beweer, Meneer, dat dit onmoontlik is vir ’n persoon om op daardie pensioen te lewe, veral in die lig daarvan dat hy geen gratifikasie ontvang nie.

Wat is nou die oplossing? Dit baat nie om net te kritiseer nie. Ek is ten volle daarvan bewus dat groot bedrae geld in die gedrang is. Ek is egter ook oortuig daarvan dat die mynbedryf, die mynbase, die nodige dankbaarheid het vir die dienste wat verrig word. Alhoewel ek aanvaar dat groot kapitale bedrae belê word, kan uit die winste wat wel gemaak word voorsiening gemaak word vir ’n beter pensioenfonds. Ek wil verder sê dat die mynwerker self heeltemal bereid is om ’n hoër premie te betaal. Die agb. lid vir Carletonville het baie effektief daarop gewys dat daar ’n verskil is in die bydrae van die mynwerker teenoor die bydrae van die amptenaar in die myn. My vraag is onmiddellik waarom die mynwerker nie toegelaat word om ’n hoër premie maandeliks te betaal nie sodat hy ook uiteindelik oor ’n hoër pensioen kan beskik en moontlik ook ’n gratifikasie kan ontvang nie. Verder is dit vir my van belang, alhoewel ek ook die probleme daaraan verbonde ken, dat die pensioen wel oordraagbaar moet wees. Ek sê ek is bewus van die feit dat daar verskillende pensioenfondse is en dat dit moeilik sou wees om die pensioen oor te dra. Jy kry die posisie vandag dat ’n mynwerker besluit om sy werk te verlaat suiwer en alleen om ’n bietjie kontant in die hande te kry in die vorm van die geld wat aan hom uitbetaal word wanneer hy die diens verlaat. Waarom doen hy dit, Meneer? Hy doen dit om nou kontant te kry, maar in die tussentyd benadeel hy homself vir die oudag en benadeel hy sy vrou en sy kinders. Indien hy sy pensioen na ’n ander groep waar hy nou gaan werk, kon oordra, sal dit hierdie probleem in ’n groot mate uitskakel.

Ek wil verder sê dat as gevolg van die feit dat geen gratifikasie betaalbaar is aan die einde van die dienstermyn van ’n mynwerker nie, kry ’n mens in die praktyk die posisie dat ’n mynwerker alles in sy vermoë doen om gesertifiseer te word, in die eerste graad of liefs in die tweede graad, ten opsigte van ’n bedryfsiekte. Hy doen dit sodat hy daardie bedrag geld kan kry. Enigiemand wat nou met die mynwerker saamwerk, vind dit dikwels onverstaanbaar dat ’n mynwerker alles in sy vermoë doen om siek verklaar te word. Ander mense sal alles moontlik doen om juis nie siek verklaar te word nie! Ek meen dit gebeur omdat daardie man dan ’n bedrag van R13 200 of R19 800 kry wat in die vorm van ’n gratifikasie kan dien om, tesame met sy pensioen, vir hom op sy oudag te sorg.

Dit bring my by die tweede aspek wat ek kortliks wil behandel en dit is hierdie selfde kwessie van sertifisering en bedryfsiektes. Ek dink die agb. lid vir Carletonville is korrek. Die grootste probleme waarmee die mynwerker vandag te kampe het, is die kwessie van sy pensioen en die kwessie van sertifisering. Kom ons sê dit nou vir mekaar vandag, of dit nou waar is of nie. [Tyd verstreke.]

Dr. A. L. BORAINE:

Mr. Chairman, the hon. member for Virginia has dealt with a number of very important aspects of the mining industry, particularly in reference to mineworkers’ pensions. I think his points have been well taken, Sir. I am quite confident that there are a number of the mining houses who would look very carefully at the possibility of a new arrangement. I do not think it is possible—and I am sure the hon. member will agree with me—to take the basic pay plus the bonus and expect the pension to be based on that. There are too many difficulties. But I do think there is room for improvement and in this I think there will be a great measure of agreement between the management and the workers themselves.

There are many aspects one would like to refer to. My colleagues who will speak again in this debate will reply more specifically to the hon. the Minister’s comments regarding the coal industry—his views largely coincide with our own—and also in regard to the so-called mineral strategy. Here we part company to an extent but my colleagues will deal with that in more detail.

The hon. member for Virginia referred to his colleague, the hon. member for Kuruman, and said that he had dealt very successfully with the hon. member for Durban North regarding his comments about the Mineworkers’ Union. I want to say that I do not think he dealt with him adequately at all. I think he missed the point entirely and I think the hon. member for Durban North is absolutely right to sound a warning to the hon. the Minister, to this hon. House and to South Africa at large. I shall try to demonstrate why I believe that, Sir.

When one looks at the report to which reference has already been made, one finds that the number of people employed in the mining industry in 1978 dropped to 687 021. There is therefore a great number of people involved in the mining industry. Of that number only 793 are Asians, which is 0,15%; 11 025 are Coloured, which is 1,6%; 72 667 are Whites, which is 10,57%, and 602 536 are Blacks, which is 87,7% of the workers on the mines. They just happen to be Black! It is inevitable, if one is to talk about the mining industry, that one has to give attention, and very careful attention, to all workers in the industry, Black and White. These figures spell out in graphic terms South Africa’s enormous dependence on Black labour in order to maintain production at our mines. It is with this in mind that I want to focus attention on the attitudes and actions of the Mineworkers’ Union because events in recent times have sounded a very grave warning to all in the mining industry and to the hon. the Minister himself.

The recent strike by the Union should have come as no surprise to those who have been following the activities of the General Secretary of the Mineworkers’ Union. When he was asked in an interview with The Financial Mail on 12 January 1979: “What do you plan to do to protect the White worker?”, his answer was: “A good general does not tell the other side if he has an atom bomb; he waits for the right time to use it.” And, Sir, he waited for the time and he used that bomb when he called a general strike. Furthermore, and this is perhaps much more important and of grave significance to the whole industry, the Mineworkers’ Union in the recent past attempted to extend its influence to non-mining industries of strategic importance to South Africa. The February 7 edition of the Mineworkers’ Union newspaper, The Mineworker, refers to attempts made quite deliberately to extend that union’s influence to power stations, to the explosives industry and to the steel and ferro-alloy—which includes chrome, of course—industries. Those specifically mentioned by The Mineworker were Escom, Modderfontein, Iscor and Amcor.

Now, Sir, that in itself should cause us to sit up and realize that if we and the hon. the Minister and hon. members on that side of the House believe there is a South African strategy, in terms of our mining industry, we should be as clear that the Mineworkers’ Union also has a clear and deliberate strategy which I believe is dangerous for South Africa. [Interjections.]

An HON. MEMBER:

What is their percentage?

Dr. A. L. BORAINE:

Hang on, let me tell you. The date of the commencement of the strike also has considerable significance. It was one day after the anniversary of the declaration of the 1922 miners’ revolt. [Interjections.] Yes, it was. The tragic and far-reaching consequences of 1922 hang like a shadow over the industry, over the country and over the Minister of Mines. Anyone who is acquainted at first hand with and who has studied the circumstances of 1922 and those that followed including the political consequences, will begin to understand why they chose that particular date. Perhaps this explains in part the Minister’s difference and lack of leadership during the period of the strike. To my utter astonishment I saw in Die Burger a cartoon which I never thought to see in any Government-supporting newspaper. The hon. the Minister probably saw it. I am not sure that it is a correct reflection of the hon. the Minister, but there stood the hon. the Minister of Mines together with the president of the Chamber of Mines on top of this huge ship of peaceful industry, and down below in the water was Arrie Paulus, struggling to keep his head above water. This was most reminiscent of what took place in 1922. I believe that the action taken in 1922 was ill-advised; a very sensitive issue was not well handled. I believe that the hon. the Minister was much wiser in his handling of our situation but I also believe that the significance of what is happening in our mining industry today demands that the hon. the Minister should not simply say: “I leave it to the Chamber of Mines,” or “I leave it to the Mineworkers’ Union” but that he himself should give considerable and courageous leadership at this time in our history.

The 1979 strike was illegal and, had it continued, could well have dealt a crippling blow to the mining industry in South Africa upon which our total economy is so heavily dependent. The Chamber of Mines, in response to the strike, took a very tough line, and understandably so as this was an illegal strike. Strictly in terms of the law the hon. the Minister could not act but in terms of leadership and initiative I believe the hon. the Minister was found wanting. When one examines the motives and reasons for the strike, it is clear that they were politically motivated. There is a deep suspicion among some White workers that through the medium of the Wiehahn and Riekert Commissions’ reports, Blacks will be granted far wider job opportunities and that this will be to the detriment of the White worker. They are as suspicious of the Government as they are of the Chamber of Mines. It is to be hoped that Paulus and his colleagues have got the message: Change is inevitable. Race discrimination in the workplace has no place in a modern, stable and prosperous South Africa. It is also to be hoped that the delay in the tabling of the Wiehahn and Riekert Commissions’ reports, and the Government White Papers thereon, has not been occasioned by the mineworkers’ strike and the possibility of further action by that body.

One thing is clear, Mr. Chairman. The Mineworkers’ Union remains unrepentant and defiant. On 25 April, according to a report in The Argus of that date, that union called on its members to work to rule, adding: “Our union may again have to confront the Chamber of Mines.” I call on the hon. the Minister to table the reports on labour immediately so that the matter of labour on our mines and on other key industries may be resolved peacefully and legally. I also call upon him to show the same attitude towards Black workers when they are involved in an illegal strike as he showed towards White workers.

Recently on one mine 800 workers were sent home because they refused to work. They lost their jobs but there was no call by the hon. the Minister or anyone else to deal with them as sympathetically as possible. They were simply dismissed.

Finally, Sir, I warn the hon. the Minister that unless his attitude towards the Mineworkers’ Union is strong and decisive we will have further examples of wildcat strikes. This we cannot tolerate, not only because the country is dependent on the mining industry but also because 87% of the labour force of Blacks will be watching what we do. [Time expired.]

Mnr. A. A. VENTER:

Mnr. die Voorsitter, ek wil eintlik sê dat woorde ontbreek ’n mens om die agb. lid te antwoord wat vandag so uit en uit politiek praat in hierdie debat.

AGB. LEDE:

Nee. [Tussenwerpsels.]

Mnr. A. A. VENTER:

Die agb. lid vir Pinelands sal beter doen om nie in die Pos Mynwese te praat nie. Hy kan sy politiek op ander plekke kwytraak. Moontlik weet hy van dinge en wil hy bedeklik te kenne gee dat daar weer verdere onrus sal kom. [Tussenwerpsels.] Ek is oortuig daarvan dat die agb. lid se toespraak daarop gemik is om verdere spanninge op te bou. Laat die agb. lid vir ons sê hoeveel mynwerkers hy verteenwoordig.

AGB. LEDE:

Nie een nie.

Mnr. A. A. VENTER:

Die agb. lid vir Durban-Noord kan somaar ook vir ons sê hoeveel mynwerkers in sy kiesafdeling is.

Mnr. R. B. MILLER:

Dit maak nie saak nie.

Mnr. A. A. VENTER:

Meneer, ek vra hierdie vraag, want ons ken die mynwerker. [Tussenwerpsels.] Ek glo nie die agb. lid vir Parktown stem saam met wat die agb. lid vir Pinelands gesê het. [Tussenwerpsels.]

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Orde!

Dr. Z. J. DE BEER:

Ek verteenwoordig nie mynwerkers nie. Moet ek ook opstaan …

Mnr. A. A. VENTER:

Nee, ek het dit nie gesê nie. [Tussenwerpsels.] Ek sê u stem nie saam met die agb. lid vir Pinelands nie. Dit is wat ek sê. [Tussenwerpsels.]

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Orde!

Mnr. A. A. VENTER:

Maar u het belange in die mynbedryf, en dit is die groot verskil. Mnr. die Voorsitter, ek wil vanmiddag sê dat ek ook beswaar maak teen die woorde wat die agb. lid vir Pinelands hier gebruik het toe hy gesê het dat die agb. Minister „was found wanting” in hierdie stakingstydperk. [Tussenwerpsels.] Meneer, dit is mos nie so nie. Die agb. lid kan die kolomme lees vanaf 2047 op 8 Maart waar die agb. Minister sy standpunt uiteengesit het. Ek wil vanmiddag hier kategories sê dat as gevolg van die agb. Minister se optrede, en die pleidooie en die voorsprake wat die agb. Minister gedoen het, niemand werkloos geraak het as gevolg van hierdie stakings nie; niemand se behuising is in gevaar gestel nie. Almal bly nog in hul huise, Meneer. [Tussenwerpsels.] Daar is ook baie ander voordele, soos die kwessie van kontant in plaas van verlof wat die mense kan neem. Hulle het nie verlofvoordele verloor nie. Die agb. lid het net een bepaalde ding in gedagte, en dit is om die arbeidsvrede in Suid-Afrika te versteur. [Tussenwerpsels.] Die agb. lid vir Pinelands het nie om dowe neute vir ons vanmiddag besonderhede gegee van die samestelling van die mynwerkerskorps nie. Kan die agb. lid vir ons sê hoekom hy vanmiddag die aantal Asiate, Kleurlinge, Swartes en Blanke mynwerkers hier genoem het? [Tussenwerpsels.]

Dr. A. L. BORAINE:

Dit staan in die verslag.

Mnr. A. A. VENTER:

Ja, ons weet dit staan daar. [Tussenwerpsels.]

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Orde!

Mnr. A. A. VENTER:

Die agb. lid vir Pinelands wil sê dat die Blanke mynwerker in Suid-Afrika ’n onverantwoordelike persoon is. [Tussenwerpsels.] Ja, maar die lid koppel onmiddellik die Sekretaris van die Mynwerkersunie se standpunt aan al die Blanke mynwerkers van Suid-Afrika, en ek sê ek is nie bereid om dit te aanvaar nie.

Dr. A. L. BORAINE:

Nee, man.

Mnr. A. A. VENTER:

Meneer, die Blanke mynwerker in Suid-Afrika is ’n verantwoordelike mens.

AGB. LEDE:

Hoor, hoor!

Mnr. A. A. VENTER:

Die agb. lid moet nie daardie beeld probeer weergee wat soms by mense bestaan nie, en dit is waarom ek vir hom gevra het of hy enige mynwerkers verteenwoordig. [Tussenwerpsels.]

Die ADJUNK-VOORSITTER:

Orde!

Mnr. A. A. VENTER:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Pinelands het ’n bedoeling met hierdie toespraak en ek is nie bereid om dit te aanvaar nie. [Tussenwerpsels.] Oor die hele geskiedenis van Suid-Afrika heen is mynarbeidsvrede gehandhaaf daar waar die Blanke en Swart mynwerkers daagliks saamwerk. Noem vir my ’n beter voorbeeld van Blank-Swart-verhoudinge as onder in die myn. U kan mos nou opstaan. Noem vir my voorbeelde, mnr. die Voorsitter. Ek vra die agb. lid vir Pinelands om vir ons voorbeelde te noem. Ek is nie geneë om hierdie standpunt van die agb. lid te aanvaar wat hy probeer indra in hierdie bespreking nie. Dit is regtig nie billik teenoor die mynwerker in Suid-Afrika nie.

Ek het nou heeltemal afgewyk van my toespraak, mnr. die Voorsitter.

Mnr. R. B. MILLER:

Jy doen heel goed.

Mnr. A. A. VENTER:

Ek is dankbaar vir wat die agb. lid daar sê. As die agb. lid vir Durban-Noord, vir wie ek groot agting het, politiek wil maak of wil hê dat politiek in Suid-Afrika hiervan gemaak moet word, wil ek vir hom sê dat ons nie daarvoor bang is nie. Ons is hoegenaamd nie bang daarvoor nie. [Tussenwerpsels.]

Ek wil een bepaalde aspek aanraak, ’n aspek wat ek as belangrik beskou, en dit is dat tydens die stakings daar mense was wat wou gaan werk, maar daarvan weerhou is om te gaan werk en ondergrond te gaan, want daar is gesê dat dit ’n opdrag van die unie is en dat die mense hulle unie-voorregte sou verloor indien hulle sou gaan werk. Dit is my vaste oortuiging dat geen mens wat sy werk wettiglik wil gaan doen, in hierdie besondere geval in die myn, die gevaar hoef te loop om weens vakbondreëls of watter reëls ook al sy werk te verloor nie. Hy behoort nie in so ’n posisie geplaas te word dat hy nie sy werk kan voortsit nie. Dit is ’n baie ernstige saak waarop daar in Suid-Afrika gelet moet word. Juis weens ons volkeresamestelling kan ons die situasie nie bekostig dat iemand wat wettiglik wil gaan werk, verhinder kan word en dat hy dan as gevolg daarvan sy voordele en voorregte as mynwerker kan verloor nie.

Ek wil die aanstelling van die kommissie van ondersoek na die wenslikheid en uitvoerbaarheid van eenvormige vergoeding vir bedryfsiektes onder voorsitterskap van prof. P. Niewenhuizen baie hartlik verwelkom. Ek wil die agb. Minister bedank dat hy hierdie stap gedoen het, want waarskynlik die grootste enkele knelpunt wat daar vandag by mynwerkers bestaan, is juis hierdie kwessie. Ek wil vertrou dat hierdie knelpunte uitgestryk sal word sodat skynbaar moeilik verklaarbare situasies opgeklaar kan word. Ek dink byvoorbeeld aan die geval van ’n man wie se rooi kaart as gevolg van gesondheidsredes ingetrek word, terwyl daar terselfdertyd bevind word dat hy nie aan ’n vergoedbare siekte ly nie. Hy word dus verhoed om ondergronds te gaan werk. Die gemiddelde duur van diens op die datum van die eerste sertifisering van Blankes was in die jaar wat in Maart 1976 geëindig het, 25,43 jaar, aan die einde van Maart 1977 was dit 25,54 jaar en aan die einde van Maart 1978 was dit 25,42 jaar. Die gemiddelde tydperk vir die drie jaar is dus 25,46 jaar. Vir die mynwerkers wat 30 jaar, 35 jaar of selfs 40 jaar diens het, is dit dan nie maklik begrypbaar dat hulle nie gesertifiseer word nie. Die gemiddelde leeftyd van Blankes aan wie enkelbedragvoordele uitbetaal word by eerste sertifisering is 55,58 jaar. Eweneens is dit vir mynwerkers wat ouer is moeilik om te verstaan waarom hulle nie gesertifiseer kan word nie. Ek het volle vertroue in en daar is groot verwagtinge by mense oor die werk van hierdie kommissie en die verslag waarmee dit uiteindelik sal kom. Soos die agb. lid vir Virginia daarop gewys het, is ek ook daarvan oortuig dat die betaling van ’n gratifikasie ’n gepaste bykomende oplossing sal wees, afgesien van die masjinerie vir sertifisering wat moet bly voortbestaan. Die opdrag van die kommissie is juis onder meer om die wenslikheid al dan nie om vir doeleindes van vergoeding, die bestaan van bedryfsiektes in die algemeen by werknemers, of ’n bepaalde bedryfsiekte ten opsigte van nywerheid te veronderstel na ’n bepaalde dienstydperk, selfs in die afwesigheid van ’n positiewe diagnose van sodanige siektes of siekte te ondersoek.

Daar is baie mynwerkers wat na herhaalde besoeke aan die mediese buro’s vir voordeleondersoeke nie gesertifiseer is nie en later moedeloos word en nie voortgaan nie. Dit is my oortuiging dat mynwerkers jaarliks mediese voordele-ondersoeke moet ondergaan. In Oktober verlede jaar was ek saam met van my mense by die buro en ek was beïndruk met die behandeling, die ontvangs asook die apparate en toerusting wat daar gebruik word. Ek is nie ’n kenner van hierdie apparate nie, maar ek glo nie dat ’n mens maklik iets beter sal kry nie. Daarom wil ek vanmiddag my waardering te boek stel vir die samewerking wat ’n mens kry van die direkteur, dr. Wiles, en sy personeel. Hierdie mense se benadering is baie hoflik en stiptelik en ek glo dat hulle hul bes doen vir die mynwerker.

Die agb. lid vir Virginia het ’n aangeleentheid met betrekking tot pensioene behandel en ek wil ook vanmiddag ’n geval wat onder my aandag gekom het, hier opper, nl. van ’n weduwee wat ’n pneumokoniose pensioen ontvang van R96 per maand het en geen ander inkomste nie. Ek is dankbaar dat daar van tyd tot tyd aanpassings plaasvind, maar ek is van mening dat dit nodig is dat hierdie bepaalde pensioen en die bedrae wat daarkragtens betaal word, moontlik weer ondersoek kan word. [Tyd verstreke.]

Mr. N. B. WOOD:

Mr. Chairman, the hon. member who has just resumed his seat has taken issue with Opposition speakers, particularly my colleague for Durban North. He intimated that we should not speak on behalf of miners if we do not represent mining constituencies. I wish therefore to start by telling him that the only “miners” in Berea are those rather troublesome birds, the Indian mynahs. If we could get rid of those to one of the mining constituencies we would be very pleased to do so!

I should like to start off by saying that we welcome the statements of the hon. the Minister as regards his feelings about the exploration for oil in South Africa and the amount of money we are spending in that regard. I note with interest the contents of the report. I see that since 1965 we have spent some R130 million, and in the past year R22 million, on oil exploration, and that it is further estimated that with the second drill now available, if it works all year, we will be spending some R40 million in the current year. I want to say that I am very encouraged by the enthusiastic and positively optimistic tone of the hon. the Minister. I hope that that drill rig will work the whole year because I think that even if we spend R40 million in a full year this is in fact too little. I think that we should be thinking in terms of doubling the amount that we are spending now and that we should really be talking in terms of R50 million a year at the absolute minimum for the exploration for oil. If I could just relate the amount of R50 million to one or two other figures to give it some sort of relevance my viewpoint will become clearer. The production of minerals last year was in the region of R6 875 million. If we take the amount spent on Soekor to date, namely R130 million, it represents less than 2% of that figure. But if we compare R50 million with what it is costing us annually to import crude oil—these costs we can only estimate but we expect them to be in the region of R1 400 million a year—what we are spending on the exploration for oil, if you will pardon the pun, is a drop in the ocean. I believe we should be spending much more and that we should give urgent attention to this particular field of exploration. Even if we do not discover oil we are going to discover gas fields and we are going to have a better picture of what is going on in the earth’s crust. Even if we do not discover oil in viable quantities, we are still going to be in the position of having much better information in regard to the geological conditions in and around South Africa. I want to commend that to the hon. the Minister as a matter of urgency.

I should like to deal this afternoon with two aspects which I believe have not been dealt with sufficiently today. I feel that they are important aspects. The first one is the incidence of accidents involving death in our mines. If one looks at the graph of mining fatalities per 100 000 miners I am sorry to say that it has shown a disturbing increase since 1973. I do not like to raise a subject like this but I believe it must be raised. We are here to look at the bad as well as the good and to suggest ways of perhaps improving the bad. In 1973 the figure per 100 000 miners was just under 1,1. This figure increased to 1,28 per 100 000 in 1978. In straight terms this is an increase in five years of 20%. In fact, if one looks at the actual deaths one sees that they are up from 730 to 877, which is also an increase of 20%. I realize that there are more people working on the mines but when the death rate per 100 000 employed rises by 20% over five years I believe that with the modern technology at our command and the modern industrial safety measures which we encourage, this fact merits not only the very urgent attention of the hon. the Minister but of all those who are making very good money indeed out of the mining industry in South Africa. No one denies entrepreneurs the right to a fair return on their capital, which is very often risk capital, but we cannot do so at the cost of human lives. I want to say that one cannot put a price on one human life. If we can reduce that figure of 877 deaths every year by just 10% there will be 88 more breadwinners alive at the end of 1979-’80. And that could involve as many as 400 individuals in families. If we take an average of five persons per family and 87 breadwinners, that could involve 400 individuals still having their father and their breadwinner in that family. I believe we should set a target of reducing that death rate by at least 10%, and then have a look at that figure again in the years to come.

Another very important point which I believe we should look at is the overall diseases caused by the silting up of the lungs due to mining activity where dusts of various kinds are inhaled. These fall under the umbrella of the term pneumoconiosis, although there are various other terms such as black lung and miner’s lung of which we are all aware. But I think all of us here are aware of that danger of the silting up of the lungs and we are aware that a fairly large sum of money is voted in compensation to workers and to the dependants of people who have died as a result of pneumoconiosis. But I believe the fund itself presently stands at a figure of some R40 million, and I believe compensation is up to R16 or R17 million a year. If the department is getting 10% interest on the R40 million at present in the fund, they are getting approximately R4 million per annum with which to pay benefits. This brings me back again to the figure that I mentioned earlier, nearly R7 billion income from mining. I believe, Sir, that some of those pensioners, people who by their toil and by their labour have built the mining industry up to the position where the Minister can stand up, indeed where we can all stand up as South Africans, and proudly say, our mining industry is presenting us with an income to the value of nearly R7 billion per year, those people responsible need our assistance. I believe that we should again be prepared to look back at those people who have brought this about through their human endeavour, human toil and human sacrifice and suffering; and I think that we should look to the old dependants of those people and see whether we cannot improve their plight. I have a letter here from an elderly widow of 75, I think she says she is. She was born and bred in Johannesburg and, having suffered all the agonies and years of hardship which she faced with fortitude—her husband was a miner—her pension at present is R96 a month. Sir, in these days R96 does not go very far and I want to make an appeal to the hon. the Minister to look at this aspect and to see whether the pensions to the dependants of those people who have suffered as a result of the inhalation of dust over the years during their mining activities, cannot be improved. Because it is danger money in the first place. But when they are partially immobilized for life as a result of that work, I believe that we should try to improve the methods that we are using. I am not denying that a lot is being done but, Sir, I am asking for more to be done.

Finally, Sir, I would like to put one thought to the hon. the Minister, and that is this. I am pleased to hear his rational approach to the question of the export of coal from South Africa. I believe it is a subject on which a lot of people become very hysterical. I am interested to hear his estimate that the coal reserves might last for another 400, 500 or 600 years. I think those were the hon. the Minister’s words.

The MINISTER OF MINES:

I mentioned certain conditions.

Mr. N. B. WOOD:

Yes, I accept the conditions the hon. the Minister mentioned. But, Sir, I would like to suggest to the hon. the Minister that in the future when we sign contracts dealing with the export of coal which has an inherent value as opposed to some of the other minerals that we export that do not have any inherent value—diamonds might have tremendous appeal to look at but one cannot use them to heat one’s home and neither can one use them to keep life going while coal has that inherent value—he should in future weigh up very carefully the aspect of whether we have sufficient coal to export notwithstanding the fact that we may be losing foreign currency that we need. Let us try to balance this against the amount that we are going to allocate to be used in South Africa by projects of the Sasol nature. And it is absolutely inevitable that one of these days we will have to start planning for a Sasol III. [Time expired.]

Mnr. J. J. LLOYD:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Berea het basies drie aspekte aangeraak van dít wat ook in die verslag voorkom. Die eerste is die ongelukke in die myne. Daarna het hy gepraat oor pensioenvoordele, veral vir ouer weduwees en myners en in die laaste instansie het hy gepraat oor ’n onderwerp wat die edele Minister reeds behandel het maar waarop ek glo die edele Minister weer sal antwoord.

Ek wil vir die agb. lid vir Berea sê ek het baie simpatie met die eerste twee punte wat hy geopper het. Niemand hou daarvan dat ongelukke plaasvind nie, maar desnieteenstaande het die Suid-Afrikaanse myne, na my mening, ’n baie goeie rekord wêreldwyd. Hulle het ’n baie goeie rekord ten opsigte van die maatreëls wat wel getref word en ook ten opsigte van die verbeterde opleiding wat gedurig nog plaasvind. Terloops, as ’n myner opgelei word, kan hy nie ’n tydelike skietsertifikaat kry alvorens hy ’n eerstehulpsertifikaat verwerf het nie. Dit is net om aan u te toon hoe streng opgetree word.

Mnr. die Voorsitter, ek wil graag die agb. Minister bedank vir die besonder insiggewende en leersame toer wat hy en sy departement verlede jaar vir ons gereël het. Verskeie van ons Opposisiegroepe was ook teenwoordig en ons het die toer baie leersaam gevind, veral by die geologiese opname en by Nim, waarna die agb. Minister verwys het, asook by Pelindaba. As meer van ons meermale so ’n geleentheid kan kry om op sulke opvoedkundige toere te gaan om te kan sien wat ons mense doen en met watter entoesiasme hulle hul taak verrig, sal ons na my mening met beter en groter insig aan ’n debat van hierdie aard kan deelneem.

Noudat ek van insig praat, betreur ek dit dat die agb. lid vir Durban-Noord homself vandag geroepe gevoel het om iets in hierdie debat te berde te bring wat ek glo hy nie eintlik wou doen nie. Met uiters onsensitiewe hande het die agb. lid gaan krap aan ’n baie sensitiewe aangeleentheid. Ek wil vir die agb. lid daarop wys dat stakings gepaardgaan met baie ontberings. Stakings gaan gepaard met ontsettende emosie omdat mense se lewenstog, mense se toekoms, mense se daaglikse lewensbrood, selfs mense se lewens, op die spel is. Daarom is dit iets waarmee ’n mens baie versigtig moet handel. Die agb. lid is nog nie lank hier nie, maar dit is duidelik dat hy polities gesproke soveel ander positiewe uitkyke het dat hy, na my mening, hom liefs in die vervolg daarby moet bepaal. Laat die smerige kwessies oor aan die agb. lid vir Pinelands. [Tussenwerpsels.] Mnr. die Voorsitter, as ek so na al hierdie agb. lede kyk, is dit vir my duidelik dat nie een van hulle ’n werkerskiesafdeling verteenwoordig nie. Nie een nie. Die agb. lid vir Durban-Noord is reg. [Tussenwerpsels.] Ek het baie, en ek is ook trots op hulle.

Mnr. R. B. MILLER:

Is hulle trots op jou?

Mnr. J. J. LLOYD:

Meneer, laat ek nou vir u sê hoeveel. Daardie agb. lid se party se kandidaat, ook die HNP, en die PFP het daar kom staan, en weet u wat? Elkeen het sy deposito verbeur. Ek het egter nou genoeg gesê oor die agb. lid vir Durban-Noord en wil nie verder tyd aan hom verkwis nie.

Die agb. Leier van die Opposisie sit ook vandag hier, ook die agb. lid vir Constantia en die agb. lid vir Durban-Noord. Hulle ou party wat dood is, die ou VP, is dood met bloed aan sy hande. In 1922 het die ou Sappe mos die Blanke mynwerkers doodgeskiet, Meneer. Dit is wat hulle gedoen het. Hulle het die mynwerkers doodgeskiet en daardie party is dus dood met bloed aan sy hande. [Tussenwerpsels.] Dit is al wat daardie agb. lid wil hê. Wil hy hê dat ons weer op die myners moet skiet? Wil die agb. lid vir Pinelands hê dat daar ’n gevoel tussen Swart en Blanke mynwerkers moet ontstaan? Wil die agb. lid hê dat die Swartes die Blankes se werk moet oorvat?

Dr. A. L. BORAINE:

Nee.

Mnr. J. J. LLOYD:

Wil die lid hê die Blanke mynwerkersvakbond en dié van die Swartes moet in een vakbond integreer?

Dr. A. L. BORAINE:

Indien dit moontlik is, ja.

Mnr. J. J. LLOYD:

Wil u dit hê? Dit is wat u graag wil hê.

Dr. A. L. BORAINE:

Ja, natuurlik.

Mnr. J. J. LLOYD:

Dit is wat u graag wil hê; nou is dit uit.

Dr. A. L. BORAINE:

Ek wil baie hê.

Mnr. J. J. LLOYD:

U wil nie sien dat hierdie groep mense met die Kamer van Mynwese moet beding nie. Meneer, u het nie alleen vandag daarin geslaag om ’n groot wig tussen Swart, Kleurling en Blanke mynwerkers in te dryf nie …

Dr. A. L. BORAINE:

Onsin; glad nie.

Mnr. J. J. LLOYD:

Weet u waarin het u ook geslaag? U het gepoog om die baie goeie verhoudinge wat daar tussen die agb. Minister, sy departement en die Kamer van Mynwese bestaan, te beduiwel.

Dr. A. L. BORAINE:

Nee.

Mnr. J. J. LLOYD:

U het, Meneer, u het. Die agb. lid het hier ingestorm omdat hy ’n bietjie politiek hierin gesien het.

Dr. A. L. BORAINE:

Nee, glad nie.

Mnr. J. J. LLOYD:

Die agb. lid moet nie nou daarvan probeer wegkom nie. Hy het selfs na ’n karikatuur verwys waarin die Minister gemaklik en rustig sou staan …

Dr. A. L. BORAINE:

Ja, in Die Burger.

Mnr. J. J. LLOYD:

… en sê dit is nie so ’n groot storm nie. Die agb. lid wil ’n groter storm ontketen sodat hy sy vinger na die Regering kan wys en kan sê: Julle kan dit nie hanteer nie. Meneer, ons is 31 jaar aan bewind.

Dr. A. L. BORAINE:

Ja, en kyk hoe lyk die land nou.

Mnr. J. J. LLOYD:

Die agb. lid kan weer praat. Het u al so ’n gemors soos dié van 1922 gesien gedurende die afgelope 31 jaar van NP-regering?

Dr. A. L. BORAINE:

Ja.

Mnr. N. B. WOOD:

Wat van Soweto?

Mnr. J. J. LLOYD:

Het u al groter rus en vrede op arbeidsgebied gesien? Het u al groter voorspoed gesien as in die tyd wat die NP regeer?

Mnr. C. W. EGLIN:

Hy sal antwoord.

Mnr. J. J. LLOYD:

Die agb. lid vir Parktown is nie nou hier nie, maar hy het ook vanoggend ewe ernstig vir ’n kwartier lank gepraat. Hy is ook iemand wat drie jaar gelede aan buitelandse beleggers gesê het dat hy hulle nie aanbeveel om beleggings in Suid-Afrika te maak nie. Terwyl die mynbedryf al hoe meer kapitaalintensief geraak het, sê hy en hy is hoofspreker: Ek kan dit nie by julle aanbeveel nie.

Wat nog erger is, is dat ’n persoonlike vriend van die agb. lid vir Pinelands, ene Mervis Junior, tans hand-om-die-lyf met Peter Hain in London rondstap. Wil die agb. lid ontken dat hy ’n vriend van hom is?

Dr. A. L. BORAINE:

Van wie praat u?

Mnr. J. J. LLOYD:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid kan dit nie ontken nie. Hy loop nou saam met Peter Hain in London rond? Meneer, en wat doen hy?

Dr. A. L. BORAINE:

Ag, ek ken hom nie. I have not even met the guy; you are talking tripe and you know it.

Mnr. J. J. LLOYD:

Meneer, ken die agb. lid sy vader?

Dr. A. L. BORAINE:

Ja, ken u hom?

Mnr. J. J. LLOYD:

Natuurlik. Ken die agb. lid sy seun?

Dr. A. L. BORAINE:

Nee. Ken u hom?

Mnr. J. J. LLOYD:

Skielik ken die agb. lid nou nie sy seun nie.

Dr. A. L. BORAINE:

I have not even met him; what are you talking about? [Tussenwerpsels.]

Mnr. J. J. LLOYD:

Ek sou verbaas wees as daar nog nie ’n oproep was nie …

Dr. A. L. BORAINE:

U moet my woord aanvaar.

Mnr. J. J. LLOYD:

Ek sal verbaas wees as daar nog nie ’n telefoongesprek was tussen die agb. lid en klein Mervis nie.

Dr. A. L. BORAINE:

I have never met him; I don’t know him!

Mnr. J. J. LLOYD:

Meneer, dit is die mense wat aan ons kom vertel hoe ons arbeidsaangeleenthede moet hanteer; hoe ons geskille moet oplos. [Tussenwerpsels.] U groot probleem is dat daar nie ’n klomp mense toegesluit of doodgeskiet is nie.

’n AGB. LID:

Hulle gaan nog almal Nasionaal stem; dit is sy probleem.

Mnr. J. J. LLOYD:

Waaroor die agb. lid vir Pinelands die slegste voel, is dat daar nie Swart insidente was nie.

Dr. A. L. BORAINE:

Ek is baie bly.

Mnr. J. J. LLOYD:

Meneer, in die goudmynbedryf is daar 10 Swart mense vir elke anderskleurige. In die steenkoolbedryf is daar vyf vir elke anderskleurige. Meneer, wanneer ’n rotsstorting plaasvind, maak dit nie saak of dit ’n Wit of Swart mynwerker is wat vasgeval sit nie; hy word onder lewensgevaarlike omstandighede gered en daar word nie na die kleur gekyk nie. Ek kan daardie agb. lid belowe dat as hy dit een dag in ’n myn sou waag en sou vasval, ’n mynwerker hom sal probeer red. Hy sal hom aan lewensgevaar blootstel. Hulle sal hom selfs red en hy is niks vergeleke met ’n mynwerker nie.

’n AGB. LID:

Ja, selfs Swart.

Mnr. J. J. LLOYD:

Die agb. lid is dit nie werd wanneer dit by ’n mynwerker kom nie.

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Pinelands het vandag ’n gaping gesien nadat die agb. lid vir Durban-Noord ’n toespraak hier gemaak het. Hy het die gaping gevat, maar ek wil aan hom sê dit is ’n cul-de-sac waarin hy beland het. In die mynwese ken ons begrip vir mekaar se probleme. Die Blanke mynwerker het ook begrip vir sy mede Swart of Bruin mynwerker. As gevolg van hierdie begrip, asook van die beleid van die agb. Minister het daar byna ’n revolusionêre aansluiting van Kleurlinge in die mynbedryf plaasgevind. As u gaan kyk na daardie verslag … [Tyd verstreke.]

Mnr. I. F. A. DE VILLIERS:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Pretoria-Oos is een van diegene wat vroeër in die debat, toe daar verwys is na die aangename stemming en die mstige debat wat hier gevoer word, sy kop met die grootste vroomheid geknik het. Hy het daarvan gehou. Maar nou, wanneer ’n paar lede sake wat meer delikaat en sensitief is, op ’n bedaarde wyse bespreek, kom die agb. lid vir Pretoria-Oos soos ’n warrelwind hier ingestorm. Hy is die persoon wat die debat ’n politieke kleur gee.

Mnr. J. M. HENNING:

Dit is die lid van Pinelands.

Mnr. I. F. A. DE VILLIERS:

Ek het die lid vir Pinelands gehoor; hy was baie bedaard en kalm. [Tussenwerpsels.] Dit is egter die lid vir Pretoria-Oos wat opgewonde geraak het en ’n groot politieke debat hier wil stook. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER:

Orde!

Mnr. I. F. A. DE VILLIERS:

Mnr. die Voorsitter, ek gaan nie deelneem aan daardie debat nie; ek sien geen punt daarin nie.

Mnr. R. B. DURRANT:

Sal u die lid vir Pinelands ondersteun?

Mnr. I. F. A. DE VILLIERS:

Natuurlik ondersteun ek hom. Hy was baie kalm, baie redelik en baie logies.

Mr. Chairman, I have not completed my speech earlier on in this debate and I was dealing with the question of uranium production in South Africa. I was pointing out that because of the restoration of demand for uranium, the South African uranium industry has responded and has in fact developed new methods of producing uranium and of increasing production. It will go on increasing its production in response to demand. I mention briefly in passing, for example, the ERGO extraction plant the new Beisa mine in the Orange Free State, situated near Theunissen and the development by President Brand, Saaiplaas and President Steyn mines of a joint extraction plant. All of these will contribute greatly to the increased production.

One can almost say that there is a parallel between uranium and coal in the sense that the more one is able to sell abroad the more productive one becomes and the more one is able to extend one’s production reserves. What looks like a paradox to the man who is unfamiliar with the situation, is in fact a very logical thing. As one improves sales, as one improves the strength of the industry, so one also improves its reserve capacity and productivity.

This brings me to the question of the reactor at Koeberg and the implications of the Harrisburg disaster. I should like to deal with this question very briefly. I am raising it under this hon. Minister’s vote although I am aware that Koeberg actually falls under Escom and that falls under the vote of the hon. the Minister of Economic Affairs. However, this hon. Minister is responsible for the Atomic Energy Board which in turn has responsibility for nuclear safety and the licensing of nuclear installations. I believe it is right to say—I hope the hon. the Minister will also say it in the course of this debate—that people should not exaggerate the nature of the Harrisburg disaster in relation to the Koeberg project in South Africa. The fact is that there is a long record of nuclear safety, particularly in regard to a very common and well proven type of reactor known as the light water reactor, of which Harrisburg is one and of which Koeberg will be another. Although, Sir, they have a very long record of highly engineered nuclear safety, it would be entirely right that the hon. the Minister’s department, in its relationship with the Atomic Energy Board, should insist—as I believe it has already done—that the board should view the Harrisburg disaster with the greatest concern and seriousness; that it should study the precise nature of what went wrong in Harrisburg in order to ensure that what happened there cannot happen here. I am sure that this has already been done but I believe that it has not yet been identified with absolute certainty whether the accident that took place in Harrisburg was due to a local design fault or whether there was something essentially wrong with the system. I believe that one must logically conclude that the trouble did not lie with the system, which is well-known and well-tried, but with a design fault in that particular type of reactor. That needs to be remembered.

An HON. MEMBER:

Could it not have been a human error?

Mr. I. F. A. DE VILLIERS:

It could well have been human error but human error is also supposed to have checks and safeguards. It needs to be remembered also that the Harrisburg reactor was built by a different firm of constructors. There are some 17 different constructors in the world building light water reactors. They all have slight differences of design or engineering and it may be that the fault which developed in Harrisburg developed due to a design fault which is not present in the type of reactor which is on order here and which already exists in several editions in France and in other countries. Therefore, it is too easy to draw simple conclusions and say that because one light water reactor has developed difficulties therefore all light water reactors are condemned. It is like saying that because one Boeing has developed a fault and crashed in some part of the world all Boeings are suspect.

Mr. R. B. MILLER:

Cabinet Ministers too!

Mr. I. F. A. DE VILLIERS:

Yes. Those aircraft may all be suspect if the design fault which caused that crash is in fact present in all the other Boeings. But if, in fact, the fault which caused the crash is a unique fault which occurs only in a given set of circumstances but not in relation to the other Boeings then it is wrong to say that all Boeings must be condemned. I plead merely that there should be understanding of the nature of the problem and that the hon. the Minister should take very seriously what I have pleaded for before, viz. the necessity of keeping public confidence by keeping the public fully informed. I believe that whatever the outcome of the Harrisburg inquiry may be it should in fact be explained to the public of South Africa with great care and in great detail in order that the people who are going to benefit in the long run, I believe, from nuclear power and who inevitably will have to accept it as part of the energy production programme of the future, will in fact do so with confidence knowing that their safety is being ensured by the methods of licensing and safety control imposed by the Department or by the Atomic Energy Board under this hon. Minister.

In the time that remains to me I want to deal briefly with the hon. the Minister’s mineral strategy. I am not going to agree with him altogether. I want to say at the outset that as far as it is his intention to create a greater degree of independence, of self-reliance for South Africa one, of course, goes along entirely with that argument. I believe, however, since we are looking to our own interests, we also need to look carefully at the disadvantages. I believe that it would be foolish when we are trying to advance the national interest, particularly in a field like foreign affairs where the aim is essentially the advancement of one’s own domestic interests before anything else—this is realistic in the conduct of foreign affairs—not to be sure that what we are doing is not detrimental and that it is not counter-productive.

The Western world has no illusions about South Africa’s importance as a mineral supplier. That is perfectly obvious. We do not need to teach them their own arithmetic. They know what their requirements are and they know where these minerals can be obtained most cheaply, most reliably, most efficiently, i.e. in South Africa. It is therefore in their interests, and of course they know it, to have South Africa as a member of the Western Alliance. They want a strong supplier within their alliance. What then is the difficulty? They have concluded that South Africa’s race relations position and race relations policies are a liability to the Western Alliance, so great a liability in their judgment that they would sooner lose the benefit of a reliable supplier of minerals than accept the liability of having South Africa within their alliance. I am talking here of the political liability as they judge it.

Mineral sales are in the main in the hands, not of government but of private enterprise. The majority of sales are not made government to government. They are made by private company to private company. The major corporations trade with each other. They all make their individual judgment on the basis of the quality of the goods, in relation to the price of the goods and in relation to the reliability of suppliers. If a major supplier like South Africa says it will only supply on certain political conditions, or a company or corporation says to its trading partner that it may supply depending on what the Government stipulates—the Government may prevent its supplying for political reasons—this will do enormous damage to the position of our mineral corporations as trading partners. I can give the hon. the Minister just one example.

Australia is a big uranium producer. The Australian Government has from time to time taken views about the morality of supplying uranium to other countries. The uranium producers in Australia have had difficulty in selling uranium and making contracts with the outside world, with the big corporations in Japan and America and elsewhere, because those buying corporations know that the Australian companies cannot guarantee delivery. A change of government, a change of policy, a move of a Minister could in fact prevent export licences being granted. The result is that the Australians cannot sell their uranium. Their uranium is only bought on a standby basis or as a second alternative. This is the kind of consequence that flows from this kind of policy. I am not saying it is entirely wrong or that the hon. the Minister’s motives are wrong in trying to use South Africa’s mineral wealth for advantage in our foreign relations. It is a lever that can be used to advantage but it is not the whole answer. [Time expired.]

Mnr. E. VAN DER MERWE LOUW:

Mnr. die Voorsitter, ek kan sekerlik die agb. lid vir Constantia se besorgdheid oor die kemreaktor by Koeberg met hom deel. Ek dink almal van ons aan Regeringskant deel dit met hom. Dit is ook nie verkeerd dat ’n mens daaroor besorg is nie.

Wat betref die kwessie van minerale-strategie, wil ek aan die agb. lid sê dat dit sekerlik nie die idee van die agb. Minister in hierdie verband is om sy hand ten opsigte daarvan te oorspeel nie. Ons kan met die grootste gemstheid daardie strategie aan die agb. Minister oorlaat.

In die ekonomiese voorspoed van hierdie land, wat so noodsaaklik is vir die rassevrede en naasbestaan, speel mynbou ’n deurslaggewende rol. Mnr. die Voorsitter, indien u kyk na hierdie jaarverslag, sal u merk dat Namakwaland geen geringe bydrae hiertoe lewer nie. Namakwaland is op die huidige tydstip beide gereed en in staat om sy bydrae skouspelagtig te verhoog. Teen hierdie agtetgrond vind ek dit teleurstellend dat die onlangse mynstaking wat wye publisiteit geniet het juis te Okiep in Namakwaland ontstaan het. Hierdie Regering plaas ’n hoë premie op die arbeidsvrede en om daardie rede sou dit onverantwoordelik wees om nie noukeurig te let op die oorsake van hierdie staking nie. Om hierdie rede het ek die stakers saam met ’n organiseerder van die Mynwerkersunie ontmoet, en ons het ’n baie openlike gesprek gevoer. Die amptelike oorsaak van die staking is aangegee as die aanstelling van drie Kleurlinge in poste wat die Blanke werker tradisioneel as Blanke werk beskou. Daar was egter ook ander redes. Die eerste rede wat ek wil noem, is politieke motivering en beïnvloeding van die werkers deur mense met ’n politieke denke wat teer op griewe, vermeende griewe en ook gefabriseerde griewe. Nou moet die agb. lid vir Durban-Noord nie dink dat ek hom in sy kwaad wil sterk nie. Dié agb. lid, asook die agb. lid vir Pinelands, wil blykbaar hê dat die agb. Minister betrek moet word in hierdie politieke geskil. Vir die Suid-Afrikaanse werker is dit sekerlik gerade om daarop te let dat hy hom nie sal laat misbruik deur mense met ’n ongebalanseerde politieke uitkyk en ongebalanseerde motiewe nie. Indien die Opposisiepartye die werkers hierin wil aanhits, kan ek vir hulle sê dat hulle Suid-Afrika ’n groot ondiens aandoen.

’n Tweede rede is dat nadat die partye nie tot ’n ooreenkoms kon raak op die Versoeningsraad nie, was die aangewese weg, volgens ons wetgewing, dat die partye hulle geskil aan arbitrasie sou onderwerp. Maar die probleem is dat dit alleen kan geskied indien albei partye hul toestemming daartoe verleen. Die Mynwerkersunie was bereid tot arbitrasie maar die mynbestuur was nie daarvoor te vinde nie.

Dr. A. L. BORAINE:

Dit was onwettig.

Mnr. E. VAN DER M. LOUW:

Daar het die onderhandelinge dus doodgeloop en cfit het die staking tot gevolg gehad, vir die inligting van die agb. lid vir Pinelands.

Ons nywerheidswetgewing lewer ’n groot bydrae tot die arbeidsvrede in die land, maar die vraag kan gevra word of die tyd nie aangebreek het nie dat ons meer regsmiddele tot die beskikking van die kompeterende partye plaas en dat dit uitgebrei word deur die skepping van ’n arbeidshof met verteenwoordigers van die werkgewers, van die werknemers en ’n regter op die regbank …

Mnr. R. B. MILLER:

Die Wiehahnkommissie.

Mnr. E. VAN DER M. LOUW:

… wat uitspraak kan lewer. Meneer, ek weet nie of u al enige inligting van die Wiehahn-kommissie het nie.

Mnr. R. B. MILLER:

Nee, ek vra vir jou.

Mnr. E. VAN DER M. LOUW:

Ek het beslis nie. Ek is ook nie die Minister nie. Die Minister sal volgende week daarop antwoord, vir die inligting van die agb. lid. Daar behoort ’n arbeidshof te wees wat uitspraak soos ’n Appèlhof kan lewer nadat die Versoeningsraad en arbitrasie nie geslaag het nie. Ek wil beweer dat behalwe vir ’n onbevooroordeelde regsbeslissing wat dit tot gevolg sal hê, so ’n hof ook baie sal help om die frustrasie wat deur ’n dooie punt veroorsaak word, uit die weg te ruim.

Die laaste rede wat ek wil noem vir hierdie staking is ongetwyfeld die algemene vrees, sy dit gegrond of ongegrond, van die Blanke werker dat hy in die geskoolde werk en halfgeskoolde werk deur die Bruin en Swart werker vervang sal word. Die harde werklikheid is dat daar te min Witmense in hierdie land is. Volgens die jongste mannekragopname van 1977 is slegs ongeveer 19% van die totale ekonomiese bedrywiges in hierdie land Blanke mans. In 1977 was daar ’n tekort van 12 000 geskoolde en halfgeskoolde Blanke werkers. Die tendens geld spesifiek ook vir die mynbedryf. Die belangrike punt wat ek hieruit wil maak, Meneer, is dat met ’n ekonomiese groeikoers van 1½%, die tekort 12 000 was. Daaruit kan met alle redelikheid aangeneem word dat met ’n groeikoers van tussen 5% en 6% die tekort waarskynlik tussen 50 000 en 60 000 sal wees.

Die ander harde feit wat ons hier in aanmerking moet neem, is dat die Blankes alleen nie hierdie mannekrag kan voorsien nie. Vir die verdere gemoedsrus van die Blanke werker kan ek aanhaal wat die agb. Minister verlede jaar in hierdie selfde Komitee gesê het, nl. dat werkreservering nie afgeskaf sal word sonder die samewerking van die vakbonde nie. Dit getuig van verantwoordelike regering en ek wil graag die agb. Minister bedank vir die takt en insig wat hy aan die dag gelê het in die hantering van die onlangse staking. Dit strek tot my kennis en wete, mnr. die Voorsitter, dat die agb. Minister daadwerklik agter die skerms as pleitbesorger opgetree het vir die werker. [Tyd verstreke.]

Mr. R. B. MILLER:

Mr. Chairman, my time is very limited so I should just like to react very briefly, not to the hon. member for Pretoria East as I could not find very much in his speech with which I could associate myself, but I should like to confine my remarks to the hon. member for Namakwaland. He indicated that the hon. the Minister had said last year—I remember it—that job reservation would not be removed without negotiating with the trade unions. I should like to ask the hon. member for Namakwaland—he can tell me now—whether, if a mining company decides unilaterally to do away with job reservation, who will take the initiative to see that it does not do so?

Wie sal die inisiatief neem om toe te sien dat hulle dit nie doen nie? Wie gaan toesien dat so ’n werkgewer dit nie op eie houtjie doen nie?

’n AGB. LID:

Die Regering.

Mnr. R. B. MILLER:

Die Regering, presies, ja. Dit is waar die punt inkom, mnr. die Voorsitter. Die Regering moet die inisiatief neem, die Regering moet die leiding neem, om ons oor hierdie baie moeilike paadjie oor te help. Ek is bevrees dat as ons nie die inisiatief van die Regering kry nie, ons ’n mislukking gaan kry en dat al die waardevolle werk, al die voorstelle van die Wiehahn-kommissie waarvan ons vandag gehoor het, miskien verongeluk sal word. [Tussenwerpsels.] Die agb. lid vir Namakwaland het daarvan gepraat. As daardie voorstelle van die Wiehahn-kommissie nie vrugte afwerp nie, dink ek sal ons dit baie lank in Suid-Afrika berou.

I want now to return to the hon. the Minister and ask him, when he replies this afternoon, to give us some indication of what the position is regarding assistance given to gold mines in particular. I refer to the report, page 22. It is obvious from that that there are at least 12 gold mines that are still receiving assistance. I notice that the difference between 1977 and 1978, in terms of the value of gold produced is excellent. The value of the gold produced by those assisted mines rose from roughly R284 000 000 to R382 000 000. It would appear from the figures at the bottom of page 22—there is no table number—that we are still giving these marginal mines, i.e. mines which require assistance, quite a considerable amount in the form of State assistance. I think the average price of gold was $130 in 1977 and in 1978 it was in the region of $180, but in spite of the rise in the price of gold these mines are still receiving State assistance. Well, I am not against that, Sir, because as I said previously, I think these 12 mines probably provide employment for something like 80 000 people. We also certainly receive very valuable foreign exchange from the sale of the gold they produce and we get all that for a State investment of approximately R1,3 million. I think that is a very good investment and I am not against State-aided gold mines. But it does seem strange that the amount of money which the State is still pouring into the gold mines which are State-aided should be almost as high as it was in 1977 when the average gold price has increased so significantly over the past 12 months, certainly during 1978 as compared with 1977.

I should also like to ask the hon. the Minister whether he could give us some idea as to the expected closure of State-aided mines. Obviously some of these State-aided mines, for various reasons, are coming to the end of their lives. There are probably not a very significant number of them but perhaps the hon. the Minister could enlighten us on what his expectations are in regard to the termination of the lifespan of some of these mines. I see too from the report that only two additional mines asked for assistance during 1978, so it is obvious that those mines which had started to topple over the end of the precipice, because of the rise in the price of gold were able to manage on their own.

I should also like to turn very briefly to the employment situation in the gold mines. It is quite interesting to note that at a time when revenue increased by 38% the employment figure in the mining sector generally dropped by some 12%, whereas the gold mines increased employment. They took on additional staff, and it will be interesting to know just where the decrease took place. Perhaps it was in the coal mines or in quarries or something of that nature. So although total employment in the mining industry did drop by 12%, the gold mines actually increased the number of people employed.

In particular I should like to pay tribute to the training programmes of the gold mines and the tremendous contribution they are making to the provision of skilled workers in the South African economy. If one has a look at the figures for skilled artisans in South Africa, one sees that a tremendous number of apprentices are taken on by the gold-mining industry in particular. Once they have been trained these young journeymen then go off to seek pastures new—perhaps in Durban where they have such good MPs and such a lovely climate! They certainly come down to the coast. I should like to pay tribute to the tremendous financial and other efforts which the gold mines put into training all members of all race groups in South Africa. I think, Sir, that despite the speeches we have heard here today, from hon. members on that side particularly who spoke in such glowing terms of the hon. the Minister—and I associate myself with many of them—I do not think we should lose sight of the fact that it is private enterprise which has developed and polished this jewel of South Africa, the mining industry. We should be grateful not only for the foreign exchange it earns but also for the very excellent training effort it puts in. I certainly hope that when the Wiehahn Commission report is tabled we will find that this infrastructure which the mining industry has for training people will be put to better and greater use for the benefit of everybody in South Africa.

Mnr. G. T. GELDENHUYS:

Mnr. die Voorsitter, die agb. lid vir Durban-Noord sal my nie kwalik neem as ek hom nie opvolg nie. Ek wil graag oor ’n paar mooi dinge gesels, en ek wil graag aansluit by die agb. lid vir Kuruman. Ek wil ’n paar woorde sê oor halfedelgesteentes, die versameling, die verwerking en die verkoop daarvan.

Voor ek dit doen wil ek deur u, Meneer, baie opreg dankie sê aan ons agb. Minister van Mynwese vir die wetgewing wat hy verlede week deur die Parlement geloods het met die uitsluitlike doel om tieroog beter te beheer. Ek kan die Huis die versekering gee dat in jare wat voorlê sal die nageslagte baie dankbaar wees daarvoor, want hierdie pragtige halfedelgesteente gaan nog baie miljoene aan buitelandse valuta vir Suid-Afrika verdien.

Dit is algemene kennis dat hierdie pragtige halfedelgesteente ongelooflik in waarde toegeneem het, oor die laaste twee jaar. Die prys van hierdie baie populêre steen was twee jaar gelede ongeveer R5 per kg en huidig is dit ongeveer R55 per kg. Dit verbaas my nie, Meneer, want uit hierdie versteende asbes word die allepragtigste juwele vervaardig. Hierdie besondere halfedelgesteente het die kenmerk dat dit in verskillende kleure voorkom. Die goudgeel tieroog is die volopste, maar na mate dit in sy vormingsproses aan hoë temperature blootgestel word, vind ’n mens ook tieroog met ’n helder groen skynsel, wat jou laat dink aan die kleur van die oog van die katfamilie as ’n lig in die donker daarop geskyn word. Dan is daar ook ’n pragtige geelrooi tieroog wat ’n mens laat dink aan die roofdier-familie se oog as daar in die donker ’n lig op geskyn word.

Hierdie besondere halfedelgesteente kan dan ook van kleur verander word na mate dit aan verskillende hoë temperature onderwerp word. Maar onder die oppervlakte, in ons oop myne en in ons diep myne, van ons wonderland lê daar miljoene rande se ander halfedelgesteentes en halfedelstene van feitlik elke soort in die wêreld waaraan ’n mens kan dink. Laat my net toe, voor ek ’n paar behandel, om hierdie paar opmerkings te maak.

Die diamant is ’n baie duur steen, nie alleen omdat dit so pragtig is nie, maar ook omdat dit so skaars en so duursaam is. Dit is die hardste edelgesteente bekend, en daarvoor word hy volgens ’n sekere formule punte toegeken. Dit is algemeen bekend dat die diamant ’n hardheid van tien het. Die tweede hardste algemeen bekende halfedelsteen is corundum, wat hoofsaaklik gebruik word as ’n skuurmiddel. Dit word verwerk in ’n poeiervorm, growwer, en fyner, ens. Daarna volg daar ’n steen met ’n hardheid van 8, wat bekend staan as die topaz en daarna kalsidoon, wat as basis dien vir al die agaatsoorte met ’n hardheid van 7. Daarna kry ’n mens ’n hele aantal van hierdie haífedelgesteentes en gesteentes wat afkom in hardheid, soos bv. seepsteen. Seepsteen word vryelik gebruik vir die vervaardiging van talkpoeier, wat ons mooi dames gebruik om hulle nog mooier te maak. Dit het ’n hardheid van 2.

Halfedelstene word op twee maniere verwerk. Die eerste manier is min of meer dieselfde as die slypmetode vir diamante. Dit is ’n wonderlike manier want in die eerste instansie word elke steen gesny in die vorm waartoe hy homself leen, en elke so gesnyde en geslypte halfedelsteen vorm ’n model op sy eie.

Die tweede metode wat gevolg word is die tuimelaarsmetode, waar ’n klomp van hierdie halfedelgesteentes in ’n tuimelaar gegooi word. Hierdie tuimelaar word dan in die rondte gedraai teen ’n sekere spoed en dié stene slyp hulle dan self.

Meneer, u sou verbaas wees om te sien hoeveel winkelvensters in Kaapstad en ander groot sentrums versier is met hierdie halfedelstene. U sal verbaas wees om te sien hoeveel mense hierdie stene koop. Ek wil u verseker dat as die regte stene op die regte manier behandel word, voordat hulle verwerk word, gaan Suid-Afrika bekend raak as die land met die mooiste en die beste halfedelstene in die wêreld.

Ek het hier in my besit ’n halssnoer wat gemaak is van karnelium, wat basies ’n kalsidoon is, en oorspronklik afkomstig is uit die kiesafdeling van die agb. lid vir Prieska. Ek het dit in Johannesburg gekoop vier jaar gelede. In daardie stadium was daar ooglopend met hierdie halssnoer niks verkeerd nie, maar as ek my vergrootglas daardie dag by my gehad het, sou ek hierdie halssnoer nooit gekoop het nie. Nou, nadat die poeier en die poleermiddels afgeslyt is, vind jy dat vyf van hierdie 29 stene absoluut niks werd is nie. Die punt is dat ek as koper voel dat ek vir 16% gekul was. Dit kwel ’n mens as jy daaraan dink dat die toeris wat Suid-Afrika toe kom in dergelike omstandighede ook gekul moet voel as hy terug in sy tuisland is. Maar, Meneer, as hierdie stene net reg behandel was voordat hulle verwerk is, sou die gekraakte stene uitmekaar gebars het en die soliede stene sou solied gebly het. ’n Mens moet ’n beroep op die handel en die slypers doen om net die beste stene op die mark te sit. Ons het groot voorrade en ons kan van hulle verwag om net die beste op die mark te sit.

Voordat my tyd verstreke is, wil ek net graag hierdie baie belangrike punt maak. Ek wil nie op wetgewing aandring nie, Meneer, maar alhoewel ons hierdie groot voorrade edelgesteentes het, is dit nie een dag te vroeg om nou al te begin om beheer toe te pas nie. Ek dink nie dit sal eerstens onredelik wees om van die slypers en die handelaars te verwag om eenmaal ’n jaar ’n opgawe in te dien waarin hulle besonderhede gee van die massa stene wat hulle geslyp het gedurende die jaar, watter massa stene hulle vir die jaar verkoop het en die bron waar hulle hul stene vandaan gekry het.

In die tweede instansie glo ek dat geen halfedelestene, geslyp of ongeslyp, uitgevoer behoort te word sonder ’n permit wat deur die Departement van Mynwese toegestaan is nie. Ek wil ’n paar van hierdie halfedelstene behandel. Die eerste een wat ek wil behandel, is die ametis. Dit is ’n pragtige perskleurige halfedelsteen wat goed vergelyk met die Rynsteen van Wes-Duitsland. Die enigste verskil is dat ons steen ’n mooier pers kleur het en dat dit gekoop kan word teen ’n kwart van die prys wat hierdie halfedelstene van die Rynriviergebied kos. Hierdie stene is volop verkrygbaar op plekke soos Pofadder, Keimoes, Kakamas, Hammanskraal, Nylstroom en selfs ’n bietjie in Bryanston. Die verre Noord-Transvaal beskik ook oor klein neerslae in die Soutpansberggebied. Dit is interessant om daarop te wys dat die woord “amethis” afgelei is van ’n Griekse woord wat beteken “soberheid”. As ’n mens ’n Griekse man of vrou sien met een van die stene in ’n ring of ’n armband, kan ’n mens daarvan verseker wees dat hulle glo dat hierdie steen hulle sal behoed teen dronkenskap en al die ellende wat daarmee saamgaan.

Net so ook is daar ’n steen bekend as jade, wat alom bekend is as die Chinese geluksteen. Dit is ’n pragtige donkergroen steen en word ontgin uit die bodem van een van hulle riviere. Ons het ook jade in Suid-Afrika, met die verskil dat ons vier verskillende kleure daarvan het. Suid-Afrika beskik oor wit, bruin, liggroen en donkerpienk jade. Hierdie pragtige stene is redelik volop in die omgewing van Brits en Rustenburg. [Tyd verstreke.]

Dr. A. L. BORAINE:

Mr. Chairman, as you yourself have indicated, that was a very interesting speech but I cannot comment on it further because I want to respond to some of the other points raised in the debate, particularly in the sphere of industrial relations as they affect the mining industry. My time is very limited and I must be very brief.

As far as the hon. member for Pretoria East is concerned my speech must have dropped like manna from heaven upon him because it was quite clear to me that he had no speech prepared.

Mr. B. J. DU PLESSIS:

That is not true.

Dr. A. L. BORAINE:

Whatever the case, he set that magnificent speech aside in order to attack me in a most irresponsible manner. I want to make it very clear to him and to the Committee that when one speaks about the labour situation in the mines, one speaks for the benefit of the mining industry and for the benefit of South Africa as a whole. If one detects signs that will cause problems to that industry and to our country, I think one has a responsibility and a duty to warn where those signs appear. That was the motive and I will repeat it As far as his question as to whether or not I am concerned about trade union rights for Black workers, I wish to state that I am. I believe that all workers should have the right of collective bargaining and this has also been my party’s view for years. I hope that under the influence of the Wiehahn Commission report the hon. member for Pretoria East will also change his mind—I hope I am not exaggerating a little—and that he too will accept that changes are inevitable in South Africa.

The hon. member for Namakwaland referred to the problems at Okiep. I thought inadvertently that he was referring to the main strike. But I agree with him when he talks about the desirability of a labour court. I have seen this at work in other parts of the world, both in Africa and outside of this continent, and I believe that a labour court could be a very useful mechanism for the reconciliation of disputes which take place from time to time and which one cannot resolve.

Mr. J. J. LLOYD:

Who arranges your trips in Africa?

Dr. A. L. BORAINE:

I pay for them, as always. The hon. member also referred, I think rightly, to the fear of the White worker that because of the development that is taking place in South Africa, because of the need for skilled workers, his job is in peril. I believe that is true but I do not think that he has any cause to worry. I think both industry and the Government have made that abundantly clear. But those fears remain and therefore I believe it is of the utmost importance to reassure all our workers that they will not have reverse discrimination applied against them.

As far as the shortage of skilled workers is concerned, the hon. member is quite right—and this is the irony of the situation in South Africa at the moment—that we have both an unemployment problem and a shortage of skilled workers problem. Commissions that have been appointed must surely have given their attention to this matter.

In conclusion, because of the limitation on my time I want to say why I believe it is important to give our attention to the developments which have taken place in labour as far as the mining industry is concerned. We have commissions of inquiry and I am very sorry indeed that we did not have those reports before us. I think it would have assisted this debate. However, the fact of the matter is that 87% of our mining labour happens to be Black. If that is the case—this is the point I tried to make but did not finish in my last speech—they will be watching very carefully the developments which are taking place.

Finally, I would ask the hon. the Minister to do three things, and this is the note on which I was going to end my first speech. Firstly, I believe, irrespective of whether the commission’s report recommends this because we have not seen it, that it is in the interests of South Africa for the hon. the Minister to make it absolutely clear that as we move into the future there will be equal opportunity for all workers. Secondly, I believe that the hon. the Minister must take pains to explain as carefully as he knows how to the present White workers that there will be no reverse discrimination in the development of such equal opportunity. This reassurance is necessary because there are people who are deliberately bedevilling the situation by suggesting that this will not be the case. Thirdly, I believe that the hon. the Minister must make it very clear to White and Black workers alike that illegal strikes will not be tolerated in South Africa.

Dr. J. P. GROBLER:

Mnr. die Voorsitter, ek het my voorgeneem om vanmiddag die atmosfeer wat van vanoggend af in hierdie debat geskep is, nie te versteur nie in die sin dat ek sou probeer aansluit by die baie positiewe bydraes wat vandag hier gelewer is deur lede aan albei kante van die Raad. Ek het my ook voorgeneem om positief te wees net soos die agb. Minister in sy antwoord was net kort voor die verdaging vir die middagete. Ek vereenselwig my van harte met die baie duidelike beleidsteiling wat hy gemaak het oor die strategie wat ons in verband met minerale moet volg. Wanneer ’n mens egter na sekere agb. lede luister, kan ’n mens nie anders nie as om onrustig te wees, veral wanneer dit handel oor ’n beheptheid met sekere dinge.

Mnr. R. B. MILLER:

Het jy geluister na die lid vir Pretoria-Oos se toespraak?

Dr. J. P. GROBLER:

Ek verwys nie nou na die toespraak van die agb. lid vir Pretoria-Oos nie. Wat vir my tot onrus stem, is dat seifs in die laaste kort toesprakie van die agb. lid vir Pinelands hy nou wel afgesluit het met ’n paar positiewe gedagtes, maar dat feitlik alles wat hy vóór dit gesê het, blote anti-Suid-Afrikaansheid was. Die belangrikste vir hom was die beskerming van seksionele belange. Of dit nou ’n Blanke of ’n Swart seksie van die bevolking is, moet ons in Suid-Afrika omsien na al ons mense se belange, en nie slegs na seksionele belange nie. Die agb. lid het ook in sy toespraak geopenbaar dat hy prokonflik is. As ’n mens aanhoudend vir mense sê dat hulle in ’n konflik-situasie verkeer, begin hulle dit later glo, veral as ’n mens daarby sê dat hulle onderdruk word en dat hulle aan die verloorkant is. So ’n toespraak is nie ’n positiewe bydrae tot die debat, of die opbou van Suid-Afrika of tot die skepping van beter menseverhoudinge in hier die land nie. Ek wil egter nie nog van my tyd aan die agb. lid vir Pinelands afstaan nie, omdat hy homself baie duidelik geopenbaar het as ’n egoïs omdat hy skynbaar dink dat sy woorde vir die agb. lid vir Pretoria-Oos soos manna uit die hemel is.

Mnr. die Voorsitter, in die eerste plek wil ek kortliks die agb. Minister hartlik gelukwens met die wyse waarop hy hierdie arbeidsgeskil t.o.v. die afgelope mynstakings hanteer het, ’n arbeidsgeskil wat vir Suid Afrika finansieel, ten opsigte van mense verhoudings en wat die algemene politiek betref, in ’n groot verleentheid kon geplaas het. Hy het op ’n absoluut kalme, objektiewe en beredeneerde wyse opgetree deur vertroue te skep by die Mynwerkersunie, by die Kamer van Mynwese en ook by die werkers. As ons nou terugkyk na wat ’n paar weke gelede gebeur het, kan ons sake in perspektief sien en besef ons dat die agb. Minister heeltemal korrek opgetree het. As hy hom laat betrek het by die hondgeveg waarin sekere leiers van die Mynwerkersunie hom wou betrek, sou ons ’n totaal ander uiteinde van die situasie gehad het Maar, Meneer, die agb. Minister het nie net skoon uit die saak gekom nie, hy het sterker daar uitgekom, en daarvoor is Suid-Afrika, die Mynwerkersunie, die mynwerkers self en ons aan Regeringskant baie dank aan hom verskuldig.

In die kort tydjie wat ek nog tot my beskikking het, wil ek graag nog twee en moontlik drie punte stel. In die eerste plek meen ek dat ons in Suid-Afrika, ook ons aan Regerings- en Opposisiekant, daarop bedag moet wees dat ons ons nie laat inpraat of inskryf in ’n situasie waar ons ’n valse minderwaardigheidskompleks ten opsigte van die Sowjet-Unie ontwikkel nie. Dit is goed dat ’n mens in jou strategie die plek en die rol wat die Sowjet-Unie vervul, in ag neem, maar as ons gedurig met hierdie spook op ons rug sit, kan ons nie in ons eie persoonlikheid die mate van sekuriteit en weerbaarheid opbou en koester wat ons in staat stel om te midde van moeilike omstandighede tog ferm op te tree nie. Daarom sê ek vandag, Meneer, dat Suid Afrika kennis daarvan moet neem, dat ons mense kennis daarvan moet neem dat ons nie bloot „push-overs” is nie; dat Suid-Afrika veral wat sy mynboubedryf betref—en dit is waarom dit vandag gaan—’n supermoondheid op die gebied van die mynwese van die wêreld geword het Ek wens ek het die geleentheid gehad om vandag vir ’n halfuur te kon praat oor dit wat ons het wat betref ons reserwes, ons minerale rykdomme en hulp bronne. Ek sou graag wou verwys na wat ons vermag het om hierdie reserwes te ontgin en verder te verwerk en uit te voer. Ons is reeds op pad om aan byna ’n miljoen mense in ons land werk te verskaf in hierdie bedryf. Ek sou daarop wil wys dat ons hier met ’n baie groot saak te doen het en dat dit baie goed sou wees, trouens, dit sou essensieel vir die mentaliteit van ons volk en ook vir die buiteland wees, om daarvan kennis te neem. Suid-Afrika het ’n supermag geword in die mynwese van die wêreld.

In die tweede plek wil ek met trots praat van die geweldige vordering wat gemaak is op die gebied van navorsing in die mynboubedryf, en wil ek graag eer gee aan elkeen wat dit toekom. As ek maar net dink dat ons die wêreldrekord hou in die diepte-mynbou bedryf. Verder skep ons sodanige „geriewe” vir werkers in die goudmyne wat meer as 3 000 meter diep onder uiters moeilike fisiese omstandighede werk sodat hulle koel lug kan hê om in te asem en dus kan voortgaan om hul werk te doen. Meneer, daar word verder masjinerie deur ons tegnoloë ontwikkel wat rotse kan breek en dit later nie meer nodig sal maak dat mense afgestuur word om dinamiet ladings te stel om die werk te doen nie. Daar is talle ander voorbeelde.

Ek dink ook aan die herwinning van ou myne. Die mynslyk word hier herwin tot uraan, goud, silwer en ander minerale. Suid Afrika kan met reg trots wees op sy navor singseenhede.

Meneer, ek wil sluit deur net die volgende paar opmerkings te maak. Ek meen dit is nodig dat dit genoem word. Suid-Afrika is ’n voorste mineraal produserende land. Dit is die Staat se beleid om mynbou-ondernemings aan te moedig. Suid-Afrika glo aan ’n vrye onderneming en handel. Dit word juis nêrens duideliker gesien as in ons mynboubedryf nie. Suid-Afrika verwelkom buitelandse beleggings, met of sonder sy eie deelname in die mynboubedryf. Dit is ook die beleid van ons agb. Minister en ek wil my eerbetoon teenoor hom uitspreek daarvoor asook vir die talle ander dinge wat ek alreeds genoem het, nl. dat Suid-Afrika nie ’n beleid volg wat tot stagnasie en verydeling in die mynboubedryf sal lei nie. Suid-Afrika se mynboubedryf verskaf tans werkgeleenthede vir, soos ek alreeds gesê het, 750 000 mense.

Ek wil afsluit deur die volgende te sê. Sonder om dit feitelik uit te spel, stuur Suid Afrika op ’n minerale strategie af wat sy supermag in die mynwese sal bevestig tot voordeel van die land en al sy inwoners, maar ook tot voordeel van Suider-Afrika en uitein delik tot voordeel van die hele wêreld. Ek glo nie dat dit die Kommunisme is wat uitein delik gaan seëvier nie. [Tyd verstreke.]

Dr. Z. J. DE BEER:

Mnr. die Voorsitter, ’n mens stem graag saam met die agb. lid wat nou net gaan sit het dat fisiologiese en ander navorsing in die mynwese bepaald nodig is en dat dit wenslik is dat ons daarmee voortgaan.

Ek wil graag die paar minute wat nog tot ons beskikking is, gebruik om opsommender wys te verwys na twee sake waaroor daar nie algehele instemmigheid was nie. Die eerste kwessie handel oor die breë vraag van die verhoudinge tussen Suid-Afrika en die Weste, veral met betrekking tot ons minerale uitvoere na Westerse lande. Natuurlik is dit so dat ons trots moet staan op ons eie regte; natuurlik is dit so dat ons nie vertrap moet word nie en natuurlik is dit so dat ons die bedingings magte moet gebruik wat tot ons beskikking is ten einde ons eie posisie in die wêreld te verseker. Aan die ander kant is dit ook ewe waar dat ons die opbrengs wat ons verdien deur uitvoere ook nodig het. As ’n mens dit op die ou end ontleed, is die verhouding tussen ons en die Westerse nasies baie soos die tussen ’n ou getroude egpaar; ons werk dikwels op mekaar se senuwees, maar het mekaar tog nodig en is nie seker hoe ons sonder mekaar sal klaarkom nie. Ons het die valuta nodig en die Weste het die grond stowwe nodig. Sou ons die grondstowwe probeer weerhou—en ek hoop dit sal nie gedoen word nie en die agb. Minister het trouens gesê dit gaan nie gedoen word nie—sal ons ’n emstige risiko loop dat daardie lande ander neerslae elders in die wêreld kan vind wat vandag nie ontgin word nie, maar wat wel ontginbaar mag raak. Ek hoop, mnr. die Voorsitter, dat naas ons strategie om beter verhoudinge met ons buurstate op te bou, ons ook die noodsaaklike verhoudinge met die Weste gaan behou en uitbou vir sover dit moontlik is.

Mnr. J. J. LLOYD:

Gaan julle nie by Oppenheimer belê nie?

Dr. Z. J. DE BEER:

Mnr. die Voorsitter, die ander saak is die aangaande die Myn werkersunie wat deur verskeie lede genoem is. Sterk standpunte is in die verband ingeneem. Die feitelike situasie in die verband is tog duidelik genoeg. Soos die agb. lid vir Namakwaland dit vroeër so goed ontleed het, is dit ’n eenvoudige feit wat soos ’n paal bo water staan dat indien ons op Blankes alleen moet steun om die geskoolde en half-geskoolde mannekrag te verkry wat ons in die komende dekade en langer sou nodig he, sal ons nie die mas opkom nie. Daar moet veranderinge plaasvind. Daar moet bevordering wees vir ons Swartmense nie alleen in die mynboubedryf nie, maar in al ons nywerhede. Ons in hierdie banke glo dat alle kleurslagbome behoort te verdwyn en dat alle werkers behoort te kan meeding op die basis van hulle eie meriete vir die werk wat beskikbaar is. Die Mynwerkersunie neem volgens sy optrede en volgens sy verklarings ’n heeltemal teenoorgestelde standpunt in. Hulle probeer protesteer en wal gooi en hulle probeer verhoed dat ’n enkele Bruin of Swart man in ’n pos aangestel word wat eers deur ’n Blanke beklee is. Die houding van die Rege ring, sover ons dit kan ontleed, is iewers tussenin. Die Regering aanvaar dat daar verandering sal kom. Die Regering sal probeer om daardie verandering te akkom modeer en probeer stuur in die rigting waarin dit moet gaan, maar hy stem waarskynlik nog nie heeltemal saam met ons nie. Daardie dag sal moondik nog kom. Al wat ons besig was om in hierdie debat te doen, was om die aandag van die agb. Minister daarop te vestig—nie dat ek werklik glo dat hy onbewus is daarvan nie—dat die Mynwerkersunie besig is om ’n houding in te neem wat baie skadelik kan wees vir die noodsaaklike ontplooiing van die mynbou, en trouens van ander nywer hede ook, in Suid-Afrika. Ons glo dat die agb. Minister wel bewus is daarvan. Ons wil dit onderstreep. Ons beskou dit as ’n baie ernstige noodsaaklikheid dat daardie soort houding waarmee die Mynwerkersunie hom in die jongste tyd vereenselwig het, sterk die hoof gebied moet word in Suid-Afrika. Op hierdie manier alleen sal ons vorder op nywerheidsgebied.

Die MINISTER VAN MYNWESE:

Mnr. die Voorsitter, ek wil dadelik eers een aangeleentheid wat van verskillende kante hier geopper is, behandel en tussen ons uitmaak. Dit gaan oor die hele aangeleentheid wat na vore gebring is oor die Mynwerkersunie, en die beskuldiging, as ek dit so mag noem, dat daar ’n gebrek aan leierskap was aan hierdie kant in hierdie verband. Ek wil dadelik sê daar moet geen misverstand daaroor bestaan dat ons die verstandhouding wat ingebou is in arbeidsverhoudings in Suid Afrika en wat oor baie geslagte heen ontwik kel het, durf ontwrig nie. Daar bestaan bedinging tussen werkgewer en werknemer—wat ook in ons Wette ingebou is—en die bedingingsmasjinerie moet nie in sy gang gestuit word nie. Dit sou ’n baie onwyse stap wees as die Regering van sy kant af as ’n derde party sou wou inmeng. As hy dit sou wou doen, dan sou ons ons hele filosofie wat ons oor die jare gehuldig het, vernietig, en sou ons strategies gesproke ’n baie groot fout begaan, en sou ons onrus skep tussen werkgewer en werknemer. Ons sou ook die ge leentheid gee vir ’n party—soos in die verlede die geval was toe sulke pogings aangewend is en onderhandelings misluk het as gevolg daarvan—om die Staat as die sondebok uit te sonder. Wat die toepassing van ’n Wet betref, of wanneer bedingbare situasies betrokke is, is dit dus die standpunt van die Regering dat daar beding moet word ingevolge die voorskrifte van die wet en soos ons mekaar verstaan het. Wanneer daar egter ’n ander situasie ontwikkel, soos wat ont wikkel het ’n paar weke gelede, nl. dat daar binne hierdie aanvaarde posisie ’n onwettig heid na vore kom, moet die Staat aandag daaraan skenk. In hierdie aangeleentheid het ek nie geskroom om na vore te kom en te waarsku nie. Ek wil nie verder op die aangeleentheid ingaan nie. Ek wil egter net sê dit was onwettig, dit was onbillik, dit het nadele veroorsaak, dit het mense en veral vroue en kinders finansiële verliese laat ly, en dit het die gevolg gehad dat die Kamer van Myn wese van sy kant gesien, geleentheid gehad het om sekere voorregte weg te neem wat hy wel weggeneem het. Ek het wel ingetree en probeer keer dat alle voorregte nie weggeneem word nie. Dit is goed. Hulle kon dit egter wegneem as hulle dit verkies het. Maar daar is ’n verlies gely. Dit is my standpunt dat enige verandering in hierdie filosofie of wetgewing alleen gedoen sal kan word, en ek sal alleenlik deel daarin he, as daar behoorlike oorlegpleging tussen al die partye is, anders vernietig ons wat ons oor baie jare opgebou het Ek sou egter my plig versuim as ek by hierdie geleentheid—soos wat ek By vorige geleenthede in die Senaat gesê het asook in die Volksraad nie ’n waarskuwing rig tot die leier van die Mynwerkersunie dat hy nie sy eie soort mynpolitiek moet probeer maak en situasies moet probeer skep waar deur hy die Regering volgens sy mening kan gebruik nie. Ek sal my nie laat gebruik nie. Aan die anderkant wil ek ook sê dat ek my nie sal laat koppel, nie van die agb. here aan die oorkant of van enigiemand anders nie, aan ’n situasie waaraan ek weet die Regering nie gekoppel moet wees nie. Verder wil ek weer eens die standpunt ondubbelsinnig inneem dat indien so ’n situasie ontstaan, ek dit sal beskou dat dit op my weg lê om by die myn owerhede in te tree in belang van die mynwerkers. Dit gebeur nie dikwels dat ’n Minister so ’n geleentheid kry nie. Gedurende die tydperk wat ek Minister is, het een so ’n geleentheid na vore gekom en dit was as ge volg van hierdie optrede, toe die mynwerkers en hul families besig was om skade te ly. Toe het ek opgetree. Die verwyt moet nie nou uit sekere kringe na my geslinger word dat ek my in belang van die mynwerkers ingemeng het nie, want die mynwerkers is ook my verantwoordelikheid. Ek sal ook nie deur mnr. Arrie Paulus laat voorsê wat ek moet doen as hy mense in die steek gelaat het nie. Dan is dit my verantwoordelikheid om hulle te help. Dit is ook waar.

Ek wil vir agb. lede sê dat ons hierdie situasie baie versigtig moet hanteer. Voortvloeiend hieruit is daar van die anderkant van die Raad vertoë gerig dat ek sekere dinge moet sê en ek wil dadelik daarop reageer.

Hoe goed die agb. lid dit nou ook al bedoel, kan ek nie in hierdie stadium my by implikasie uitlaat deur standpunt in te neem anders as wat ek in hierdie Raad ingeneem het in verband met onwettighede nie. As dit onwettighede is, sal ek die rol speel wat ek moet speel en as die Polisie ’n rol te speel het, sal hulle dit speel. Ek wil egter nou al sê—ek rig dit ook aan die adres van die mynwerkersunie—dat indien dit die patroon sou word dat ons in die toekoms iets soort gelyks aan hierdie sogenaamde spontane stakings kan verwag, dan lê dit ook op my weg om toe te sien dat wetgewing ingedien word om dit te verhoed, want so iets is te gevaarlik vir Suid-Afrika. Ek wil verder gaan en aan ons mynwerkers sê dat diegene van hulle wat ingesleep is by iets sonder dat hulle eintlik geweet het wat met hulle gaan gebeur en wat skade gely het, in die toekoms versig tiger moet wees sodat hulle nie deur mense emosioneel op sleeptou geneem word wat voorgee dat die Kamer van Mynwese nie na hul belange omsien nie of dat dit sogenaamde aksies teen die Regering is nie. Dit is nie altyd waar dat die sogenaamde aksies wat teen die Kamer van Mynwese ontstaan reg matige aksies is nie. Die Kamer is nie altyd verkeerd soos voorgegee word nie. Dit is ook waar. Met ander woorde, ek dink almal be hoort te alle tye ’n gebalanseerde standpunt in te neem.

Ek wil my nie verder by die aangeleentheid laat insleep nie behalwe om vir agb. lede te sê dat ons versigtig moet wees om nie verwyte van swak leierskap oor die vloer van die Raad te uiter nie. Hierdie staking kon geëskaleer het—ek weet waarvan ek praat; ek het elke minuut geweet wat aangaan—in ’n situasie wat Suid-Afrika miljoene rande kon gekos het Ek was egter vir iets anders ook bang. Ek was bang dat dit kon eskaleer in ’n situasie waar Swart mense ook deelgeneem het en dit miskien kon lei tot „’n Wit/Swart-konfron tasie waarby honderdduisende werkers aan die Witwatersrand betrokke sou wees. Daar om moet ons baie versigtig wees wanneer ons van ’n staking in hierdie land praat. Ek sê nou vir agb. lede dat ’n staking in Suid-Afrika ’n gevaarliker ding is as ’n staking in enige ander land van die wêreld want hier kan dit baie maklik ’n Wit/Swart-konfrontasie word. Ek vertrou dat agb. lede aan die oorkant dit só sal verstaan en dit sal onthou as hulle in die toekoms daaroor praat.

Die agb. lid vir Durban-Noord het gepraat van die moontlike ontwikkeling van ’n infra struktuur. Die agb. lid het gesê dat, met die oog op die oliesoektog, ons die bedryf moet help om hierdie groot boormasjiene te bou. Ek praat nou van hierdie oliebore. Dit is ’n baie gesofistikeerde masjien. ’n Olieboor kan vandag maklik tussen R50 miljoen en R100 miljoen stuk kos. Dit sal natuurlik baie vir die bedryf beteken as ons ’n paar van hulle kon bou. Maar soos agb. lede sal weet, was daar in een stadium ’n oormaat van hierdie bore. Ons het dieselfde posisie in die skeepsbou bedryf gehad. Daar was so baie oortollige skepe dat mens ’n skip vir ’n tiende van sy oorspronklike prys kon koop. Mense wou ou skepe amper nie vemiet gehad het nie. Wat oliebore betref, sal dit nie vir Suid-Afrika ekonomies wees om nou so iets te oorweeg nie. So ’n boor moet gou gebou word. Mens kan nie eers kundigheid oor ’n tydperk van vyf jaar verwerf, en dan begin om ’n boor te bou nie. Ons het hierdie oliebore nóú nodig en dit is twyfelagtig of ons hulleself goed koper sal kan bou. Mens kan dan eerder die geld wat jy het, spandeer om iets anders wat meer sinvol is, aan die gang te sit in Suid Afrika. Ek verstaan die sentiment wat met die agb. lid se versoek gepaard gaan, te wete dat mens graag selfstandig in dié verband wil wees.

Die agb. lid vir Kuruman het oor veredeling gepraat In die verband wil ek net sê dat die agb. lid vir Kimberley-Suid vanoggend vir my ’n vraag gevra het wat ek vergeet het om te beantwoord. Die agb. lid het die behoefte aan hulp aan klein myne geopper. Hy het gevra dat net soos daar op baie ander terreine Staatshulp aan klein eenhede van ’n bedryf verleen word, hulp ook verleen sal word aan klein eenhede van die mynbedryf, veral die diamantslypbedryf. Hy het verwys na die paar mense wat jare gelede lisensies verkry het en wat nou verdwyn het Hy sê hulle het ver dwyn omdat hulle nie hulp gehad het nie; die ding was vir hulle te groot. Ek twyfel of daar weer ’n geleentheid sal wees om diamantslyp lisensies uit te reik, maar dit is ’n aange leentheid wat ons kan oorweeg wanneer so ’n situasie opduik. Mens kan dan kyk of dit vir die Tesourie moontlik sal wees om sodanige hulp te verleen, alhoewel ek dit nie nou as ’n moontlikheid voorhou nie. Ek hou dit net as ’n moontlikheid voor dat dit oorweeg kan word indien daar weer diamantslyplisensies uitgereik word.

Die agb. lid vir Virginia het oor pensioene in die mynbedryf gepraat. Dit is ’n baie belangrike aspek en ’n baie emosionele een. Die kwessie van pensioen is van oorheer sende belang vir almal wat in die bedryf staan. Al die argumente wat ons van agb. lede gehad het, is waar. Die agb. lid vir Carletonville het verwys na gevalle waar mense in die aand van hul lewe besef dat hulle nie ’n pensioen het nie of dat hulle ’n klein pensioentjie kry wat dan teen ’n tempo van 10% of iets dergeliks per jaar minder werd word. Dit beteken dat ’n man vind dat hy kwalik kop bo water kan hou.

In hierdie verband wil ek net sê dat die oomblik wanneer ’n mens van pensioene praat, die fokus so effens weg van die Departement van Mynwese verskuif. Dit word ook nie van my verwag om by die geleentheid uitsluitsel oor pensioene te gee nie, maar ek kan goed verstaan dat agb. lede wat oor pensioene gepraat het, dit moes doen omdat dit ’n belangrike aangeleentheid is, ’n saak wat meriete het, al is ek miskien nie die Minister wat ’n volledige antwoord daarop kan gee nie. Ek wil darem iets daaroor sê.

Daar is ’n hele aantal pensioenfondse in die mynbedryf. Alle groot mynorganisasies, bv. die Kamer van Mynwese, die platinamyn groep, die koper- en asbesmyngroepe het almal pensioenfondse. Die Kamer van Mynwese het twee bydraende pensioenfondse wat sedert 1949 bestaan. Dit is die Werknemerspensioenfonds en die Amptenarepensioen fonds. Die geskiedenis van die Kamer se pensioeninstellings is kortliks dat daar alreeds in die dertigerjare—so vroeg soos 1934—gepoog is om ’n bydraende pensioenfonds in die lewe te roep, maar dat die mynwerkers in daardie stadium nie daarvoor te vinde was nie. Die Voorsieningsfonds word verkies bo die Witwatersrandse Goudmynwerknemers voorsieningsfonds, ’n bydraende fonds wat vandag nog as ’n nie-bydraende instelling bestaan. Met ander woorde, die mynwerkers maak self geen bydraes nie maar trek voordele volgens die reels van die Voorsieningsfonds. Die bydraende fondse bestaan, soos gemeld, vanaf 1949 en persone wat vandag aftree, d.w.s. na ongeveer 30 jaar pensioengewende diens, ontvang pensioene wat baie gunstig vergelyk en dikwels baie beter is as pensioene wat deur ander diens pensioenfondse na 30 jaar diens betaal word. Die grootste enkele probleem is dat daar verskillende dienspensioenfondse in die mynbedryf is en dat mynwerkers vanweë die diensonderbreking of verwisseling van fondse nie voldoende pensioengewende diens opbou nie. Dit is juis om hierdie probleem te bekamp dat die Kamer in sy pensioenfonds konstitusies ’n wagtydperk ingeskryf het voordat opgehoopte pensioenbydraes by vry willige bedankings uitbetaal kan word. Daar is dus niks fout met die formule waarvolgens voordele toegeken word nie. Dit is net logies dat kort pensioengewende diens nie groot pensioene tot gevolg sal hê nie, en dit geld vir alle pensioenfondse of dit die Kamer van Mynwese s’n is of dié van staatsampte nare. Die probleem van verskillende pensioenfondse en kort pensioengewende diens bestaan nie net in die mynbedryf nie. Dit is ’n nasionale probleem, ook by die Staatsdiens, munisipaliteite en ander sektore van die nywerheid. Dit is ’n probleem waar oor daar baie gedink en gepraat is en die oplossing is beslis nie om individuele pensioenfondse te subsidieer nie, want die werk nemer wat voortdurend van een werk gewer na ’n ander rondtrek, bou nooit ’n behoorlike aftreepensioen op nie. Die oplossing skyn daarin geleë te wees om alle geregistreerde pensioenfondse in die land uitruilbaar te maak sodat pensioenbydraes en pensioenregte onder verpligting van een fonds na die ander oordraagbaar sal wees. Daarvoor is wetgewing natuurlik nodig. Dit is egter nie ’n aangeleentheid vir die Departement van Mynwese nie. Die Departement van Volks welsyn en Pensioene sal klaarblyklik die inisiatief moet neem.

Ek hoop dus dat ek met hierdie stelling ’n antwoord aan agb. lede gegee het wat vir hulle iets sal beteken as hulle met hierdie saak na hul mense moet teruggaan.

Ek het eintlik die agb. lid vir Pinelands en ander agb. lede geantwoord met betrekking tot die emosionele kwessie van optrede tussen werkgewer en werknemer in die mynwese. Ek wil nie weer daama verwys nie.

Die agb. lid vir Klerksdorp het na die kommissie oor bedryfsiektes verwys. Ek wil vir die agb. lid sê dat die rede waarom ek die kommissie aangestel het, ’n lang storie is. Ek wil ook nie die krediet vir die aanstelling daarvan vir myself neem nie, want as jy terugverwys na vorige debatte sien jy dat dit ’n aangeleentheid is wat oor baie, baie jare heen hier bespreek is. Wat ek wil sê is dat ons dankbaar is dat ons die kommissie kon aanstel en ek wil daarby voeg dat ek met voorbedagte rade vir mnr. Arrie Paulus, sekretaris van die mynwerkersunie, sitting op daardie kommissie gegee het. Ek wil nie die verwyt hê dat daar oor hierdie mense se sake gepraat word, sonder dat hulle ’n aandeel daarin het nie. Daarom het ek hom in die kommissie aangestel en ek wil hoop en vertrou dat nadat hierdie kommissie, wat baie kundig is en kundig saamgestel is onder die bekwame leiding van prof. Nieuwenhuyzen wat ’n goeie begrip van hierdie aangeleenthede het, sy werk voltooi het, ons by die punt sal uitkom dat ons sinvol kan begin praat en dink oor wat die Staat nou te doen staan. Ek het baie hoë verwagtings en ek is bly die agb. lid het daarna verwys.

Ek wil ook sê dat die agb. lid na die buro verwys het. Ek stem saam dat hulle hul bes doen, maar, Meneer, dit maak nie saak hoe goed hulle beste mag wees nie, die feit bly staan dat daar mynwerkers is wat sê: “Ons word verneuk.” Dit help nie, en ’n mens kan nie eers met hulle daaroor argumenteer nie. Ek dink dis nodig dat ons ’n slag na hierdie aangeleenthede op die manier moet kyk en ek meen dit sal die antwoord vir ons op die pad vorentoe wees.

The hon. member for Berea referred to the oil venture and the exploration programme. He spoke of the R40 million now being expended on this programme. May I say to the hon. gentleman that it is very easy to suggest that we should have a higher rate of expenditure. Let me point out that it might be possible to explore at a quicker rate on land because there would be many people interested and there could be simultaneous investigations and programmes over the total surface of the country. But with a programme at sea we must be sure, before we can embark on any drilling, that our targets are ascertained in a scientific way. That is our problem. It takes years to know where one must go before one can start drilling. It costs R7 to R10 million to drill one well and conditions are far more difficult at sea.

The reason we did not start on the west coast originally was that it took at least two to three years to get all the information programmed on the computers. Processing of seismic data is all done by computer. We could not continue with the drilling programme before we had ascertained with some degree of certainty that we would be pursuing the best targets. I am confident that we did ascertain the best targets and therefore I am very optimistic that we are going to discover oil.

Now, Mr. Chairman and hon. gentlemen, it is all very well to be optimistic about discovering oil. If we do discover oil by the end of the year I think South Africa can turn around and say we can swop for all our minerals for that oil because it will be the finest hour in our history. We will be able to say we need nothing from any other country in the world.

Mr. N. B. WOOD:

That is why it is so important to spend the money.

The MINISTER:

Yes, we have the two oil rigs now and, as I have said, we have various targets now and it will take us months to know where our other targets are. The fact is that one just cannot drill anywhere; it costs a great deal of money. It takes years to know where to drill, especially in the circumstances obtaining in the seas around South Africa.

Die agb. lid vir Pretoria-Oos het sy saak goed gestel. Die agb. lid het goeie argumente gehad en alhoewel ek nie na sy argumente wil terugkom nie wil ek net vir die agb. lid sê dat hy ’n bietjie lewe in die debat gebring het en dat ek hom daarvoor hartlik wil bedank. Hy moet net nie sy belangstelling in die debat verloor nie. Daar was egter ’n bietjie van ’n opflikkering toe hy gepraat het.

Die agb. lid vir Constantia het gepraat van die lisensiëring van die Koeberg-sentrale. Feit is net dat ons nie kon begin bou aan die sentrale voordat ons nie die lisensiërings en veiligheidsaangeleenthede uitgestryk het nie. Lisensiëring en beveiliging, soos u sal weet, is die verantwoordelikheid van die Raad op Atoomkrag. Die afdelings wat net met veiligheid en lisensiëring te make het, is vanaf die eerste moment van ontwerp aanwesig. M.a.w. hulle hou hom dop vanaf die eerste modelle daargestel word, hulle hou hom deurlopend dop oor die hele wêreld. Ek wil dus sê dat ons nie bang hoef te wees dat ons veiligheidstandaarde in Suid-Afrika hoegenaamd swakker is as in enige ander land in die wêreld nie. Ek sou sê dit is baie hoër as in ander lande van die wêreld. Voordat die gebeure ’n tyd gelede in Amerika plaasgevind het, wat die hele wêreld op hul agterpote gehad het, het Suid-Afrika die moontlikheid van so ’n ramp net soos ander lande onder die oë gesien. Ek wil die agb. lid die versekering gee dat dit wat wetenskaplik en tegnologies moontlik is om die mens te beveilig ons probeer doen. Dit is ’n spesifieke opdrag aan die Raad op Atoomkrag om in diepte ’n studie van veiligheidsmaatreëls te maak en daar is geen enkele veiligheidsmaatreël wat ’n enkele land toepas wat Suid-Afrika nie van weet nie, wat Suid Afrika nie self na kyk nie en wat ons nie self probeer toepas by ons eie atoomkragprojek hier nie.

Ek wil net daarop wys dat die ramp o.a skynbaar plaasgevind het omdat dit ’n ou stasie is en dat die ou kragstasie in Amerika by ontwerp waarskynlik nie die veiligheidskwalifikasies nagekom het of gehad het wat later voorgeskryf is nie. Ek wil vir hom die versekering gee dat ons uit ons pad gaan om Suid-Afrika se posisie te beveilig so goed as wat dit menslik moontlik is.

Die agb. lid vir Namakwaland het ’n besondere interessante bydrae gelewer. Net soos hy is ek ook spyt dat Namakwaland die plek is waar die onlangse staking sy oorsprong gehad het Ek het nie verwag dat dit juis daar sou gebeur nie. Ek is baie dankbaar dat die mense na hul werk terug gegaan het en grotendeels weer hulle werk teruggekry het. In die proses het ’n aantal werkers hulle werk verloor en ek is jammer daaroor. Ek word egter vertel dat daar nou meer werkers in diens is as wat vantevore die geval was.

Die agb. lid het ’n baie ware ding gesê wat ek graag wil herhaal. Hy het gesê dat daar diep in die hart van ons mense die vrees is dat hulle hul werk sal verloor as gevolg van die kompetisie van anderskleuriges. Dit is ’n feit dat hierdie vrees by baie werkers bestaan, miskien in ’n groter mate by mynwerkers. Ons moet baie versigtig wees hoe ons die situasie hanteer. In enige herstruktuering van die situasie, moet ons sorg dra dat alle belanghebbende partye in die saak geken sal word. Daar moet evolusie plaasvind, maar die sekerheid van ’n werker oor sy werk moet nooit van hom weggeneem word nie. Dit moet die filosifie wees vir die hede asook vir die toekoms wat die mynbedryf betref. Ons kan nie in hierdie bedryf toelaat dat werkers in die vrees lewe dat daar wetgewing sal kom wat daartoe sal lei dat hulle posisie in die gevaar gestel sal word nie. Ek wil die versekering gee dat so lank as wat ek Minister is ek nooit iets sal doen om hul posisie in die gevaar te stel nie. As dit sou gebeur dat daar uitbreidings plaasvind en daar nie genoeg mense is om die werk te doen nie, word daar samesprekings gehou. Ons sal by herhaling vir die werkers moet sê dat hulle nie bang hoef te wees dat hulle hul werk sal verloor of dat dit in gevaar is nie.

Die agb. lid vir Durban-Noord het ’n paar opmerkings gemaak oor goudmyne en het dit eienaardig gevind dat ten spyte van die styging van die goudprys goudmyne nog steeds bystand verkry. Die feit is egter dat nie slegs die goudprys gestyg het nie, maar dat die produksiekoste van die goudmyne ook met gemiddeld tussen 20% en 23% gestyg het oor die afgelope paar jaar. ’n Ander be langrike rede is dat namate ’n myn se inkomste vergroot beteken dit nie dat ’n myn noodwendig meer geld maak nie. Van die kant van die Staat word ’n myn dan ook verplig om die ertsgehalte te verlaag. Met ander woorde, met die groter inkomste wat die myn het, word hy verplig om ’n groter hoeveelheid erts met ’n laer goudgehalte te delf. Indien die goudprys egter daal en ’n myn se winste kleiner word, gebeur dit weer dat die myn later net die beste erts delf. As die goudprys dus styg, word ’n myn verplig om erts wat hy as gevolg van ’n lae goudinhoud nie wou delf nie, wel te delf. Verder moet daar in gedagte gehou word dat goudmyne groot werkgewers is. Soms is dit om hierdie rede belangrik om ’n grensmyn aan die gang te hou ten spyte van hoë produksiekoste.

Die agb. lid vir Springs het baie onderhoudend gesels oor tieroog en ander halfedelstene. Ek wil die agb. lid bedank dat hy oor edelstene en halfedelstene gepraat het en ek wil vir hom sê dat hier ook eendag in Suid-Afrika ’n bedryf sal ontwikkel wat ons die belangrikste land in die wêreld sal maak vir die verwerking van halfedelstene. Ons moeilikheid is dat ons die goed uithaal, maar dat ons nog nie ’n eie industrie daaruit ontwikkel het nie. Ek voel dat ons ’n halfedelsteenkultuur in Suid-Afrika tot stand kan bring.

Hy het ook verwys na die vooruitgang van ons tegnologie en daarvoor wil ek hom baie hartlik bedank. Hy het gesê dat ons op hierdie gebied ’n supermoondheid kan word en dit kan inderdaad gebeur. Hy het gesê dat ons die kundigheid waaroor ons beskik op ’n doel treffende manier moet aanwend en ek stem volkome met hom saam. Suid-Afrika se groot krag in die toekoms lê juis op die gebied van die ontwikkeling van kundigheid. Wat kundigheid betref, het ons ’n instrument geskep wat uitstekend presteer, tw. die Nasionale Instituut vir Metallurgie. Dit sal agb. lede interesseer om te weet dat hierdie instituut reeds ’n groot deurbraak gemaak het. Hulle het daarin geslaag om die proses vir die herwinning van goud wat al vir soveel jare en geslagte lank in Suid-Afrika en oor die hele wêreld bestaan, ingrypend te verbeter. Agb. lede wat in die goudbedryf belangstel, behoort daarvan te weet. Deur middel van ’n koolstof element het hulle daarin geslaag om die hele herwinningsproses te verander en te verkort. Wat die raffinering van goud betref, sal daar in die toekoms ’n kort en goedkoop proses ingestel kan word wat die koste seifs na 52% van die huidige koste kan verminder. Dit sal nuwe reserwes vir ons ontginbaar maak en dit sal ’n nuwe visioen vir ons oopmaak. Hierdie proses sal ook vir die ontginning van ander delfstowwe gebruik kan word, maar wat goud betref, sal dit vir ons ’n verdienste van duisende miljoene rande beteken.

Dit is wat gebeur as ’n klein landjie kundigheid ontwikkel. Die agb. lid het aangesluit by wat ek al vantevore gesê het, t.w. dat ’n klein landjie se krag in sy kundigheid lê. As ons daarin kan slaag om dit te bekom, tesame met al die ander dinge wat ons reeds reggekry het, sal hierdie klein landjie, Suid-Afrika, opnuut deur ander lande in oënskou geneem moet word. Suid-Afrika moet nie onderskat word nie, want hy is ’n groter land as wat mense dink. Die wêreld daarbuite kan goed doen deur met ons vriende te bly. Ons is nie ’n kolonie van of die Weste of Amerika nie. Ons het ’n bydrae te lewer op baie terreine en die dag sal aanbreek dat baie lande na Suid-Afrika sal terugkom, nie slegs vir die lewering van grondstowwe nie, maar vir die lewering van kundigheid. Dit help nie vir ander lande om te sê dat as Suid-Afrika nie die grondstowwe voorsien nie, hulle dit vanuit die res van Afrika sal bekom nie. Die res van Afrika beskik nie oor die infrastruktuur en die kundigheid nie. Suid Afrika is die sleutel tot die oplossing van daardie probleme en daarom is die Republiek van Suid-Afrika belangrik.

Ek wil agb. lede bedank vir hulle bydraes in hierdie debat. Dit was vir my baie aangenaam om daaraan deel te neem en om op die sake wat geopper is, te antwoord.

Mr. N. B. WOOD:

Mr. Chairman, I wonder if I could ask the hon. the Minister a question before he resumes his seat? Does the new process for the extraction of gold increase the total extraction? In other words, is the residual amount of gold reduced?

The MINISTER:

The residual amount of gold will be reduced as well as the cost of extraction.

Vote agreed to.

The Committee rose at 17h28.